50 Cent spot met tsoenami in Japan
2011-03-14 23:00
Los Angeles – Die kontroversiële musikant 50 Cent se tweets het allerhande
opskuddings veroorsaak ná hy homself oor die tsoenami in Japan uitgespreek het.
“Golf het 8am kus getref. Daai mal wit ouens gaan nou branderplankry,”
het hy Vrydagoggend getweet.
Later die middag het hy gesê: “Hierdie is baie
ernstig, ek moes al my vroue uit LA, Hawaii en Japan kry."
‘n Paar minute gelede het hy effens tot sy
sinne gekom en geskryf dat almal moet bid vir diegene wat geliefdes verloor het.
Sy medelye het egter nie lank gehou nie.
“Hulle het ‘n fliek gemaak oor die ramp, 2012. So
dink julle nou dit was ‘n goeie raaiskoot?”
Ter verdediging vir sy houding, het
hy later gesê: “Van my tweets was bloot uit onkunde. Of julle daarvan hou of nie, maak nie aan my
saak nie.
“Ek bly cool. 50 Cent.”
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.