Adele wys middelvinger ná toespraak kortgeknip is
2012-02-22 10:10
Londen – Die Britse sangeres Adele het Dinsdag twee toekennings by die Brit-toekennings in Londen ontvang, maar sy was egter die middelpunt van omstredenheid toe haar toespraak kortgeknip is.
Haar toespraak is kortgeknip toe sy die toekenning vir die beste Britse album ontvang het, waarna sy haar middelvinger gewys het. Sy het ook met die toekenning vir die beste Britse vroulike kunstenaar weggestap.
"Ek het die middelvinger gewys. Dit was vir die organiseerders van die toekennings, nie my aanhangers nie. Ek is jammer as enigeen aanstoot geneem het, maar die organiseerders het my beledig."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter
Kyk hier na die video