Chad le Clos is 'n tree nader aan sy droom om in vier items by die Spele te swem toe hy goud gewen het by die SA-swemkampioenskappe in Durban.
SA se voorste swemmers sal die eer van die reënboogvlag aanstaande jaar in ’n drienasies-reeks teen Australië en China verdedig.
Was dit nie vir Cameron van der Burgh en Chad le Clos nie, was daar vanjaar bitter min om oor opgewonde te raak in Suid-Afrikaanse swem.
Hy het so swaar aan al sy medaljes gedra dat hy van hulle moes weggee, sê die Suid-Afrikaanse swemsensasie Chad le Clos.
Cameron van der Burgh is op die jaarlikse Swem Suid-Afrika Watertoekennings aangewys as Suid-Afrika se swemmer van die jaar.
Die Suid-Afrikaanse swemmer Chad le Clos het 'n goue medalje in die 200-vlinderslag by die Wêreldbeker-byeenkoms in Berlyn gewen.
Die wêreldrekordhouer in die 50-borsslag, Cameron van der Burgh, het sy tweede goue medalje by die Afrikaspele in Maputo gewen.
Die rugslagswemmer Gerhard Zandberg het sy misnoeë oor Suid-Afrika se drie bronsmedaljes op die Wêreldbyeenkoms in Shanghai uitgespreek.
Die Amerikaanse swemmer Ryan Lochte het sy spanmaat Michael Phelps in die 200-wisselslag by die Wêreldtoernooi in Shanghai in 'n rekordtyd geklop.
Cameron van der Burgh was die vinnigste kwalifiseerder vir die 50-borsslag op die Wêreldbyeenkoms in Sjanghai met ’n blitsige 26.90 sekondes.
Suid-Afrika se Cameron van der Burgh het vir die enigste hoogtepunt in Shanghai gesorg toe hy vir die eindronde van die 100-borsslag gekwalifiseer het.
Die Durbanse tiener Chad le Clos het Saterdagaand in Rome sy beste vertoning van die huidige internasionale seisoen gelewer
Die Suid-Afrikaanse swemspan het twee goue, 'n silwer- en twee bronsmedaljes by die tweede been van die Mare Nostrum-reeks in Frankryk losgeswem.
Die Suid-Afrikaner Cameron van der Burgh het 'n rekord by die Mare Nostrum-reeks in Barcelona opgestel toe hy goud in die 50 m-ruglsag gewen het.
Die jaarlikse Cadiz Freedom-swemtog vanaf Robben-eiland tot by Grootbaai by Bloubergstrand is afgelas weens rowwe seetoestande.
Die Pretoriase tiener Vanessa Mohr is op pad Sjanghai toe nadat sy op Telkom se Nasionale Swembyeenkoms goud in die 100 m-vlinderslag gewen het.
Suid-Afrikaanse vroue-swem kan vandeesweek 'n groot hupstoot kry wanneer Suzaan van Biljon terugkeer tot die internasionale arena.
As ’n mens nog op 86-jarige ouderdom Suid-Afrikaanse kleure vir swem kry, moet die chloorwater dik in jou are loop.
Die Afrika-rekordhouer Suzaan van Biljon sal tot mededingende swem terugkeer wanneer sy aan ’n uitnodigingsbyeenkoms in Port Elizabeth deelneem.
Chad le Clos het kortbad-glorie by sy lang lys van 2010-suksesse gevoeg toe hy op die Wêreld-kortbadbyeenkoms goud gewen het.
Suid-Afrika se goue seun van swem, Cameron van der Burgh, het 'n nuwe kampioenskapsrekord opgestel in die uitdunrondes van die 50 meter borsslag.
Die siggestremde swemmer en Paralimpiese medaljewenner Charles Bouwer het maklik in die Vodacom Erfenisdam-myl geseëvier.
Vier Kapenaars het pas teruggekeer van ’n swemtog waartydens hulle sowat 18 km oor die Straat van Gibraltar geswem het.
Suid-Afrika se swemmers het in Bejing, China onder die medaljes gemaai op die eerste dag van die Wêreldbeker-kortbadbyeenkoms.
