Die “militarisering” van Zimbabwe se verkiesingstrukture en voorbereidings het bygedra tot nuwe spanning tussen pres. Robert Mugabe en die SAOG.
Die volgende ronde van die geveg tussen die SA regering en 'n Vrystaatse boer oor sy boerderybelange in Zimbabwe word in Februarie uitbaklei.
Zimbabwiërs wat aansoek gedoen het om wettig in SA te wees, sal nie in hegtenis geneem word of uit die land gesit word nie.
Dit is duidelik dat pres. Jacob Zuma se beroep op die Europese Unie (EU) om sy sanksies teen Zimbabwe op te hef, op dowe ore geval het.
Vlieëniers van Air Zimbabwe het daarop aangedring dat hulle hul volle salarisse ontvang, slegs ‘n dag nadat hul begin staak het.
Pres. Robert Mugabe het Europeërs en Amerikaners tot die hel verdoem tydens die staatsbegrafnis van sy suster, Sabina Mugabe (80).
Suid-Afrika se ambassadeur in Harare en ’n hooggeplaaste in die MDC-party moes ingryp toe polisie ’n Suid-Afrikaanse boer in hegtenis geneem het.
Die Zimbabwiese owerhede in Pretoria sê hulle dra geen kennis daarvan dat hul eiendom in Suid-Afrika gevandaliseer word nie.
Zimbabwiese staatsaanklaers het aansoek gedoen om appèl teen die vryspreking van die aangewese adjunkminister van landbou, Roy Bennett.
Die MDC-party in Zimbabwe het ná Roy Bennett se vryspreking daarop aangedring dat hy as adjunkminister ingehuldig word.
Roy Bennett, die vertroueling van premier Morgan Tsvangirai wat van terrorisme aangekla was, is vrygespreek op alle aanklagte teen hom.
’n Suid-Afrikaanse boer is aan die Zimbabwiese kant van Beitbrug in ’n polisiesel gegooi nadat oorlogsveterane sy plaas in beslag geneem het.
Minstens 25 mense is dood en meer as 30 beseer nadat ‘n bus teen ‘n aankomende vragmotor gebots en aan die brand geslaan het.
Zimbabwe sal eendag ‘n “goeie voorbeeld wees van swart ekonomiese bemagtiging” vir Suid-Afrika, het die Herald Online berig.
Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het ‘n Zimbabwiese politieke party ontstel tydens ‘n onlangse besoek aan Harare.
Pres. Robert Mugabe het lede van die verkiesings- en menseregtekommissies ingesweer. Dit is die eerste keer dat die land 'n menseregtekommissie sal hê.
President Robert Mugabe het gesê hy sal nie die kwessie bespreek van gay-regte wat in Zimbabwe se nuwe grondwet ingeskryf moet word nie.
Pres. Jacob Zuma wil Zimbabwe se leiers verplig om twispunte eers opsy te skuif en só die weg vir nuwe verkiesings in 2011 te verseker.
Ongeveer 2,17 miljoen Zimbabwiërs, of ‘n vierde van dié land se bevolking benodig voedsel, het die Rooikruis vereniging gesê.
Meer as 2000 staatsamptenare het in die Zimbabwiese hoofstad betoog en ‘n vierdubbele salarisverhoging gevra.
Die internasionale monetêre fonds gaan dalk Zimbabwe se stemregte herstel – amper sewe jaar ná hulle weens agterstallige betalings geskors is.
Die Europese Unie (EU) het hul sanksies teen Zimbabwe met nog 12 maande verleng weens die swak vordering wat die koalisieregering maak.
Die leier van ‘n VN-program wat bedreigde spesies beskerm het Zimbabwiese sekuriteitsbeamptes van wildstropery aangekla.
Volgens die MDC is ‘n nuwe verkiesing die enigste oplossing vir Zimbabwe, maar Zanu-PF vertraag glo die nodige prosedures.
