Kykers van kykNET wat kla oor te veel programherhalings op dié televisie-kanaal maak ’n aanname wat nie met kykNET se syfers strook nie.
Die skrywer van Arrested Development sê al die akteurs van dié skreeusnaakse televisiereeks is gereed vir ‘n nuwe seisoen.
TopTV beplan om hul 24-uur-sekskanaal nog in Desember bekend te stel, het Thato Mahapa,'n senior bestuurder by die kanaal gesê.
'n Nuwe 24-uur-sekskanaal sal vanaf Januarie in Suid-Afrika beskikbaar wees – en daar is niks wat owerhede daaraan kan doen nie.
Betaaltelevisie se kykers kan dalk in die toekoms betaal nét vir die kanale wat hulle gereeld kyk en nie meer vir hele bondels nie.
Libië se amptelike televisiekanaal, Al-Jamahiriya, het van die lug afgegaan en is vermoedelik deur rebelle-groepe oorgeneem.
Die televisiereeks Dallas gaan na die kassie terugkeer met Larry Hagman (79) wat weer as JR Ewing by sy medeveterane sal aansluit.
‘n Regter het beveel dat Bruce Beresford-Redman, gewese vervaardiger van die televisieprogram Survivor, aan Mexiko uitgelewer moet word.
Peter Falk, die akteur wat beroemd geraak het vir sy rol as die eksentrieke speurder in Columbo, is op die ouderdom van 93 oorlede.
Die uitsaaiklagtekommissie het die DSTV-kanaal KykNet met R15 000 beboet nadat hy 'n film met sekstonele in gesinstyd uitgesaai het.
Die BBC dokumentêre TV-reeks, World’s Stricktest Parents, het ouers van Kaapstad gevra om aan hulle nuwe reeks in Suid-Afrika deel te neem.
Die regisseur Cobus Rossouw het met Amanda de Lange gesels oor Getroud met rugby, wat pas die kringloop se top tien gehaal het.
Die grootkop en eienaar van ‘n private televisiekanaal in Katmandoe is in die tronk deur ‘n besoeker geskiet, het owerhede gesê.
Alhoewel Adeline nie die Idols-reeks gewen het nie, sê sy sy het baie gebaat by haar deelname in voel nou heeltemal gemaklik voor die kamera.
Spanje se nasionale TV-kanaal, RTVE, sal nie meer bulgevegte uitsaai nie om kinders van geweld op televisie te beskerm.
Die Keeping up with the Kardashians-ster Khloe Kardashian en haar man, Lamar Odom, gaan glo hul eie realiteitsreeks begin.
Die 23-jarige waaghals wie se 'superskoene' hom op regstreekse TV in die steek gelaat en in die hospitaal laat beland het, se toestand is stabiel.
Dis laasmaand aangekondig dat Warner Brothers die storie van Wonder Woman gaan aanpak, máár as 'n televisiereeks, eerder as 'n fliek.
Multichoice Suid-Afrika het sy langverwagte diens vir selfone en ander mobiele toestelle, DSTV Mobile, bekendgestel.
Een van die vervaardigers van die gewilde Survivor-realiteitsreeks, Bruce Beresford-Redman, is in hegtenis geneem vir moord.
Nuwe navorsing dui daarop dat die meeste mense wat televisieprogramme aanlyn aflaai nie hul subskripsies by betaalkanale kanselleer nie.
Of jy nou die jongste nuus oor bekendes wil volg, of na musiek wil luister, die nuwe Afrikaanse Satelliet-televisiekanaal het alles.
Oprah Winfrey het Maandag haar 25ste en finale seisoen van The Oprah Winfrey Show met 'n groot verrassing afgeskop.
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het die regering gewaarsku teen besluite met groot koste-implikasies vir TV-kykers.
Kelly Osbourne spog nou as mede-aanbieder van die televisieprogram Fashion Police, wat op E! uitgesaai word.
