ARTIKELS OOR super rugby

Tuis-halfeindstryd is noodsaaklik – Spies

2012-05-22 21:01

Die Bulls-kaptein, Pierre Spies, is bewus van die betekenisvolheid van ‘n oorwinning oor die Chiefs en wat dit kan beteken vir sy span.

Stormers-oefening gekanselleer

2012-05-21 19:02

Die Stormers-afrigter, Allister Coetzee, het gesê sy span moes ‘n oefensessie kanselleer op mediese advies, voor hul wedstryd teen die Sharks.

Twee veranderinge vir Sharks

2012-05-17 22:12

Die Sharks-afrigter, John Plumtree, het besluit om sover moontlik te bly by die span wat die Force in Durban geklop het.

Nóg lostrio-probleme vir Stormers

2012-05-13 20:01

Die Stormers se diepte sal verder in die volgende paar weke van Super Rugby getoets word nadat hul lostrio-krisis vererger het.

Whitehead verkies Sharks se styl

2012-05-08 22:10

Tim Whitehead sê hy geniet die vryheid om aan te val binne die span, in vergelyking met die speelstyl by sy vorige werkgewers, die Stormers.

'Te veel foute' – Plumtree

2012-04-22 22:02

Die Sharks-afrigter, John Plumtree, het toegegee dat die massiewe foutetelling ‘n belangrike rol gespeel het in hul Super Rugby-nederlaag.

Uitgedunde Lions verwelkom loslootjie

2012-04-15 22:00

Hul opkomende loslootjie-naweek kon nie op ‘n beter tyd gekom het vir die beleërde Lions-span van John Mitchell nie.

Chiefs te sterk vir Force

2012-04-06 16:03

Die onvoorspelbare Chiefs het daarin geslaag om die Force in toom te hou en hul Super Rugby-wedstryd Vrydag met 20-12 te wen.

Sharks kry pak slae

2012-04-06 11:44

Die Hurricanes het in hul wedstryd teen die Sharks niks minder nie as ses keer agter die doellyn in New Plymouth, Nieu-Seeland gaan kuier.

Mitchell bly hoopvol

2012-03-22 21:06

Die Lions-afrigter, John Mitchell, glo die reeks beserings wat sy span vanjaar affekteer kan uiteindelik ‘n bedekte seën wees.

Blues wys Bulls wie's baas

2012-03-10 21:10
98 menings

Die Blues het die Bulls met 29-23 in hul Super-rugbywedstryd geklop. Gareth Anscombe het al die Blues se punte aangeteken.

Chiefs te sterk vir Crusaders

2012-03-09 10:33

Die Chiefs was te sterk vir die Crusaders in dié twee spanne se Superrugby-kragmeting by MacLean-park in Napier.

‘Coenie gee Cheetahs byt’

2012-03-09 09:13

Met selfs net sy teenwoordigheid op die veld kan Coenie Oosthuizen met die intrapslag ’n yslike verskil aan die spelpeil van die Cheetahs maak.

Alberts gee Sharks spierkrag

2012-03-09 07:04

John Plumtree het besluit om een van sy vernaamste wapens, Willem Alberts, in die Super-wedstryd teen die Lions in te span.

Cheetahs teiken Aus-wedstryde

2012-03-08 19:55

Naka Drotské het gesê hul eerste twee toerwedstryde – teen Australiese spanne – sal van uiterste belang in hul Super Rugby-seisoen wees.

Cheetahs optimisties voor toer

2012-03-04 21:56

Nadat hulle teen die Bulls verloor het, sal die Cheetahs op die vliegtuig klim met die wete dat hulle ‘n kopskuif sal moet maak.

Bulls klop Sharks

2012-02-24 21:06

Die Bulls het oor die Sharks geseëvier in hul Super-rugby-kragmeting op Loftus Versfeld. Die manne in blou het met 'n telling van 18-13 gewen.

Saru ontken berigte oor boikot

2012-02-12 20:05

Suid-Afrika se vyf Super Rugby-spanne het nié gedreig om die kompetisie te boikot nie, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gesê.

