Aktrise beseer in tref-en-trap
2010-10-09 02:22
Burbank - Die aktrise, Juliette Lewis, is Woensdag in 'n tref-en-trap ongeluk in Burbank beseer, het die polisie gesê.
Volgens sers. Sean Kelley was die 37-jarige Lewis 'n passasier in 'n motor, toe 'n ander voertuig oor 'n rooilig ry en teen hulle bots.
Hy het daarna van die toneel gevlug.
Lewis het glo van kop, rug en nekpyn gekla en is na 'n hospitaal geneem.
Niemand is nog in verband met die ongeluk in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AP