’n Raad is aangestel om toe te sien dat Suid-Afrika teen middel 2015 ten volle van analoog- na digitale TV-uitsendings oorgeskakel sal wees.
Jennifer Lopez is glo uitgeskakel as ‘n kandidaat vir 'n beoordeelaar in American Idol, blykbaar omdat sy ‘n bietjie van ‘n “Diva” is.
Matt LeBlanc is op pad terug na die kassie in 'n splinternuwe reeks nadat hy vir sowat vier jaar lank afwesig was.
M-Net se hipergewilde realiteitsreeks Idols is weer van Sondagaand af terug vir ’n sesde seisoen op die kassie met die Kaapse oudisies as wegspringpunt.
Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het beslis dat die e.tv-debat, waartydens AWB-leier Andre Visagie uitgestorm en 'n mede-gas gedreig het, regverdig was.
Die regsdramareeks Law and Order, wat al vir meer as 20 jaar op die kassie pronk, sowel as die wetenskapfiksie-reeks Heroes, se dae is getel.
In 'n nuwe realiteitsreeks, die breinkind van 'n Australiese vervaardiger, kan tieners glo hul maagdelikheid laat opveil vir groot geld.
Die konsep is eenvoudig. ’n Foon lui naby jou. Jy tel op en ’n onbekende stem vra: ‘Wil jy R100 000 wen?’ Wel, wil jy?
’n Betaal-TV-revolusie kom vir Suid-Afrika met die nuus dat TopTV-dekodeerders, wat van Saterdag op winkelrakke is, net R499 elk gaan kos.
'n Moslemgroep is ontstoke omdat die profeet Mohammed in 'n onlangse episode van die televisieprogram South Park uitgebeeld is.
M-Net is geforseer om die uitsaai van ‘n splinternuwe dramareeks uit te stel omdat ’n Fifa-sokkerbal sonder toestemming gebruik is.
Will Wright, skepper van die gewilde videospeletjie The Sims, werk tans aan 'n unieke TV-program wat kykers in staat stel om hul eie episodes te skep.
Die vroue van Survivor SA swymel behoorlik oor die spiertier Izak Davel se einaklein rooi Speedo wat bitter min aan die verbeelding oorlaat.
Fly Girls is ‘n nuwe realiteitsreeks wat die lewens van vyf lugwaardinne van Virgin America sal volg soos wat hulle om die land vlieg.
Ná die wegholsukses van Boer Soek ‘n Vrou 1 en 2 is kykNET nou weer op soek na energieke en ondernemende boere.
Gys de Villiers, die oudste deelnemer aan Survivor, is weer in die beskawing nadat hy sand in vele van die jongelinge se oë geskop het.
Die nuwe seisoen van Soul City sal gebruik word om ‘n veldtog teen alkoholmisbruik te loods en mense se drinkgewoontes probeer verander.
Die hoofsanger van die gewilde groep The Parlotones sal glo as gasbeoordelaar op die televisiereeks Idols te siene wees.
Die sepie Binnelanders sal binnekort ‘n uur lange program word om die sepie Egoli, wat onlangs tot ‘n einde gekom het, te vervang.
The Mating Game, ‘n nuwe plaaslike reeks wat handel oor die hedendaagse vrou se soeke na romanse, sal binnekort op SABC2 te siene wees.
Sowat 13 000 mense het pornografie op DSTV in ‘n onlangse veldtog wat die vakbond Solidariteit geloods het, teengestaan.
Zapiro se satiriese poppespel ZA News word Dinsdagaand vir die eerste keer op TV uitgesaai nadat dit deur die SAUK verwerp is.
Hollywood se Verne Troyer wat Mini Me in die Austin Powers-flieks speel gaan die nuwe gesig in Chicken Licken se advertensies wees.
Aanhangers van die gewilde 1980's TV-program A-Team kan uitsien na dié karakters se terugkeer, hierdie keer op die silwerdoek.
