ARTIKELS OOR westelike provinsie

WP wen eerste Vodacombeker

2012-05-19 07:30

Die Westelike Provinsie het hul eerste Vodacombeker gewen nadat hulle die Griekwas in 'n naelbyt-eindstryd in Kimberley geklop het.

Kebble, jnr maak buiging vir WP

2012-04-19 15:06

Oliver Kebble, seun van die voormalige Springbok-stut Guy Kebble, gaan sy debuut vir die Westelike Provinsie se Vodacombeker-span maak.

WP steun op Deon

2012-03-15 08:38

Die Westelike Provinsie en Stormers hou duim vas dat Deon Carstens se geheue hom nie in die komende weke in die steek sal laat nie.

WP wil klou aan sy jong rugbysterre

2012-03-05 09:00

Die WP hoop om binnekort aan te kondig dat hy die Stormers se nuwe generasie jong sterre met langtermyn-kontrakte tot die unie verbind het.

Rassie wil 'ander geleenthede' oorweeg

2012-01-10 11:16

Rassie Erasmus, direkteur van afrigting van die Westelike Provinsie, verlaat dié rugbyunie om ander geleenthede te oorweeg.

Jaque verlore vir Stormers

2011-12-02 07:01

Jaque Fourie gaan volgens alle aanduidinge ’n reuse-aanbod in Japan aanvaar en sal nie aanstaande seisoen vir die Stormers beskikbaar wees nie.

Stormers soek Burton vir diepte

2011-11-22 11:36

Die voormalige losskakel van die Bulls en die Lions Burton Francis, gaan straks aanstaande jaar vir die WP en die Stormers uitdraf.

Joe Pietersen terug vir die Stormers

2011-11-04 12:18

Die Westelike Provinsie rugbyunie het bevestig dat hulle die dienste van die oud-Stormer Joe Pietersen, vir twee jaar bekom het.

Van den Heever dra nou Streeptrui

2011-10-24 11:04

Die Blou Bulle se veelsydige agterspeler Gerhard van den Heever gaan voortaan vir die span van die Westelike Provinsie uitdraf.

Dis Haaie teen Leeus in CB-eindstryd

2011-10-22 23:00

Die Leeus gaan vir die eerste keer sedert 2002 op hul tuisveld in 'n Curriebeker-finaal uitdraf nadat hulle die WP in die halfeindstryd geklop het.

Bismarck breëbors in VS se pad

2011-10-22 07:16

Twee Curriebeker-rillers – een in Johannesburg en die ander in Durban – is op die Suid-Afrikaanse rugby-spyskaart.

Allister: 'Nic en Demetri het babaskoene ontgroei'

2011-10-20 10:03

Een of ander tyd moet jy ophou om ’n baba te wees. Só kyk Allister Coetzee na die WP-span wat hy vir die Curriebeker-halfeindstryd aangewys het.

Schalk nie skuldig aan vuilspel

2011-10-18 15:11

Schalk Burger is van vuilspel vrygespreek nadat hy in die WP se Curriebeker-kragmeting met die Pumas, uitgewys is vir 'n gevaarlike duikslag.

Bokbelaaide WP kan Leeus op tuisveld klop

2011-10-17 10:04

Die o.19-, o.21- en Curriebeker-rugbyspanne van die Westelike Provinsie speel in die halfeindronde van hul onderskeie reekse.

De Villiers lei WP met WB-Bokke

2011-10-14 08:08

Die Pumas trek rustyd ’n ander stel rugby-truie aan om hul Curriebeker-teenstanders te ontsenu – die Westelike Provinsie stuur Bokke op.

Burger dalk WP-kaptein

2011-10-12 12:01

Die Springbok-flank Schalk Burger gaan dalk as die WP se kaptein uitdraf in hul Curriebeker-kragmeting teen die Pumas op Nuweland.

