2011 se Idols gaan verras

2011-06-05 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Sewe beoordelaars, sewe aanbieders en sewe wenners sedert Idols in 2002 begin het – en wanneer die sewende reeks Sondagaand om 17:30 op M-Net afskop, kan kykers regskuif vir nog meer drama, trane, verrassings, talent en toondowe kwê-voëls wat van dié realiteitsreeks ’n TV-treffer maak.

En moenie vanaand se walvisseun misloop nie.

Idols, wat nou al byna ’n dekade lank ’n onuitputlike bron van sukses vir die betaalkanaal is, skop die nuwe reeks vandag met die Kaapstad-oudisies af.

Dit word gevolg deur episodes in Polokwane, Durban en Johannesburg voor die gebruiklike teaterronde in Julie wanneer kykers vir hul top-tien begin stem.

Kykers sal Sondagaand die sprankelende nuwe Idols-beoordelaar Unathi Msengana ontmoet wat die omstrede Mara Louw vervang en die beoordelaarsdinamika dramaties verander.

Vir die eerste keer het Idols ’n slim en sterk, empatiese en charismatiese vroulike beoordelaar, wat die atmosfeer van die reeks heeltemal verander.

Rapport was op die stel met die eerste Kaapstad-oudisies en het gesien hoe ’n stralende Msengana die bekkige Randall Abrahams en Gareth Cliff behoorlik op hul plek sit.

Sy beskerm en bemoedig deelnemers, lewer opbouende en ingeligte kritiek en hanteer deelnemers vriendelik soos ’n gunsteling-laerskoolonderwyseres.

Die genooide beoordelaar vir die eerste episode is die sanger Danny K, wat sukkel om “nee” te sê. Hy moet bontstaan wanneer ’n teleurgestelde deelnemer hom toesnou dat sy nie van sy musiek hou nie.

Die beoordelaars se penne en papiere is ook weg en vervang deur Samsung Galaxy-tablette waarop hulle notas maak en die vervaardigers nou direk aan hulle teksboodskappe kan stuur.

Heelwat verrassings wag in die eerste episode.

Die Brothers Streep wat bekend is om hul luisterliedjies en nou internasionaal opgang maak, sing ’n tonekrul-liedjie op Idols. Die liedjie sal môre van die Idols-webruimte afgelaai kan word.

Dan is daar die verstommende walvisseun wat in sy grys “walvispak’’ vir die beoordelaars sing.

’n Gay oom in ’n pers uitrusting en sy nefie in ’n rooi kamerjas antwoord op alles “Fabulous, Darling’’.

Idols bly voortdurend nuut en verrassend,’’ sê Ingrid Engelbrecht, M-Net-woordvoerder. “Dit bly verbasend hoeveel talent daar in die land is. Vanjaar is daar regtig jong deelnemers wat vir die eerste keer oudisies kan bywoon en regtig beïndruk. Aan die ander punt is daar diegene soos Elvis Blue wat byna te oud is en ook fantasties is. Daar is ook die gebruiklike groep uiters eksentrieke deelnemers.’’

Die Idols Extra-kanaal met bykomende beeldmateriaal begin vanaand om 19:00 24 uur van die dag op DStv-kanaal 199 uitsaai. Al die Kaapstad-oudisies word gewys. 

- Rapport

Lees meer oor: idols  |  musiek  |  vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ...en Louis... as ek ek jou so kyk..jy hou van morsige dinge, soos grappe, vieslike mense ens. Jy krul van die lekkerkry! Nie goeie morele waardes nie en 'n aanwins vir die siekes. Nou, hoe kan jy my blameer as ek jou nie aanvaar met jou "Vrye keuses" nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 199,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.