'n Satiriese plakkaat van pres. Jacob Zuma en die DA-leier Helen Zille het sosiale netwerke behoorlik aan die gons.
Oudpres. Thabo Mbeki het gesê hy is skepties oor of die sosiale netwerk Twitter betroubare kennis deeglik en reg oordra.
President Barack Obama se span wat in beheer is van sy herverkiesingsveldtog het ‘n Twitter-rekening vir sy vrou, Michelle, oopgemaak.
50 Cent het in 'n paar tweets aan al sy aanhangers erken dat hy nie 'n probleem daarmee sal hê as hy binnekort moet doodgaan nie.
‘n Vrou is in hegtenis geneem ná ‘n rasse-voorval op ‘n trem tussen Croydon en Wimbledon wat die wêreld op hol gehad het.
Die akteur Asthon Kutcher, een van Twitter se gewildste gebruikers, het gesê hy sal ophou tweet na hy hom lelik misgis het.
Google maak gereed om Google-Buzz se dienste, wat veronderstel was om ‘n mededinger vir Facebook en Twitter te wees, finaal te beëindig.
Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het die publiek gevra om mense wat op Twitter of Facebook voorgee om hy te wees, te ignoreer.
Die skielike aankondiging oor Beyoncé Knowles se swangerskap het die grootste gegons nóg op Twitter afgegee.
Die stigter van Twitpic, waar Twitter-gebruikers foto’s met mekaar deel, het sy eie sosiale netwerk aanlyn gebring wat baie na Twitter lyk.
'n Kuberkrakergroep het die Twitter-blad van Anders Behring Breivik, die man wat verantwoordelik vir die aanvalle in Noorweë is, gekraak.
Die sosiale netwerk Twitter het aangekondig adverteerders se tweets sal binnekort tussen vriende se brokkies op die blad verskyn.
Die skouspelagtige eindstryd van Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue het vir ‘n nuwe rekord op die sosiale netwerk Twitter gesorg.
Die Sharks-senter Stefan Terblanche is met sowat R15 000 beboet vir die vermeende oortreding van Sanzar se gedragskode.
Twitter-gebruikers stuur daagliks 200 miljoen tweets, meer as drie keer die 65 miljoen van verlede jaar, het die sosiale netwerk gesê.
Pres. Barack Obama sal in die toekoms weer 'n meer aktiewe rol op Twitter vervul deur van tyd tot tyd persoonlik te tweet.
Die Britse ministerie van verdediging het twee YouTube-videos opgelaai wat weermagpersoneel waarsku oor hul gebruik van sosiale media.
Twitter gons behoorlik oor die laaste wense van 'n dapper 15-jarige murgkankerpasiënt van Ulverston in Brittanje.
‘n Maleisiese sosiale aktivis sal 100 keer op Twitter om verskoning vra in ‘n ongewone skikking met ‘n tydskrifuitgewer oor ‘n lastersaak.
'n Amerikaanse koerant het 'n boek gekies wat Twitter in 'n boekklub sal verander waar lesers oor landsgrense literêre kuns kan bespreek.
Huisgenoot.com sal voortaan elke week ‘n bekende kies en hulle top-tweets in 'n webstorie saamsit. Lees die week wat Bobby als getweet het.
Terwyl die Taliban Afganistan regeer het, het hulle hul neuse vir tegnologie opgetrek, maar nou twiet dié ekstremistiese groep graag.
Die Amerikaanse regering se kleurkode-terreurwaarskuwingstelsel maak nou plek vir ‘n meer spesifieke en leersame stelsel.
Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder en hoof van die regering se kommunikasie en inligtingsdiens, het gesê dat hy nie op Twitter is nie.
Die voormalige Wallaby-vleuel Lote Tuqiri het 'n dwarsklap na die Suid-Afrikaanse skeidsregter Jonathan Kaplan op Twitter gemik.
