Aanhangers sal vir nuwe fliek betaal
2010-07-12 13:00
Kaapstad - 'n Dokumentêre film oor die Hollywood-regisseur, David Lynch, sal deur skenkings van sy aanhangers befonds word.
Lynch Three, 'n dokumentêre fliek oor dié regisseur van flieks soos Eraserhead en Mulholland Drive, sal vervaardig word deur geld wat deur lede van die publiek geskenk is.
Lynch, wat as 'n kunstenaar opgelei is, het 'n self-portret geskilder om geld vir die film in te samel.
Aanhangers kan 'n minimum van $50 (sowat R380) skenk om 'n kopie van dié skildery te ontvang.
Kliek hier vir die volledige berig.
Volg Nuus24 op Twitter.