Akteur nou dalk burgemeester
2009-12-05 03:17
Birmingham – Meeste mense ken Jody Trautwein as die pastoor van Alabama wat probeer om Sacha Baron Cohen se karakter in die treffer film Bruno te oorreed om nie meer gay te wees nie, maar hy kan een van die dae ook bekend wees as burgemeester.
Trautwein is een van 14 kandidate in volgende week se verkiesing vir die nuwe burgemeester van Birmingham. Die nuwe burgemeester sal Larry Langford, wat die trekpas gegee is nadat hy van 60 aanklagtes van bedrog skuldig bevind is, vervang.
Alhoewel sy rol in Bruno gehore laat skaterlag het, hetTrautwein gesê dat hy ‘n ernstige veldtog vir die verkiesings sal behartig.
Hy het reeds ‘n webblad, pamflette én vrywilligers en staan vir die stryd teen misdaad, om die stad se skole te verbeter en ook die ekonomiese groei van die stad en die restourering van die stad se stadsaal.
Volgens Trautwein het hy nie die rolprent gesien nie en is hy deur oproepe van die vervaardiger en valse internetbladsye wat Cohen se werkers opgestel het gekul om daarin te verskyn.
Hy was onder die indruk dat hy ‘n Duitse televisiesein help om die storie te vertel van ‘n man wat probeer het om sy homoseksualiteit prys te gee.
“Sover ek verstaan is dit min of meer ‘n uur en ‘n half se donkerte en perversie met drie minute se lig,” het hy gesê.
- Sapa