‘n Vierjarige meisie het verdrink nadat sy in ‘n residensiële swembad in Klerksdorp in die Noordwes geval het, het paramedici gesê.
‘n Tweejarige seun het verdrink toe hy in ‘n swembad by sy ouers se huis in Lynnwood, Pretoria, geval het, het paramedici gesê.
‘n Vyfjarige seun het verdrink toe hy in ‘n sloot langs 'n plaas naby Kirkwood gaan swem het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
'n Veerboot met sowat 250 passasiers aan boord het in 'n rivier in die noord-ooste van Indië gesink ná 'n storm die gebied getref het.
Die lyk van 'n man in sy dertigs, ten volle geklee, is in 'n getypoel op St James-strand in Kalkbaai, Kaapstad gevind.
'n Vierjarige seuntjie het in 'n swembad by sy huis in Horizon View aan die Wes-Rand verdrink, het Johannesburgse nooddienste gesê.
'n Sesjarige seun het in 'n openbare swembad in Springfield Park, Durban, verdrink, het paramedici gesê.
Die lyk van die laaste van die vyf rugbyspelers wat in die see by Blouwaterbaai vermis geraak het, is gevind.
'n Seun het op die dag van sy sewende verjaardag in KwaZulu-Natal verdrink terwyl sy ouers besig was om vir hom 'n geskenk te koop.
’n Pa van Orkney in Noordwes het vergeefs mond-tot-mond-asemhaling op sy dogter gedoen nadat sy in ’n swembad verdrink het.
‘n Nege maande oue babameisie het in ‘n swembad in Klerksdorp in die Noordwes verdrink, het paramedici van Netcare 911 gesê.
'n Tienjarige seun het in die Macwingana-rivier in Kwamakhutha, naby Amanzimtoti, in KwaZulu-Natal verdrink, het paramedici gesê.
'n Helikopter van die lugmag het vroegoggend by ‘n reddingspan aangesluit op soek na vyf rugbyspelers wat in die see vermis geraak het.
‘n Man van Johannesburg het vermoedelik verdrink by die Oostelike Strand in Oos-Londen, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
‘n Sesjarige seun het in die swembad van ‘n lodge in Hillcrest buite Durban verdrink, het paramedici van ER24 gesê.
Twee mans het moontlik op die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
‘n Man het verdrink terwyl hy sy twee kinders, wat deur ‘n stroom in ‘n rivier by St. Francisbaai meegesleur is, probeer red het.
'n Duitse paartjie en hul kind het in 'n duikboot-ongeluk by die Egiptiese oord Hurghada op die Rooi See verdrink, het beamptes gesê.
Die saak teen ‘n vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar vyf kinders verdrink het, is in die Pampierstad-landdroshof uitgestel.
‘n Man het gesterf nadat hy in die water geval het terwyl hy visgevang het by die Umdloti-noord-strand aan die kus van KwaZulu-Natal.
Agt onwettige immigrante het verdrink toe hul boot aan die Maleisiese suidkus omgeslaan het. Agttien ander is gered, het beamptes gesê.
Twee mans het by Noordstrand in Durban verdrink toe een van die mans in die moeilikheid beland het en sy vriend hom probeer help het.
’n Tienjarige seun het in die troebel water van die onbewaakte openbare swembad in Delareyville in die Noordwes verdrink.
‘n Bejaarde vrou wat deur kitsvloede meegesleur is en twee seuns wat geswem het, het naby Vryburg in Noordwes verdrink.
Die lyk van ‘n man is uit die see naby Kommetjie-strand gehaal nadat hy vermis geraak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
Dit is ’n wonderwerk dat hy leef, sê ’n Bloemfonteinse predikant wat op Nuwejaarsdag byna in die see verdrink het.
Die lyke van twee seuns wat verdrink het toe hulle in ‘n rioolpyp geswem het, is in Lawley gevind, het Johannesburgse nooddienste gesê.
Twee tieners het verdrink toe hulle geswem het in ‘n rivier in Lephepane naby Tzaneen, Limpopo, het Mopani-rampbestuur gesê.
‘n Vyftigjarige man het by St. Francisbaai verdrink terwyl hy gesnorkel het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Minstens 22 mense het sedert die begin van 2012 langs die Suid-Afrikaanse kuslyn verdrink, het die Nasionale seereddingsinstituut gesê.
‘n Man is in ‘n kritieke toestand nadat hy probeer het om drie tieners by die Maitland-strand, 30 km van Port Elizabeth, te red.
‘n Twaalfjarige meisie het in ‘n dam op George verdrink toe sy saam met twee vriendinne gaan swem het om af te koel.
‘n Familie is verpletter nadat ‘n baba op Oujaarsdag in Welkom in die swembad by haar oumagrootjie se huis verdrink het.