Botswana het ’n ultimatum aan Zimbabwe gestel om sy verdedigings- en intelligensie-attachés aan die land binne die volgende 24 dae te onttrek.
Die Suid-Afrikaanse en Australiese ministers van buitelandse sake het gesê hulle wil graag saam werk aan projekte om Zimbabwe te herbou.
Die Zimbabwiese premier, Morgan Tsvangirai, het volgehoue druk deur pres. Jacob Zuma oor 'n algemene verkiesing weerstaan.
Die Zimbabwiese regering gaan na bewering 100 000 ha grond aan Billy Rautenbach, ’n omstrede Suid-Afrikaanse sakeman, gee.
’n Suid-Afrikaanse boer, sy vrou en hul seun is op hul plaas in Zimbabwe se oostelike hooglande deur plaasbesetters aangerand.
Robert Mugabe meen Zimbabwe sien "vreeslik baie vordering" onder die nuwe regering, al het Nestlé hul bedrywighede in die land gestaak.
Zimbabwe se Zanu-PF party het pres. Robert Mugabe ondersteun as die onbetwisbare leier van die party vir die volgende vyf jaar.
Zimbabwe se gesondheidsdiens sal miljarde rande van Global Fund ontvang om te help met die stryd teen MIV/Vigs.
Meer as 4 200 wit Zimbabwiese boere en hul gesinne wat van hul plase afgeskop en na dorpe en stede gedwing is, is nou hulpbehoewend.
'n Verbod op die handel in diamante uit Zimbabwe sal moontlik dié week bespreek word by 'n vergadering van die Kimberley-proses.
Gewapende polisielede het ‘n klopjag op die premier Morgan Tsvangirai se eiendom wat aan die MDC behoort, uitgevoer.
Twee Zimbabwiese vroue is in hegtenis geneem vir die smokkel van nagemaakte sigarette ter waarde van R40,000 in Musina, het die Limpopo-polisie Sondag gesê.
Morgan Tsvangirai sê hy gaan samewerking met Robert Mugabe se “oneerlike en onbetroubare” Zanu-PF party staak.
Terwyl Australië miljoene rande se hulp aan Zim-boere aangekondig het, het die SA regering gevra om nie toe te gee aan hul eise nie.
Ná 'n rits rooftogte op die Harare-pad aangemeld is, het die AA motoriste gemaan om nie laatnag in ander lande rond te ry nie.
‘n Groep beleggers, wat met besoek aan Zimbabwe was, meen hulle is skepties oor die huidige stand van sake in die land.
Die Europese Unie (EU) is nie gereed om sy sanksies teen Zimbabwe te lig nie, het die Sweedse premier bekendgemaak.
Die SAOG het gevra dat internasionale gemeenskappe sanksies teen Zimbabwe lig en so die land se magsdeelooreenkoms te aanvaar.
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het nog R3.8 miljard aan Zimbabwe geleen, het dié land se reserwebank gesê.
Zimbabwe se koalisie-regering sal binnekort sowat 1 500 gevangenes vrylaat in die hoop om die druk in oorvol tronke te verminder.
Pres. Robert Mugabe is terug in Zimbabwe na 'n besoek aan Dubai ondanks mediaberigte dat hy mediese behandeling in dié land ontvang.
Zimbabwe se Zanu-PF en MDC beskuldig mekaar daarvan dat elkeen te min doen daarom dus die koalisieregering te ondermyn.
Morgan Tsvangirai, eersteminister van Zimbabwe, het sy landsburgers in SA gevra om terug te keer na hul geboorteland.
Die Kimberley-verdrag (KP) het na ‘n besoek aan Zimbabwe se diamantvelde 'n stokkie gesteek voor hierdie land se diamanthandel.
'n Zimbabwiese aktivis wat verlede jaar ontvoer is, dagvaar die staat vir $200 000 vir marteling terwyl sy aangehou is.
