Minstens 25 mense is in die suidelike deel van Indië dood en 45 is beseer toe 'n passasierstrein teen 'n goederetrein gebots het.
‘n Man in sy 20's het noodlottige beserings opgedoen toe hy deur ‘n trein getref is in Nelspruit, het paramedici in Mpumalanga gesê.
Nege passasiers en twee bemanningslede het ligte beserings opgedoen nadat twee passasierstreine by ‘n treinstasie in Turkye gebots het.
'n Ondersoek is aan die gang nadat 125 beseer is toe twee treine reg van voor in Amsterdam in Nederland gebots het.
Minstens 48 mense is beseer toe twee treine buite die stad Amsterdam teen mekaar gebots het, het die Nederlandse media berig.
Twaalf mense het ligte beserings opgedoen toe ‘n goederetrein by ‘n stasie in sentraal-Turkye in ‘n passasierstrein vasgery het.
‘n Bejaarde Griekse paartjie is deur ‘n trein doodgery toe hul motor op die spoorlyn vasgesit het, asook twee Pakistanse migrante.
‘n Trein het teen ‘n minibus gebots wat stilgestaan het by ‘n kruising in sentraal-Indonesië. Minstens 11 lede van ‘n familie het gesterf.
Drie spoorwegwerknemers is dood nadat 'n Kanadese passasierstrein wes van Toronto ontspoor het. Talle passasiers is in die ongeluk beseer.
Desperate families is op soek na geliefdes ná ‘n treinongeluk in Buenos Aires wat die lewens van 50 mense geëis en byna 700 beseer het.
Honderde passasiers is beseer toe ‘n volgelaaide trein in Buenos Aires in die versperring aan die einde van die spoor vasgery het.
‘n Man het gesterf nadat hy naby die Nolungile-stasie in Khayelitsha, Kaapstad, deur ‘n trein getref is, het Metrorail gesê.
‘n Man is by die George Goch-treinstasie in Johannesburg deur ‘n trein doodgery, het Johannesburg se nooddienste gesê.
‘n Man is dood toe ‘n trein sy motor op ‘n spooroorweg net buite Potchefstroom getref het, het paramedici van ER24 gesê.
'n Man is dood nadat ‘n trein in die noorde van Taiwan 'n stortbakvragmotor teen ‘n hoë spoed getref en ontspoor het.
Minstens twintig mense is beseer nadat 'n trein naby Reunion-stasie, Isipingo in Durban ontspoor het, het paramedici gesê.
Passasiers op die Bloutrein is per bus na Kaapstad vervoer nadat die lokomotief op die stasie hier teen waens gebots het.
Inwoners wat sout versamel het nadat 'n goedere trein in die Noordwes ontspoor het, is gewaarsku dat die sout giftig is.
Minstens 18 mense is beseer toe twee treine in Oakland in die Amerikaanse staat Kalifornië gebots het, het 'n televisiestasie berig.
Vyf mense is dood nadat ‘n lokomotief in ‘n groep Russiese voetgangers ingery het, het die Interfax-nuusagentskap gesê.
Talle mense het ligte tot matige beserings opgedoen toe ‘n ondergrondse trein in Shanghai, China, agter in ‘n ander trein vasgery het.
‘n Ondersoek na die treinongeluk in suid-Indië waarin 10 mense beseer is, het gevind een van die treine het ‘n stopteken verontagsaam.
Minstens elf mense is dood en 212 ander beseer in ‘n ongeluk wat tydens spitsverkeer by ‘n treinstasie in Buenos Aires.
Vier mense is dood en talle beseer toe 'n trein onderweg na die suidelike stad van Katowice vanaf Warschau in sentraal Pole ontspoor.
'n Man is dood ná hy oënskynlik naby Fisantekaal deur 'n trein getref is, het paramedici in Kaapstad gesê.
Die kleuter wat vir 21 uur tussen die wrakstukke van twee sneltreine vasgekeer was, se ouers is tydens die ongeluk oorlede.
Ongeveer 22 mense is dood en meer as 100 beseer toe twee treine in China teenmekaar gebots het, het die staatmedia berig.
Minstens 35 mense is dood en 100 ander is beseer nadat ‘n trein in die noorde van Indië ontspoor het, het beamptes gesê.
Die drywer van 'n trein wat verlede week teen 'n stilstaande trein in Soweto gebots het, is Woensdag afgedank, het die Prasa gesê.
Ongeveer 644 passasiers is beseer toe twee treine in Soweto teen mekaar gebots het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Twee mense is dood en 25 ander is beseer toe ‘n vragmotor, wat bakstene vervoer het, teen ‘n passasierstrein in Pole vasgery het.
Die treinongeluk in Gauteng waarin meer as 100 mense beseer is "kon vermy word", het die United Transport and Allied Trade Union gesê.
‘n Treindrywer is dood en sowat 200 mense beseer toe twee van Metrorail se passasierstreine Vrydagmiddag in Pretoria gebots het.
‘n Lokomotief het teen ‘n passasierstrein, wat van Buenos Aires na Mar del Plata onderweg was, gebots en 70 mense beseer gelaat.
