7de Laan-aktrise swanger
2010-02-09 10:12
Johannesburg - Die 7de Laan-aktrise, Diaan Lawrenson, en haar akteurman, Jody Abrahams, verwag hul eersteling. Volgens Huisgenoot is Lawrenson, wat die Loskop Paula in 7de Laan speel, al reeds vyf maande swanger.
Hulle het verlede jaar drie weke lank in Europa vakansie gaan hou, en hulle het besef daar is dalk ’n kleinding op pad toe hulle terugkeer huis toe, berig Huisgenoot.
‘‘Toe ons Schnookie (die baba se bynaam) vir die eerste keer op die skanderingskerm sien, was ek en Diaan se ma so aangedaan, ons het albei onbeheers begin huil,’’ het Abrahams aan Huisgenoot vertel.
Die twee sou in Maart trou nadat hulle in Junie verlede jaar verloof geraak het, maar hulle het besluit om die troue tot ná hul eersteling se koms uit te stel.
Die vervaardigers van 7de Laan was glo effe verslae toe Lawrenson hulle vertel dat sy swanger is.
“Maar almal is vreeslik ondersteunend en die vervaardigers sê ek kan ná die baba se koms so lank as wat ek wil by die huis bly,’’ sê sy.
Vir meer oor dié storie, besoek: www.huisgenoot.com