Die soektog na die 16-jarige Beranice Links het in Soweto voortgegaan nadat sy sowat ‘n maand gelede vermis geraak het.
Twee mans wat langs die kus van Elandsbaai, noord van Kaapstad, gaan visvang het, is steeds vermis, het die NSRI gesê.
Die polisie is op soek na 'n driejarige seun wat in Centane naby Oos-Londen vermis geraak het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Familielede, vriende en spanmaats van die ses rugbyspelers wat die slagoffers van ’n sleurstroom was, is voorberei om die ergste te verwag.
'n Vrou (66) wat in Jozini in die noorde van KwaZulu-Natal ontvoer is, is dood gevind in Ubombo, het polisie gesê.
Polisiebeamptes in die Filippyne het bloedvlekke naby die huis van ‘n Australiese man gevind ná hy in die suide van die land ontvoer is.
’n Maand gelede het ’n boer verdwyn nadat hy met vyf liter water, ’n sakkie eetgoed, ’n byl en ’n GPS die wildernis in Botswana ingestap het.
Die liggaam van 'n onbekende 45-jarige man is in 'n dam in die Sekhukhune-gebied van Limpopo gevind, het polisie gesê.
Die polisie het menslike beendere gevind in 'n woud waar 'n 13-jarige seun, wat in 2003 vermis geraak het, vermoedelik begrawe is.
Die lyk van die vermiste Tuks-student Duncan Allen is in sy Jetta in Pretoria gevind, sowat drie weke nadat hy verdwyn het.
Die polisie het die publiek se hulp gevra om 'n vermiste 20-jarige student van die Universiteit van Pretoria op te spoor.
Bekommerde vriende en familielede gebruik sosiale netwerke om 'n vermiste 20-jarige student, wat by die Universiteit van Pretoria studeer, op te spoor.
Chante Christoffels (3), wat vir meer as drie weke lank vermis en die afgelope naweek gevind is, sal nie gou met haar ouers herenig word nie.
Die lyk van ’n man wat sedert Oktober 2009 vermis was, is in ’n vullisdrom in Delft op die Kaapse Vlakte gevind.
Die polisie in Bellville sê hy het nog geen nuwe inligting ontvang oor 'n driejarige meisie wat spoorloos verdwyn het nie.
Amptenare sê slegs een uit die 125 lyke wat ná die tornado in Missouri gevind is, is geïdentifiseer en 232 mense word steeds vermis.
Twee onafhanklike bronne het bevestig dat die Suid-Afrikaanse fotograaf Anton Hammerl lewe en in goeie gesondheid verkeer.
‘n Nuwe woonsteleienaar van Portugal het ‘n lelike verrassing gekry toe die lyk van die vorige eienaar op haar kombuisvloer gevind is.
Die soektog duur voort na die vermiste Kaapstadse skoolmeisie (17) wat doof, stom en die intelligensie van ‘n tweejarige het.
Twee mans van Pakistan wat aflewerings in Matjhabeng doen, het onder vreemde omstandighede spoorloos verdwyn.
Reddingswerkers het Woensdag na 15 mense gesoek nadat ‘n klein boot tussen die Indonesiese eilande van Java en Sumatra geskink het.
Met slegs geringe beserings is sewe vermoedelik ervare stappers Woensdag in die Sederberge naby Clanwilliam gevind.
Die lyk van 'n vermiste polisiebeampte van Reitz is gevind nadat hy agt dae gelede as vermis aangemeld is, het die polisie gesê.
’n Man wat twee dae gelede as vermis aangemeld is, is Vrydag binne sy motor in Diep Rivier gevind, het die polisie gesê.
‘n Man wat vasgetrek is na die verdwyning van ‘n raadslid is met kringtelevisiekameras afgeneem waar hy die slagoffer agtervolg.
Metallica het sowat R377 000 bygevoeg tot 'n beloning vir 'n aanhanger wat tydens een van hulle konserte vermis geraak het.
Die jagter wat angsbevange was oor ’n Amerikaanse nooi wat vir hom wou kuier en glo weggeraak het in die Karoo, swyg.
Die Amerikaanse vrou wat vermis is nadat sy op pad van die O.R. Tambo-lughawe na die Oos-Kaap verdwyn het, is steeds soek.
Die verkoolde oorskot van 'n man wat deur ‘n staatslykshuis in Brits verloor is, is ná 11 maande gevind.
