‘n Chinese immigrant is op borgtog vrygelaat nadat sy meer as ‘n jaar in ‘n tronk deurgebring het op aanklagte dat sy haar fetus vermoor het.
‘n Groep vroulike gevangenes sal vandag in die Vrystaat en Noord-Kaap vrygelaat word as deel van die landswye vermindering van vonnisse.
'n Derde man is weer aangekeer nadat hy saam met 13 ander verhoorafwagtendes uit aanhoudingselle in die Jane Furse-polisiestasie ontsnap het.
Ongeveer 14 651 gevangenes sal baat vind by pres. Jacob Zuma se aankondiging dat sekere gevangenes kwytskelding van vonnis sal ontvang.
Gevangenes wat ontsnap het en steeds voortvlugtig is, sal nie in aanmerking kom vir vonnisverkortings nie, het die minister van polisie gesê.
Mike Tyson beweer dat hy 'n tronkbewaarder swanger gemaak het terwyl hy agter tralies was, maar sê die baba is nooit gebore nie.
Oproer by ‘n tronk in die oostelike Brasiliaanse staat van Sergipe het geëindig nadat die gevangenes 131 gyselaars vrygelaat het.
‘n Nuwe verslag dui daarop dat marteling in Afgaanse tronke meer wydverspreid voorkom as wat voorheen gedink is.
Indonesië het gesê al 60 buitelanders, onder wie vroulike gevangenes, sal weens onluste uit ‘n tronk in Bali verwyder word.
Dertig gevangenes het uit ‘n tronk in Mexiko ontsnap tydens ‘n oproer wat die lewens van 44 gevangenes geëis het.
Meer as 400 gevangenesse in Kyrgyzstan in Sentraal-Asië het op 'n hongerstaking gegaan, het die nuusagentskap Ria Novosti in Rusland berig.
Gevangenes in die Bagram-tronk in Afganistan is aan verskillende vorme van mishandeling onderwerp, insluitende marteling en aanranding.
Oproerige gevangenes het ’n brand in die Grootvlei-tronk by Bloemfontein begin omdat hulle ontevrede is oor toestande by dié oorvol tronk.
Altesaam nege gevangenes is dood en talle ander beseer toe ‘n brand by ‘n tronk in Irak uitgebreek het, het veiligheidsbeamptes gesê.
Gevangenes in Zimbabwiese tronke sal voortaan hulle eie kos produseer om wydverspreide wanvoeding in tronke te bekamp.
Vyf maande nadat opstandelinge Abidjan se hoofgevangenis se meer as 5 000 gevangenes vrygelaat het, het die Ivoorkus dit weer heropen.
Die tronkdeure kan dalk binnekort oopgaan vir duisende gevangenes wat tans lewenslange vonnisse uitdien weens moord en ander misdade.
'n Gevangene wat doodgeslaan is, is Saterdag in sy sel in Mankweng gevind, het die polisie in Limpopo gesê.
Sewntien gevangenes het ontsnap deur ‘n ondergrondse tonnel van die wasgoedkamer van 'n tronk in Mexiko na buite die mure te grawe.
‘n Burundiese joernalis het agt maande tronkstraf gekry oor hy kommentaar gelewer het oor weermag nie Somaliese-aanval kon keer nie.
Die grootkop en eienaar van ‘n private televisiekanaal in Katmandoe is in die tronk deur ‘n besoeker geskiet, het owerhede gesê.
Minstens ses gevangenes, van wie sommige onthoof en hul koppe op heiningpale gemonteer is, is dood in onluste in ‘n tronk in Brasilië.
Veertien gevangenes het deur ‘n gat in ‘n muur uit ‘n tronk in Mexiko se gewelddadigste staat ontsnap. Vyf van hulle is weer gevang.
Twaalf vermeende lede van Al-Kaïda se voorste groep in Irak het uit ‘n tronk in die suide van die land ontsnap, het polisie gesê.