Pas op Bryce Lawrence, hier kom Piet van Zyl!

2012-01-31 07:59

Tien jaar nadat Piet van Zyl sy naam in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis verewig het met ’n duikslag, het hy nou weer ’n skeidsregter in die oog.

Kings in 2013 deel van Super Rugby

2012-01-27 15:56

Die Southern Kings van die Oos-Kaap sal in 2013 aan die Super Rugby-kompetisie deelneem, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gesê.

Roodt kry sy Lions-kans

2012-01-25 10:12

Die Lions se slot-aanwins, Hendrik Roodt, gaan die eerste keer in die rooi trui speel in ’n opwarmwedstryd teen die Stormers in Kaapstad.

Sykes terug in Haaitenk

2012-01-24 12:58

Die slot Steven Sykes het gekies om vir die Super Rugby-reeks na die Sharks terug te keer, nadat hy 'n kort tydjie vir Leinster gespeel het.

Juan Kaapstad toe om spesialis te spreek

2012-01-24 09:00

Die Cheetahs het as voorsorgmaatreël sonder hul een Springbok-flank, Juan Smith, vir hul weeklange oefenkamp na Jeffreysbaai vertrek.

Stormers sit Boland Kavaliers ore aan

2012-01-21 19:30

Die Stormers het Saterdag weggestap ná hul eerste 2012 Super Rugby-opwarmingswedstryd met ‘n oorwinning oor die Boland Kavaliers.

Neo Africa-reeks van die baan

2012-01-20 09:10

Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter, het bevestig dat Neo-Africa hom as borg van die Super Rugby-reeks se opwarmwedstryde onttrek het.

Cheetahs word gedril

2011-12-10 08:30

Die Cheetahs het hul gewone oefenklere vir bruin weermag-oorpakke verruil as deel van hulle voorbereiding vir volgende jaar se Super Rugby-seisoen.

Só lyk Stormers se oefengroep

2011-12-08 13:03

Die Stormers se breier, Allister Coetzee, het sy voorseisoense oefengroep vir aanstaande jaar se Super Rugby-reeks aangekondig.

Super-rugby: SA het 8 blasers

2011-12-02 09:52

Die Oos-Kapenaar Sindile Mayende tel onder die agt SA-blasers wat in die Skeidsregtersvereniging se groep vir die Super-seisoen in 2012 benoem is.

Sharks se 'vetties' gaan nie kan wegkruip

2011-12-01 11:01

Die hulpafrigter van die Sharks het gewaarsku dat daar vanjaar geen plek vir onfikse spelers by dié Super Rugby-span sal wees om weg te kruip nie.

Loftus sê nee vir sy Liefling

2011-11-30 09:03

Die “liefdesverhouding” tussen die Bulls en Derick Hougaard is weer op die rotse nadat gesprekke om hom terug te kry in Pretoria onsuksesvol was.

Ferreira oefen saam't Stormers

2011-11-24 13:33

Die veelsydige voorspeler Schalk Ferreira, wat sy loopbaan twee jaar gelede weens 'n nekbesering moes kortknip, is terug op die rugbyveld.

Butch: 'Ek soek die nr.10-trui'

2011-11-21 12:16

Die veteraan-losskakel Butch James sê hy het nog genoeg brandstof in sy tenk om Elton Jantjies vir die Goue Leeus se nr. 10-trui uit te daag.

Goeie nuus vir Naka oor Brüssow

2011-11-08 09:53

Die Springbok-baljagter Heinrich Brüssow sal volgende week saam met sy Cheetahs-spanmaat vir 2012 se Super Rugby-reeks begin slyp.

Joe Pietersen terug vir die Stormers

2011-11-04 12:18

Die Westelike Provinsie rugbyunie het bevestig dat hulle die dienste van die oud-Stormer Joe Pietersen, vir twee jaar bekom het.

Super-Sarel wil soos Luke aanval

2011-11-04 09:57

Super-Sarel is nou Sydney-Sarel en hy wil in 2012 se Super Rugby-reeks dieselfde soort spel as sy Australiese voorganger by die Waratahs opdis.

