Die Lions het in hul soektog na 'n broodnodige oorwinning twee veranderings gemaak vir die Super-rugbystryd teen die Western Force in Perth.
Die Melbourne Rebels het die Western Force geklop in die spanne se super-rugbywedstryd op die NIB-stadion in Perth, Australië.
Die Sharks het die Western Force behoorlik laat les opsê in dié twee spanne se Super-rugbykragmeting by Kingspark in Durban.
Die Stormers het hul Australasiese toer op 'n hoogtepunt afgesluit met 'n oorwinning oor die Western Force in Perth.
Gio Aplon en Duane Vermeulen sal weens beserings nie in die Stormers se laaste toerwedstryd teen die Western Force in Perth speel nie.
Die Waratahs het 'n laat aanslag deur die Western Force in die tweede helfte afgeweer om die Super-rugbykragmeting in Perth te wen.
Die Rebels is deur 'n dubbele terugslag getref kort voor die afskop teen die Force met James O'Connor en Richard Kingi wat weens beserings moes onttrek.
Die Hurricanes het in Perth oor die Western Force geseëvier ná TJ Perenara drie keer agter sy teenstanders se doellyn gaan kuier het.
Jesse Mogg het 'n drie in sy debuut vir die Brumbies gedruk om 'n langdurige skopstryd te onderbreek en die Brumbies teen die Force te laat seëvier.
Die flank van die Wallabies David Pocock neem by sy internasionale spanmaat Nathan Sharpe oor as die Western Force se nuwe kaptein.
Die afrigter van die Western Force, Richard Graham, kuier tans in Port Elizabeth waar hy die Oostelike Provinsie-Kings met slypsessies help.
Die Western Force het hul Super Rugby-seisoen op 'n wennoot afgesluit met 'n naelskraap-oorwinning oor die Rebels in Melbourne.
Die Wallaby-heelagter James O'Connor sal die Western Force se finale Super Rugby-wedstryd misloop nadat hy vir gevaarlike spel geskors is.
Die Western Force het teruggeveg om die Highlanders in hul laaste tuiswedstryd op die Carisbrook-stadion in Dunedin te klop.
Die Australiese Super Rugby-spanne die Western Force en die ACT Brumbies het met 13-13 gelykop gespeel in hul wedstryd in Perth.
Die Bulls sal Saterdag sonder Jaco Pretorius teen die Western Force moet klaarkom; die senter sukkel die afgelope weke met ‘n nekbesering.
Die Brumbies het vier veranderinge gemaak aan hul Super Rugby-span wat teen die Western Force in Canberra gaan uitdraf.
Die voormalige vleuel van die Hurricanes, Willie Ripia, sal sy debuut vir die Western Force in hul Super Rugby-kragmeting teen die Waratahs maak.
Die Stormers het hul drieë-droogte in die Super Rugby-reeks gebreek met 'n indrukwekkende oorwinning oor die Western Force op Nuweland in Kaapstad.
Dis ’n geval van een van die beste aanvallers in wêreldrugby teen die suinigste verdediging in Super Rugby wanneer die Western Force op Nuweland uitdraf.
Die Lions se afrigter, John Mitchell, het sy span aangekondig wat in die Super Rugby-kragmeting teen die Western Force in Johannesburg gaan uitdraf.
'n Strafskop in die doodsnikke van die Super Rugby-kragmeting tussen die Blues en Western Force in Perth, het vir 'n gelykop-uitslag gesorg.
Die Western Force se senter Rory Sidey, is deur 'n Sanzar-tugkomitee geskors vir 'n boorvat op die Sharks-vleuel Odwa Ndungane.
Die Sharks het met 'n telling van 39-12 oor die Western Force geseëvier in dié twee spanne se Super Rugby-kragmeting in Perth.
’n Sege in Perth oor die Western Force sal die Sharks gelyk laat trek met die Bulls vir die meeste oorwinnings oor Australiese teenstanders.
Cameron Shepherd, veelsydige agterspeler van die Western Force, is vasgetrek vir dronkbestuur terwyl sy rybewys opgeskort was.
Die Western Force se soektog na ’n plaasvervanger vir André Pretorius duur voort, en die span kyk nou na Sias Ebersohn van die Cheetahs.
Die Sharks moes hard swoeg vir 'n oorwinning in hul Super14-kragmeting teen die Western Force op die Absa-stadion in Durban.
Die Cheetahs het hul vierde Super14-wedstryd van die seisoen gewen toe hulle die Western Force op Vodacompark in Bloemfontein geklop het.
Die Western Force het uitgehaal en wys om 'n agterstand uit te wis en die Crusaders op hul neuse te laat kyk in hul Super14-kragmeting in Perth.
Die Stormers-afrigter Allister Coetzee het sy span bekend gemaak wat in hul volgende Super14-wedstryd teen die Western Force in Perth uitdraf.
Die Bulls moes baklei om hul Super14-kragmeting teen 'n vasberade Western Force-span met 28-15 in Perth te wen.
Die Super14-afrigter John Mitchell het gesê dat hy ná die 2011-seisoen, nie in sy pos as Western Force-breier sal aanbly nie.
Die Chiefs het hul goeie spelpeil weg van die huis af volgehou toe hulle die western Force in die doodsnikke van hul stryd gewen het.
Die Aussie-rugbybaas, John O’Neill, het sy voet neergesit en beter vertonings van die Australiese spanne in vanjaar se Super14-reeks geëis.
Jacque Potgieter en Matt Dunning sal ná 'n vuisgeveg die afgelope naweek op Nuweland, beskikbaar wees vir die Super14-reeks.