Roland Schoeman het erken dat hy 'n raserige Indiese toeskouer 'n "aap" genoem het, maar hy sê dié opmerking was nie rassisties van aard nie.
Suid-Afrika se Cameron van der Burgh het sy tweede goue medalje by die Statebondspele gevat deur die 50m-borsslag vir mans te wen.
Die Statebondspele in Nieu-Delhi, Indië word deur 'n nuwe krisis in die gesig gestaar nadat meer as 50 swemmers deur 'n maagvirus platgetrek is.
Suid-Afrika kan met sy eerste goue medalje by die Statebondspele in Nieu-Delhi spog nadat Chad le Clos die 200-vlinderslag vir mans gewen het.
Die Suid-Afrikaanse swemspan het ’n allemintige 59 medaljes gewen op die pas afgelope 10de Afrika-swembyeenkoms in Casablanca, Marokko.
Die Suid-Afrikaanse swemspan het sy oorheersing by die kampioenskapsbyeenkoms in Marokko voortgesit en 10 medaljes by sy reeds lywige totaal gevoeg.
Die Suid-Afrikaanse span het hul eerste dag gehad waarop hulle geen medalje op die Olimpiese Jeugspele in Singapoer kon wen nie.
Die swemmer Natalie du Toit het die skare laat juig toe sy haar eie wêreldrekord in die 100 m-individuele wisselslag verbeter het.
Die Ysbere. Dis wat Ram Barkai en die klein groepie Kaapse kouewater-swemmers hulself soms noem.
Die Springbokke het die Suid-Afrikaanse swemmer Natalie du Toit en die Brawn Formule Een-span met hul Laureus-toekennings gelukgewens.
Michael Phelps en sy span het 'n nuwe kortbadwêreldrekord van 3min 20.71sek in die 4x100-wisselslag-aflos in Manchester opgestel.
Wêreldrekords opgestel deur swemmers in poliuretaan swembroeke, wat nou verban is, moet nietig verklaar word, meen 'n top-swemmer.
Wat gaan aan in 'n man se kop wat 30 km om Robbeneiland swem? Theodore Yach praat.
Theodore Yach ‘n veteraan-swemmer wat die ysige see na Robbeneiland sou aandurf, se swemtog is weens rowwe seetoestande uitgestel.
Michael Phelps het met 'n tyd van 1:53.82 kwalifiseer vir die 200-vlinderslag-eindronde by die Wêreldbeker-kortbadbyeenkoms in Berlyn.
Suid-Afrikaanse swem is een van sy beste en mees ervare afrigters kwyt nadat Karoly von Toros die land die rug toegekeer het.
Cameron van der Burgh het sy goeie vertoning in vanjaar se Wêreldbeker-kortbadreeks voortgesit en sy vierde goue medalje van die maand verower.
Darian Townsend het oor die afgelope naweek ‘n nuwe Suid-Afrikaanse swemrekord in die 200m-vryslag by die Durban-byeenkoms behaal.
Theodore Yach, een van SA se legendariese langafstand-swemmers gaan binnekort 29.5km in die ysige water van Kaapstad aflê.
Poliuretaan swembroeke, wat tot ‘n vloed wêreldrekords gelei het, gaan vanaf Oktober uit Amerikaanse kompetisies verban word.
SA se brons seun Gerhard Zandberg is uit die 50m rugslag-finaal gediskwalifiseer by die nasionale kortbad-byeenkoms.
Michael Phelps en die Amerikaanse wisselslag swemspan het die Wêreld Swemkampioenskappe afgesluit met die vinnigste tyd ooit.
Pous Benedictus XVI het sy waardering vir sport uitgedruk toe hy die wêreld se beste swemmers ontmoet het.
Die Amerikaanse swemmer Aaron Peirsol het sy eie rekord in die 200m mans rugslag in Rome gebreek.
Suid-Afrika se nuwe swemsensasie Cameron van der Burgh word per e-pos uit Japan afgerig.
Annamay Pierse van Kanada het die 200 m borsslag vir vroue in ‘n rekordtyd van 2:20.12 gewen tydens die Wêreldkampioenskappe.
