‘n Werker van die Verenigde Nasies (VN) se vlugteling-agentskap is doodgeskiet by sy huis in die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Die Siriese regering sê hy kan nie aanspreeklik gehou word vir die veiligheid van monitors tensy hy by al die stappe betrokke is nie.
‘n Plofbare toestel is na ‘n konvooi geslinger wat die hoof van die Verenigde Nasies se sending in Libië vervoer het.
Kanada en die Verenigde Nasies (VN) gaan ondersoek instel oor Suid-Afrika se rol om sanksies teen Iran te laat misluk.
Die Verenigde Nasies se humanitêre hoof, Valerie Amos, sê Sirië het haar herhaalde versoeke om die land te besoek geweier.
'n Hoëvlak vergadering oor die politieke krisis in Sirië gaan voort by die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad in New York.
Ekonome het gewaarsku dat brandstofpryse skerp kan styg indien SA besluit om nie langer olie van Iran te koop weens VN-sanksies nie.
’n Derde vliegtuig is glo teen miljoene rand gehuur om ter ondersteuning saam met pres. Jacob Zuma se amptelike vliegtuig na New York te vlieg.
Ongeïdentifiseerde mans het die hoofkompleks van die Verenigde Nasies in Mogadisjoe, die hoofstad van Somalië, aangeval.
‘n Libanese militêre beampte sê ‘n ontploffing het vredebewaarders van die Verenigde Nasies in die suide van Libanon geteiken.
Duitsland, Brittanje en Frankryk probeer ‘n VN-resolusie vir die onmiddellike beëindiging van geweld in Sirië bewerkstellig.
Twee VN-agentskappe het ooreengekom om kragte saam te snoer in die stryd teen die uitbuiting van vlugtelinge deur misdaadgroepe.
Die Verenigde Nasies se sekuriteitsraad het hul bemagtiging vir Navo se militêre onderneming in Libië amptelik beëindig.
Die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad kan reeds teen 11 November oor volle lidmaatskap vir Palestina as 'n staat stem.
Die aktrise Angelina Jolie is in haar persoonlike kapasiteit op besoek in Libië, maar sal met ander VN-verteenwoordigers daar vergader.
Mahmud Abbas, het namens Palestina ‘n amptelike versoek tot lidmaatskap en erkenning as 'n onafhanklike staat, aan die VN oorhandig.
’n Paar honderd Palestyne het ’n betoging gehou teen pres. Barack Obama se teenkanting teen VN-lidmaatskap vir die Palestynse gebiede.
Daar bestaan nie 'n kortpad vir die bewerkstelliging van vrede tussen Israel en die Palestyne nie, het Barack Obama in New York gesê.
Suid-Afrika is “oop” om Libië se toekoms by die Verenigde Nasies te bespreek, maar het aangedring op die AU se deelname in die proses.
Hoëvlak-vergaderings sal binne die volgende week in New York gehou word om die situasie in Libië te bespreek, het Ban Ki-moon aangekondig.
Volgens Wikileaks het VN-vredebewaarders kos en verblyf aan minderjarige meisies in die Ivoorkus in ruil vir seks gegee.
Die VN het eenstemmigheid bereik oor die vrystelling van $1,5 miljard aan Libië, nadat Amerika en Suid-Afrika se dispuut beëindig is.
Ban Ki-moon het ‘n beroep op Gaddafi-ondersteuners gedoen om hul wapens neer te lê vir 'n vreedsame oorgang na 'n demokratiese toekoms.
Geheime dokumente wat aan die VN en verskeie regerings behoort, word vir die afgelope vyf jaar deur kuberkrakers gesteel.
Samesprekings oor klimaatsverandering ter voorbereiding van die volgende Verenigde Nasies-beraad in Suid-Afrika het in Berlyn begin.
Die Verenigde Nasies sê toegang tot die internet is ‘n mensereg en om mense van die web te ontkoppel, is ‘n skending van regte.
Ratko Mladic se Serwiese prokureur het gesê sy familie is van plan om later vandeesweek in Den Haag by hom te gaan kuier.
Ban Ki-moon, hoof van die Verenigde Nasies (VN), het gesê die humanitêre krisis in Libië is besig om erger te raak.
Die Verenigde Nasies het gesê dié liggaam se internasionale personeel word uit Tripoli ontruim weens onrus in die Libiese hoofstad.
Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-Moon, het ‘n beroep op die president van die Ivoorkus, Laurent Gbagbo, gedoen om uit te tree.
Frankryk, Brittanje, die VSA en ‘n aantal Arabiese lande het ‘n ultimatum aan Libië se Muammar Gadaffi uitgereik.
Kenia se adjunk-president het die VN gevra om aanklagte van misdade teen die mensdom teen ses Keniaanse amptenare op te skort.
Die Verenigde Nasies beplan om 'n vergadering te hou om 'n voorlopige voorstel te ontvang vir sanksies teen Libiese leiers.
Ban Ki-moon het gesê magte wat lojaal is aan die president van die Ivoorkus, wat weier om mag af te staan, het ses VN-voertuie aangeval.
