Aguilera kanselleer somertoer
2010-05-25 14:11
Los Angeles - Die popsangeres Christina Aguilera het Maandag haar beplande somertoer gekanselleer terwyl sy aan 'n nuwe film en album werk.
Haar woordvoerder het in 'n verklaring gesê die Amerikaanse sangeres verskyn in die nuwe film Burlesque, wat later vanjaar in teaters te sien sal wees.
"Die sangeres voel sy het meer tyd nodig om vir die toer te oefen en met minder as 'n maand tussen die album se vrystelling en die toerdatum, was dit nie moontlik nie," lui die verklaring.
Dié toer sou in Julie in Noord-Amerika begin het. Nuwe toerdatums sal later vanjaar bekend gemaak word.
– Reuters
Volg Nuus24 op Twitter