Die rustydfluitjie het geblaas in die Super14-halfeind tussen die Bulls en Crusaders op die Orlando-stadion en dit is die Pretorianers wat voorloop.
Die Cheetahs het nege drieë gedruk om hul laaste Super14-kragmeting in Welkom teen die Lions, oortuigend te wen.
Die Blues het hul laaste Super14-wedstryd van die seisoen op 'n hoë noot afgesluit toe hulle die Chiefs in Auckland geklop het.
Die Crusaders het die teleurstelling van 'n nederlaag teen die Bulls opsy gesit om die Brumbies in Christchurch met vyf drieë te stoomroller.
Die Cheetahs het hul vierde Super14-wedstryd van die seisoen gewen toe hulle die Western Force op Vodacompark in Bloemfontein geklop het.
Die Queensland Reds het na die vyfde plek van die Super14-punteleer gegly toe hulle teen die Hurricanes in Wellington verloor het.
Die Lions het hul 11de agtereenvolgende Super14-wedstryd verloor toe hulle teen die Western Force op Coca-Colapark vasgeval het.
Die Stormers het 'n tree nader aan die Super14-halfeindronde gegee met 'n oorwinning oor die Crusaders op Nuweland in Kaapstad.
Die Waratahs se wedloop na die Super14-halfeindronde het tot 'n einde gekom nadat die Highlanders hulle in Invercargill, Nieu-Seeland, geklop het.
Die Sharks het 'n stewige oorwinning oor die Blues in hul Super14-kragmeting op die Absa-stadion in Durban behaal.
Die Bulls loop teen halftyd voor in hul Super14-kragmeting teen die Lions op Loftus Versfeld in Pretoria.
Met hul kaptein terug het die Cheetahs hul ware kleure gewys om met 25-25 gelykop te speel in hul Super14-kragmeting teen die Chiefs in Hamilton.
In 'n taai SA-derby loop die Sharks teen halftyd met 22-18 voor in hul Super14-kragmeting teen die Lions op Coca Cola-park in Johannesburg.
'n Vasberade Queensland Reds-span het rotsvas in die laaste minuut van hul Super14-kragmeting verdedig om die Bulls met 19-12 te klop.
Die Crusaders het sterk vertoon om met 45-6 in hul Super14-kragmeting teen die Cheetahs in Christchurch te seëvier.
Die Blues het ses drieë ingeryg om die Western Force met 38-17 in hul Super14-kragmeting op Eden Park in Auckland te klop.
Dit was 'n donker Super14-naweek vir Suid-Afrikaanse spanne behalwe vir die Sharks wat die enigste ligpunt was met hul oorwinning oor die Reds in Durban.
Die gevaarlike Queensland Reds loop teen rustyd met 14-9 voor in hul Super14-kragmeting teen die Sharks in Durban.
Die Waratahs loop teen rustyd met 23-3 voor in hul Super14-kragmeting teen die Cheetahs in Sydney, Nieu-Suid-Wallis.
Die Bulls het hul eerste Super14-wedstryd van die seisoen verloor toe hulle met 32-17 teen die Blues op Eden Park in Nieu-Seeland vasgeval het.
Die Sharks en Lions keer terug na SA terwyl die Stormers, Bulls en Cheetahs in Australasië speel. Kry al die Super14-uitslae hier.
'n Vasberade Western Force-span loop rustyd met 12-10 voor in hul Super14-kragmeting teen die Bulls in Perth.
Die Sharks het in die doodsnikke van hul stryd teen die Hurricanes in Wellington met 'n strafskop geslaag om met 29-26 te seëvier.
Die Queensland Reds het die Cheetahs oortuigend met 31-10 in hul Super14-kragmeting op Vodacompark in Bloemfontein geklop.
Die Brumbies het 'n drie in die tweede laaste minuut van hul Super14-kragmeting teen die Chiefs gedruk om met 30-23 in Canberra te seëvier.
Onder Suid-Afrikaanse spanne was die Sharks, Bulls en Stormers aan die wenkant. Hier is al die uitslae van die sesde week van Super14-rugby.
