Tom Cruise gaan waarskynlik in die opvolg van die aksie-drama Top Gun te sien wees, het The Hollywood Reporter berig.
Die Disney-fliekbaas Rich Ross het sy bedanking aangekondig slegs 'n maand nadat die maatskappy se rolprent, John Carter, 'n reuse verlies gely het.
Paula Abdul, Nicole Scherzinger en Steve Jones is almal by die Amerikaanse weergawe van Simon Cowell se The X Factor afgedank.
Seer maagspiere en mense wat brul soos hulle lag is wat fliekgangers van Leon Schuster se nuwe fliek, Mad Buddies, kan verwag.
’n Paar nie-fiksiebielies, ou bekendes met opvolgstories en ’n ongewone debuut of twee, is van die boeke wat boekwurms vanjaar kan verwag.
’n Tweede speelvak van Karin Kortje se lewensverhaal in musiek, This is My Life, begin vandeesweek in die Baxter-konsertsaal in Kaapstad.
Die SA Taptoe bied steeds tonne vermaak vir die hele gesin, maar dit kort volgens sommige die tikkie sprankel wat dit altyd gehad het.
Die rondreisende Afrikaanse musiekspel Stuur groete aan Mannetjies Roux het in die Atterbury-teater in Pretoria geopen.
Die Handspring Puppet Company het wye draaie gegooi met die bekroonde produksie War Horse, maar fokus nou op jong Suid-Afrikaanse talent.
Angus Buchan, die evangelis op wie se lewe die fliek Faith like Potatoes geskoei is, begin vandag aan sy nuwe fliek werk.
In Die Antwoord se nuutste musiekvideo, Rich Bitch, gebruik Yo-Landi Vi$$er toiletpapier met Julius Malema se gesig daarop.
Meer as 70 000 mense gaan per trein en bus en te voet na die Kaapstad-stadion opruk vir die supergroep U2 se 360°-konsert.
Die 26-jarige sanger en aktrise Ashlee Simpson en haar man, die rockster Pete Wentz (31), se huweliksbootjie is op die rotse.
Lindsay Lohan het onskuldig gepleit op ‘n diefstalaanklag ná sy glo ‘n halssnoer ter waarde van R18 000 by ‘n juwelierswinkel gesteel het.
Barbara Streisand, sal by vanjaar se Grammy-toekennings, wat die naweek plaasvind, wys hoekom sy as ‘n sanglegende beskou word.
Meryl Streep kan énige rol speel. En die nuutste op haar kerfstok is die van Margaret Thatcher, die eerste vroulike Britse premier.
Die akteurspaar Jude Law en Sienna Miller is vir ‘n tweede keer uitmekaar, vyftien maande nadat hulle weer hul verhouding hervat het.
Televisiekameras sal toegelaat word om die verhoor van Michael Jackson se dokter te volg solank dit nie met die verrigtinge inmeng nie.
Die rapper en akteur Sean ‘Diddy’ Combs het vir sy 17-jarige seun ‘n Maybach-limousine gekoop omdat hy sy eksamen geslaag het.
Suid-Afrika se grootste realiteitsprogram, M-Net Idols, se sewende seisoen begin eersdaags met oudisies wat binnekort landwyd afskop.
Prins Harry en sy eks, Chelsy Davy, is in die kattebak van ‘n Jaguar weggery na hulle glo ‘n aandjie saam in Londen spandeer het.
David en Victoria Beckham is in die wolke nadat hulle uitgevind het dat hulle ‘n babadogtertjie vewag, het 'n vriend gesê.
Eden gaan vir eers net tot einde April saam optree. Daarna gaan elke lid van die groep sy eie pad stap en die einde vanjaar weer saamkom.
Die tienerster Demi Lovato is uiteindelik klaar met rehabilitasie, maar dit is nog nie bekend of sy gaan terugkeer werk toe nie.
Christina Applegate het op 27 Januarie aan ‘n babadogtertjie geboorte geskenk, het haar woordvoerder Ame Van Iden gesê.
