Aanhanger slaan Leona
2009-10-15 01:28
Londen – ‘n Woordvoerder vir die gewilde sangeres Leona Lewis sê dié ster is deur ‘n jong man by ‘n geleentheid in Londen, waar sy handtekeninge uitgedeel het, geslaan.
Stuart Bell sê Lewis het Woensdag handtekeninge uitgedeel en saam met aanhangers vir foto’s poseer toe ‘n man wat saam met ander aanhangers in 'n ry gestaan het na haar toe gekom het en haar geslaan het.
Volgens Bell sal Lewis dokter toe gaan as veiligheidsmaatreël.
Lewis het oornag bekend geword nadat sy die realiteitsprogram X-Factor gewen het.
Londen se metropolisie het in ‘n verklaring gesê ‘n 29-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van aanranding en is nog onder polisiebewaring.
- Sapa
Hieronder is 'n video wat geneem is kort ná die voorval plaasgevind het.