Hawelose mense in New York kan nou hul storie via Twitter aan die wêreld vertel te danke aan die projek Underheard in New York.
Met 'n voet in Hongkong kyk Facebook moontlik na die Chinese mark, maar dié webwerf is nog onwettig in die Asiatiese reus.
iPhone-gebruikers wat op Twitter staatmaak om op hoogte van die nuus te bly, kan 'n program aflaai wat tweets in nuusbrokkies verander.
Nelson Mandela hoef net sy oog oor die Internet te gooi om te sien die wêreld gee steeds vir hom om, só gons sosiale netwerke.
Kan jy vir twee minute voor die komper sit en niks doen nie? 'n Nuwe webwerf daag gejaagde rekenaargebruikers uit om te probeer.
Liverpool se Ryan Babel is swaar gestraf na sy uitlatings op Twitter. Die Engelse sokkerliggaam duld glo nie digitale aangepaste foto’s van hul skeidsregters nie.
Die polisie in Parys het begin om sosiale netwerke soos Facebook in te span om getuies te vind vir tref-en-trap ongelukke.
‘n Vloed Twitter-boodskappe oor die Nuwejaar in Japan het tot ‘n nuwe rekord vir die sosiale netwerk gelei – 6939 tweets per sekonde.
Met ’n halfmiljard mense op Facebook, was 2010 ’n waterskeiding wat ’n stewige grondslag lê vir die toekoms van kommunikasie.
Die olieramp in die Golf van Mexiko was die onderwerp waaroor die meeste getweet is in 2010, het die sosiale webwerf Twitter gesê..
Die Baxter-teater sal hul eerste gebeurtenis loods wat wynproe, teater en sosiale media kombineer met David Kramer se produksie Breyani.
'n Vrou in Amerika wat meestal op Twitter oor haar breiwerk getweet het, het skielik die belangstelling gelok van krieketondersteuners wêreldwyd.
‘n Man wat skuldig bevind en beboet is omdat hy ge-tweet het hy beplan om ‘n lughawe op te blaas, gaan sy saak na 'n hof in Brittanje neem.
Twittergebruikers het die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, geteiken deur 'n “Julius Malema-dag” te verklaar.
‘n Webmaatskappy bied ‘n gratis program aan wat gebruikers van sosiale netwerke keer om boodskappe te plaas terwyl hulle dronk is.
Twitter-gebruikers het op dié sosiale netwerk geskaterlag oor die nuus dat Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, Twitter wil sluit.
'n Slegte teken vir die New York Times se druksirkulasie is die nuus dat meer mense dié koerant op Twitter volg as wat die koerant koop.
Polisie in Manchester het 3 205 voorvalle wat hulle in 24 uur hanteer het op Twitter geplaas, en 'n paar vreemde klagtes die lig laat sien.
Twitter sal van 2011 af aan plaaslike ondernemings die opsie bied om advertensies op dié mikroblog-netwerk te koop.
Die sosiale netwerk, Twitter, se maandelikse besoekers het uiteindelik in Augustus verby dié van MySpace gegaan, het Mashable.com berig.
Apple kry glo meer dekking deur die Amerikaanse media as enige ander Amerikaanse tegnologie-maatskappy, het ‘n studie bevind.
Vir iemand wat ’n menigte ontstoke Gautengse metropolisiebeamptes op sy spoor het, is Cliff “PigSpotter” verbasend maklik om op te spoor.
‘n Kanadese skrywer gaan ‘n kookboek publiseer nadat sy haar resepte op Twitter geplaas en ‘n uitgewer dit raakgesien het.
Britney Spears moes haar Twitter-kroon amptelik aan Lady Gaga afstaan toe dié omstrede popster die mees gevolgde ster op Twitter geword het, berig CNN.
Al ooit gewonder wat van jou Twitter-blad gaan word as jy sterf? Dié sosiale netwerk het pas sy beleid hieroor bekendgemaak.
