Idols terug op TV, maar vir hoe lank?

2010-01-08 15:49
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Die gewilde TV-reeks American Idol se negende seisoen, met komediant Ellen DeGeneres as een van die beoordelaars, is volgende week op TV te sien.

Die vraag bly egter staan of die toekoms van die reeks en sy grootste ster, bitterbek Britse beoordelaar Simon Cowell, verseker is.

Ten spyte van laer kykersgetalle die afgelope drie jaar, is meeste industriekenners vol hoop dat die gewilde sangkompetisie steeds die geld vir die TV-netwerk FOX sal laat inrol.

Gerugte dat Cowell sal uittree as beoordelaar wanneer sy kontrak in Mei eindig, asook die feit dat voormalige beoordelaar Paula Abdul met DeGeneres vervang word, sal waarskynlik ook belangstelling in die reeks se eerste episode op 12 Januarie ’n hupstootjie gee.

Ondanks jare se gewildheid onder kykers en groot bedrae deur adverteerders betaal, staar die reeks steeds 'n kritieke jaar in die gesig.

Volgens TNS Media Intelligence het kykersgetalle vanaf ’n hoogtepunt van 30,8 miljoen kykers per episode in 2006, na ’n gemiddelde 26.3 miljoen per episode in 2009, gedaal. Advertensieverkope het ook van $903,3 miljoen (sowat R6,7 miljard) na $858,6 miljoen (sowat R6,35 miljard) gesak.

“Dit is raar dat ’n popkultuurfenomeen hierdie soort momentum kan behou, en jaar na jaar sulke groot kykersgetalle kan trek. So dit is natuurlik om te vra wanneer die borrel gaan bars," het Entertainment Weekly se Michael Slezak gesê.

“Ek dink nie ons is al daar nie. Die reeks kan nog ’n lekker hou (dws. ’n daling in kykergetalle) vat en steeds bo aan die lys wees. Maak nie saak waar Idols op die lys land nie, ek’s seker die getalle kan al Fox se kompetisie jaloers maak,” het Slezak gesê.

–Reuters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ACCOUNTS CLERK

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Test Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R15000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

VOLKSWAGEN

2.3 Microbus
1998
R 40,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.