Die Stormers loop tans teen rustyd met 13-5 voor in hul Super14-kragmeting teen die Cheetahs op Nuweland in Kaapstad.
Die Sharks loop voor met 10-6 in hul Super14-kragmeting teen die Highlanders op die Carisbrook-stadion in Dunedin.
Die Crusaders loop teen halftyd met 22-16 voor in hul Super14-kragmeting teen 'n vasberade Lions-span in Christchurch.
Die Hurricanes loop met 15-10 voor na 40 minute se hardlooprugby op Loftus Versfeld in hul Super14-kragmeting teen die Bulls.
Die Bulls en die Stormers is met bonuspunte vir hul oorwinnings in die vyfde ronde van die Super14-reeks beloon. Die res van die uitslae lyk so.
Die Stormers loop teen rustyd met 20-3 voor in hul Super14-stryd teen die Hurricanes op Nuweland in Kaapstad.
Met rustyd op Loftus Versfeld, in die Super14-kragmeting tussen die Bulls en die Highlanders, loop die manne van Pretoria voor met 36-14.
Die Sharks het hul vyfde agtereenvolgende Super14-nederlaag gely toe hulle met 24-22 teen die Brumbies in Canberra vasgeval het.
Die Waratahs loop teen halftyd met 33-5 voor in hul Super14-kragmeting teen die Auto & General Lions in Sydney.
Weereens rugby uit die boonste rakke - hier is die volledige uitslae van die Super14-rugbyreeks se vierde ronde.
Ten spyte van ’n agterstand rustyd teen die Cheetahs in Bloemfontein, lyk die span van die Hurricanes steeds gevaarlik op die aanval.
Die losskakel Daniel Carter het 18 punte met sy skopskoen aangeteken in die Crusaders se oorwinning van 33-20 oor die Blues in Auckland.
Die Brumbies het hul eerste tuiswedstryd van die Super14-seisoen gewen deur die Lions met 24-13 in Canberra te klop.
Die Sharks het klei getrap in hul eerste Super14-wegwedstryd toe hulle teen die Crusaders in Nieu-Seeland verloor het.
Die eerste naweek van die Super14-seisoen is agter die rug en spanne berei reeds voor vir hul volgende kragmeting. Hier is al die uitslae van die eerste week.
Die Stormers het die Bulls in die grond geloop met hul Super14-kragmeting oorwinning op Nuweland in Kaapstad.
Toeskouers op die Suncorp-stadion in Brisbane het rugby uit die boonste rakke aanskou in die Reds se oorwinning oor die Highlanders.
Die Sharks moes hard swoeg vir 'n oorwinning in hul Super14-kragmeting teen die Western Force op die Absa-stadion in Durban.
Die Sharks het uitgehaal en wys om die Stormers in hul Super14-kragmeting op die Absa-stadion in Durban te wen.
Die Lions het hul twaalfde agtereenvolgende Super14-wedstryd teen die Blues op 'n leë Coca-Colapark in Johannesburg verloor.
Die skare op Loftus Versfeld is met rugby uit die boonste rakke beloon toe die Bulls die Sharks in 'n taai Super14-stryd in Pretoria geklop het.
Die Cheetahs het hul eerste bonuspunt van die Super14-seisoen verdien toe hulle die Blues op Vodacompark in Bloemfontein geklop het.
Dit is halftyd op 'n stampvol Nuweland in Kaapstad en die Stormers loop voor in hul Super14-kragmeting teen die Crusaders.
Statistieke verskaf deur die Suid-Afrikaanse rugbyunie wys die aantal rooi en geel kaarte asook die meeste drieë gedruk én voorste puntemakers in die Super14-reeks.
Die Bulls het hul derby teen die Lions op Loftus Versfeld in Pretoria gewen en beklee nou die boonste posisie op die Super14-punteleer.
Die Stormers het in hul laaste Super14-wedstryd in Australasië, voor hulle huiswaarts keer, teen die Reds in Brisbane vasgeval.
Die Lions se brul was nie hard genoeg in 'n taai Super14-stryd op Coca Cola-park nadat hulle met 28-32 teen die Sharks verloor het nie.
'n Vasberade Queensland Reds-span het rotsvas in die laaste minute van hul Super14-kragmeting verdedig om die Bulls met 19-12 te klop.
