50 Cent gereed om dood te gaan
2012-01-05 19:11
Los Angeles – 50 Cent se eerste musiek-album is getiteld Get Rich or Die Tryin', maar ondanks die feit dat hy reeds miljoene gemaak het, wil dit voorkom of hy glo sy dood is naby, berig Daily Mail.
In ‘n reeks tweets het 50 Cent – regte naam Curtis James Jackson III – gesê hy is oortuig daarvan dat sy dood om die draai is.
“Ek sal eerlik wees, ek dink nie ek gaan meer veel langer leef nie.”
Hy het ook aangedring hy “is okay daarmee as ek vanaand doodgaan.”
Die tweets is geskryf nadat hy openlik geskryf het hoe ontevrede hy met die toestand van sy loopbaan is.
– Lees die volledige artikel by Daily Mail.
– Volg Nuus24 op Twitter.