'n Polisiebeampte is deur die Valke in hegtenis geneem nadat hy omkoopgeld van 'n verdagte geëis het, het die polisie gesê.
Twaalf polisiebeamptes wat aan die Valke verbonde is het op aanklagte van onder meer moord in die Bellville-streekhof verskyn.
Polisiebeamptes het buite Dawie Groenewald, ‘n vermeende baas van ‘n renoster-sindikaat, se huis opgedaag om beslag te lê op sy bates.
Die Valke se eenheid teen handelsmisdaad ondersoek moontlike kriminele aanklagte van bedrog en korrupsie teen Gerald Majola.
Die polisiekaptein Esmerelda Bailey het in die handelshof in Kaapstad verskyn op agt aanklagte, insluitend korrupsie.
Wat eers gelyk het soos ‘n renosterhoring wat deur die polisie in Bedfordview gevind is, is eintlik vals, het die Valke gesê.
‘n Polisievrou wat in hegtenis geneem is nadat sy na bewering polisie-uniforms verkoop het, het in die Kaapstad-landdroshof verskyn
Die Valke het nóg twee vermeende lede van die edelgesteente-sindikaat wat in Kuruman in die Noord-Kaap oopgevlek is in hegtenis geneem.
Die Valke volg leidrade op nadat misdaadintelligense-beamptes van R2,2 miljoen kontant beroof is in Johannesburg, het die eenheid gesê.
Twee lede van ‘n misdaadsindikaat is in hegtenis geneem vir gewapende roof in Johannesburg, het 'n woordvoerder van die Valke gesê.
Johan Booysen van die Valke, wat 'n ondersoek na reis- en akkomodasie-bedrog van R60 miljoen in die polisie lei, ontvang doodsdreigemente.
Die ANC-jeugliga het Sondag geweier om kommentaar te lewer oor die Valke se ondersoek na sy leier, Julius Malema, se finansiële sake.
AfriForum sê die Valke moet ondersoek instel na die nuutste bewering dat Julius Malema geld van ’n sakeman in ruil vir tenders ontvang het.
Die polisie se spesialiseenheid, die Valke, het sewe vermeende handelaars met dwelms van R100 000 in Klerksdorp in Noordwes vasgetrek.
Die Valke gaan nie ’n vinger verroer om ’n wavrag dokumente te fynkam vir leidrade oor $66 miljoen se wapen-skandaal-bedrog nie.
Die Valke het onderneem om nuwe inligting van ’n verdedigingsmaatskappy, wat met die regering se wapentransaksie verband hou, te ontleed.
SAID en die Valke het ‘n klopjag uitgevoer op die huis van ‘n oud-metropolisiebeampte wat luukse motors besit en uitspattige partytjies hou.
Die Valke het groot skade aangerig toe hulle aan die Oos-Rand per abuis op die verkeerde huis toegeslaan het.
Die Valke, die polisie se elite-ondersoekeenheid wat die Skerpioene vervang het, is nie onafhanklik nie en is kwesbaar vir politieke inmenging.
Die grondwethof het beslis dat die wetgewing wat die Skerpioene, ‘n teenkorrupsie-eenheid, ontbind het, ongeldig is.
Die Valke het op ’n besending nagemaakte goedere van tophandelsname met ’n straatwaarde van sowat R120 miljoen beslag gelê.
Die doktersvrou wat glo gedink het sy het ’n suksesvolle huurmoord op die Blou Bul-speler laat uitvoer, verskyn binnekort in die hof.
Die DA gaan verseker dat wetstoepassers se harde werk en navorsing oor die regering se omstrede wapentransaksie nie verlore gaan nie.
Die ondersoek na omstrede wapentransaksies deur die regering is ná tien jaar deur die Valke stopgesit.
Die voormalige Springbok-losskakel Louis Koen, wat vyftien toetse vir Suid-Afrika vanaf 2000 tot 2003 gespeel het, is terug in aksie.
'n Man is in die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy talle vragmotors op die N3 gekaap het.
Terwyl redakteurs en senior joernaliste beperkings op die vrye media bespreek het, het polisiebeamptes ’n senior joernalis in hegtenis geneem.
Interpol oorweeg verskeie opsies om die hoofverdagte in die aanrandingsaak van baba Marzanne Kruger in hegtenis te neem.
’n Top-polisiebeampte van die Valke, die polisie se gespesialiseerde misdaadeenheid, het glo ’n sekuriteitswag ’n “f****n swart onnosele bobbejaan” genoem.
Die polisie het toegeslaan op 'n internasionale dwelmsindikaat en beslag gelê op dwelms ter waarde van R500 miljoen.
