Aktrise verloor haar rok
2010-03-20 00:49
Los Angeles – Die Grey's Anatomy-ster Katherine Heigl het onlangs een van bekendes se grootste nagmerries uitgeleef toe een van haar rok se skouerbande losgegaan het, terwyl sy op die verhoog was.
Heigl was besig om die toekenning vir vroulike ster van die jaar by die ShoWest-byeenkoms in Las Vegas te ontvang toe haar pragtige rooi rok byna afgeval het en amper haar bors ontbloot het.
Die aanbieder van dié geleentheid, Billy Bush, het vinnig ingespring en dié skouerband in plek gehou terwyl Heigl verleë haar toespraak klaargemaak het.
Kliek hier vir meer.