Vrugtegevegte en familievetes gaan die botoon voer in kykNET se splinternuwe dramareeks Vallei van die Sluiers wat tans verfilm word.
Paula Abdul, Nicole Scherzinger en Steve Jones is almal by die Amerikaanse weergawe van Simon Cowell se The X Factor afgedank.
Nelson Mandela se lewensverhaal gaan in ‘n minireeks vir televisie omskep word, het die vervaardigers van die projek gesê.
’n Oorlog het uitgebreek nadat African Satellite Installations (ASI) ’n nuwe 24 uur-pornografiekanaal aangekondig het.
Die tegnologiereus Apple werk glo aan ‘n televisiestel wat gebruikers in staat sal stel om dit met hul stem en handgebare te beheer.
Die treffer-animasiereeks The Simpsons sal moontlik ná 23 seisoene tot ‘n einde kom weens die stemakteurs se salariskwessies met Fox.
Navorsers het bevind daar is ‘n direkte verband tussen hoe lank ons voor die televisie vasgenael sit en staar en hoe lank ons lewe.
Die DRK se minister van inligting het sy toestemming verleen vir die sluiting van 'n TV-stasie wat deur ‘n groot opposisiefiguur besit word.
Die immergewilde televisieprogram Top Gear se 17de seisoen het afgeskop met Richard Hammond wat in Suid-Afrika rondrits.
Die koning van realiteitsprogramme, Mark Burnett, vervaardig ‘n dokudrama wat die Heilige Skrif op dieHistory-kanaal gaan sit.
‘n TV-program in die Filippyne is gekanselleer ná die gasheer ‘n huilende kind wat ‘n ontkleedanseres namaak op sy program gehad het.
Die finale oorspronklike episode van The Oprah Winfrey Show sal op 25 Mei uitgesaai word, het Harpo Productions bevestig.
Die VSA se departement van justisie het gesê die voormalige Survivor-vervaardiger en moordverdagte moet uitgelewer word aan Mexiko.
Die melodramatiese karakters van die gewilde sepie, Dallas, sal binnekort weer op die TV te sien wees, het Sky News berig.
Anne Hathaway sal binnekort as gasspeler op Glee te sien wees. Sy gaan blykbaar die rol van Kurt se lesbiese tannie vertolk.
M-Net is met R5 000 beboet nadat ’n advertensie met afstootlike tonele uit gruwelflieks in gesinstyd uitgesaai is.
Noel Gallagher is glo besig om te onderhandel oor die moontlikheid om as beoordelaar in die realiteitsreeks X-Factor op te tree.
‘n Regstreekse uitsending van ‘n gewilde Duitse speletjiesprogram moes gestop word toe ‘n deelnemer se toertjie erg skeefloop.
Die Afrikaanse nuuslegende Riaan Cruywagen vier vandag 45 jaar in die uitsaaiwese – 35 daarvan as TV-nuusleser.
Daar is nie genoeg Afrikaans op TV nie, sê SABC3, met die openbare uitsaaier wat beplan om baie meer Afrikaanse kykstof uit te saai.
Albert Maritz het 'n skoot in die donker gevat en twee Afrikaanse woord- en musiekproduksies vir televisie aangebied.
‘n Duitse televisieprogram, wat daarin poog om pedofiele uit te lok en dan vas te trek, het streng kritiek ontvang.
Vir ’n man wat deur 119 briewe moet sif om te kies wie hy in die Boer Soek ’n Vrou-reeks wil ontmoet, is Vlok Hanekom vreeslik nederig.
Tickey het sy vrou gekry, maar Lynda en Alna, twee vorige deelnemers, is nou albei in nuwe verhoudings weg van dié realiteitsprogram.
Google se televisiediens, wat beoog om die webwerf na die televisie te bring, gaan oor ‘n paar weke in die VSA geloods word.
Elvis Blue van George en Adeline Mocke van Kaapstad loop albei nou die gevaar om volgende uit Idols te val indien hulle nie genoeg stemme kry nie.