Suid-Afrika het op 1 Januarie sy tweede termyn as ’n nie-permanente lid van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) ingeneem.
Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het besluit om Alassane Ouattara as amptelike wenner van die Ivoorkus se presidentsverkiesing te steun.
Die chemiese samestelling van die wêreld se oseane verander volgens 'n nuwe studie teen ‘n tempo wat vir 65 miljoen jaar ongesiens was.
Demi Moore en Ashton Kutcher het hul name gekoppel aan die stryd teen mensehandel – ‘n wreedheid wat wêreldwyd 2,5 miljoen mense raak.
China het ten sterkste ontken dat koeëls van dié land gebruik is vir die aanvalle op vredesmagte in Soedan se plofbare Darfur-streek.
Sterftes tydens geboorte is wêreldwyd 'n derde minder as wat vroeër beraam is, toon 'n verslag van die Verenigde Nasies.
Die Hollywood-aktrise Angelina Jolie is tans in Pakistan om slagoffers van die vloede te ontmoet en internasionale hulp aan te moedig.
Die Afrika-Unie en Verenigde Nasies-missie in Darfoer (Unamid) dit sowat 20 mense is hier dood weens gevegte tussen twee stamme.
Israel se ambassadeur by die Verengde Nasies, Gabriela Shalev, het glo haar bedanking ingedien, berig plaaslike media.
Oudpresidente van verskeie lande is bang vir meer xenofobiese geweld in Suid-Afrika ná die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Minstens 11 vredesbewaarders van die Verenigde Nasies (VN) is beseer in ‘n ontploffing gedurende ‘n roetine militêre oefening.
Marthinus van Schalkwyk is genomineer om die Verenigde Nasies se raamwerkkonvensie oor klimaatsverandering (UNFCCC) te lei.
Drie mense is dood toe ‘n groep soldate ‘n voertuig van die Verenigde Nasies (VN) in die Kongo probeer beroof het.
Die EU het aangekondig dat hy verdere sanksies teen Iran gaan instel as hy weier om met die internasionale gemeenskap saam te werk.
Die Verenigde Nasies (VN) se sending in die DRK (Monuc) kan moontlik oor ses maande uit dié land onttrek, sê sy veiligheidsraad.
Die Verenigde Nasies (VN) se sekuriteitsraad het die mandaat vir die bevegting van seerowery met twaalf maande verleng.
Die VN vra vir die onmiddellike vrylating van politici en hooggeplaaste amptenare wat tydens die staatsgreep in Mali in aanhouding geneem is.
Die Verenigde Nasies (VN) sal ‘n span waarnemers na Sirië stuur om die wankelrige skietstilstand te monitor, het Reuters berig.
Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het gesê die toenemende geweld in Sirië is "uiters gevaarlik".
Die Verenigde Nasies het gewaarsku dat die wêreld binnekort voor 'n oorweldigende waterkrisis te staan kan kom.
Die Verenigde Nasies sê een van sy vryskut-konsultante is in die kop geskiet terwyl sy deur ‘n gegoede buurt in Kaïro gery het.
Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het Afrika-leiers gevra om gay-regte te respekteer.
Augustine P. Mahiga, die VN-gesant vir Somalië, het sy kantoor na Mogadisjoe, Somalië se hoofstad, verskuif nadat dit 17 jaar lank in Kenia was.
Die AU het 'n beroep op die VeN gedoen om 'n versoek goed te keur om die teenwoordigheid van die AU-vredesmag in Somalië te verskerp.
Altesaam 35 personeellede van die VN, onder wie 25 burgerlikes, is in 2011 in konflikgebiede dood, het die personeelunie van die VN gesê.
Met meer as 4 000 mense wat doodgemaak is, het die VN se top-menseregte-amptenaar aangekondig dat Sirië hulself in ‘n burgeroorlog bevind.
In protes teen die Palestynse Owerheid se lidmaatskap, het Israel besluit om hul jaarlikse finansiële bydra tot Unesco te weerhou.
Ongelykhede in ‘n bevolking van sewe miljard in ag genome, kan wêreldleiers verdere protesaksies verwag, het die VN-leier gewaarsku.
Die Verenigde Nasies se veiligheidsraad het eenparig ingestem dat seerowery deur alle lidlande as 'n misdaad geklassifiseer moet word.
Die dodetal van die afgelope sewe maande se betogings in Sirië teen pres. Bashar al-Assad se regime het 3 000 bereik, het die VN gesê.
“Genoeg, genoeg, genoeg. Dit is tyd vir die Palestynse mense om hul vryheid en onafhanklikheid te kry," het die Palestynse president gesê.
Pres. Jacob Zuma het die Verenigde Nasies (VN) gewaarsku dat magtige lande die wêreldliggaam gebruik om hul sin te kry.
Amerikaanse diplomate het uit die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering geloop tydens president Mahmoud Ahmadinejad se toespraak.