'n Agtjarige meisie se familie het vergeefs probeer om haar weer by te bring ná sy in 'n dam buite Potchefstroom verdrink het.
‘n Man het verdrink nadat hy ‘n epileptiese aanval gekry het terwyl hy by die Kabeljousstrand in Jeffreysbaai geswem het.
‘n Agt-en-twintig-jarige man het vermoedelik verdrink nadat hy by die Souweisa-strand tussen die Klein en Groot Brakrivier verdwyn het.
‘n Man het verdrink terwyl hy saam met vriende by Melkbaai-strand in die Strand geswem het, het die ramp- en risikobestuur gesê.
Twee mans het by ’n vakansieoord verdrink nadat die heldhaftige daad van een van die mans in ’n dubbele tragedie geëindig het.
Die bestuurder van 'n minibus-taxi het verdrink toe sy voertuig in 'n oorstroomde Vaalrivier naby Potchefstroom beland het.
Die Zimbabwiese polisie het gesê duikers het 11 lyke uit die Chivero-meer, naby die hoofstad, Harare, verwyder.
Minstens 38 migrante van Haïti is dood en 87 ander is gered nadat hulle boot aan die oostelike kus van Kuba gesink het.
'n Vyfjarige meisie het in 'n swembad by 'n huis in New Germany, Pinetown, verdrink, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Twee seuns het verdrink in ‘n steengroef naby hul huis in Takaneng in Taung toe hulle gaan swem het, het die polisie in Noordwes gesê.
'n Visserman het by die Kayser-strand in Oos-Londen verdrink na hy vanuit vlak water deur sterk seestrome meegesleur is.
'n Leerder het in 'n dam in die Tontonyane-nedersetting verdrink nadat hy gr.11 gedruip het, het die polisie in die Noordwes gesê.
Twee 12-jarige seuns het verdrink terwyl hulle in ‘n dam naby Matlala geswem het , het die polisie in Limpopo gesê.
‘n Twee-en-dertig-jarige man het verdrink in die Midmar-dam naby Howick in KwaZulu-Natal, het paramedici van ER24 gesê.
‘n Driejarige seun is deur sy pa dood gevind in ‘n swembad op ‘n plaas naby Willowmore, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Man het vermoedelik verdrink in die see by Port Alfred in die Oos-Kaap, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
'n Man in sy 50's het in 'n swembad by 'n huis in Faerie Glen, oos van Pretoria, verdrink, het 'n woordvoerder van Netcare gesê.
‘n Tweejarige seun het in ‘n swembad in Eldorado Park geval en verdrink, het die nooddienste in Johannesburg gesê.
'n Vierjarige seun het in 'n swembad by 'n huis in Bryanston, noord van Johannesburg, verdrink, het paramedici gesê.
‘n Vyfjarige seun het verdrink toe hy in ‘n swembad in Vanderbijlpark geval het, het paramedici van Netcare 911 gesê.
'n Lyk, vermoedelik dié van 'n vermiste tjokka-visserman, is in die see by Port Elizabeth gevind, het nooddienswerkers gesê.
‘n Boukontrakteur wat by die rotse by Bantry Bay in Kaapstad gaan swem het, het vermoedelik verdrink, het die NSRI gesê.
'n Man en 'n tiener (14) het verdrink nadat hul kanoe op 'n rivier in Mzamba omgeslaan het, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
'n Ondersoek het gevind niemand kan verantwoordelik gehou word vir die dood van 'n student wat by die Potchefstroom-kampus verdrink het nie.
'n Vrou het in 'n swembad by 'n huis in Faerie Glen, Pretoria, verdrink nadat sy in die water geval het, het paramedici gesê.
Die lyk van een van die vyf vermiste rugbyspelers, wat op Bluewater Bay deur sterk seestrome meegesleur is, is gevind.
Die soektog na die vyf rugbyspelers wat by Blouwaterbaai deur ’n sleurstroom die see ingetrek is, het nog niks opgelewer nie.
Familielede, vriende en spanmaats van die ses rugbyspelers wat die slagoffers van ’n sleurstroom was, is voorberei om die ergste te verwag.
Daar word steeds gesoek na die vyf rugbyspelers wat in die see by Port Elizabeth vermis geraak het, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
‘n Rugbyspeler van Motherwell het verdrink en vyf van sy spanmaats word vermis nadat hulle Sondag deur trekstrome meegesleur is.
‘n Vrou het verdrink toe haar motor deur water meegesleur is in Mdantsane, naby Oos-Londen, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Vrou het vermoedelik verdrink nadat sy en ‘n vriendin naby Tweede strand in Port St. Johns in die Oos-Kaap van die rotse gespoel is.