Zimbabwe se regering sal straatwerkers se salarisse verhoog in ‘n poging om gekwalifiseerde werkers te behou.
Die MDC in Zimbabwe het gevra dat die eenheidsregering ontbind word en wil hê dat president Jacob Zuma hulp verleen met die verkiesing.
Robert Mugabe beskou Jacob Zuma as ’n “man vir die menigtes wat daarvan hou om beloftes te maak sonder om noodwendig te weet hoe om hulle na te kom”.
President Robert Mugabe het gesê Britse en Amerikaanse maatskappye sal genasionaliseer word, indien sanksies teen Zimbabwe nie opgehef word nie.
Die Zimbabwiese regter wat by die verhoor van Roy Bennett betrokke was dagvaar hom nou vir 1 miljoen dollars vir naamskending.
Die drome van ’n blinde Zimbabwiese vrou om weer te kan sien en met haar kinders herenig te word, bly vir eers net drome.
Die Duitse regering dreig om hulpverlening aan Zimbabwe stop te sit mits onwettige besetters van ‘n plaas dié eiendom verlaat.
'n Zimbabwiese boer wat pres. Robert Mugabe en sy regering by ’n tribunaal verkla het, sal deur koningin Elizabeth II vereer word.
Zimbabwiese omgewingsbewaarders meen die twee olifante wat aan Noord-Korea gestuur word as ‘n geskenk, sal moontlik nie oorleef nie.
Roy Bennett, wat op alle aanklagte teen hom vrygespreek is, sê hy sal die “leuens, bedrog en diefstal” in Zimbabwe onthul.
Roy Bennett, die Zimbabwiër, wat van terrorisme aangekla was, sê sy vryspreking bewys dat daar onafhanklikheid binne dié land se regstelsel is.
Die hooggeregshof in Zimbabwe het die verkoop van diamante afkomstig uit ’n gebied bekend vir menseregtevergrype goedgekeur.
Zimbabwe is op soek na ‘n nuwe laksman nadat hul vorige een in 2004 afgetree het omdat hy glo nie met sy gewete kon saamleef nie.
Julius Malema se omstrede uitsprake oor Zimbabwe en sy steun vir pres. Robert Mugabe se Zanu-PF-party was die laaste strooi vir pres. Jacob Zuma.
Wetgewers wat onwettige diamantmyne in die ooste van Zimbabwe wou inspekteer is deur die plaaslike polisie verhoed om dit te doen.
Die Zimbabwiese politikus, Roy Bennett, staan moontlik op nuwe aanklagte tereg - dié keer vir die onwettige besit van 'n groot hoeveelheid mielies.
Volgens ‘n prokureur in Zimbabwe is ‘n kunsuitstalling wat kyk na die geweld wat deur Robert Mugabe veroorsaak is, gesluit.
Zimbabwe se twee leiers was tevrede ná hul vergadering met pres. Jacob Zuma, wat hulle help om geskille in hul eenheidsregering op te los.
Pres. Jacob Zuma gaan Zimbabwe besoek om die magsdeling ooreenkoms na te sien, wat ‘n dekade lange politieke en ekonomiese krisis moet beeïndig.
President Robert Mugabe het ‘n wet dat net swart mense besighede in Zimbabwe mag beheer verdedig en gesê besighede is geregtelik hulle s’n.
Wetgewers van Zimbabwe se drie hoof politieke partye wil die VSA besoek om betrekkinge tussen Harare en Washington te herstel.
Pres Robert Mugabe en Zimbabwe se eenheidsregering het besluit dat die sanksies moet verdwyn wat die Europese Unie teen hulle geplaas het.
Die Universiteit van Zimbabwe ly aan ‘n massiewe verlies aan dosente waar minder as die helfte van die nodige personeel tans doseer.
Zimbabwe se staatsamptenare beplan ‘n staking en gaan hul protes verskerp as die regering nie aan hul versoeke gehoor gee nie.
