Die Toyota Etios, die nuwe motor wat spesifiek vir derdewêreld-markte geloods is, is pas aan die Suid-Afrikaanse media bekendgestel.
Toyota se Hilux en Fortuner-modelle was die laaste paar maande die gunstelinge onder diewe, het 'n polisiewoordvoerder gesê.
Toyota het ooreengekom om 'n enorme bedrag geld aan die Amerikaanse regering te betaal as hul boete nadat hul miljoene motors moes herroep.
Die departement van vervoer, Toyota Suid-Afrika en finansiële instellings het waarskuwings oor onwettig omgeboude Toyota Quantums geïgnoreer.
Niemand gaan geld verwed op ’n teleurstelling wanneer die VSA se beste ombouspesialiste opdrag kry om unieke voertuie te bou nie.
Toyota Suid-Afrika het aangekondig dat hulle die wulpse Sprinter-model by hul onlangs verbeterde Toyota Corolla-reeks ingesluit het.
Die Japannese motorvervaardiger Toyota herroep meer as 'n miljoen Corolla sedans en Matrix-luikrûe met foutiewe enjins.
Jip, die Toyota Corolla is so deel van ons Suid-Afrikaanse psige soos kla oor die ref by die vleisbraai.
Toyota het sy Auris-reeks opgeknap en dit is duidelik dat die waentjie ’n meer verligte karakter as die konserwatiewe Corolla het.
Die Amerikaanse regering het aangekondig dat 89 mense die afgelope dekade gesterf het weens Toyota se tegniese probleme.
Die Japannese motorvervaardiger Toyota het aangekondig dat hulle verlede jaar ‘n verlies van $4,4 miljard (sowat R33,3 miljard) gely het.
Die motormaatskappy Toyota sal opdok vir probleme met versnellers wat gelei het tot die
herroepping van verskeie voertuie.
Die moeder van alle werkesels en myns insiens die veelsydigste voertuig op aarde, dís Toyota se petrolaangedrewe Cruiser-bakkie.
Nasa-wetenskaplikes gaan Toyota-voertuie se elektroniese reguleerders analiseer om vas te stel of dit verantwoordelik is vir onopsetlike versnelling.
Toyota se produksieweergawe van die Auris HSD het die afgelope week sy buiging by die Geneefse Motorskou gemaak.
Die ombudsman vir die motorbedryf in Suid-Afrika sê hy sal ’n ogie hou oor Toyota se herroeping van duisende voertuie.
Toyota het aangekondig dat al hul nuwe modelle ‘n stelsel gaan hê wat hul remme oorheers, terwyl hulle miljoene motors herroep.
Akio Toyoda, president van Toyota, het sy beplande besoek aan Amerika, om te verduidelik hoekom so baie voertuie herroep is, uitgestel.
Toyota SA gaan ook nou 52 546 van hul motors herroep weens probleme met die versnellers, het die motormaatskappy Woensdag gesê.
Die President van Toyota, Akio Toyoda, vra om verskoning vir die veiligheidsprobleme wat hulle in ‘n krisis geplaas het.
Suid-Afrikaanse motoreienaars gaan ook nou geraak word deur Toyota se besluit om sekere van sy modelle te herroep.
Toyota het die skare verras by die Tokyo Auto Salon met ‘n voorsmakie van die sportmotor wat hulle saam met Subaru ontwerp het.
Is die volk gereed vir hibriedvoertuie? Die vrae oor Toyota se Prius sê dat baie mense nog nie ’n idee het waaroor dit gaan nie.
Omdat die Land Cruiser-naam volgende jaar al 60 somers jonk is, is dit heel gepas dat Toyota sy gewildste reeks met ’n nuwe weergawe verfris.
Toyota, die wêreld se grootste motorvervaardiger, het sowat 3.8 miljoen voertuie in Amerika weens probleme met vloermatte herroep.
iQ is die wêreld se kleinste vier-sitplek produksie motor en laat al klaar die koppe draai met sy kontemporêre en kompakte ontwerp.
Die uitslag van botstoetse deur die die botsinstansie EuroNCAP, tel Toyota se Prius en Honda se Insight onder die heel veiligstes.