Die veelsydige Australiese agterspeler Cameron Shepherd het by Northampton aangesluit as plaasvervanger vir die Engelse vleuel Chris Ashton.
Damien Hill, afrigter van die Melbourne Rebels, het vir die eerste keer die seisoen 'n onveranderde beginspan aangekondig.
Die Cheetahs het voor 'n relatief klein tuisskare oor die Western Force geseëvier in dié twee spanne se Superrugby-kragmeting in Bloemfontein.
Duane Vermeulen, Gio Aplon en Nick Koster se terugkeer na SA het 'n aantal veranderinge aan die Stormers meegebring vir die stryd teen die Force.
Die breier van die Western Force, Richard Graham, gaan Perth aan die einde van die jaar verlaat om die Queensland Reds in Brisbane af te rig.
Die Rebels het hul eerste oorwinning van die Super-rugbyseisoen behaal toe hulle die Western Force met 'n enkele punt in Melbourne geklop het.
Die Western Force het hul Super-rugbywedstryd naelskraap teen die Waratahs met 21-20 in Sydney, Australië, gewen.
Die verdedigende kampioene, die Queensland Reds, het 'n begeesterde Western Force-span in hul Super-rugbykragmeting in Brisbane geklop.
Die veteraan-slot Nathan Sharpe, wat 101 toetse vir Australië gespeel het, het sy uittrede aan die einde van die Super-rugbyseisoen aangekondig.
Die Nieu-Seelandse losskakel Willie Ripia het sy bedanking by die Super15-klub Western Force ingedien nadat hy glo van sy spanmaats gesteel het.
Die Western Force het glo hul oë op die All Black-heelagter Cory Jane vir aanstaande jaar se Super Rugby-seisoen.
Die Wallaby-ster James O'Connor sal nie aanstaande jaar vir die Force uitdraf nie nadat onderhandelinge om sy kontrak te hernu 'n dooiepunt bereik het.
Die Queensland Reds het die Western Force in die doodsnikke van dié twee spanne se Super Rugby-kragmeting in Perth uitoorlê.
Twee drieë laat in die tweede helfte deur die Hurricanes het aan hulle 'n Super Rugby-oorwinning oor die Western Force in Palmerston North besorg.
Die Waratahs het die Western Force Saterdag 20-15 gewen tydens hul Vodacom Superrugby-wedstryd in Sydney, het Supersport.com berig.
Die Western Force het die Brumbies se harte gebreek nadat hulle hul Super Rugby-kragmeting met 27-19 gewen het.
Die Waratahs het 'n bonuspunt verdien nadat hulle vier drieë teen 'n sukkelende Western Force-span in die Super Rugby-wedstryd in Perth gedruk het.
Die Melbourne Rebels het die Western Force in hulle Super Rugby-kragmeting by die NIB-stadion in Perth met 'n enkele punt geklop.
Peter Grant kry in die Super Rugbywedstryd teen die Western Force die perfekte kans om te wys dat hy weer die Groen-en-Goud behoort te dra.
Die Western Force het hul eerste oorwinning in vanjaar se Super Rugby-reeks behaal toe hulle die Lions op Coca-Colapark in Johannesburg geklop het.
James Kamana, Nieu-Seelandse heelagter van die Lions, is vir drie weke geskors weens sy boorvat op die Cheetahs se Robert Ebersohn.
Die flank van die Force, David Pocock, sal ses weke buite aksie wees nadat hy sy knieligamente in die Super Rugby-stryd teen die Sharks geskeur het.
Met die gegaap in die Kaap en die gepoer-poer in Pretoria was darem een span wat die naam van Suid-Afrikaanse rugby hoog gehou het
Die Bok-vleuel JP Pietersen is ten koste van Lwazi Mvovo terug in die Sharks se beginspan wat in Perth sy teen die Western Force uitdraf.
Dis nie aldag dat jy Durbaniete sal hoor kla oor die hitte nie, maar die Sharks vind die hittegolf waarmee hulle in Perth verwelkom is, erg.
Australië se Western Force het die vleuel van die Hurricanes, David Smith, vir aanstaande jaar se Super15-reeks gekontrakteer.
Volgens berigte oorsee, is die Stormers-losskakel Peter Grant, dalk die volgende Springbok wat hom by 'n Australiese rugbyspan gaan aansluit.
Die Sharks gaan op die Absa-stadion in Durban teen die Western Force, die kans kry om hul Super14-rugbyseisoen op ’n hoë noot af te sluit.
Die Lions het hul 11de agtereenvolgende Super14-wedstryd verloor toe hulle teen die Western Force op Coca-Colapark vasgeval het.
Die Blues het ses drieë ingeryg om die Western Force met 38-17 in hul Super14-kragmeting op Eden Park in Auckland te klop.
Die Stormers het die kans om die boonste posisie op die Super14-puntelys vir minstens ’n dag te kaap wanneer hulle met die Western Force kragte meet.
'n Vasberade Western Force-span loop rustyd met 12-10 voor in hul Super14-kragmeting teen die Bulls in Perth.
’n Gemotiveerde Bulls-span is deur die doeane-kantoor van Perth se internasionale lughawe, maar daar is kommer oor ’n mank Fourie du Preez.
Die Brumbies-kaptein Stirling Mortlock het die voorste puntemaker in Superrugby geword na sy span se wen teen die Western Force.
Die voormalige Springbok-losskakel, Andre Pretorius sal die hele Super14-reeks misloop nadat hy ’n dyspierbesering opgedoen het.
Die voormalige Springbok-losskakel, André Pretorius, sal sy buiging vir die Western Force in ’n driehoekige toernooi in Kaapstad maak.