24 skrywers, 24 lande, maar ‘n enkele idee

2010-04-30 09:05
Tweets Share Share line Print

Home Away spog met 'n stylvolle omslag wat die kontemporêre skryfstyl in die bundel weerspieël.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Ek was al dikwels verbaas, nee, stomgeslaan, deur die plekke waar ek Suid-Afrikaners ontmoet.

Stap ek in die Andes-berge bo Chili, sal ‘n Suid-Afrikaner sy kop by ‘n tent uitsteek êrens aan die voet van ‘n gletser.

Verken ek die strate van Hong Kong, raps ‘n skerp Johannesburgse aksent by die nagmark my op die oor.

Dan praat ek nie eens van die VSA, Engeland, Nieu-Seeland en Australië nie.

Daar vorm die Suid-Afrikaners al hulle eie subkulture.

Louis Greenberg, samesteller van die storiebundel Home Away, was geprikkel deur dié jeukerige voete van Suid-Afrikaners.

Só geprikkel dat hy 24 Suid-Afrikaanse skrywers opdrag gegee het om ‘n storie te skryf oor 'n spesifieke ondervinding of plek in die buiteland wat húlle prikkel.

Deur hul bydraes moes die skrywers reflekteer op die konsep van Suid-Afrika as huis, en die identiteit van die Suid-Afrikaner in die wêreld.

Greenberg se versameling is ‘n kleurvolle mengelmoes van kontemporêre skrywers en stories.

Speurverhale, misterie en goeie ou reisstories deel bindwerk met zombies en Japannese veg-robotte so reg uit Robotech.

Die stories reis soms agter avontuur en nuuskierigheid aan, maar sommige van Home Away se bydraes, en bydraers, is ook in die buiteland uit ontevredenheid, selfs woede.

So word onderwerpe soos misdaad en emigrasie vervleg met humor en lekker leunstoelstories, en vermaak Greenberg se versameling nie net nie, maar ondersoek die bundel wat dit beteken om Suid-Afrikaans te wees.

Home Away strek oor 24 uur, met stories deur 24 skrywers wat in, oor of uit 24 plekke skryf.

Zukiswa Wanner begin die versameling om middernag met sy spannende kortverhaal, "To kill a politician," wat in Nairobi, Kenia, afspeel.

Die jong Kaapstadse skrywer S.A. Partridge volg met "The Expedition," waarin 'n trio verveelde tieners om 01:00 op 'n spooksoek-ekspedisie in Mauritius gaan, met nare gevolge.

So stap die uurwyser van Home Away aan terwyl Suid-Afrikaanse skrywers die leser van Australië na Peru, deur Havana en tot in Hong Kong meevoer.

Die bundel bring jong en gesoute Suid-Afrikaanse talent saam, met bydraes deur uitgewekenes, reisigers, emigrante en doodgewone vakansiegangers.

Die uiteenlopende versameling stories jel nie altyd nie, maar die konsep werk goed, met die die tydsbenadering wat as bindstof onder die wye reeks werke optree.

Die uurglas gee uiteindelik ‘n samehangendheid aan die bundel, wat andersins moontlik net té skisofrenies mog wees, en help uiteindelik die leser begryp wat dié boek wil sê: Dis dikwels ver van die huis af waar mens die beste uitsig oor jou tuiste kry.

Uitgewer: Zebra Press
Prys: R180
Formaat: Sagteband
ISBN-13: 978-1-77022-072-0
(Prys onderhewig aan verandering)

- Nuus24

Volg Nuus24 op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: boeke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weather
Traffic
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Jobs - Find your dream job

PHP Developer

Tokai, Southern Suburbs 7945, South Africa
Quiglies Solutions
Market Related

RECEIPTION PA ADMIN

Pretoria, South Africa
LP Artisan Recruitment
R5400

Senior PHP Developer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Cars - Search 1000's of new and used cars

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Property - Find a new home

Travel - Look, Book, Go!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - shop online today

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.