‘n Vrou het gesterf nadat sy deur ‘n trein raakgery is naby die Belle Ombre-treinstasie in Pretoria, het paramedici gesê.
Een passasier is dood en 20 ander is beseer toe ‘n passasierstrein trompop teen ‘n vragtrein in die Tsjeggiese Republiek gebots het.
Minstens tien mense is dood en meer as 40 ander is beseer toe ‘n vragtrein trompop teen ‘n passasierstrein in Duitsland gebots het.
'n Man is in die Oos-Rand deur 'n trein getref. Volgens ooggetuies het hy die treinspoor probeer oorsteek, toe die trein hom getref het.
Sowat 95 mense is na bewering beseer in ‘n treinongeluk buite Springs, het paramedici in Gauteng bekend gemaak.
Ten minste sewe mense is dood en 20 beseer toe twee passasierstreine net buite Dhaka, die hoofstad van Bangladesj, bots.
Die lisensie van die taxi-bestuurder wat betrokke was by die treinongeluk in Blackheath wat die lewens van tien kinders geëis het, is opgeskort.
‘n 23-jarige man is op slag dood toe hy net agter Builder’s Warehouse in Kempton Park deur ‘n trein raakgery is, het paramedici gesê.
Die ingenieur van ‘n trein wat glo ‘n treinongeluk veroorsaak het waarin 36 mense dood is, is deur die polisie in hegtenis geneem.
Minstens sewe mense is dood en talle ander beseer toe ‘n trein teen twee busse by ‘n besige kruising in Bangladesj se hoofstad gebots het.
Agt mense is dood in 'n treinongeluk nadat 'n sneltrein teen 'n goederetrein in sentraal Indië gebots het, het plaaslike televisiestasies berig.
Inwoners van die Sofala-provinsie in Mosambiek is van mening dat hul woedende voorvaders te blameer is vir 'n reeks treinongelukke.
‘n Vrou is dood en ‘n man is ernstig beseer nadat ‘n trein ‘n voertuig net buite Magaliesburg getref het, sê paramedici in Gauteng.
Altesaam 51 mense is beseer toe twee treine in Natalspruit aan die Oos-Rand gebots het, berig die dagblad Beeld.
‘n Bejaarde vrou is dood nadat sy in Kimberley deur ‘n goederetrein wat nie betyds kon stop nie omgery is, het ER24 gesê.
Die name van die nege kinders wat dood is nadat ‘n trein ‘n minibustaxi buite Kaapstad getref het, is deur polisie bekendgemaak.
Minstens 15 mense is dood nadat 'n passasierstrein in die suidelike deel van Indië teen 'n goederetrein gebots het, het beamptes gesê.
Minstens 40 mense is in die Brasiliaanse hoofstad beseer toe twee ondergrondse treine teen mekaar gebots het, het die brandweer gesê.
‘n Man het gesterf toe ‘n trein sy motor getref het by ‘n spoorwegoorgang in Ferreira naby Bloemfontein, het paramedici gesê.
Meer as 120 mense is beseer, baie van hulle ernstig, toe twee passasierstreine in Amsterdam reg van voor teen mekaar gebots het.
Drie treinpendelaars wat by 'n trein in Moembai uitgehang het is dood nadat hulle deur 'n ysterpaal getref is, het die polisie gesê.
Drie mense is dood en 13 het beserings opgedoen in ‘n treinongeluk naby Frankfurt, het die polisie in Duitsland gesê.
‘n Man het aan sy beserings beswyk nadat hy in Roodepoort deur ‘n trein raakgery is, het paramedici van ER24 gesê.
Minstens 40 mense is beseer, waarvan drie ernstig, toe 'n trein in die suide van Thailand in 'n vragmotor ingeploeg het, het die polisie gesê.
Die dodelike treinongeluk in Argentinië kon vooruitgesien en verhoed word, het die land se ouditeur-generaal gesê.
Minstens 40 mense is dood nadat 'n trein in sentraal-Buenos Aires ontspoor het, het 'n direkteur van die burgerlike verdediging bevestig.
Vyf mense is beseer toe ‘n trein hul bakkie getref het by ‘n spooroorgang in Pietermaritzburg, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
‘n Vrou het gesterf nadat sy deur ‘n trein getref is in Edendale, Pietermaritzburg, maar haar baba het oorleef, het paramedici gesê.
Drie mense is dood nadat 'n trein in die noordooste van Indië 'n stootskraper getref het, het 'n spoorwegbeampte gesê.
‘n Man het gesterf nadat hy deur ‘n trein getref is by die Sarepta-treinstasie in Bellville, Kaapstad, het paramedici gesê.
Die motoris wat na bewering aanspreeklik was vir die ontsporing van die trein by Isipingo waarin 21 mense beseer is, is in hegtenis geneem.
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting slotbetoë aanhoor in die moordverhoor van die taxibestuurder Jacob Humphreys.
‘n Man se liggaam is uitmekaargeskeur toe hy onder ‘n trein beland het by die Wittebome-treinstasie in die Wes-Kaap, het paramedici gesê.
‘n Sestienjarige tienermeisie is dood nadat sy in Liverpool onder ‘n trein ingeval het ná ‘n aand uit saam met haar vriende.