The Parlotones het pas 'n nuwe musiekvideo geskiet wat deur Nelson Mandela se boek Long Walk to Freedom geïnspireer is.
The Ogreling, ‘n internasionale toneelstuk wat oor mensvreters handel, sal vanaf 1 tot 12 Februarie by die Baxter-teater, Kaapstad, te sien wees.
Gerugte doen die ronde dat die Spaanse sanger, Enrique Iglesias en sy model-meisie, Anna Kournikova, hulle eerste kind verwag.
Prinse William en Harry se niggie Amelia Spencer (18) sal na verwagting in Kaapstad se landdroshof op ’n aanklag van aanranding verskyn.
Die bekende Two and a Half Men-akteur Charlie Sheen het homself by ‘n rehabilitasiesentrum ingeboek, het sy woordvoerder gesê.
Die bekende Nederlandse vioolspeler André Rieu, wêreldwyd bekend as 'die walskoning,' gaan weereens Suid-Afrikaanse gehore bekoor.
Die gewilde animasie-karakter SpongeBob SquarePants sal eersdaags op die sosiale netwerk Facebook te sien wees.
Disney het 12 Oscar-benoemings in die kategorie vir die beste fliek gekry. Dit die derde keer dat 'n animasie-fliek in dié kategorie benoem word.
Die supermark Sainsbury's in Engeland het pas die eerste koninklike trou-t-hemp bekendgemaak om prins William en Kate Middleton se troue te herdenk.
Die aktrise Kate Hudson en Matt Bellamy het in die geheim verloof geraak. Hudson is reeds 14 weke swanger met haar tweede kind.
Die 14-jarige aktrise Hailee Steinfeld het met haar Oscar-benoeming bewys dat sekere sterre wel oornag gebore kan word.
Die sangsensasie Justin Bieber spandeer $750 (sowat R5 000) op sy haarsny, en verstaan nie waarom daar 'n bohaai daaroor sal wees nie.
Die Amerikaanse saxofoonspeler en jazz-komponis Wayne Shorter tree vanjaar by die Kaapstadse Internasionale Jazz-fees op.
Die rockster Bret Michaels moet 'n operasie ondergaan wat 'n beroerte kan voorkom nadat 'n gaatjie in sy hart tydens behandeling opgemerk is.
Mien Farrel van Devine Delights, wat Kurt en Dunay Darren se troukoek gebak het, gesels oor al die voorbereidings en uitdagings wat dié koek ingehou het.
Die aktrise Shaleen Surtie-Richards is opgewonde om weer op 'n sepie-stel te werk. Sy begin in Februarie skiet vir die kykNET-sepie Villa Rosa.
Elizabeth Hurley en Shane Warne het glo hul verhouding hervat en is verlede week gesien terwyl hulle saam middagete by ‘n vyfster hotel geniet het.
Die 23-jarige sanger Willem Botha sê ‘n nuwe album is in die pyplyn asook 'n konsepalbum saam met 'n ander kunstenaar.
Die Spaanse tennisspeler Rafael Nadal is die nuwe gesig én lyf vir Armani-onderklere en sal in die Lente/Somer-reeks saam ook te sien wees.
Die 51-jarige musiekmagnaat Simon Cowell dink hy is te oud om pa te word en vind dit moeilik om met jong kinders ‘n band te vorm.
M-Net het Idols as deel van ’n samewerkingsooreenkoms in 2009 gratis aan die SAUK én e.tv aangebied, maar albei het dit van die hand gewys.
Die voormalige mej. Suid-Afrika Cindy Nell Roberts en haar man Clive verwag hul eersteling. Die baba sal in herfs 2011 gebore word.
Kykertalle en belangstelling in dié gewilde realiteitsreeks, met hul nuwe beoordelaarspan, het blykbaar gedaal.
Die sanger Ricky Martin, wie reeds die pa van tweelingseuns, Matteo en Valentino is, het erken hy sal daarvan hou om sy kroos uit te brei.
Met slegs 'n 100 dae om te gaan voor die koninklike troue, het 13 jong meisies besluit om die geleentheid te vier deur soos Kate Middleton aan te trek.