Suid-Afrika is die land op die kontinent wat die meeste tweet. Meer as vyf miljoen tweets is in die laaste drie maande van 2011 gestuur.
'n Man is deur die polisie in Brittanje in hegtenis geneem oor 'n rassistiese boodskap op Twitter wat op twee Rangers-sokkerspelers gemik is.
Baie boodskappe oor die ANC en sy eeufeesvieringe is op Twitter te sien. Kyk wat sommige bekendes en ander mense oor die vieringe dink.
Die sosiale netwerk Twitter het bekendgemaak watter hutsmerker-onderwerpe vanjaar die gewildste onder sy 100 miljoen gebruikers was.
Die aktrise Scarlett Johansson het gesê sy verstaan nie mense se neiging om hul alledaagse lewens op sosiale netwerke te verkondig nie.
Die manier waarop mense sosiale netwerke soos Twitter en Facebook gebruik kan help om die uitbreek van siektes te voorspel.
‘n Voorgestelde maatreël wat parlementslede in Londen wou verbied om hul slimfone in die parlement te gebruik, is verwerp.
Die All Black-vleuel Cory Jane sukkel glo omdat die spanbestuur die gebruik van Twitter tot die einde van die WB-toernooi verbied het.
‘n Kletsrymer word deur kriminele klagtes in die gesig gestaar na hy op Twitter 'n polisiestasie se telefoonnommer as sy eie getweet het.
David Cameron, die Britse premier, het Facebook en Twitter as sondebokke vir hul rol tydens onluste in Engeland uitgesonder.
Suid-Afrika se Twitter-gemeenskap het ’n soekmag gemobiliseer om 'n vrou op te spoor nadat sy gedreig het om selfmoord te pleeg.
Microsoft het om verskoning gevra ná die maatskappy 'n bloutjie op Twitter geloop het kort na die dood van die sanger Amy Winehouse.
Pres. Jacob Zuma het sy amptelike Twitter-rekening waarmee hy direk met Suid-Afrikaners kommunikeer, gebruik om sy dogters se sitkom te bemark.
Kuberkrakers het toegang tot 'n televisienuusdiens se Twitter-rekening gekry en verskeie tweets uitgestuur dat Barack Obama doodgeskiet is.
Atlete word aangemoedig om tydens die Olimpiese Spele in Londen sosiale media te gebruik, het die Internasionale Olimpiese komitee aangekondig.
Navo-magte wat spook om die Libiese leier Muammar Gaddafi uit sy stoel te lig, het 'n nuwe wapen in die arsenaal – Twitter.
Met die spoed wat privaatheid ’n luukse op sosiale netwerke word, kan daar binnekort heelwat gebruikers met rooi gesigte wees.
Google het sy eie weergawe van Facebook en Twitter se bekende “Like”- en “Tweet This”-knoppe gekry en dit word die “+1” genoem.
Twitter sal gebruikers nou in staat stel om foto's aan hul tweets te heg en sal die Twitter-soekprogram verbeter met behulp van Firefox.
Gebruikers van sosiale media het die spot met die oordeelsdagverklaring gedryf en het foto’s as ‘bewyse’ van hul wegraping versprei.
Lady Gaga is nou amptelik die gewildste glanspersoonlikheid op Twitter, met 10 miljoen Twitter-volgelinge, of 'monsters,' soos sy hulle noem.
Terwyl Amerikaanse soldate laataand in Pakistan op Osama Bin Laden toegeslaan het, het ‘n Twitter-gebruiker onbewustelik daaroor getweet.
Volgens James Franco, wat nog net vir bietjie meer as ‘n maand op Twitter bedrywig is, is sosiale media se dae getel.
Informasie oor die Vaaldam sal binnekort op Twitter en Facebook beskikbaar wees, het die departement van waterwese meegedeel.
U2-aanhangers wat dié groep se onlangse konsert in Johannesburg bygewoon het, kan hulself op 'n reuse-foto van die gebeurtenis vind en op Facebook skakel.