Ná sy vrylating uit die tronk in Desember 2010 fokus die talentvolle Larry Joe net op sy nuwe loopbaan as musikant en sanger.
Meer as 140 Mexikaanse gevangenes het naby die grens met Amerika uit 'n tronk ontsnap en die hoof van die gevangenis word ook vermis.
Clive Derby-Lewis (74) is terug agter tralies nadat hy langer as twee maande in ’n private hospitaal vir gangreen en velkanker behandel is.
’n Man is in die aanhoudingselle van die Florida-polisiekantoor in Roodepoort dood nadat hy glo deur die polisie aangerand is.
Minstens 20 verhoorafwagtende aangehoudenes het uit ‘n aanhoudingsfasiliteit in Bagdad ontsnap nadat hulle ‘n opskudding veroorsaak het.
Al ooit gewonder oor die lewe aan die ander kant van die tralies? Nou kan jy gaan loer, en sonder 'n polisierekord huis toe gaan.
Tronke soos Alcatraz en Chateau d'As, wat bekend is vir hul donker, vreesaanjaende geskiedenis, pronk nou as museums en gewilde toerisme-bestemmings.
Die departement van korrektiewe dienste sê berigte oor Clive Derby-Lewis, wat beplan het om Chris Hani te vermoor, se aansoek om parool is vals.
Ou tronke hou ‘n seker morbiede fassinasie in. Dis nou te sê as jy nie gedwing word om jou tyd agter die tralies te spandeer nie.
Een van die lede van die berugte Stander-bende van die 1980’s het ‘n paar wenke aan Jackie Selebi gegee oor hoe om in die tronk te oorleef.
'n Brand het by die spoggerige tronk buite Kimberley ontstaan, wat 12 mense met ligte beserings - meestal rookinaseming - gelaat het.
Twee gevangenes het uit ‘n tronk in Argentinië ontsnap nadat sekuriteitswagte ‘n pop in die wagtoring geplaas het.
Gevangenes in Nieu-Seeland sal een van die dae nie meer 'n dampie kan slaan nie wanneer rook verban word in dié land se tronke.
Meer as 1 350 gevangenes is in Burundi se tronke vrygelaat nadat hulle in Maart ‘n presidensiële kwytskelding ontvang het.
Ses van die 41 gevangenes wat uit die Harrismith tronk ontsnap het, is weer in hegtenis geneem, sê Korrektiewe Dienste.
‘n Snoopy-uitrusting en speelgeweer het maar min gehelp toe 'n man sy vriend in dié pak uit 'n tronk probeer bevry.
Omstandighede in Zambiese tronke is skokkend, met selle wat so oorvol is dat sommige gevangenes moet beurte maak om te slaap.
’n Hoë ANC-amptenaar is in die Newlands-landdroshof tot vyf jaar tronkstraf gevonnis weens die dood van ’n vierjarige seuntjie.
‘n Vroulike tronkbewaarder is tot 21 maande tronkstraf gevonnis nadat sy ‘n verhouding met ‘n gevangene gehad het.
Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder en veroordeelde moordenaar Eugene de Kock glo hy gaan binnekort vrygelaat word.
Geheime tronke in China het weer in die soeklig geval toe ‘n bewaarder agt jaar tronkstraf opgelê is vir verkragting van ‘n gevangene.
Tronke is daar om mense gevange te hou, nie om kinders in groot te maak nie, het Kenny Bouwer, waarnemende gebiedskommissaris van korrektiewe dienste in Gauteng gesê.
’n Cholera-uitbreek het tot die dood van agt gevangenes in Kenia se grootste tronk net buite Nairobi gelei en 25 ander is gehospitaliseer.
Die berugte Black Beach-tronk waar vier Suid-Afrikaners tronkstraf uitgedien het se omstandighede was haglik.
’n Suid-Afrikaner sit in ’n tronk in Kambodja op ’n aanklag van strafbare manslag ná sy vriend se dood in ’n waterponie-ongeluk.