Leeus brul hard teen Streeptruie

2011-10-08 23:00

Die Goue Leeus het met 'n welverdiende oorwinning oor die Westelike Provinsie in Johannesburg, gewys hoekom hulle bo-aan die Curriebeker-punteleer lê.

Jantjes terug vir WP

2011-10-05 15:23

Die WP se breier, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat op Coca Cola-park in die Curriebeker-wedstryd teen die Goue Leeus uitdraf.

WP verplaas druk effe na Blou Bulle

2011-10-03 08:00

Die WP het die druk om die laaste plek in die Curriebeker-halfeindronde effens na die Blou Bulle verskuif deur die Haaie in Durban te klop.

Mank WP noem span vir stryd in Haaitenk

2011-09-28 14:32

Die WP se breier, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat in die Curriebeker-wedstryd teen die Natalse Haaie in Durban uitdraf.

Taai besluite wag op Allister

2011-09-26 08:02

Die Westelike Provinsie het vanjaar twee hoofdoelwitte: om diepte te skep vir 2012 se Super Rugby-reeks en tweedens om die Curriebeker te wen.

WP se Lionel draf uit teen Vrystaat

2011-09-22 15:17

Die Westelike Provinsie het Lionel Cronjé op losskakel gekies vir die Curriebeker-kragmeting met die Vrystaat-Cheetahs op Nuweland in Kaapstad.

WP se Lionel word 'n Bul

2011-09-19 15:23

Die Blou Bulle maatskappy het aangekondig dat Lionel Cronjé, agterspeler van die WP, 'n kontrak van twee jaar met die Ligbloues gesluit het.

Blou Bulle vertrap WP op Loftus

2011-09-17 19:08

Die Blou Bulle het hul aartsvyande die Westelike Provinsie in hul Curriebeker-kragmeting op Loftus Versfeld met 28-20 geklop.

Twee Potties teen WP ingespan

2011-09-15 09:12

Twee Potgieters, die een so aggressief en toegewyd op die rugbyveld soos die ander, draf op Loftus Versfeld vir die Blou Bulle teen die WP uit.

Wicus Blaauw uit vir res van CB-reeks

2011-09-13 10:00

Allister Coetzee, breier van die WP, voel al “knorrig” oor hy sy weke deesdae moet begin met die woorde “hy sal eers weer volgende jaar kan speel ...”

Daar’s lewe ná Sadie en JJ

2011-09-09 09:23

In die Kaap knor dit deesdae wanneer JJ Engelbrecht en Johann Sadie goeie rugby speel, want van volgende jaar af wei hulle in die Blou Bul-kraal.

Dubbele slag tref WP

2011-09-06 08:03

’n Dubbele slag! Dit is wat die Westelike Provinsie getref het met die nuus dat Duane Vermeulen waarskynlik eers volgende jaar weer mag rugby speel.

WP te sterk vir Griekwas

2011-09-03 16:44

Griekwas het verbete teruggeveg, maar die Noord-Kapenaars was op die ou end nie sterk genoeg vir die Westelike Provinsie nie.

Allister beloon WP-reserwes

2011-09-01 14:59

Allister Coetzee het twee van sy plaasvervangers met 'n plek in WP se beginspan vir die Curriebeker-stryd teen die Griekwas in Kimberley beloon.

Kopseer vir WP teen Griekwas

2011-08-30 07:00

Die Streeptruie se verdediging agterlangs sal Saterdag in Kimberley teen Griekwas straks dubbel en dwars beproef word.

Pasop vir Pumas, sê Tiaan

2011-08-25 10:03

Tiaan Liebenberg, glo die Pumas se oorlewingstryd in die Curriebeker kan die WP se sending na Witbank ’n moeiliker een maak as wat baie mense dink.

Breier gee seer WP blaaskans

2011-08-23 07:05

Met ’n lang krukkelys ná verlede Vrydagaand se oorwinning oor die Leeus, het die rugbyspan van die Westelike Provinsie liefs nie geoefen nie.

WP geknou voor hy Leeus pak

2011-08-19 08:11

’n Besering aan die WP se agtsteman, Nick Koster, is die laaste ding waarvoor die span lus is voor hul Curriebeker-stryd teen die onoorwonne Leeus.

Reuse-toets wag in Kaap

2011-08-16 07:02

Die Goue Leeus staan voor hul grootste toets tot dusver in vanjaar se Curriebeker-rugbyreeks met die Westelike Provinsie wat hulle inwag.

Bokke maak WP se taak moeiliker

2011-08-12 09:08

Die tweede plek op die Curriebeker-punteleer beteken nie tans so baie vir die WP en die Haaie as die kans om mekaar ’n ding te wys later vanjaar nie.

Tyd ryp vir jong WP-stut

2011-08-10 07:49

Die bloedjong rooikop-loskopstut Steven Kitshoff maak sy debuut vir die WP in hul Curriebeker-kragmeting teen die Haaie op Nuweland.

Cheetahs kies Bokke vir stryd teen WP

2011-08-03 12:19

Die afrigter van die Vrystaat-Cheetahs, Naka Drotské, het vier Bokke in sy span ingesluit vir die Curriebeker-stryd teen die WP in Bloemfontein.

'WP is te wit' – Wakefield

2011-08-01 11:08
141 menings

Die adjunkhoof van die Westelike Provinsie Rugbyunie, Thelo Wakefield, het gesê te min gekleurde spelers is in die WP se Curriebeker-span.

Tiaan lei teen ‘fisieke’ Bulle

2011-07-29 10:00

Tiaan Liebenberg is terug as haker vir die Westelike Provinsie en sal dié rugbyspan teen die Blou Bulle op Nuweland aanvoer.

Brok verhang bordjies

2011-07-23 09:22

In ’n Potchefstroom waar soldate en studente nog nooit vir mekaar ooghare gehad het nie, was die Luiperds laasgenoemde in hul skermutseling met die WP.

CJ teken kontrak by Leeus

2011-07-21 14:08

Die Goue Leeus rugbyunie (GLRU) het aangekondig dat hulle die Springbok-stut CJ van der Linde vir twee jaar gekontrakteer het.

Nr.10-spook loop

2011-07-18 08:04

Net toe daar eindelik weer ’n fikse losskakel in die Westelike Provinsie is, het die vloek van die nr. 10-trui wéér toegeslaan.

Groen WP pak Griekwas

2011-07-15 08:02

Die WP se afrigter, Allister Coetzee, het ’n gros groentjies vir die Curriebeker-wedstryd teen Griekwas op Nuweland gekies.

WP staan Johann Sadie aan Bulle af

2011-07-09 07:00

Die WP het die nuus verwag, maar dit het steeds seergemaak om te hoor dat die puik jong senter Johann Sadie ’n kontrak met die Blou Bulle gesluit het.

Demas lei Boland-sege

2011-06-24 09:24

Die oud-Blitsbok Danwel Demas het sy pienk sokkies verdien toe hy Boland se wen oor die WP met ’n steek-en-sleep-drie van stapel gestuur het.

WP-kaptein gekies vir Barbarians

2010-11-30 11:33

Die kaptein van die WP, Anton van Zyl, is gekies om vir die Barbarians in hul wedstryd teen die Springbokke op Twickenham uit te draf.

Haaie lig die Curriebeker hoog

2010-10-30 19:24

Die Haaie is as 2010 se Curriebeker-kampioene gekroon na 'n skitterende vertoning teen die Westelike Provinsie op hul tuisveld in Durban.

Stefan Terblanche glo in gesoute Haaie

2010-10-29 09:42

Die Haaie het genoeg ervaring om weer die Curriebeker te wen en diegene wat onseker is, hoef maar net ná die speler langs hom te kyk vir inspirasie.

Danie Gerber: Die beker is WP s'n

2010-10-28 15:09

Die Springbok-legende, Danie Gerber, sit sy geld op die Westelike Provinsie om as vanjaar se Curriebeker-kampioene gekroon te word.

 

WP se Kitshoff pak tasse vir Frankryk

2012-05-09 09:30

Die WP se baljagter, Rohan Kitshoff, gaan Kaapstad vir Frankryk verruil nadat hy 'n kontrak met die klubspan Bordeaux Bègles gesluit het.

WP praat formeel oor Kaapstad-stadion

2012-03-15 15:19

Die Stad Kaapstad en die WP-rugbyunie het aangekondig dat hulle formele samesprekings oor die moontlike skuif na Kaapstad-stadion gaan begin.

Jong WP-sterre bly

2012-03-07 08:54

Allister Coetzee, afrigter van die Stormers, het bevestig dat vier van sy jong rugbysterre kontrakte tot in 2015 met die WP onderteken het.

Rassie dra g’n wrok oor WP

2012-01-11 09:01

Rassie Erasmus dra geen wrok teenoor die WP nie, al word daar in die Kaap oor politiekery agter die skerms gemor.

Rassie-bom tref WP en Stormers

2012-01-10 07:06

’n Bom het in die Westelike Provinsie gebars met die nuus dat Rassie Erasmus as direkteur van afrigting by dié rugbyunie bedank het.

Ferreira oefen saam't Stormers

2011-11-24 13:33

Die veelsydige voorspeler Schalk Ferreira, wat sy loopbaan twee jaar gelede weens 'n nekbesering moes kortknip, is terug op die rugbyveld.

Rugby na Groenpunt?

2011-11-10 09:07

Die gesprek is aan die gang om Nuweland se Westelike Provinsie-rugbywedstryde na die Kaapstad-stadion in Groenpunt te skuif.

WP verder in knyp

2011-11-02 07:05

Een van die Kaap se mees belowende generaals, Sam Lane, het op ’n vliegtuig geklim en sal eersdaags by Australië se Rugbyakademie inskakel.

Beursies moet nou WP-misnoeë wys

2011-10-24 08:00

Dit is moeilik om te verwoord wat die WP in die halfeindronde van die Curriebeker-reeks teen die Leeus aangevang het toe hy verloor het.

Strauss sê sy span probeer kalm bly

2011-10-22 08:16

Vir die eerste keer in 12 jaar sê die Goue Leeus ’n ander span die stryd in die Curriebeker-halfeindstryd op hul eie tuisveld aan.

Hollenbach glo Butch-er as wat mens dink

2011-10-21 10:00

'n Mens sou beswaarlik verwag om ’n hol kol op die maag te kry as die binnesenter van die Goue Leeus, Alwyn Hollenbach, op jou afstorm.

Schalk lei WP in CB-halfeind

2011-10-19 13:14

Die afrigter van die WP, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat teen die Leeus in die Curriebeker-halfeindstryd op Coca-Colapark uitdraf.

Habana verleng WP-kontrak

2011-10-17 10:58

Die Springbok-vleuel Bryan Habana sal vir die volgende drie jaar nog sy rugby in die Kaap speel nadat hy sy kontrak met die WP verleng het.

WP klop Pumas

2011-10-15 19:23

Die Westelike Provinsie het hulself ‘n plek in die Absa Curriebeker semi-finaal bespreek deur die Pumas op Nuweland te klop.

WP gaan ál sy Bokke laat speel

2011-10-13 08:08

Die Westelike Provinsie se WB-Bokke was skaars terug in die land toe dié wou weet waar hulle vir hul Curriebeker-oefening moet aanmeld.

WP weet Japanners vry na Jaque Fourie

2011-10-11 08:10

Die Westelike Provinsie hoop dat Jaque Fourie se multimiljoenrand-verhouding met die Kaap hom nog vir ’n wyle of drie hier sal hou.

Leeus moet hul ‘koppe regkry’

2011-10-07 10:01

Die Leeus probeer dit vermy om te fokus op die feit dat hulle teen die WP die eerste plek op die Curriebeker-puntelys kan bespreek.

Haaie-breier twyfel

2011-10-03 10:07

Hy is nie so seker of die WP se wendrie in hul Curriebeker-sege toegeken moes gewees het nie, het John Plumtree, die afrigter van die Haaie, gesê.

WP wen met drie in doodsnikke

2011-10-01 18:53

'n Drie deur Dewaldt Duvenhage in die doodsnikke van die wedstryd het verseker dat die Westelike Provinsie oor die Haaie seëvier in Durban.

WP-breier: ‘Dis ’n psigiese probleem’

2011-09-28 09:01

Allister Coetzee het grappenderwys, dog effens benoud, na die Westelike Provinsie se Curriebeker-rugbyspan as “ons o.21A-span” verwys.

Cheetahs grom op Nuweland

2011-09-24 23:00

Die Vrystaat-Cheetahs is steeds op die Curriebeker-wenpad na 'n oorwinning oor die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.

Rayno Benjamin terug vir Cheetahs

2011-09-21 08:41

Goeie spel deur Izak van der Westhuizen het daartoe gelei dat Wilhelm Steenkamp in Kaapstad op nr. 4 in die lynstane vir die Vrystaat sal spring.

Beseringspook ry WP bloots

2011-09-19 09:34

Terwyl die Streeptruie terugkyk na ’n teleurstellende middag op Loftus, is die twee nuutste beserings waarskynlik ’n nog groter kopseer vir die WP.

Drie veranderinge vir WP

2011-09-15 20:59

Allister Coetzee, WP-afrigter, het drie veranderinge gemaak aan sy begin-vyftiental wat teen die Blou Bulle op Loftus sal uitdraf.

Flou Bulle ‘gevaarliker as hul voorgangers’

2011-09-14 08:02

Curriebeker-ligaposisies raak irrelevant wanneer die Westelike Provinsie en Blou Bulle teen mekaar rugby speel.

WP aan die wenkant op Nuweland

2011-09-10 17:57

Die Westelike Provinsie het oor die Luiperds geseëvier in dié twee spanne se Curriebeker-stryd op Nuweland in Kaapstad.

Dood of Dollies?

2011-09-08 09:26

Die losskakel Isma-eel Dollie sal op Nuweland in Kaapstad die eerste keer vir die WP se beginspan in die Curriebeker-rugbyreeks uitdraf.

Jean wil 'n Streeptrui bly

2011-09-05 13:33

Die Springbok-senter Jean de Villiers sê hy wil sy loopbaan by die Westelike Provinsie afsluit, eerder as om rugby oorsee te gaan speel.

Spesiale truie vir Poubloues se 125 jaar

2011-09-02 08:22

Nuwe vere, maar steeds dieselfde voël. Dit sal menigte Griekwas-ondersteuner se tong in die kies-opmerking wees wanneer die Poubloues teen die WP uitdraf.

Griekwas hou asem op oor beseerdes

2011-08-31 12:18

Griekwas het 'n 24-tal aangekondig vir die Curriebeker-wedstryd teen die WP in Kimberley, terwyl hulle wag op beseringsnuus van twee sleutelspelers.

Pumas laat WP sweet

2011-08-27 07:06

Die WP-woema was baie sporadies, maar steeds genoeg om die Kapenaars hul Curriebeker-rugbywedstryd teen die Pumas te laat wen.

WP verras met sewes-Bok

2011-08-24 07:05

Steven Hunt het reeds geskiedenis vir die WP gemaak, deur in 2009 vir twee van dié unie se verteenwoordigende spanne op een dag te speel.

WP net-net bo teen Leeus

2011-08-19 21:09

Die Westelike Provinsie het die Goue Leeus se onoorwonne Curriebeker-rekord met 'n naelskraapse oorwinning op Nuweland gebreek.

WP kies Bokke slegs op bank

2011-08-17 07:55

Die WP het verneem dat die Bokke Gio Aplon en Juan de Jongh vrygestel is om op Nuweland in ’n Curriebeker-wedstryd teen die Leeus uit te draf.

Haaie skop WP uit

2011-08-12 21:38

Frederik Michelak van die Haaie se akkurate skoppe het verseker dat die Haaie die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad klop.

Lambie terug vir Haaie

2011-08-10 12:07

Die Haaie se afrigter, John Plumtree, het sy span bekendgemaak vir die Curriebeker-stryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.

WP is sy eie vyand

2011-08-08 09:02

Wanneer swak dissipline jou ’n Curriebeker-wedstryd kos, het ouderdom en ondervinding niks daarmee uit te waai nie.

Bokke moet Cheetahs byt gee teen WP

2011-08-02 07:41

Vier Springbokke en ’n Blitsbok moet die Vrystaat teen ’n gedugte WP-span genoeg skop gee om sy Curriebeker-veldtog weer op dreef te kry.

WP stormloop Bulle op Nuweland

2011-07-30 18:52

Die Westelike Provinsie het die Bulle in hul Curriebeker-wedstryd op Nuweland behoorlik laat les opsê en hulle 35-7 geklop.

Dié WP-haker lei dalk teen Bulle

2011-07-25 09:10

Verwater se dinges. Dit is vir wedstryde soos die een op Nuweland – tussen die WP en die Blou Bulle – dat die Curriebeker ’n saak van hartsbelang bly.

Alle WP-oë is op Catrakilis

2011-07-22 08:04

Daar bestaan miskien verniet kommer oor die perd wat die WP se Demetri Catrakilis in die Curriebeker-wedstryd teen die Luiperds gaan opsaal.

Brok in BG se visier

2011-07-21 07:02

Die Luiperds se loskopstut kom van die Westelike Provinsie af en die WP se vaskopstut van die Luiperds.

WP, Griekwas gelykop in Kaapstad

2011-07-16 16:51

Die WP en Griekwas moes met 'n gelykopuitslag tevrede wees in dié twee spanne se eerste Curriebeker-kragmetings vir die seisoen.

Duane, Dewaldt lei WP in CB

2011-07-12 07:07

Duane Vermeulen gaan vanjaar die Westelike Provinsie in die Curriebeker-rugbyreeks aanvoer, het Allister Coetzee aangekondig.

WP maak reuse-aanbod aan Brüssow

2011-07-07 14:31
105 menings

Die Cheetahs sal hard moet baklei om Heinrich Brüssow te behou nadat dit bekend geword het dat die WP 'n reuse-aanbod aan dié baljagter gemaak het.

Borg se naam pryk nou saam met Nuweland

2011-01-19 07:20

Die nuwe hoofborg van die Westelike Provinsie, DHL, het besluit om sy regte vir die benaming van die Nuweland-stadion uit te oefen.

‘WP het erg vrot gespeel’

2010-11-01 07:08

Die WP het lynstaanballe verloor en heeltemal te veel besit afgestaan, sê WP-afrigter Allistair Coetzee ná sy span se Curriebeker-nederlaag.

D-dag vir Haaie en WP

2010-10-30 07:30

’n Brandende begeerte... en koelkop onder druk. Dít is die wenresep vir vandag se Curriebeker-eindstryd tussen die Haaie en die WP.

Dis in Bryan Habana se hande

2010-10-29 08:05

In die volgende maand kan die vraag of Bryan Habana 'n kwynende superster of steeds die bobaas-vleuel van ouds is straks beantwoord word.

CB-eindstryd: Só lyk die Haaie

2010-10-28 13:41

Die Haaie se John Plumtree het slegs een verandering gemaak aan die span wat in die Curriebeker-eindstryd teen die WP in Durban gaan uitdraf.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 199,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.