Toyota is besig om 'n ’n anti-dronk-toestel te ontwerp wat dronkbestuurders verhoed om die motor aan te skakel as hulle dronk is.
Toyota se ingenieurs het ’n rits nuwe gedagterigtings oor toekomstige motorry met die mooie NS4-konsepmodel beproef.
Die Japannese vervaardiger Toyota het uiteindelik amptelike foto's en besonderhede van sy opkomende "bekostigbare" sportmotor bekend gemaak.
Toyota gaan 110 000 van sy Sienna's herroep weens ’n risiko dat die remstelsel beskadig kan word wanneer die handrem gebruik word.
Toyota, die grootste motorvervaardiger in die wêreld, sal 650 000 Prius-modelle wêreldwyd herstel as gevolg van ‘n probleem met die koelpomp.
Beter voorraadvlakke van plaaslik vervaardigde voertuie is een van die vernaamste redes vir die welkome verbetering in die verkope.
Jochem Erasmus se 2000 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE is nog ver van sy brul verloor. Hy maak immers die lys van WegRy se langafstandklub!
Ford het die hoofingeneur vir hul Explorer-projek Australië toe gestuur terwyl hulle die nuwe Ranger bakkie-reeks finaliseer.
Toyota is deur 'n voorlopige jurie gedagvaar om dokumente wat verband hou met probleme met die stuurstang in sekere modelle, in te dien.
Googgle Street View in Suid-Afrika is voltooi, en dit was met die hulp van Toyota SA Prius-voertuie wat dié projek voltooi kon word.
Toyota se nuwe Prado lê klem op duursaamheid en optimale veiligheid terwyl dit met 'n groter binneruimte nou spog.
Toyota gaan die Lexus GX460 en Land Cruiser Prado in talle lande herroep, maar sê dit sal nie Suid-Afrikaanse modelle raak nie.
‘n Konvooi Hilux-bakkies het ‘n tog tot by die Eyjafallajökull-krater gemaak om seismologiese toerusting te installeer.
‘n Amerikaanse verbruikerstydskrif het lesers gewaarsku oor een van Toyota se Lexus-modelle en gesê dat mense dit nie moet koop nie.
Toyota, drie ander Japannese motorvervaardigers en 'n kragmaatskappy het 'n groep gestig om elektriese motors te bemark.
Toyota probeer bewerings dat sy elektroniese stelsels die skielike probleme met versnellers veroorsaak het, in die kiem smoor.
Toyota se baas sê die 8,5 miljoen voertuie wat herroep is, was as gevolg daarvan dat dié maatskappy dalk te vinnig gegroei het.
Die Amerikaanse regering het nuwe klagtes ontvang wat beweer 34 mense is sedert 2000 dood weens foutiewe versnellers van Toyota-voertuie.
Die president van Toyota het sy besoek aan Amerika uitgestel aangesien hy oor Toyota se veiligheidsprobleme moet getuig.
'n Motorversekeraar in Amerika sê hy het veiligheidsowerhede in 2007 in kennis gestel van die foutiewe versnellers van Toyota-motors.
’n Stram ekonomie ten spyt is die Japanse weeldevervaardiger Lexus steeds besig om stewige treë vorentoe te gee in die plaaslike mark.
Toyota het die verkope van agt van sy meestal nuwer modelle gestaak nadat gevind is dat van dié motors se versnelpedale vashaak.
Die motorreus Toyota gaan 43 000 motors in China herroep weens 'n fout in die enjin wat lei tot die motor wat olie lek.
Die gewildheid van die Discovery het Toyota genoop om te kyk wat dié knaap alles doen wat hom so ’n gunsteling maak.
Die motorvervaardiger, Toyota, het pas met ’n duurder en groter hibriede-model as die gewilde Prius vorendag gekom.
Toyota se bekende bosbeer, die nuwe Prado, het sy gesig op die Frankfurt-motorskou gewys en is binnekort in Suid-Afrika.
Met die druk om meer omgewingsvriendelik te wees en minder geld uit jou beursie vir petrol te jaag stel Toyota sy nuwe Verso bekend.
Toyota het sy handelaars beveel om die vloermatte in dié motors te ondersoek nadat vier mense in ‘n gru-ongeluk dood is.