Ricky Gervais is besig om ‘n Chinese weergawe van sy komediereeks The Office, wat oor die wel en weë van die werkplek handel, te ontwikkel.
Die omstrede ster van die MTV-realiteitsreeks, Jersey Shore, is in hegtenis geneem in die strand-dorp waar dié reeks verfilm word.
Sit solank reg met jou skootrekenaar of selfoon en word deel van die nuwe kultuur wat besig is om die kyk van TV te ontwikkel.
Meer as 500 miljoen mense wêreldwyd gaan vanaand op televisie na die afsluitingsplegtigheid van die Wêreldbekertoernooi kyk.
Die animasiekarakter Homer Simpson is as die beste karakter ontwerp vir televisie en rolprente, die afgelope 20 jaar aangewys.
Naked News Africa, ‘n aanlyn program waartydens nuuslesers poedelnakend verskyn, is baie anders as pornografie, sê die vervaardigers.
Die Amerikaanse realiteitsreeks The Bachelor se eerste paartjie wat afgehaak het, het hul wittebrood in Suid-Afrika kom hou.
Die toetrede van TopTV tot die betaaltelevisie-bedryf bevorder gesonde mededinging en het bekostigbare kykstof vir almal tot gevolg.
Die nuuskanaal eNews gaan binnekort ’n Afrikaanse nuusbulletin op vermoedelik kykNET begin uitsaai.Dit kan so vroeg as Junie gebeur.
M-Net gaan volgende week 'n ekstra episode van Survivor SA uitsaai nadat daar probleme met hul nuwe reeks League of Glory opgeduik het.
Volgens Ashley se eie erkentenis raak sy by die week meer onderduims en was die manier waarop sy van Izak ontslae geraak het ’n briljante skuif.
Aanhangers van MTV het omtrent aan die lippe gehang van die beeldskone dames van The Hills, maar nou moet hulle gegroet word.
Zolani Mahola, voorsanger van die gewilde Kaapstad groep, Freshly Ground, sal die vierde beoordelaar wees vir Idols se oudisies in Kaapstad.
‘n Reeks flieks van 10 lande in Suidelike Afrika wat daarop gemik is om die fasette van die liefde te ondersoek, begin binnekort.
Suid-Afrika se tweede satelliet-televisiestasie sal na verwagting in Mei bekendgestel word en poog om ‘n goedkoop opsie aan kykers te bied.
Tickey van Wyk, die wen-boer wat die liefde van sy lewe in die gewilde realiteitsreeks Boer Soek ‘n Vrou gevind het, gaan pa word.
George Lucas werk glo reeds aan ‘n splinternuwe Star Wars tekenprent, wat op voorskoolse- en kleuterskoolkinders gemik is.
Lady Gaga se nuwe musiekvideo saam met die sangeres Beyonce is so gewaagd dat dit van televisie verban is en slegs aanlyn te siene is.
Die aktrise Katherine Heigl is glo permanent van die stel van die gewilde televisiereeks Grey’s Anatomy geskop.
Die Film-en-publikasieraad sal MultiChoice se besluit om ‘n 24-uur pornografie-kanaal te begin teenstaan in die belang van kinders.
Steve Hofmeyr het tydens die laaste twee opnames van Supersterre as beoordelaar opgetree in die plek van Casper de Vries.
Soos die omstandighede op die eiland vererger en die verdraagsaamheid tussen mense afneem weet niemand meer wie veilig is nie.
Simon Cowell, die beoordelaar van die realiteitsreeks American Idol, sê hy glo ‘n vrou sal die huidige reeks van dié program wen.
Sarah Palin is gewoond daaraan dat die media met haar spot, maar ‘n onlangse Downsindroom-grap het ‘n bitter smaak in haar mond gelaat.
Vanjaar se Superbowl, wat die eindwedstryd van die Amerikaanse Voetballiga (NFL) is, was deur 'n rekord-aantal mense gekyk.