Twee nuusfotograwe word vermis in die oostelike Mexikaanse staat van Veracruz, waar ‘n ander joernalis onlangs dood is.
‘n Suid-Afrikaanse seiljag met sewe mense aan boord, waarvan twee Suid-Afrikaans is, het tydens ‘n bootrit spoorloos verdwyn.
’n Soektog na ’n 13-jarige meisie van Ermelo, Mpumalanga, wat verlede week by haar skool soek geraak het, word nou landwyd uitgebrei.
Die ontbinde lyk van ‘n 16-jarige meisie is in Trim Park in Potchefstroom gevind, het die provinsiale polisie in Noordwes gesê.
Die Wes-Kaapse polisie sê hulle sukkel om die oorskot van 'n vrou, wat in 'n drein in George gevind is, te identifiseer.
Die polisie in Port Elizabeth is op soek na 'n 14-jarige meisie wat op pad skool toe verdwyn het, het 'n woordvoerder gesê.
Die lugsoektog na 'n boer wat in Botswana vermis geraak het, is afgelas, maar sy vrou hoop steeds dat hy gevind gaan word.
‘n 22-jarige Fransman wat drie weke gelede vermis geraak het terwyl hy in die noordooste van Nepal gestap het, se liggaam is gevind.
Boodskappe van medelye stroom in van oor die wêreld heen vir die familie van die Tuks-student wie se lyk in Pretoria-Oos gevind is.
Duncan Allan, wat nege dae gelede spoorloos verdwyn het, se suster het gesê daar is leidrade wat opgevolg word in verband met sy verdwyning.
Daar is tot dusver geen teken van die 20-jarige Tuks-student, Duncan Allan, wat onlangs spoorloos verdwyn het nie.
‘n Uitvoerende hoof van 'n supermark-kettingwinkel in Noorweë word vermis ná hy in ‘n bootongeluk, waarin sy vrou dood is, betrokke was.
Met trane wat oor haar wange gerol het, het Landy Christoffels beskryf hoe dankbaar sy is dat haar dogtertjie, Chanté, ongedeerd gevind is.
Die ouers van die kleuter wat glo Vrydag hier in die Middestad-winkelsentrum ontvoer is, ken na bewering hul kind se ontvoerder.
Drie Fransmanne wat in Jemen werk, is Saterdag as vermis aangemeld in die Hadramawt-provinsie in die suidooste van die land.
'n Reuse-soektog is in Plettenbergbaai van stapel gestuur nadat 'n 57-jarige man van Johannesburg spoorloos verdwyn het.
Die bemanning van die Spirit of Izivunguvungu-seiljag, wat vermis geraak het tussen Rio en Kaapstad, is veilig ná 'n vragskip hulle gewaar het.
Die liggaam van ‘n 27-jarige man is 'n week nadat hy Marble Hall toe gereis het in verband met die verkoop van 'n motor in Groblersdal gevind.
Die man met alzheimersiekte wat die naweek in Witsand vermis geraak het, is sowat 300m van die huis waar hy vakansie gehou het gevind.
‘n Vrou wat meer as ‘n maand gelede as vermis aangemeld is, sy lyk is in Twee Riviere in die Oos-Kaap gevind, sê polisie.
Die geraamte van ’n onbekende vrou wat sowat twee jaar gelede gesterf het, is in ’n vlak graf in Johannesburg ontdek.
Sewe ervare stappers het in die Sederberge vermis geraak nadat hulle na bewering deur riviere in vloed vasgekeer is.
’n Voormalige lyfwag van oudpres. Nelson Mandela word al vyf dae vermis sedert ’n besoek aan familie in Noordwes.
'n Tsjeggiese voortvlugtige wat in Suid-Afrika woon, is dalk betrokke by die skielike verdwyning van die Duitse motorbaas, Uwe Gemballa.
Duikers het die liggaam van ‘n valskermsoldaat in ‘n rivier gevind nadat hy en ‘n medesoldaat verlede week vermis geraak het.
Die soektog na die 'vermiste' Amerikaanse meisie in die Karoo is afgelas nadat dit bekendgemaak is dat sy nooit in SA was nie.
Die Amerikaanse vrou wat sedert Vrydagaand 'vermis' is nadat sy in Suid-Afrika aangekom het is glo al die tyd veilig in Amerika.
Die liggaam van die man wat vroeër op sy roeiski aan die Port Elizabethse kus vermis geraak het, is drywend in die see gevind.