Oorbevolking in Suid-Afrikaanse tronke is van 164% in 2004 na 142% verminder, sê die departement van korrektiewe dienste.
Sowat 4 000 mense word steeds in militia-aanhoudingsentrums in Libië aangehou – dikwels in die geheim en talle van hulle word gemartel.
Die polisie het nog drie mans weer in hegtenis geneem ná hulle saam met 'n groep verhoorafwagtendes uit aanhoudingselle ontsnap het.
Die besluit om vonnisverkortings aan spesifieke groepe gevangenes toe te staan was nodig, het Mathole Motshekga, hoofsweep van die ANC, gesê.
Jackie Selebi en Schabir Shaik sal ook voordeel trek uit 'n besluit om sommige gevangenes se vonnisse met tot 18 maande te verkort.
Die verkorting van vonnisse vir gevangenes wat op Vryheidsdag aangekondig is, is 'n klap in die gesig van misdaadslagoffers, het die DA gesê.
Die polisie het ‘n “nuwe besigheid in Serwië blootgelê” toe hulle ‘n man in hegtenis geneem het wat tronkstraf vir ‘n ander man uitgedien het.
Uniforms vir verhoorafwagtende gevangenes sal die departement van korrektiewe dienste bykans R40 miljoen kos, het Beeld berig.
Die direkteur van ‘n Mexikaanse tronk en 28 wagte is in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by die ontsnapping van gevangenes.
Drie gevangenes is doodgesteek kort nadat hulle in ‘n Mexikaanse tronk geplaas is in nog ‘n uitbraak van dodelike geweld in die land.
‘n Man wat vier lewensvonnisse uitdien nadat hy vier mense in ‘n informele nedersetting doodgeskiet het, het agter tralies getrou.
Die vrou van ‘n uitgesproke menseregte-prokureur wat in China in ‘n tronk aangehou word, sê haar man mag nie besoekers ontvang nie.
Gevangenes by Griekeland se grootste tronk het 'n tronkwag gyselaar geneem, het die polisie en beamptes van die regering gesê.
'n Tunisiese prokureur reken gevangenes in tronke word steeds mishandel ondanks die pro-demokratiese opstand wat die regime omvergewerp het.
Suid-Afrika se tronke is vol swart gesigte omdat swart mense nie geleenthede in Suid-Afrika het nie, het pres. Jacob Zuma gesê.
’n Suid-Afrikaner wat in die tronk sit nadat hy ’n Afgaanse burger glo uit selfverdediging doodgeskiet het, se hoop het ’n knou gekry.
‘n Dronk tronkbewaarder het na bewering ‘n kollega in die been geskiet terwyl hy aan diens was in King William’s Town, het die SABC berig.
Die voormalige goewerneur van die Toring van Londen beweer hy is afgedank omdat hy hom oor omstrede praktyke by die fort uitgelaat het.
Korrektiewe dienste oorweeg dit om sommige gevangenes elektronies te monitor in 'n poging om die druk op oorvol tronke te verlig.
Minstens vier mans is gehospitaliseer nadat sowat 200 gevangenes in die San Quentin-tronk se eetsaal opstandig geraak het.
Agt gevangenes is dood en 17 is beseer in ‘n brand by ‘n tronk in Sirië nadat ‘n gevangene sy matras aan die brand gesteek het.
’n Ondersoek is gelas om te bepaal of Dina Rodriguez en Najwa Petersen onwettig Facebook-profiele uit hul selle bedryf.
Lil’Wayne praat in die nuutste uitgawe van Rolling Stone oor sy tyd in die tronk en vertel dat hy blykbaar die Bybel gelees het.
Verhoorafwagtende gevangenes het tussen 1995 en 2009 met ’n rekordsyfer van 1044% toegeneem en gevonniste oortreders het met 18% toegeneem.
‘n Bakleiery onder gevangenes by ‘n tronk in Mexiko het 11 lewens geëis en twee werknemers van die tronk se liggame is dieselfde dag gevind.