‘n Britse toeris het verdrink terwyl hy in die see by Jeffreybaai geswem het, het die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
‘n Man het gesterf en ‘n ander een word vermis ná hul boot in rowwe seetoestande by die Noordhoek-strand in die Wes-Kaap omgekeer het.
‘n Tiener het verdrink in ‘n openbare swembad in Vanderbijlpark, het paramedici gesê. Lewensredders kon hom nie bybring nie.
‘n Elfjarige seun het in ‘n plaasdam in Alexandria naby Grahamstad verdrink, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Twee kinders het by die Boskopdam in Noordwes verdrink toe hulle na bewering by 'n nat wal afgegly en in 'n poel beland het.
Twee meisies het verdrink toe hulle in ‘n rivier geswem het in Notintsila naby Mthatha, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die lyk van ‘n 19-jarige man is in die Akkerkloof-dam in Knysna gevind ná ‘n soektog van twee dae, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
‘n Student van die Noordwes-Universiteit wat in die swembad op die Potchefstroom-kampus verdrink het, is as Thabang Makhoang geïdentifiseer.
‘n Student van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het in ‘n swembad op die kampus verdrink.
Soektogte is hervat vir twee mans wat vermoedelik in die Kaapstad-omgewing verdrink het, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
‘n Soektog na ‘n tienerseun wat vermoedelik verdrink het, sal langs die kus van Port Elizabeth voortgesit word, het die NSRI gesê.
'n Vyfjarige seun het verdrink toe hy en drie ander seuns in 'n dam in Gqunqe, Centane, buite Butterworth, geswem het.
‘n Sestigjarige man van Pretoria het gesterf nadat hy en twee ander mense uit die see gehaal is nadat hulle in ‘n seestroom meegesleur is.
Twee tienerseuns – 13 en 17 jaar oud – het in twee aparte voorvalle in die Noordwes verdrink, het die polisie in die provinsie gesê.
'n Sewejarige seun het in die moeilikheid beland in die getypoel by die Harmony-park-oord in die Strand en het gevolglik verdrink.
Die lyk van ‘n seun wat op Nuwejaarsdag verdrink het, is op die Gulu-strand buite Oos-Londen gevind, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
‘n Kind het ‘n sewe-en-twintig-jarige man se lyk in ‘n swembad in Kimberley gevind, het ‘n woordvoerder van Netcare 911 gesê.
Duikers het hul soektog na 'n 10-jarige seun wat waarskynlik by Pennington verdrink het, vir eers weens swak lig afgestel.
‘n Twaalfjarige seun se lewe is gespaar nadat hy amper in ‘n swembad by sy huis in Crystal Park, Benoni, verdrink het.
Onstuimige toestande en sterk seestrome word die volgende paar dae aan die Kaapse kus tussen Kaappunt en Port Alfred verwag.
‘n Man het in Port Elizabeth verdrink nadat hy oorboord ‘n seiljag geval het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
’n Vyfjarige seuntjie het nie meer asemgehaal nie en sy hart het al gaan staan toe hy op Kersdag by Richardsbaai uit die see gered is.
Twee broers het in die Rooskraaldam naby die Vaalrivier tydens 'n visvang-uitstappie verdrink, het polisie in Noordwes gesê.
'n Man (45) van Bellville het by Glen-strand naby Kampsbaai verdrink toe hy sy twee kinders probeer red het, het paramedici gesê.
'n Hawelose man van ongeveer 60 jaar oud het by die Dalebrook-getypoel in Kaapstad verdrink.
Agt-en-tagtig liggame is reeds gevind, vyf dae ná 'n boot met sowat 250 migrante aan die Indonesiese kus van Java gesink het.
Die 42-jarige akteur Gerard Butler sterk tans in 'n hospitaal aan nadat hy glo byna verdrink het.
'n 12-jarige meisie is vir ligte hipotermie behandel nadat sy by Melkbosstrand uit die see gered is, het Kaapstadse nooddienste gesê.
'n Man het verdrink terwyl hy kreef by die Soetwater-oord in Kaapstad geduik het, het die stad se nooddienste gesê.
Twee seuns het in 'n gruisgat vol water in Makwassie in die Noordwes-provinsie verdrink, het polisie gesê.
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat 'n tiener van op 'n skoolkamp in Grabouw verdrink het.
Drie mans se lyke is in ‘n dam by die President Brand-myn naby Welkom in die Vrystaat gevind, het paramedici gesê.
'n Babameisie het in Oos-Londen in ‘n emmer wat gebruik is om reën op te vang verdrink, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
‘n Negejarige seun het in die Kliprivier in Kliptown, Soweto, verdrink, het die Johannesburgse noodbestuurdienste gesê.
‘n Vyf-en-sestig-jarige vakansieganger van Gauteng het by Boulders Bay in Ballito verdrink, het paramedici van Netcare 911 gesê.