Die Suid-Afrikaanse swemmers Chad le Clos, Riaan Schoeman en Kathryn Meaklim het hul plekke by die Olimpiese Spele in Londen bespreek.
Ian Thorp het die wind van voor gekry toe hy nie kon kwalifiseer vir 'n 100 m-vryslag finaal in Australië nie.
Sowat 50 kouewater-swemmers gaan 1.5 km in die Roggebaai-kanaal naby die Waterfront in Kaapstad swem, om geld vir liefdadigheid in te samel.
Chad le Clos het sy suksesvolle veldtog in Fina se Kortbad-Wêreldbekerreeks op ’n hoogtepunt afgesluit toe hy sy 23ste goue medalje gewen het.
Chad le Clos het in die spore van Ryk Neethling en Cameron van der Burgh gevolg toe hy die beste swemmer in Beijing se kortbadbyeenkoms was.
'n Italiaanse swemmer met net een been het die eerste swemmer met 'n geamputeerde ledemaat geword om deur die Cook-seestraat te swem.
Perth gaan gasheer speel vir 'n nuwe internasionale swembyeenkoms waar Australië met swemmers van Suid-Afrika en China sal meeding.
SA het 25ste op die medaljelys van Fina se Wêreldtoernooi in Shanghai geeïndig nadat Gerhard Zandberg 'n brons medalje op die laaste dag gewen het.
Suid-Afrika se Cameron van der Burgh moes met die derde plek in die 50 m-borsslag by die Wêreldbyeenkoms in Shanghai tevrede wees.
Die Suid-Afrikaanse swemmer Cameron van der Burgh het die bronsmedalje in die 100 m-borsslag losgeswem by die Wêreldtoernooi in Shanghai.
Die Suid-Afrikaanse swemspan het na Singapoer vertrek vir ’n oefenkamp voor die Wêreldbyeenkoms wat einde Julie in Sjanghai plaasvind.
Suid-Afrika se swemmers het weer vir groot opwinding gesorg toe drie van hulle medaljes gewen het op die laaste aand van die Mare Nostrum-reeks.
’n Negejarige Kaapse seun wat vyf jaar gelede ’n leweroorplanting ondergaan het, gaan Suid-Afrika by die Wêreldoorplantingspele in swem verteenwoordig.
SA se swembase het hul doelwitte vir Olimpiese sukses bevestig met die aankondiging van ’n groot span vir die Wêreldbyeenkoms in Julie in Sjanghai.
Minstens veertien van Suid-Afrika se voorste swemmers is reeds daarvan verseker dat hulle by die Wêreldbyeenkoms in Sjanghai sal wees.
Chad le Clos het die grootste toejuiging verdien toe hy die eerste Suid-Afrikaner geword het wat vir die Wêreldbyeenkoms in Sjanghai kon kwalifiseer.
Een van Suid-Afrika se swemhelde en Olimpiese gouemedalje-wenner in die 4x100 m-vryslag, Lyndon Ferns, het sy uittrede aangekondig
Die vyfmalige Olimpiese kampioen Ian Thorpe het bevestig dat hy na die swembad gaan terugkeer in 'n poging om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.
SA het reeds twee swemmers wat ’n uitstekende kans het om gróót opslae op die Olimpiese Spele in 2012 in Londen te maak.
Cameron van der Burgh het 'n silwer medalje in die 50m-borsslag vir mans tydens die FINA Wêreldkampioenskap vir kortbaddens in Doebai losgeswem.
Die borsslag-swemmer Cameron van der Burgh was in Doebai die enigste Suid-Afrikaner wat welslae behaal het by die kortbad-wêreldbyeenkoms.
Groot deinings en ’n onstuimige see het veroorsaak dat die langafstandswemmer Theodore Yach nie sy swemtog van 35km kon voltooi nie.
Die Bloemfonteinse swemmer Jacques Nel (27) is miskien ’n Downsindroom-lyer, maar hy ryg medaljes nes Ryk Neethling in.
Die SA-aflosspan het die silwermedalje in die 4x100-wisselslag vir mans by die Statebondspele in Nieu-Delhi, Indië gewen.
