Akteur gaan dood vir goeie rol
2010-02-26 02:01
Los Angeles – Die akteur Jeff Bridges wil ‘n finale goeie rol hê voor hy dood gaan, want hy sê hy kan “binne ‘n sekonde” dood wees.
Die 60-jarige akteur, wat bekend is vir sy rol in 1998 se The Big Labowski, sê hy weet hy word elke dag ouer, maar sukkel met twee teenstrydige kante – een sê vir hom om tyd af te vat en te ontspan, terwyl die ander een vir iets groter en beter droom.
“Ek voel twee impulse. Een is net om te ontspan. Ek voel nie asof ek enigiets moet bewys nie. Ek kan net my lewe geniet. Die ander kant sê ‘as jy enigiets wil doen, beter jy dit nou doen. Jy gaan binne ‘n sekonde dood gaan, man. Kom aan!’” het die akteur gesê wat onlangs ‘n Golden Globe vir sy hoofrol in Crazy Heart gewen het.
Lees meer by contactmusic.com