Aktrise 'nié dood weens dwelms'
2010-01-20 09:46
Los Angeles – Brittany Murphy se man en haar ma sê hulle is oortuig daarvan die jong Hollywood-ster is dood as gevolg van natuurlike oorsake, en nie dwelms of 'n eetsteurnis nie.
Sharon Murphy en haar skoonseun, Simon Monjack, het gesê Murphy het nie onwettige dwelmmiddels of alkohol gebruik nie, en dat hulle wag vir die verslag van die nadoodse ondersoek om spekulasie oor voorskrifmedisyne wat Murphy se dood Desember veroorsaak het, in die kiem te smoor.
Monjack sê van die medikasie wat in die paartjie se huis gevind is, behoort aan hom.
- Lees meer by Tonight.