Rebels noem groep vir 2012 Super Rugby

2011-10-31 12:05

Die breier van die Super Rugby-franchise Melbourne Rebels, Damien Hill, het sy groep spelers vir die 2012-veldtog bekendgemaak.

Pretorius hang stewels op

2011-10-25 13:43

Die Blou Bul-veteraan en voormalige Springbok-senter Jaco Pretorius, het sy uittrede uit rugby aangekondig.

Fluit-fluit, Dickinson tree uit

2011-09-27 14:35

Die Australiese blaser Stuart Dickinson het sy uittrede as internasionale skeidsregter, op die ouderdom van 43, aangekondig.

Piri Weepu maak skuif na Blues

2011-07-31 23:09

Die All Black-skrumskakel Piri Weepu het sy naam by die lys van spelers gevoeg wat die Hurricanes aan die einde van die Super Rugby-seisoen verlaat.

Sonny Bill word dalk 'n Chief

2011-07-11 14:20

Die Crusaders se Sonny Bill Williams gaan glo by die Waikato Chiefs aansluit sodra hy sy kontrak met die Nieu-Seelandse rugbyunie hernu het.

Rooiwarm Reds 2011 se Super-kampioene

2011-07-09 13:41

Die jong span van die Queensland Reds het die gedugte Crusaders in Brisbane getroef om as Super Rugby-kampioene van 2011 gekroon te word.

John Mitchell sal nie rug op Leeus keer

2011-07-08 08:07

“Ons kan ook deel wees van die negatiwiteit. Of ons kan besluit om op die dinge binne ons beheer te fokus – om rugbywedstryde te wen.”

Reds, Crusaders onveranderd vir Super-eindstryd

2011-07-07 11:02

Die Reds en die Crusaders het albei 'n onveranderde 15-tal vir die Super Rugby-eindstryd by die Suncorp-stadion in Brisbane aangekondig.

Eindstryd tussen geteisterdes ‘gepas’

2011-07-06 09:11

Die Queensland Reds se span sal so te sê op volle sterkte vir die Super Rugby-eindstryd teen die Crusaders in Brisbane wees.

Oud-Bokke bekommerd oor Leeus

2011-07-05 09:16

Die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) moet sy president, Kevin de Klerk, met bedrewe sakemense in die uniebestuur omring.

Goue dubbel wink vir Crusaders-breier

2011-07-05 07:00

Todd Blackadder, afrigter van die Crusaders, kan dié naweek ’n unieke dubbelprestasie behaal as sy span die Reds in Brisbane klop.

Blues-breier voorspel riller-eindstryd

2011-07-04 13:51

Die afrigter van die Blues, Pat Lam, sê dit is te moeilik om te voorspel wie die Super Rugby-eindstryd tussen die Reds en Crusaders gaan wen.

Troos vir Stormers

2011-07-04 08:19
95 menings

’n Stukkie wysheid deur Bryan Habana in die Stormers se borrelbad het ’n bietjie perspektief aan die hartseer-einde tot hul Super Rugby-veldtog verleen.

Reds gereed vir 'n tuis-finaal

2011-07-02 13:55

Die vleuel Rod Davies het drie drieë gedruk om te verseker die Queensland Reds klop die Auckland Blues om ‘n finaal op hul tuisveld te verseker.

Reds in binnebaan op tuisveld

2011-07-02 07:06

Die Reds verloor nie sommer op hul tuisveld nie en moet die gunstelinge wees om in die Suncorp-stadion in Brisbane teen die Blues te wen.

 

'Daar is verskeie S15-opsies' – Saru

2012-05-21 22:12

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en die Super Rugby-spanne het ooreengestem op ‘n “verskeidenheid opsies” om die dilemma op te los.

Saru soek nog na S15-oplossing

2012-05-17 23:03

Saru het gesê hy het nog nie ‘n oplossing tot die probleem van franchises se deelname aan volgende jaar se Super Rugby-kompetisie gevind nie.

