‘n Tienjarige meisie is kritiek beseer toe sy probeer het om by ‘n bewegende trein in Krugersdorp op te spring, het paramedici gesê.
‘n Vrou het gesterf en haar dogter is ernstig beseer toe hulle naby Ballito, KwaZulu-Natal, van 'n bewegende trein afgespring het.
‘n Swanger werknemer van Metrorail is vir rookinaseming behandel nadat drie treinwaens in Khayelitsha aan die brand gesteek is.
Metrorail-treindienste is in verskeie dele van Gauteng, as gevolg van skade wat deur weerlig aangerig is, ontwrig.
Vyf treinwaens is in Soweto en Braamfontein, Johannesburg, aan die brand gesteek, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Drie treinwaens is in Kuilsrivier in Kaapstad aan die brand gesteek en opsetlike brandstigting word vermoed, het Metrorail gesê.
Flight Centre het tien wenke vir etiket op die Londense ondergrondse treinstelsel saamgestel wat toeriste in dié stad in gedagte moet hou.
Metrorail sê sy treindiens tussen Pretoria en Johannesburg sal tot die einde van die week met 45 minute vertraag word.
Konstruksie aan die Soweto-lyn in die suide van Gauteng sal treindienste in dié gebied tot die 6de Januarie raak.
‘n Albanese man het uit ‘n Eurostar-trein geval terwyl die trein teen ‘n hoë spoed beweeg het, het die polisie gesê.
Pendelaars in Gauteng wat treine op ‘n daaglikse basis gebruik, is gewaarsku om nie die treine sonder geldige kaartjies te betree nie.
‘n Tweejarige meisie het gesterf toe sy deur ‘n trein getref is naby die Klaarwater-stasie in KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.
Die Metrorail-treindienste is op die Berlin-Oos-Londen-lyn gestop nadat ‘n treinwa aan die brand gesteek is, het die SABC berig.
Metrorail word deur hoë onkostes in die gesig gestaar weens treine wat beskadig word en het 'n beloning in ruil vir inligting aangebied.
Treinpendelaars op die Kaapse Vlakte kan Maandag (vandag) ‘n paar vertragings ondervind weens ‘n elektriese fout by Heathfield-stasie.
'n Metrorail sneltrein wat na Johannesburg op pad was, is weer op dreef nadat pendelaars die spoorlyn met klippe en brandende buitebande versper het.
‘n Vrou is in hegtenis geneem omdat sy vir 16 ure op 'n reis tussen Kalifornië en Oregon te hard op haar selfoon geklets het
Duitse owerhede het ‘n trein ontruim na ‘n dataskyf, waarop die woorde “Allah will kil lus all” geskryf was, op die trein gevind is.
Vandale het na bewering ‘n bewegende trein tussen Bellville en Langa in die Wes-Kaap aan die brand gesteek, het die SABC berig.
Japan beplan om die vinnigste trein in die wêreld te bou, met 'n spoed van sowat 500 km/h wat reistyd drasties sal verkort.
Die Outeniqua Choo-tjoe behou steeds ’n spesiale plek in aanhangers se harte en spog met twee aanhangersbladsye op Facebook.
Die polisie het bevestig dat die Shosoloza Meyl, wat passasiers van Kaapstad na Pretoria vervoer, buite Beaufort-Wes in die Karoo onklaar geraak het.
Ten minste sewe mense is dood en 20 beseer toe twee passasierstreine net buite Dhaka, die hoofstad van Bangladesj, bots.
’n Tweede dag van een lang verkeersknoop op Kaapstad se hoofweë weens die Metrorail-staking is wat vandag op motoriste en pendelaars wag.
‘n Metrorail-trein het Dinsdag by die Houtheuwel-stasie naby Vereeniging aan die brand geslaan, het 'n woordvoerder gesê.
Miljoene pendelaars in Londen beleef chaos terwyl die nuutste staking op die ondergrondse treinnetwerk die stad se vervoerstelsel ontwrig.
China se grootste konstruksiemaatskappy het bevestig dat hulle tans in gesprekke is om Suid-Afrika se eerste hoë-spoed treinspoor te bou.
‘n Japannese vrou is dood en twee ander Japannese burgerlikes is in ‘n kritieke toestand nadat ‘n gewilde toeriste-trein in die Alpe ontspoor het.
‘n Man is dood nadat ‘n trein hom raakgery het naby die Du Toit-stasie in Stellenbosch, het paramedici in die Wes-Kaap gesê.
Studente wat eksamen skryf, moet eerder van alternatiewe vervoer gebruik maak omdat daar nie duidelikheid is oor treine nie.
Metrorail se voorstedelike pendeldiens gaan ook Maandag landwyd tot stilstand gedwing word wanneer sy werkers begin staak.
Talle passasiers op ‘n trein wat na Durban onderweg was, is beseer toe hulle by die deure uitgespring het om van die vlamme te vlug.
Een passasier is steeds in ‘n kritieke toestand nadat die luukse Rovos Rail-passasierstrein buite die Pretoria-stasie ontspoor het.
Twee mans is dood nadat hulle deur ’n trein by New Canada-stasie raakgery is, het paramedici in Johannesburg gesê.
'n Man is dood op 'n trein se dak aangtref nadat hy vermoedelik op die dak gery en toe doodgeskok het, het Metrorail gesê.
Die Eurostar-treinstelsel tussen Brittanje en die Europese kontinent staan stil ná vyf treine in sy tonnels vasgesit het.