Dis een jaar sedert Zimbabwe 'n koalisie geword het, maar wantrou en politiese rusie belemmer dié land se herstelling.
Die Johannesburgse hooggeregshof het Vrydag die regering beveel om ’n boer van die Vrystaat vir sy skade te vergoed.
AfriForum se prokureurs in Harare het vandeesweek hofstukke van die aansoek van drie Zimbabwiese boere teen die Zimbabwiese regering beteken.
Pogings om Suid-Afrikaanse boere in die ooste van Zimbabwe gewelddadig van hul plase te verdryf, duur steeds voort.
Dit blyk daar is Zanu-PF-amptenare in Zimbabwe wat nie dié land se omstrede grondonteieningsveldtog ondersteun nie.
Zimbabwe het vir Nestlé verseker hul werkers is veilig nadat die voedselreus gesluit het omdat amptenare met hul sake kom inmeng het.
Nestlé het besluit om sy sake in Zim op te skort ná dreigemente omdat hy nie meer melk van ’n plaas van die Mugabe-familie gebruik nie.
President Jacob Zuma het leiers van die Statebond aangemoedig om Zimbabwe se hertoelating te oorweeg.
Boere wat Zim-plaaswerkers gehelp het nadat hulle uit hul huise in De Doorns verdryf is, het kort daarna dreigemente ontvang.
Morgan Tsvangirai, premier van Zimbabwe, sal weer deel word van Zimbabwe se koalisieregering ná hy dit vir drie weke geboikot het.
Pres. Robert Mugabe het Morgan Tsvangirai as oneerlik beskryf, nadat hy besluit het om weg te beweeg van die ZANU-PF party.
Sowat vyf mense het gesterf en talle inwoners van Zimbabwe is siek nadat 'n nuwe cholera-epidemie vir dié land getref het.
Slegs ure nadat ‘n regter Vrydag op borgtog vir Roy Bennett aangedring het, het verslaggewers hom uit ‘die tronk in Mutare sien stap.
Zimbabwiese ministeriële kandidaat Roy Bennett sal in die tronk bly tot ‘n saak teen hom oor ‘n beweerde komplot teen Robert Mugabe, afskop.
Een van Zimbabwe se grootste tekstielmaatskappye gaan hul deure sluit en ongeveer 1 400 mense werkloos laat.
'n Nuwe verslag ontbloot die feit dat plaasaanvalle, grondvergrype en menseregteskendings steeds in Zimbabwe voortduur.
Die Zimbabiese department van gesondheid sê vyf nuwe gevalle van cholera is in die oostelike distrik van Chipinge aangemeld.
Zimbabwe gaan die naweek 'n verskoning by die EU eis omdat hy sanksies op pres. Robert Mugabe en sy binnekring geplaas het.
Plaaslike produkte het onlangs in Zimbabwe begin verskyn nadat somminge vervaardigers weer met produksie begin het.
Hy het gewaag om die Mugabe-regering voor ’n internasionale hof te daag en te wen. Hy het egter swaar daarvoor geboet.
Jacob Zuma gaan binne die volgende twee dae 'n besoek aan Zimbabwe aflê om sekere twispunte met dié leiers te bespreek.
Morgan Tsvangirai vra vir noodfondse om dié land te help om die H1N1-virus te bekamp nadat vyf studente dié virus opgedoen het.
President Robert Mugabe sê die Weste moet ophou inmeng in Zimbabwe se sake, as hulle nie sy regering kan ondersteun nie.
Zimbabwe se regering het nog baie uitdagings wat voor hulle lê, vóór die Zim-dollar weer as geldeenheid in dié land gebruik kan word.
Vir die eerste keer in 8 jaar mag die BBC vry en wettiglik in Zimbabwe te werke gaan, nadat ‘n verbot op dié uitsaaier gelig is.
Die voormalige Eerste Minister van Brittanje, Tony Blair, het gesê pres. Robert Mugabe moet uit sy pos verwyder word.