Al Debbo sal in Rosestad begrawe word
2011-07-15 07:01
Bloemfontein. – Die begrafnis van Al Debbo (87), geliefde akteur, beminde sanger en komediant, vind Woensdag in Bloemfontein plaas.
Debbo is Woensdag in die Medi-Clinic in Bloemfontein aan hartversaking dood.
Sy seun, Alec Debbo (26), het gesê dit gaan in die omstandighede goed met die gesin.
“Ons is redelik uitgeput en nog emosioneel, maar dit gaan goed,” het hy gesê.
Alec het Woensdagaand in die teaterstuk Die Renosters by die Vryfees deelgeneem.
“Dit was geweldig emosioneel om op die verhoog te wees en te weet my pa is nie daar nie. Dit was ’n hartseer oomblik om te besef hy gaan nie weer iets kan kyk nie.”
Die begrafnis is Woensdagmiddag om 15:00 in die NG kerk Bloemfontein-Noord (Klipkerk).
– Volg Nuus24 op Twitter
- Volksblad