Die Queensland Reds loop rustyd met een punt voor in hul Super14-kragmeting teen die Bulls in Brisbane, Australië.
Die Crusaders het teen rustyd reeds 'n bonuspunt in hul Super14-kragmeting teen die Cheetahs in Christchurch verdien en loop voor met 26-6.
Die Hurricanes het 'n stappie nader beweeg aan die moontlikheid van 'n Super14-halfeindronde toe hulle die Brumbies met 23-13 geklop het.
Die Sharks moes hard baklei vir hul Super14-oorwinning van 30-28 oor die Queensland Reds op die Absa-stadion in Durban.
Die Waratahs het die Cheetahs met 40-17 in hul kragmeting in Sydney verslaan om sodoende die eerste posisie nou op die Super14-punteleer te beklee.
In 'n taai Nieu-Seelandse derby in Mt. Maunganuia het die Chiefs hul Super14-kragmeting teen die Highlanders met 27-21 gewen.
Dit is halftyd op Eden Park in Auckland en die Blues loop voor met 16-11 in hul Super14-kragmeting teen die Bulls.
Die Bulls moes baklei om hul Super14-kragmeting teen 'n vasberade Western Force-span met 28-15 in Perth te wen.
Die Blues kon weer nie hul wendroogte in Sydney breek nie nadat die Waratahs met 39-32 oor die besoekers geseëvier het.
Dit is rustyd op die Westpac-stadion in Wellington en die Sharks loop voor met 13-6 in hul Super14-kragmeting teen die Hurricanes.
Die Reds loop teen rustyd met 11-10 voor in hul Super14-kragmeting teen die Cheetahs op 'n nat veld in Bloemfontein.
Die Lions het in hul Super14-kragmeting teen die Highlanders in Dunedin met 'n telling van 39-29 die onderspit gedelf.
In 'n taai Suid-Afrikaanse derby het die Stormers die Cheetahs met 21-8 in hul Super14-kragmeting op Nuweland geklop.
Die Sharks het hul eerste oorwinning van die Super14-seisoen aangeteken deur die Highlanders met 30-16 in Dunedin te klop.
Die Lions het hul sesde agtereenvolgende nederlaag in die Super14-reeks gely toe die Crusaders hulle met 46-19 in Christchurch geklop het.
Die Bulls moes teen 'n moedige Hurricanes-span swoeg om met 19-18 in hul Super14-kragmeting op Loftus Versfeld in Pretoria te wen.
Die Blues is terug op die wenpad nadat hulle die Brumbies met 39-34 in hul Super14-kragmeting op Eden Park in Auckland geklop het.
Die Stormers het die Hurricanes met 37-13 op Nuweland in Kaapstad geklop en so ook ’n welverdiende bonuspunt vir 'n puik vertoning verdien.
Die Bulls is bo-aan die Super14-punteleer nadat hulle die Highlanders met 50-35 op Loftus Versfeld in Pretoria geklop het.
Behalwe vir die Bulls se oorwinning oor die Waratahs, het Suid-Afrikaners nie veel om oor te glimlag in die derde ronde-uitslae nie.
Dit is halftyd in Canberra en die Sharks loop net-net voor met 16-13 in hul Super14-kragmeting teen die Brumbies.
’n Doelgerigte Crusaders-span het hul kanse beter benut om die Chiefs met 26-19 in Hamilton, Nieu-Seeland te klop.
Briljante skopwerk en ’n wil van staal, het gemaak dat die Cheetahs met 28-12 oor die Hurricanes in Bloemfontein geseëvier het.
Die Stormers loop met die blaas van die rustydfluitjie op Nuweland met 16-0 voor in hul Super14-wedstryd teen die Highlanders.
Die Sharks het hul vierde agtereenvolgende nederlaag gely toe die Waratahs hulle met 25-21 in Sydney geklop het.
Die Reds het die Chiefs, wat tot dusver onoorwonne in die Super14-reeks was, geskok met ‘n oorwinning.
’n Super14-naweek vol verrassings is agter die rug. So het die spanne in die tweede week van die Super14-reeks gevaar.