Die Israelse eerste minister sal na New York vertrek om die omstrede Palestynse bod vir erkenning as 'n onafhanklike staat teen te staan.
Jacob Zuma en die minister van internasionale betrekkinge sal Sondag na New York vertrek om die VN se Algemene Vergadering by te woon..
Die Israeliese ambassadeur in Turkye is sy pos kwyt omdat Israel weier om om verskoning te vra vir verlede jaar se aanval op 'n flottielje na die Gasastrook.
Die VN se adjunkhoof het ’n hernude poging beloof om terrorisme te beveg ná die bomaanval op die wêreldliggaam se hoofkantoor in Nigerië.
Die VSA en talle Europese nasies het ‘n beroep op die Verenigde Nasies gedoen om sanksies teen die Siriese president in te stel.
Aktiviste is uiters skepties oor Suid-Afrika se voorbereiding om gasheer vir die volgende groot beraad oor klimaatsverandering te wees.
Die Verenigde Nasies het gesê ‘n landmyn het die lewens van vier vredesbewaarders van Ethiopië op die grens van Soedan en Suid-Soedan geëis.
Die 192 nasies van die VN se Algemene Vergadering het eenparig gestem dat Ban Ki-moon weer die pos van sekretaris-generaal moet inneem.
Ban Ki-moon het aangekondig dat hy homself verkiesbaar gaan stel vir ‘n tweede termyn as die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.
Die burgeroorlog in Libië, Sirië se optrede teen beswaarmakers en geweld in die Ivoorkus sal die botoon voer in die VN-menseregteraad.
‘n Verslag van die Verenigde Nasies se omgewingsprogram het skokkende inligting oor die wêreld se brandstofverbruik bekendgemaak.
Meer as 20 mense het gesterf toe ‘n VN-vliegtuig Maandag tydens landing by die Kinshasha-lughawe in stukke gespat het.
Agt buitelanders is dood toe Moslem-betogers ‘n VN-kantoor bestorm het ná hulle uitgevind het dat ‘n kerk in Amerika ‘n Koran verbrand het.
Gadaffi moet “sonder aarseling” sy magsposisie opgee, het leiers van die Europese Unie by ‘n krisisberaad oor die konflik in Libië gesê.
Die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad het by 'n sitting in New York 'n wapenverbod teen Libië ingestel en leiers se bates gevries.
Die verslane Ivoorkus-president het druk op die VN-vredesmagte in die land vermeerder aangesien hulle glo nie meer onpartydig is nie.
Drie bystandwerkers, een van Bulgarye, is in die Darfoer-streek van Soedan ontvoer, het ‘n Bulgaarse lid van die Europese parlement gesê.
Geweervuur en ontploffings het die hoofstad van die Ivoorkus geruk terwyl Laurent Gbagbo weier om Alassane Ouattara as dié land se president te erken.
Die Verenigde Nasies het personeellede wat nie van kritieke belang is uit die Ivoorkus ontruim uit vrees dat geweld mag uitbreek.sa
Die Verenigde State het ‘n beroep gedoen vir strenger VN-sanksies teen Noord-Korea rakende hul kernwapen-aktiwiteite.
Unesco het 'n wetenskap-toekenning wat na pres. Teodoro Obiang Nguema van Ekwatoriaal-Guinee vernoem is, gekanselleer.
Bugerlike samelewingsgroepe sê Suid-Afrika het vordering gemaak met sekere Millennium-ontwikkelingsmikpunte, maar ander het agterweë gebly.
Vyf jaar na die stigting van die Verenigde Nasies se Menseregteraad meen kritici dit moet vinniger teen menseregteskendings reageer.
Die hoof van die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) het weens persoonlike redes bedank.
Die VN) se organisasie wat humanitêre hulp aan vlugtelinge verleen (UNHCR) sê dit is toegelaat om deel van sy werk in Libië te hervat.
Die akteur Don Cheadle is die naweek aangewys as ‘n woordvoerder vir die Verenigde Nasies se omgewingsprogram.
Die hervorming van die VN se sekuriteitsraad is een van die belangrikste gesprekspunte onder Afrika-leiers by 'n beraad in Frankryk.
Die DRK sal ‘n nuwe strategie moet volg as die land massamoorde wil verhoed, het die hoof van die VN-vredesmag in die Kongo gesê.
Chad se president het ingestem om die VN se vredesmag in dié land (MINURCAT) se mandaat met twee maande te verleng.
Die VN se spesiale verteenwoordiger in Afganistan, Kai Eide, gaan bedank wanneer sy tweejaar lange missie tot 'n einde kom.
George Soros het gesê onenigheid oor die finansiering van arm lande se klimaatsveranderingsprogramme kan die Kopenhagen-beraad “ontspoor”.
Die minister van waterwese en omgewingsake gaan vandeesweek die VN se 15de kongres oor klimaatsverandering in Kopenhagen bywoon.
Vyf bemanningslede aan boord ’n helikopter wat behoort aan die Verenigde Nasie (VN), is ernstig beseer nadat daar op hulle geskiet is.