Akteur gesoek ná hy glo sy meisie aanrand
2011-11-19 22:50
Kalifornië – Die polisie in Palm Springs, Kalifornië is op soek na die akteur Jeremy London nadat hulle ‘n oproep vanaf sy meisie gekry het om te sê hy het haar glo aangerand.
Sers. Kyle Stjerne sê London se meisie het hulle Vrydagoggend omstreeks 10:30 gebel. Sy beweer die akteur het haar buite hul woning in Palm Springs aangerand.
Volgens Stjerne het ‘n argument oor toesig oor die paartjie se kind gewelddadig geword.
London se meisie, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het ligte beserings opgedoen.
Catherine Lombardo, London se prokureur, het die bewerings dat hy haar aangerand het ontken.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP