Afrikaanse porno nie hééltemal ’n Joost-seksvideo
2010-06-20 08:53
Johannesburg - ’n Stomende pornografiese rolprent waarvan die storielyn sterk herinner
aan die Joost van der Westhuizen-seksvideo gaan binnekort die lig sien.
En
nou probeer Van der Westhuizen en sy vervreemde vrou, Amor Vittone,
albei keer dat die fliek op die rak verskyn.
Die vervaardigers
van die fliek sê dis nie ’n rolprent oor die glanspaartjie se lewe nie.
Dis net dat die storie baie ooreenkomste toon met die
Joost-seksskandaal…
En boonop is dit “bloot toevallig” dat die
seksfliek se titel Amore is.
“Amore” beteken liefde in Italiaans
en sinspeel nie op Amor Vittone se naam nie, verduidelik Marinda,
vervaardiger van Vaxispace Produksies.
Die vier akteurs wat in
die prent gebruik word, is almal “hoogs professionele strippers”.
Amore
is die afgelope twee maande stilletjies in ’n private huis in
Johannesburg geskiet. Dit handel oor ’n egpaar wie se huwelik op die
rotse beland.
Die rede? Die man in die romantiese hoofrol word
afgedreig met ’n steelvideo wat gemaak is van hom waar hy glo seks het
met ’n danseres…
Geen name word in die fliek genoem nie en daar
word ook nie na die vroulike hoofkarakter as ’n sangeres verwys nie.
Net
soos wat verlede jaar met Joost gebeur het, het die afdreigers die
video aan die media gegee toe hy nie wou betaal nie, sê Marinda. Die
video-bom het toe ook op die voorblad van ’n koerant gebars.
Die
seks in die rolprent is uiteraard eksplisiet. Allerhande seks word
uitgebeeld, behalwe gayseks, sê Marinda. “Maar die aantreklikheid van
die akteurs sal wel deur mans én vroue gesien wil word.”
Die
dialoog – waarvan daar bra min is – is in Afrikaans.
Die fliek
het ongeveer R120 000 gekos en is die geesteskind van Vaxispace
Produksies, wat al jare lank seksvideo’s vir die volwasse mark maak.
Marinda
sê die fliek is tans in ná produksie en sal binnekort beskikbaar wees.
Dit
word versprei deur JT Pub-lishing, eienaars van Loslyf, wat juis vroeër
’n hofsaak teen Vittone verloor het nadat fiktiewe kaalfoto’s van haar
in die tydskrif verskyn het.
Joe Theron van JT Publishing sê:
“Die DVD sal seker teen so tussen R249 en R300 op die rakke verkoop
word, hoewel die winkels na wie ons dit teen R100 versprei self hul prys
maak.”
Toe Rapport Vittone verlede Sondagmiddag tydens ’n
glansgeleentheid oor die fliek uitvra, het sy nie daarvan kennis gedra
nie.
“Ons sal nie twee keer dink om hulle te dagvaar vir
naamskending nie. Ek kan nie glo hulle doen so iets nie.”
Eergister
het Amor toe deur ’n woordvoerder ’n verklaring uitgereik wat sê sy
gaan nie kommentaar lewer op die rolprent nie, en voer aan hulle is
besig met regstappe teen die vervaardigers.
Sy en die egpaar se
kinders kuier tans in Kanada by haar suster.
Marilize van
Emmenis, die werklike danseres in die Joost-video, sê sy gaan beslis
regsadvies inwin omdat sy vernederd voel as daar na die sogenaamde
Joost-seksvideo verwys word.
“Ons het nie seks gehad nie. Ek weet
nie hoekom mense dit ’n seksvideo noem nie.
“En wat my woedend
maak, is dat daar nou mense is wat geld maak uit my lewe. Dis
onregverdig. Ek moet ook geld kry daarvoor,” sê Van Emmenis.
Maar,
voeg sy by, sy kan nie wag om die fliek te kyk nie. “Ek sal my seker
doodgiggel.”