Ons leef in ‘n wêreld waar dit makliker raak om kontak te hou, tog voel ons al hoe meer alleen, sê die Amerikaanse skrywer, Sherry Turkle.
President Jacob Zuma se derde staastrede het die derde plek ingeneem as een van Twitter se mees gewilde temas vir die aand.
Internet-reuse soos Google, Twitter en YouTube doen alles in hulle vermoë om mense in Egipte tydens hierdie onstuimige tyd te help.
Krieketliefhebbers gaan die kans kry om die voormalige Protea Herschelle Gibbs se gesogte 438-wedstrydtrofee te wen.
Internetgebruikers het verlede jaar 107 triljoen e-posse gestuur, waarvan die meeste gemorspos was, het Pingdom berig.
Ouers gewaarsku dat baie min programme wat internetgebruik kontroleer, webblaaie soos Facebook en Twitter in ag neem.
Die sangeres Courtney Love se Twitter-rekening is gesluit nadat sy glo gemene goed op haar Twitter-blad kwytgeraak het.
Te midde van hewige reaksie oor Lee-Ann Liebenberg se wilde partytjie in Kampsbaai, het dié model haar profiel van Twitter verwyder.
'n Regter se besluit om die gebruik van Twitter by die hofverrigtinge van Wikileaks-stigter Julian Asange toe te laat, verwelkom.
‘n Kringtelevisiekamera wat by die Edinburgh-dieretuin opgerig is, is ‘n glo ‘n treffer onder Twitter-gebruikers.
‘n Amerikaanse ruimtevaarder op die Internasionale Ruimtestasie vermaak sy volgelinge deur asemrowende foto’s vanuit die buiteruim te tweet.
‘n Twitter-rekening van Indonesië se rampbestuur-adviseur is deur ‘n kuberkraker gebruik om ‘n vals tsoenami-waarskuwing uit te stuur.
Die Springbok-bestuur waarsku oor Facebook en Twitter profiele wat hul rugbyspelers se name gebruik, maar nie noodwendig die ware Jakob is nie.
Met Peter de Villiers wat selfsensuur toepas, is die Bok-toer se eerste storm in ’n teekoppie deur die vleuel Bryan Habana op Twitter ontketen.
Twitter-grappies oor slegte wyn en mans het gelei tot streng ingryping in Filippynse regeringsbeamptes se gebruik van sosiale media.
‘n Facebook-gebruiker beweer ‘n hoë persentasie van verkeersboetes is onwettig, en het ‘n Facebook-groep gestig om dit te beveg.
Engeland het die eerste rugbyspan geword om die gebruik van Twitter tydens die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland te verbied.
'n Onlangse studie wat deur die Kanadese maatskappy Sysomos gepubliseer is, bevind dat 71% tweets op die webwerf geen reaksie kry nie.
Die direkteur van openbare vervolging (DOV) het die omstrede Twitter-gebruiker Pigspotter se saak na die polisie teruggestuur vir verdere ondersoek.
Die sosiale netwerk Twitter het 'n platform geskep waar mense restaurante se maaltye en die diens wat hulle ontvang het, met mekaar bespreek.
Kuberkrakers het Dinsdag amok gesaai op Twitter se tuisblad weens ‘n fout met dié sosiale netwerk se sekuriteitsmaatreëls.
Bekendes se obsessie met Twitter is glo besig om af te neem nadat al hoe meer sterre hul profiele op die sosiale netwerk gesluit het.
‘n Britse weermagsamptenaar beplan om die sosiale netwerk Twitter saam oorlog toe te neem en vanuit Afghanistan te tweet.
Die popsangeres Lady Gaga kan binnekort Britney Spears se aantal volgelinge op Twitter oorskry en die wêreld se top-Twitter-gebruiker word.
Ons spandeer twee keer soveel tyd op sosiale netwerke as op enige ander internet-gebaseerde aktiwiteit.