Altesaam 17 mense is vroegoggend beseer toe ‘n stormloop by 'n treinstasie in Pretoria ontstaan het, het die Tshwane-nooddienste gesê.
Pendelaars in Kaapstad wat MetroPlus-maandkaartjies koop, is die afgelope week tot 50% meer gevra vir dié kaartjies.
‘n Nuwe afdeling van ‘n hoëspoed-spoorlyn het in Qianjiang, China, inmekaargeval ná swaar reënbuie, het die staatsmedia berig.
Sowat 480 mense is gestrand gelaat op ‘n sneltrein wat Amsterdam en Parys met mekaar verbind ná ‘n brand in die enjin uitgebreek het.
’n Aksieplan om die ernstige probleme met Metrorail in die Skiereiland op te los, gaan vandeesweek voltooi word.
'n Ma en haar twee kinders is buite Eersterivier deur 'n trein doodgery en owerhede vermoed die vrou het selfmoord gepleeg.
Metrorail in die Wes-Kaap sê onlangse vandalisme aan eiendom en infrastruktuur het die maatskappy meer as R23 miljoen gekos.
Metrorail-treine vanaf Pretoria en Leralla na Johannesburg sal Maandagoggend na verwagting laat wees, het die vervoermaatskappy gesê.
Sewe mense, insluitend ‘n Australiese navorser, is dood toe 'n brand op ‘n oornagtrein in die ooste van Indië uitgebreek het.
New York se stokou ondergrondse treinstelsel het uiteindelik die selfoonera betree, maar nie alle pendelaars is ewe gelukkig hieroor nie.
‘n Man het gesterf toe hy deur ‘n trein naby Welkom raakgery is toe hy 'n treinspoor wou oorsteek, het die polisie in die Vrystaat gesê.
'n Vrou wat by 'n bewegende trein probeer inspring het, is dood toe sy by die gaping tussen die stasieplatform en die trein inval
'n Trein het bo-oor 'n tienerseun wat dronk geword het by 'n musiekfees en tussen twee treinspore aan die slaap geraak het, gery.
Treine na Kaapstad is vertraag ná 'n man dood is toe hy deur ‘n trein by die Blackheath-stasie getref is terwyl hy 'n spoor wou oorsteek.
Europa se eerste treintonnel wat deur sonkrag aangedryf word is in België geopen op 'n hoëspoed-spoorlyn tussen Parys en Amsterdam.
Spoorwegbeamptes het giftige koningkobras, wat saam 45 kg geweeg het, in sakke onder ‘n sitplek op ‘n trein in Viëtnam gevind.
Stoomtrein-entoesiaste kan nou uitsien na ’n rit van die Germiston-stasie in Gauteng na Port Shepstone in KwaZulu-Natal.
Bestuurders van Londen se ondergrondse treine beplan 'n reeks stakings later vandeesmaand en in Junie, ná die afdanking van twee kollegas.
Daar gaan nuwe lewe in Suid-Afrika se treinnetwerk geblaas word met meer as R97 miljard wat oor 18 jaar vir nuwe treine gebruik sal word.
'n Brug wat inmekaargestort het weens vloedwater het die Shosholoza Meyl-trein tussen Johannesburg en Port Elizabeth tot stilstand gebring.
’n Man van Soweto is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy onder ’n trein beland het, het paramedici gesê.
Pendelaars wat met die Gautrein na die OR Tambo Internasionale lughawe wou reis, het vertragings ervaar weens tegniese probleme in Sandton.
‘n Chinese passasierstrein het ‘n rekordspoed van 486 km/h getref tydens ‘n proeflopie op ‘n skakel tussen Beijing en Shanghai.
Metrorail-werkers wat in Kaapstad gestaak het sal Donderdag weer begin werk, het die United Transport and Allied Trade Union gesê.
Europa en Asië is vol goedkoop vlugte, maar dis geen rede om van treinry in die noordelike halfrond te vergeet nie.
Talle treine is gekanselleer en pendelaars moes plek maak op beperkte publieke vervoer toe ‘n tweede ronde protesaksies in Frankryk afskop.
’n Stuk van die steierwerk wat in bouwerk by die Koeberg-wisselaar gebruik is, het op die treinspoor geval en treindienste kan ontwrig wees.
Die beste deel van vakansies is dikwels die reis, en nie noodwendig jou bestemming nie. Vergeet vir 'n slag van vlieg, en oorweeg eerder 'n treinrit.
‘n Metrorail-trein in Johannesburg het in vlamme opgegaan ná iemand glo 'n wa met 'n brandende voorwerp gegooi het.
Die departement van vervoer kon nie sê of hulle tussenbeide sal tree om die staking van Transnet en Metrorail-werkers stop te sit nie.
Die staking van Transnet-werkers gaan wél voort met ’n ernstige impak op langafstand-treine, in- en uitvoer by die land se hawens.
Twee van die slagoffers wat in die Rovos Rail-treinramp buite Pretoria beseer is, is uit die hospitaal ontslaan.
’n Vrystaatse boer het die dood rakelings vrygespring toe ’n aankomende trein by ’n spooroorgang teen sy bakkie gebots het.
‘n Passasierstrein wat vanaf Kaapstad na die Middelande onderweg was, het aan die brandgeslaan, het die polisie gesê.
Eurostar moes hulle koppe in skaamte laat sak nadat een van die maatskappy se treine wéér tot stilstand gekom het.