Natalie du Toit het haar derde goue medalje by die Statebondspele in Indië gewen nadat sy eerste in die 100-vlinderslag vir paralimpiese atlete geëindig het.
Natalie du Toit en Chad le Clos het puik vertonings gelewer deur hul tweede goue medaljes vir Suid-Afrika by die Statebondspele in Indië te wen.
Suid-Afrika se Cameron van der Burgh het die 100-borsslag by die Statebondspele in 'n rekordtyd geswem om goud in Nieu-Delhi te wen.
Suid-Afrikaanse swemmers het op dag een van die Statebondspele in Nieu-Delhi vir vyf swemitems gekwalifiseer.
'n Fransman wie se arms en bene geamputeer is, het hierdie naweek oor die Engelse Kanaal geswem met kunsbene en paddavoete.
Natalie du Toit het haar vyfde medalje by die internasionale paralimpiese swemkampioenskappe in Eindhoven, Nederland ingepalm nadat sy die 400m vryslag gewen het.
Ná die derde dag van die Olimpiese Jeugspele in Singapoer is dit nie meer ’n geheim wat Suid-Afrika se Chad le Clos se stokperdjie is nie.
‘n Span van 20 Suid-Afrikaanse swemmers is gekies om aan die IPC-wêreldkampioenskappe in Eindhoven, Nederland deel te neem.
Australië se swemheld en wenner van vyf Olimpiese goue medaljes, Ian Thorpe, het berigte dat hy sy terugkeer tot kompeterende swem gaan maak, ontken.
Japan se gesinkroniseerde swemmers mag hul blink kostuums hou, maar helder naellak of gekleurde hare word verban.
Die Suid-Afrikaanse swemster Terence Parkin het sy 2009 swemjaar op 'n hoë noot afgesluit toe hy as sportman van die jaar aangewys is.
Die SA paralimpiese swemspan het ses silwer en twee brons medaljes gewen in die Wêreld-kortafstand-swemkampioenskappe.
Ryan Lochte het stof in die oë van Michael Phelps en die veteraan-swemmer Aaron Peirsol geskop vir die titel van swemmer van die jaar.
Suid-Afrika se Cameron van der Burgh het sy eie 100m-borsslag rekord by die Wêreldbeker-kortbadreeks in Berlyn gebreek.
Cameron van der Burgh het sy eie wêreldrekord vir die 50 m-borsslag-eindstryd by die Wêreldbeker-kortbadreeks gebreek.
Amerika se superswemmer, Michael Phelps, is deur ‘n Suid-Afrikaner in die swembad geklop tydens die Wêreldbeker-kortbadreeks.
Die Wêreldrekordhouer Michael Phelps het nie vir die 100-meter vryslag of rugslag by die Wêreldbeker-kortbadreeks gekwalifiseer nie.
Cameron van der Burgh weet nou hoe giftig Roland Schoeman is daarop gemik om sy vorige prestasies vanjaar te herhaal.
Schoeman mag dalk Van der Burgh se rekord gebreek het, maar 'n 17-jarige het die kollig by die Fina Wêreldbeker-Swem gesteel.
Neil Versveld het William Diering se SA 200m borsslag rekord met 1.90 sekondes verbeter in die kortafstand kampioenskappe.
Wêreld- en Afrika-rekords kom in die spervuur wanneer die Telkom Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe vir kort baddens begin.
Fina se adjunk-president, Hironoshin Furuhashi, het gesterf tydens sy besoek aan die swemkampioenskappe in Rome.
George du Rand se 200m rugslag het nie verloop soos hy gehoop het nie, aangesien sy swembroek geskeur het.
Die nuwe swembroeke wat geblameer word vir al die rekords wat by die Wêreld swemkampioenskappe spat, word vanaf 1 Januarie 2010 verban.
Terwyl die wêreldrekord-sirkus by die Wêreldswembyeenkoms voortduur, het die SA-swemspan net een suksesverhaal opgelewer.
Die Chinese swemmer Zhang Lin het die Australiese-legende Grant Hackett se swemrekord verpletter.