Afrikaanse sanger se seuntjie sterf
2013-01-31 13:24
Johannesburg – Die tweejarige seuntjie van die Afrikaanse sanger Dirk de Zinger is Woensdag dood.
Die masjiene wat die twee-jarige Dirkie ná ‘n motorongeluk Dinsdag aan die lewe gehou het, is Woensdag afgeskakel, het Beeld berig.
De Zinger het glo met sy motor ‘n boom getref toe hy probeer het om ‘n botsing met ‘n bakkie te vermy.
Die bakkie het glo ‘n stopteken in Rietfontein verontagsaam.
Dirkie, wat agter in die motor in sy babastoeltjie gesit het, het erge kopbeserings opgedoen terwyl De Zinger se vrou, Melissa, se rug beseer is.
Linda Jerling, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê aanklagte van strafbare manslag en roekelose bestuur word ondersoek.
De Zinger is ‘n lid van die sang-duo Dirk en Marlouise. Die sanger het Maandagaand teruggekom van ’n toer in Nederland.
Dirkie was dié egpaar, wat in 2010 getroud is, se enigste kind.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA