Die Kommissie oor die Wapentransaksie het begin om Suid-Afrika se omstrede multi-miljard-randse wapenaankope te ondersoek.
Daar is beslag gelê op ‘n jagmes, skroewedraaier, geroeste skêr en agt pakkies dagga wat leerders by ‘n skool in Lindelani gehad het.
Internasionale inspekteurs het bevestig dat Muammar Gaddafi, die ontslape leier van Libië, onverklaarde voorraad van chemiese wapens gehad het.
Ouers en leerders is deursoek soos wat hulle deur die hekke van die nuutgeboude Itirele-Zenzele Sekondêre-skool in Diepsloot beweeg het.
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat gewere en ammunisie in 'n vragmotor gevind is wat glo na Nigerië onderweg was.
Die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens moet tot elke prys teengestaan word, omdat dit geweld kan vererger.
Drie mans wat aan ‘n regsgesinde groep behoort is in hegtenis geneem nadat hulle ‘n terreuraanval op kerke in Naboomspruit beplan het.
Afrika-leiers vrees dat wapens ná die afloop van die Libiese krisis in die hande van ekstremistiese groepe in Sentraal-Afrika kan beland.
Oudmaj. Wicus Coetzee (51) is in hegtenis geneem nadat 'n massiewe wapenarsenaal op sy plaas gevind is, het die polisie gesê.
'n Gesin van Port Elizabeth wat besig was om 'n nuwe swembad te bou het afgekom op twee AK47's, berig die SABC.
Omar al-Bashir, president van Soedan, het gesê sy regering het wapens aan Libië se rebelle verskaf tydens die opstand teen Muammar Gaddafi.
Honderde missiele wat weens die burgeroorlog in Libië uit die land se arsenale vermis geraak het, kan deur terreurgroepe gebruik word.
Die Tshwane-metropolisie en die polisie op minstens ses kamers vol vuurwapens, ammunisie, buskruit en uniforms afgekom.
Die Britse wapen- en tegnologiegroep BAE Systems het saam met tegnologie vorendag gekom wat tenks snags onsigbaar maak.
Die VSA hou Muammar Gaddafi se chemiese wapens fyn dop, maar die diktator se arsenaal by sy kamp in Tripoli is intussen leeggedra.
Ferrostaal, ‘n Duitse nywerheidsmaatskappy, het na bewering R300 miljoen betaal om die verkoop van duikbote aan Suid-Afrika te verseker.
Vyf mans is naby Silverton in hegtenis geneem ná hulle met polisie-boeie, ‘n koeëlvaste-baadjie, balaklawas en vuurwapens gevang is.
'n Wapenopslagplek is in Dalton buite Pietermaritzburg gevind, het 'n woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Libiese rebelle wat teen Muammar Gaddafi, die leier van Libië, se magte veg, het Frankryk bedank vir wapens wat aan hulle verskaf is.
Inwoners en waarnemers is bekommerd oor die stortvloed wapens wat deesdae in die Libiese stad Benghazi beskikbaar is.
Die Valke het onderneem om nuwe inligting van ’n verdedigingsmaatskappy, wat met die regering se wapentransaksie verband hou, te ontleed.
Dit gaan ’n wonderwerk verg as die polisie sy minister se sperdatum vir die verwerking van alle aansoeke om vuurwapenlisensies wil haal.
Byna die helfte van die vuurwapenlisensie-aansoeke wat in sowat ses maande gehanteer is, is van die hand gewys, sê die minister van polisie.
Die regering wil dit makliker maak vir mense om vir selfverdediging aansoek te doen om wapenlisensies, sê die minister van polisie.
'n Verslag van die komitee vir die beheer van konvensionele wapens wys dat SA verlede jaar R70 miljoen se wapens aan Libië verkoop het.
Adv. Thuli Madonsela het bevestig sy gaan ’n voorlopige ondersoek laat doen na die verkoop van wapens van sowat R80 miljoen aan Libië.
Die voormalige sekretaris-generaal van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), André Visagie, mag nie Kimberley verlaat nie.
André Visagie is op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hy vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem is.
Doeane- en polisiebeamptes in Litaue sê hulle het ‘n volledig-funksionerende masjiengeweer uit die tweede wêreldoorlog in ‘n pakkie gevind.
Dit het aan die lig gekom dat die polisie 20 429 wapens sedert April 2004 “verloor” het, en parlementslede het woedend gereageer.
Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het Dinsdag 'n verduideliking van Lindiwe Sisulu geëis oor vermiste wapens.
‘n DA-LP en woordvoerder oor verdediging het gesê dat wapens verlede jaar aan kol. Muammar Gaddafi en sy Libiese regime verkoop is.
‘n Irakese afvallige het vals inligting verskaf sodat Saddam Hussein se regime omver gewerp kon word, het die Guardian berig.
Nóg wapens is by die Durban- en Richardsbaai-hawens gevind in 'n klopjag, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Die polisie het bevestig dat die man wat vas is oor 'n groot hoeveelheid wapens wat in Durbanville gevind is, 'n oud-polisielid is.
'n Wapenopslagplek is in Moreleta Park, Pretoria gevind – die derde vonds in een week in Gauteng, het die polisie gesê.
Polisiemanne het 11 wapens in 'n huis in Primrose gevind – twee dae ná 'n reuse wapenvonds in Katlehong, het 'n woordvoerder gesê.
'n Wapenopslagplek met 'n groot hoeveelheid vuurwapens, insluitend vuurpyllanseerders, is in Katlehong gevind, sê Gauteng-polisie.
Opposisie partye het 'n verslag van die VN betreur wat sê dat Suid-Afrika wapens aan lande in konflik soos Azerbadjan en Tjad verkoop.
Twee Suid-Afrikaanse joernaliste is deur owerhede in die Somaliese noordelike wegbreekstaat van Somaliland vrygelaat.
Drie Nigeriërs en ‘n Iranees het in ‘n Nigeriese hof verskyn in verband met ‘n onwettige vrag wapens wat by die land se hoof hawe onderskep is.
Die nasionale vervolgingsgesag en die hoof van die Valke is ontbied om te verduidelik hoekom die ondersoek na die wapenskandaal gestaak is.
Die regering ondersoek die moontlike onregmatige verkoop van verbode wapentuig deur ’n Suid-Afrikaanse maatskappy aan Iran.
Politieke inmenging en ’n gebrek aan dringendheid het die ondersoek na die wapenskandaal oënskynlik gedoem, meen Skoor.
‘n Lys van verskeie wapens wat van die weermag se arsenaal verdwyn het, is deur die departement van verdediging bekendgemaak.
'n Vragskip met plofstof onderweg na Soedan mag nie Ciprus verlaat tot dit nie bevestig is dat dit nie strydig is met die VN-wapenverbod teen Darfoer nie.
‘n Man is in hegtenis geneem ná hy gewapen by sy dogter se skool opgedaag het met die bedoeling om haar dood te skiet.
Die regering mik daarna dat wetstoepassers die enigste mense moet wees wat vuurwapens het, sê mnr. Nathi Mthethwa.
Gewere wat in die gewilde TV-reeks Arende gebruik is, het ’n man gisteraand in die polisieselle laat beland.
Die Duitse regering ondersoek bewerings oor wapens, wat vir Sirië bestem is, in 'n skip met Duitse eienaars gelaai is.
Swede het in die geheim vir Saoedi-Arabië gehelp met die beplanning van ‘n wapenfabriek wat teentenkmissiele sal vervaardig.
Rusland het die Weste teen militêre aksies in Sirië gewaarsku en 'n beroep gedoen op die stop van verskaffing van wapens aan die opposisie.
Turkye het gesê dat ‘n Russiese skip, wat glo tonne wapens vervoer, by ‘n Siriese hawe aangekom het nadat dit eers in Ciprus gestop het.
Tripoli sal teen die einde van Desember ontwapen wees, het die stad se raadshoof gesê ná ‘n vergadering met Abdel Rahim al-Kib, die premier.
Minstens tien mense is dood toe ‘n stoorkamer waarin ammunisie gestoor is in sentraal-Libië ontplof het, het militêre owerhede gesê.
'n Man is in hegtenis geneem nadat 'n wapenopslagplek by 'n huis in Steynsburg in die Oos-Kaap gevind is, het die polisie gesê.
Die regering het tussen 1 Julie en 30 September vanjaar wapens en ammunisie ter waarde van R99,5 miljoen aan Egipte verkoop.
Militêre ploftoestelle en ammunisie is tydens 'n roetine-duikoefening van die polisie onder 'n brug buite Bloemfontein gevind.
Libië se premier het bevestig dat dié land oor chemiese wapens beskik, en dat buitelandse inspekteurs die wapens sal ondersoek.
Polisiebeamptes los hul vuurwapens in badkamers en motors, of laat dit rondlê in hul kantore en huise sonder om dit in kluise toe te sluit.
Die eienaar van die huis in Centurion waar ’n “klein arsenaal” gevind is, is ’n geregistreerde vuurwapen-en-ammunisie-versamelaar.
Die polisie moet toegerus word met beter wapens, het Sapu gesê ná die moord op ‘n polisiebeampte in Bizana in die Oos-Kaap.
Dokumente wat op ’n straathoek in Tripoli ontdek is, bevat nuwe leidrade oor Suid-Afrikaanse betrokkenheid in die Libiese konflik.
Twee mans is by 'n huis in Soweto in hegtenis geneem nadat 'n geweer en ammunisie in hul besit gevind is, het die polisie in Gauteng gesê.
Die Valke gaan nie ’n vinger verroer om ’n wavrag dokumente te fynkam vir leidrade oor $66 miljoen se wapen-skandaal-bedrog nie.