Owerhede is besig om Tiskilwa te ontruim nadat ‘n trein oornag in dié dorp in die Amerikaanse staat Illinois ontspoor het.
‘n Man is op slag dood toe ‘n vragtrein hom naby Barrage-weg in Vanderbijlpark getref het, het paramedici van Netcare 911 gesê.
Sowat 20 mense is beseer toe 'n trein ontspoor het nadat dit teen 'n motor wat deur 'n bussie op die spoorlyn gestamp is, vasgery het.
Altesaam tien mense is dood en tientalle ander beseer toe twee passasierstreine by ‘n stopteken teen mekaar vasgery het.
Die dood van twee kinders het gelei tot die oprig van ‘n drie kilometer lange muur teen ‘n treinspoor langs in die Paarl.
’n Treinongeluk in Petrusburg het nie net die verkeer na omliggende plase ontwrig nie, maar ook inwoners op dié dorp nuuskierig gehad.
Familielede van die slagoffers van die China-treinongeluk dring daarop aan dat die waarheid belangriker is as ‘n geldelike uitbetaling.
’n Kleuter is uit die wrakstukke van twee treine gered wat sowat 21 uur vroeër in China teen ’n hoë spoed teen mekaar gebots het.
Elf mense is dood en nege-en-tagtig ander beseer nadat twee treine in China gebots het, het die nuusagentskap Xinhua berig.
'n Treindrywer het Woensdag die trekpas gekry naday hy R12 miljoen se skade veroorsaak het toe hy teen 'n goederetrein gebots het.
Die treinbotsing in Soweto waarin 644 mense beseer is, sal ondersoek word, het die Treinspoorveiligheidsreguleerder (RSR) gesê.
Minstens 25 mense is beseer toe ‘n trein in Indië ontspoor het. Die ongeluk is die tweede ontsporing in die land in minder as ‘n week.
Altesaam 18 mense het ligte beserings opgedoen toe ‘n pendelaarstrein teen ‘n leë, stilstaande trein ondergronds in Barcelona gebots het.
Metrorail het bewerings afgemaak dat die drywer wat in die treinongeluk noord van Pretoria dood is, onervare was.
‘n Man is dood en 81 mense Vrydagmiddag beseer toe twee treine teen mekaar gebots het op ‘n brug bo John Vorster-rylaan in Rosslyn , Pretoria.
Altesaam 35 mense is beseer, waarvan twee in ‘n kritieke toestand is, nadat ‘n gedeelte van ‘n trein naby Germiston ontspoor het.
‘n Treinbotsing naby Buenos Aires het vier lewens geëis en 120 mense, van wie 27 steeds in die hospitaal is, beseer gelaat.
Altesaam 18 jong werksoekers, wat op ‘n oorvol trein se dak gery het, is dood nadat hulle ‘n lae brug in noordelike Indië getref het.
Minstens drie mense is dood en talle ander is beseer toe twee treine, wat op dieselfde spoor gery het, trompop teen mekaar gebots het.
Herstelwerk op die treinspoor buite Springs waarop sowat 95 passassiers beseer is toe twee treine teen mekaar gebots het, is byna voltooi.
'n 33-jarige spoorwegwerker is kritiek beseer toe hy in Soweto deur 'n trein getref is terwyl hy op 'n treinspoor gewerk het.
’n Ma en haar kleuterseun is dood toe hulle naby 'n treinspoor gestap en onder ’n trein naby die Ou Paarl-pad beland het.
‘n Vrou is in die Paarl dood nadat haar motor deur ‘n trein getref is, het nooddienswerkers in die Wes-Kaap gesê
Drie mense is ernstig beseer ná 'n trein wat chemikalieë vervoer, tussen Bethal en Ermelo ontspoor het, sê die departement van gesondheid.
'n Plaaslike televisiekanaal berig dat minstens 43 mense in 'n treinongeluk in Indonesië dood is. Talle lyke is nog in die wrak vasgekeer.
Een persoon is dood, en meer as 50 beseer toe twee treine in swaar reën in Tunisië teen mekaar vasgery het, het plaaslike nuusagentskappe gesê.
Tussen 30 en 40 mense het ligte beserings opgedoen ná twee passasierstreine gebots het, berig die Belga nuusagentskap.
Sestien mense is beseer ná 'n hoëspoed trein wat vanaf Stockholm na Malmo onderweg was, teen 'n laaigraaf gebots het
Die oorsaak van Vrydag se treinbotsing in Natalspruit aan die Oos-Rand waarin 48 mense beseer is, is steeds nie bekend nie.
Die bestuurder van die minibustaxi wat deur ‘n trein getref is en glo die dood van 10 kinders veroorsaak het, het in die hof verskyn.
Owerhede in die Wes-Kaap het aangekondig dat nog ‘n kind weens die ongeluk tussen ‘n trein en ‘n minibustaxi in Blackheath oorlede is.
Die vier kinders wat oorleef het nadat ‘n trein ‘n taxi in Kaapstad getref het, is in ‘n stabiele toestand, met een reeds uit die hospitaal ontslaan.