Adele kommunikeer met behulp van stemfunksie
2011-12-01 13:00
Los Angeles – Die Britse sangsensasie Adele, wat onlangs 'n keeloperasie ondergaan het om bloeding op haar stembande te behandel, kommunikeer met behulp van 'n stemfunksie.
Die "Someone Like You"-sangeres is deur dokters aangeraai om haar stem te laat rus en het vroeër al haar konserte vir 2011 gekanselleer.
Sy maak nou gebruik van haar selfoon om met ander mense te kommunikeer.
'n Bron het aan The Sun gesê Adele het onlangs van 'n stemfunksie gebruik gemaak om koffie by Starbucks te koop.
"Dit is baie makliker om op daardie manier te kommunikeer as om alles op 'n papier neer te skryf en aan mense te wys," het die bron gesê.
Die 23-jarige Adele is tans in Boston, waar haar operasie plaasgevind het, en sterk goed aan.
Sy het onlangs bekendgemaak sy neem dinge rustig totdat dokters haar die groen lig gee om terug te keer na haar huis in Brittanje.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.