William Shakespeare se 37 toneelstukke is nou in 37 tale – van Swahili tot gebaretaal – by ‘n Londense fees te sien, het die BBC berig.
Kykers van kykNET wat kla oor te veel programherhalings op dié televisie-kanaal maak ’n aanname wat nie met kykNET se syfers strook nie.
Die skrywer van Arrested Development sê al die akteurs van dié skreeusnaakse televisiereeks is gereed vir ‘n nuwe seisoen.
Die benoemings vir die 2012 MK-toekennings is bekendgemaak en die publiek kan nou amptelik vir hul gunsteling kunstenaars begin stem.
Rockgroepe, kabarette en akrobatiese vertonings is van die hoogtepunte wat voorlê op Emperors Palace se 2012-kalender.
Nuus24 het die Dorpstraat Restaurant Teater se nuwe perseel besoek om uit te vind hoe dié gewilde kuierplek deesdae lyk.
Idols-kykers moet regskuif vir drama, trane, verrassings, talent en toondowe kwê-voëls wat van dié realiteitsreeks ’n TV-treffer maak.
Die einde van ’n kwarteeu van die Oprah Winfrey Show op TV-skerms wêreldwyd is gevier tydens ’n spesiale vertoning vir die kletskoningin.
'n Bekende Amerikaanse regisseur was onlangs in Suid-Afrika om na moontlike rolprentstelle vir die 23ste Bond-fliek te kyk.
Duisende mense sien reeds uit om op te ruk na die plaas in Underberg, KwaZulu-Natal, waar dit weer tyd is vir die Splashy Fen-musiekfees.
'n Lys van kunstenaars gaan deelneem aan ’n konsert ten bate van Lucas Maree op die Volksblad-kunstefees, wat van 12-17 Julie 2010 gehou word.
Die Olimpiese swemmer Ryk Neethling hou sy lyf deesdae wynmaker met 'n unieke versnitwyn wat by uitgesoekte restauarante beskikbaar is.
'n Verbaasde gesin wie se motor gaan staan het kon hulle oë nie glo toe die sokkerheld David Beckham stilhou om hulle te help nie.
Bono, oftewel Paul Hewson, het verlede jaar saam met sy vrou, Ali, onder die radar deurgeglip om ’n wildplaas naby Kuruman te besoek.
Die LA Live-sentrum het gewemel van jong meisies wat wag vir hul geliefde Bieber om op te daag vir die bekendstelling van Never Say Never.
Die rok wat Kate Middleton tydens haar amptelike verlowingsfoto saam met prins William gedra het, is nou te koop.
Lindsay Lohan sal van diefstal aangekla word na sy glo ‘n halssnoer by ‘n juwelierswinkel gesteel het, het staatsaanklaers gesê.
Angelina Jolie en Brad Pitt wil glo ‘n vierde kind, Leah, aanneem nadat sy verlede jaar haar hele familie in ‘n aardbewing in Haïti verloor het.
Die aktrise Lindsay Lohan is nog nie van diefstal aangekla nie nadat daar beweer is dat sy ‘n halssnoer van sowat R18,000 gegaps het.
Die Suid-Afrikaanse musiekgroep The Parlotones is wêreldbekend maar hulle raak steeds opgewonde en senuweeagtig voor elke konsert.
Die popsensasie en aktrise Christina Aguilera het die woorde van die VSA se volkslied tydens die begin van die Superbowl vergeet.
TV-glanspersoonlikheid, model en sakevrou Jo-Ann Strauss is verloof, maar sy wil nie sê presies wanneer of waar sy die groot vraag gevra is nie.
Zsa Zsa Gabor sal dalk langer in die hospitaal moet bly nadat dokters agtergekom het die gangreen in haar been het verder versprei.
Ricky Gervais, wat tydens die Golden Globes grappe oor Hollywood-sterre gemaak het, is glo weer gevra om die toekennings aan te bied.
Die 93-jarige aktrise Zsa Zsa Gabor is weer in die hospitaal opgeneem nadat sy begin bloed hoes het, het haar man gesê.
Halle Berry, 'n Oskar-bekroonde aktrise, het van ‘n film-projek in New York onttrek sodat sy vir toesig oor haar dogter kan veg.
Die Two and a Half Men-akteur Charlie Sheen is besig om homself dood te maak, sê 'n porno-ster wat saam met hom gekuier het.
Die Desperate Housewives-aktrise Eva Longoria en haar man, Tony Parker, se huweliksbootjie het finaal gesink.
Die R&B-sanger Chris Brown het sy geweldberadingsprogram voltooi wat van hom vereis is as deel van sy straf op 'n aanklag van aanranding.
Die akteur Henry Cavill, wat in The Tudors te sien is sal volgens Yahoo! Movies die nuwe Superman in regisseur Zack Snyder se rolprent wees.
Kapenaars is hoogs ontsteld oor Jack Parow se beplande optrede by die buitelug-musiekfees K-Day, wat bemark word as 'n gesinsdag.
Gerugte doen die ronde die Twilight-aktrise Kristen Stewart gaan 'n filmrol as Sneeuwitjie vertolk, met Charlize Theron as die bose koningin.
Robbie Williams het dié week ’n kontrak geteken om toestemming te gee dat sy musiek gebruik word om ’n musiekblyspel te vervaardig.
Skaars ’n dag nadat ’n enorme skildery van die Kaapse stadsraad in die Kunstekaap-teater gehang is, het dit van die muur geval.
Die voormalige swaargewig-bokskampioen Mike Tyson het vir die agtste keer pa geword na sy vrou aan 'n babaseun geboorte geskenk het.
Die Spaanse aktrise Penelope Cruz en haar man, Javier Bardem, is die trotse ouers van hul eerste baba, maar die baba se naam en geslag is nog 'n geheim.
Die Comic’s Choice-pryse is die eerste keer in die Teatro by Montecasino in Fourways oorhandig om Suid-Afrika se top-komediante te vereer.
Die eerste ronde finaliste van HipHopKop wat aan die Suidoosterfees vertoning saam DJ Ready D en Jack Parow gaan optree is sopas aangekondig.
Kate Middleton is deur die voorsitter van die Britse moderaad aangeraai om ‘n onbekende Britse ontwerper te vra om haar trourok te maak.
Jennifer Aniston, Ashton Kutcher is albei vir die Razzie-pryse benoem. Dit is ’n jaarlikse kompetisie wat die swakste flieks, akteurs en regisseurs “vereer”.
Die aktrise Zsa Zsa Gabor is uit die hospitaal ontslaan agt dae nadat haar regterbeen geamputeer is, het haar woorvoerder gesê.
Die Suid-Afrikaanse rolprent Life, Above All is een van agt rolprente wat gekortlys is vir ‘n Oscar vir die beste buitelandse rolprent.
Die komediant Trevor Noah is oor die kole gehaal oor beweerde rassistiese aanmerkings wat hy oor Indiërs op Facebook geplaas het.
Die 17de Klein Karoo Nasionale Kunstefees sal oudergewoonte weer top-teater bring, en dié shows kan jy nie mis nie.
Die gewese Spice Girl Emma Bunton het verloof geraak aan haar kêrel van die afgelope 11 jaar, Jade Jones.
Kyk hier na die voorskou van die rolprent Burlesque wat handel oor 'n meisie wat na Los Angeles gaan en vir haar 'n plek naby 'n burlesque-klub vind.
Ricky Gervais se grappe was snaaks, maar dit het diep gesny by die Golden Globe-toekennings. Tog hou hy vol hy het niks verkeerd gedoen nie.
Die aktrise Anne Hathaway gaan die rol van Catwoman, die alter ego van Selina Kyle, speel in die fliek The Dark Knight Rises.
Die bekende dansgroep Riverdance is oppad na Suid-Afrika het Sowetan Live berig. Hul eerste vertoning sal in Johannesburg wees.
Die akteurspaar Ashton Kutcher en Demi Moore het gewag voordat hulle vir die eerste keer seks gehad het, het Kutcher gesê.