Die instruksie om die ondersoek na die voormalige hoof van die misdaadintelligensie-eenheid te staak, het van polisiehoës gekom.
Die parlement se oorsigkomitee sê hy wil op hoogte gehou word oor bewerings dat die Valke betrokke was by die marteling van Zimbabwiese vlugtelinge.
Die konsepwet oor die Valke "slaag nie" daarin om die eenheid die onafhanklikheid te gee wat die Grondwetlike Hof geëis het nie.
Die Valke ondersoek bewerings dat Bheki Cele, geskorste polisiekommissaris, se foonoproepe afgeluister is, berig Mail & Guardian.
Die Helen Suzman-stigting het die wysigingswetsontwerp op die polisie in sy huidige vorm as ongrondwetlik beskryf.
’n Lid van die Valke is deur sy kollegas op klag van gewapende roof en die onwettige besit van wapens in hegtenis geneem.
'n Polisiekaptein verbonde aan die Valke sal in aanhouding bly ná sy na bewering ongelisensieerde ammunisie verkoop het.
Julius Malema, omstrede president van die ANC-jeugliga, het die Valke uitgedaag om hom aan te kla, berig die Daily Sun.
Die lyke van drie mans tussen die ouderdom van 42 en 45 is Vrydagoggend naby Butterworth in die Oos Kaap gevind, het die polisie gesê.
‘n Sakeman van Durban is in hegtenis geneem nadat hy probeer het om die Valke se hoof in KwaZulu-Natal met R2 miljoen om te koop.
Die Valke ondersoek 'n foto op Facebook waarop 'n wit man glo met 'n geweer oor die lyk van 'n swart kind staan, het die Sunday Times berig.
Nuwe wetgewing om die Valke onafhankliker te maak en nader aan die model van die Skerpioene te bring, gaan in November ter tafel gelê word.
Die Valke het glo in ’n klopjag toegeslaan op 'n munisipaliteit in ’n ondersoek wat verband hou met 'n omstrede maatskappy.
AfriForum gaan die Valke vra om ondersoek in te stel na die invloed wat Julius Malema en sy familietrust uitoefen op die toekenning van tenders.
'n Huiseienaar eis R1,2 miljoen in skadevergoeding van die staat nadat die Valke verkeerdelik 'n klopjag op sy huis uitgevoer het.
Die DA sowel as die VF+ eis dat die Valke hul ondersoek na die regering se omstrede multimiljardrand- wapentransaksie moet hervat.
Die Valke het 'n tweede verdagte in hegtenis geneem in verband met die moorde op twee polisiemanne in Kaapstad, het 'n woordvoerder gesê.
Die grondwethof se beslissing dat die Valke ten volle onafhanklik moet wees, beteken glo nie die einde van dié ondersoekeenheid nie.
‘n Gedeelte van die wetgewing wat gelei het tot die ontbinding van die Skerpioene en skepping van die Valke is grondwetlik ongeldig verklaar.
Die polisie se gespesialiseerde misdaadeenheid, die Valke, het 16 lede van ‘n sindikaat wat Shoprite Checkers-winkels beroof het, vasgetrek.
Die polisie het beslag gelê op kokaïne en Mandrax met ‘n straatwaarde van meer as R300 miljoen, het die Valke gesê.
Die Inge Lotz-moord – een van Suid-Afrika se tergendste misdaadraaisels – is pas aan die Valke oorhandig vir verdere ondersoek.
Die Valke het ‘n man vasgetrek nadat dwelms ter waarde van R270 000 in Chatsworth in sy besit gevind is, het die polisie gesê.
Speurders het ‘n ondersoek geloods in ‘n wapentransaksie van naastenby ‘n half miljard rand wat ‘n moontlike bedrogspul is.
Renosterstropery het so skerp toegeneem dat die regering opdrag gegee het dat ’n nuwe eenheid gevorm word om op die stropers toe te slaan.
Die Valke se betrokkenheid in die strafregtelike saak teen die joernalis Mzilikazi wa Afrika word deur regskenners bevraagteken.
’n Suikersoet eerste helfte deur die Valke en ’n grootse terugvegpoging deur die Grens het gesorg vir ’n titaniese Cravenweek-stryd.
Die Valke het vyf munisipale amptenare vir beweerde bedrog in verband met Wêreldbeker-tenders in hegtenis geneem.
Vyf mense wat daarvan verdink word dat hulle verskeie geboue in die Gauteng-area gekaap het, sal in die landdroshof verskyn.
Nege persone is in die Vrystaat in hegtenis geneem vir bedrog in die departement van openbare werke, berig die Valke.