'n Tweede amptenaar van Korrektiewe Dienste het vandeesweek gesterf toe hy op die perseel van die Witbank Korrektiewe sentrum doodgeskiet is.
Minstens 81 gevangenes is dood en 14 ander is ernstig beseer in ‘n brand wat tydens ‘n oproer by ‘n tronk in Chili uitgebreek het.
Drie-en-dertig gevangenes het uit ‘n tronk in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontsnap, terwyl vier ander deur bewaarders doodgeskiet is.
‘n Vrystaatse tronkbewoner het glo op ‘n tronkbeampte begin skiet terwyl hy probeer het om die beampte as gyselaar aan te hou.
Suid-Afrika het die hoogste persentasie burgers in tronke in die wêreld, met sowat 3,5 uit 1000 burgers wat in korrektiewe sentrums is.
Agttien gevangenes is dood in gevegte wat ná 30-uur in die Sao Luis-tronk in die noordelike Brasiliaanse staat Maranhao geëindig het.
Meer as 8000 buitelanders word nou in Suid-Afrikaanse tronke aangehou en kos die Suid-Afrikaanse belastingbetaler miljoene rande.
Vroulike gevangenes met kinders is van die Pretoria-tronk na die Johannesburg-tronk verskuif weens die omstandighede waarin hulle aangehou word.
Brasiliaanse amptenare was verstom toe hulle uitvind dat 'n bepaalde tronk in Rio de Janeiro deur die gevangenes self beheer word.
Dit gaan goed met haar, het die seksmisdadiger Cézanne Visser, skraler en met ligpienk lipstiffie aan, te kenne gegee.
Mexikaanse tronkbewaarders het gevangenes toegelaat om ‘n tronk te verlaat sodat hulle dwelm-verwante moorde kan pleeg.
President Bingu wa Mutharika het presidensiële kwytskelding aan 287 gevangenes gegee om 46 jaar van onafhanklikheid van Brittanje te vier.
Altesaam 3 800 bedspasies is in tronke landwyd beskikbaar vir aanhoudings wat met die Wêreldbeker-sokkertoernooi verband hou.
’n Advokaat van Bloemfontein wat ure lank in die ontsnappingsdrama in die Harrismith-gevangenis aangehou is, dank God dat sy lewe.
Vroue wat lang tronkstraf uitdien het adv. Barbie onder hul vlerk geneem van die oomblik dat sy by die gevangenis ingestap het.
Ondersoekbeamptes in Rusland volg tans leidrade op ná die dood van 'n vrou wat verhoorafwagtend was op aanklagte van bedrog.
Cosatu het sy skok uitgespreek oor berigte dat ‘n vrou vir ses maande in die mansafdeling van die Westville-gevangenis opgesluit was.
Een persoon is dood en 19 ander beseer in gevegte tussen gevangenes by ‘n tronk in, Colombia, het amptenare gesê.
Een van 31 mans wat verlede maand uit die Barberton-gevangenis in Mpumalanga ontsnap het, is Woensdagaand deur die polisie doodgeskiet.
Indonesië gaan nie langer kinders jonger as agt jaar oud saam met tieners in tronke, of volwassenes in polisieselle aanhou nie.
Sowat 1062 Suid-Afrikaaners is in oorsese tronke opgesluit, het die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.
Een van SA se hoëveiligheidstronke of een van die nuwes wat beplan word, kan ’n kollege vir jeugdige gevangenes word.
‘n Vietnamese onderwyser wat klaarblyklik na aan die dood was weens ‘n maand-lange hongerstaking, het weer begin eet.
Minstens sewe gevangenes het doodgebrand nadat misdadigers hul matrasse tydens oproeringe in ‘n tronk aan die brand gesteek het.
Nege gevangenes by die Mangaung maksimum sekuriteitsgevangenis in Bloemfontein het groot skade aan meubels en aan ‘n gebou aangerig.
Zimbabwe het 1 500 gevangenes vrygelaat as deel van ’n presidensiële program om verligting aan oorvol tronke te bring.