Die polisie het 'n beroep gedoen op wapeneienaars met uitstaande lisensie-aansoeke om hul dokumentasie na te gaan.
Frankryk het nie meer nodig om wapens aan die rebelle te verskaf om teen Gaddafi-magte te veg nie omdat hulle nou self die mas kan opkom.
'n Verslag wys ernstige gebreke en wanpraktyke uit in die werk van die regeringsliggaam wat die verkoop van konvensionele wapens moet reguleer.
Die sogenaamde “De Lille-dossier” bevat “nuwe inligting” oor die regering se omstrede wapentransaksie wat onlangs aan die lig gekom het.
Die Suid-Afrikaanse regering weier steeds volstrek om te bevestig dat sowat 120 hoogs gesofistikeerde skerpskuttergewere aan Libië verkoop is.
’n Memorandum “deurspek” met feitefoute was glo die grondslag waarop die Valke besluit het om die ondersoek na die wapentransaksie te staak.
Die Europese Unie het besluit om ‘n verbod op wapenhandel met President Bashar al-Assad se bewind in Sirië van krag te maak.
Navo-bondgenote in Libië bring nie hul kant nie en moet meer doen om Muammar Gaddafi se wapens te verwoes, sê Alain Juppe van Frankryk.
Suid-Afrika sal teen einde vanjaar meer as R70 miljard betaal het vir die koop van oorlogskepe, vegvliegtuie en ander toerusting.
Die ondersoek na Suid-Afrika se wapenskandaal moet heropen word, meen adv. Vusi Pikoli, voormalige direkteur van openbare vervolging (NDOV).
Brittanje stem saam met die VSA dat die VN gronde het vir die verskaffing van wapens aan Libiese rebelle onder beperkte omstandighede.
Die voormalige hoofsekretaris van die AWB, Andries Visagie, verskyn in die hof in Kimberley oor die besit van ongelisensieërde vuurwapens.
Rusland, wat een van Libië se grootste wapenverskaffers is, het alle wapenverkope aan dié Afrika-land opgeskort.
Planne verloop vlot om ‘n Japannese sluipbomwerper binne die volgende drie jaar in die lug te hê, aldus ‘n senior militêre beampte.
Belarus ontken gerugte dat hy helikopters aan Ivoorkus verskaf het inteenstelling met die embargo wat die VN se sekuriteitsraad ingestel het.
Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake wil weet waarom hy destyds oor wapens vir massavernietiging in Irak mislei is.
Iran en Nigerië is in die sop oor wapenhandel wat na bewering in oortreding van VN-sanksies staan. Twee mans is in Lagos beskuldig.
Die polisie het ses verdagtes in hegtenis geneem en op vyf vuurwapens beslag gelê tydens klopjagte op persele wat glo deur bendes gebruik word.
Owerhede het op die huis van ’n oudbrigadier in die polisie toegeslaan en beslag gelê op 31 vuurwapens en duisende patrone.
'n Klopjag deur die polisie het 'n tweede wapenvonds in Gauteng van elf gewere, 13 000 rondes ammunisie en swaarde opgelewer.
Die polisie hoop dat 'n reuse-wapenvonds in die ooste van Johannesburg hulle sal lei na ander, soortgelyke wapenopslagplekke.
Iran beskik oor 300 Sjihab-vuurpyle wat Israel kan bereik, het in kabelgramme wat in 'n koerant gepubliseer is, aan die lig gekom.
Die polisie in KwaZulu-Natal het vier mense in hegtenis geneem in verband met 'n wapenopslagplek by 'n huis in Westville in Durban.
Twee tieners is in Motherwell in hegtenis geneem nadat 'n masjiengeweer en ammunisie in hul besit gevind is, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
'n Tweedehandse bakkieverkoper in Florida, VSA, het 'n nuwe idee om verkope te lig: Koop 'n bakkie, kry 'n AK47 verniet.
'n Duitse wapenmaatskappy het R75 miljoen gegee vir die vervaardiging van 'n rolprent oor Nelson Mandela, het die DA Sondag gesê.
’n Groot hoeveelheid ammunisie wat na bewering by die Hoedspruit-lugmagbasis gesteel is, is op ’n plaas naby Carolina in Mpumalanga gevind.
Polisie in die Sinai-woestyn het twee groot geheime wegsteekplekke vir wapens gevind wat na Gasa gesmokkel sou word.
’n Sakekonsultant vra die hooggeregshof in Pretoria om genl. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, vir 30 dae tronk toe te stuur.
Wapentuig is betreklik onlangs nog uit SA na Iran gesmokkel, blyk uit ’n ondersoek van die International Herald Tribune.
Kriminele is nou meer geneig om messe as vuurwapens te gebruik nadat die polisie onwettige vuurwapens begin konfiskeer het.
Jeff Radebe en die nasionale komitee oor beheer oor konvensionele wapens hou steeds nie LP’s ingelig oor wapenverkope nie.
’n 30-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen by die Kaapstad Internasionale Lughawe.