Bulls versigtig vir Highlanders-bedreiging

2012-05-15 23:02

Die Bulls kan nie bekostig om bloot te ry op die vertoning teen die Waratahs voor hul Super Rugby-wedstryd teen die Highlanders nie.

Saru klaar S15-verwarring uit

2012-05-10 23:04

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het die posisie van Suid-Afrikaanse spanne wat sal deelneem aan die Super Rugby-kompetisie uitgeklaar.

Lions 'in beter toestand'

2012-04-26 20:02

Met minimale veranderinge aan die begin-vyftiental en ‘n pas afgelope loslootjie-naweek, blyk die Lions in ‘n beter toestand te wees.

Bismarck terug vir Sharks

2012-04-19 19:03

Daar was geen werklike verrassings toe die Sharks-span wat Saterdag teen die Chiefs op Mr Price Kings Park sal speel, aangekondig is nie.

Strauss prys Cheetahs se verdediging

2012-04-08 18:00

Die Cheetahs-kaptein, Adriaan Strauss, het sy spelers se vermoëns op die verdediging geprys nadat hulle die Lions maklik geklop het.

Reds terug op wenpad

2012-04-06 13:44

Die Reds is terug op die wenpad nadat hulle die Brumbies tydens hul Super Rugby-wedstryd in Brisbane met 20-13 geklop het.

Johnson draf uit vir Cheetahs

2012-04-04 21:00

Die Cheetahs-afrigter, Naka Drotské, het een verandering gemaak aan sy beginspan vir hul wedstryd teen die Lions in Bloemfontein.

Mitchell vaar uit oor beamptes

2012-03-11 20:59

Die Lions-afrigter, John Mitchell, het gekap na die wedstrydbeamptes nadat sy span hul Super Rugby-wedstryd teen die Sharks verloor het.

Hurricanes laat Force les opsê

2012-03-09 15:02

Die Hurricanes het in Perth oor die Western Force geseëvier ná TJ Perenara drie keer agter sy teenstanders se doellyn gaan kuier het.

Stormers-oë op Loftus

2012-03-09 10:22

Die Stormers se agttal sal nog hard moet werk voor hul voorspeler-afrigter, Matt Proudfoot, tevrede gaan wees.

Butch gaan met een minder kopseer Durban toe

2012-03-09 09:13

Wanneer Butch James vir die Lions teen sy voormalige span, die Sharks, uitdraf, behoort stelskop-nagmerries nie by hom te spook nie.

Pietersen 'beste buitesenter in die land'

2012-03-08 21:55

Die Sharks-afrigter, John Plumtree, glo die Springbok JP Pietersen is op die oomblik die beste buitesenter in Suid-Afrika.

Blues-nederlae 'beteken niks'

2012-03-07 21:09

Die Bulls-kaptein, Pierre Spies, sê dit sal dwaas wees om die Blues te oordeel op hul twee nederlae in die eerste twee rondes.

'Grant het tyd nodig' – Coetzee

2012-02-29 19:03

Die afrigter van die Stormers, Allister Coetzee, sê die losskakel Peter Grant het tyd nodig om weer aan hul strukture gewoond te raak.

Lions verniel Kings

2012-02-14 20:58

Die Lions het ‘n Southern Kings-span wat uit spelers van Grens en SWD bestaan het, verniel in ‘n voorseisoense wedstryd in George.

Saru wil 16 Super-spanne hê

2012-01-31 23:05

Mark Alexander, adjunkpresident van SA Rugby, sê die nasionale rugbyliggaam sal stem vir 16 spanne in die Super Rugby-kompetisie.

Cheetahs bo teen Kings

2012-01-28 23:00

Slegs 'n handjievol ondersteuners het vir die opwarmwedstryd tussen die Southern Kings en die Cheetahs in Oos-Londen opgedaag.

Bryce blaas geen Super-wedstryde in SA

2012-01-25 11:15

Die omstrede Nieu-Seelandse skeidsregter Bryce Lawrence sal nie na Suid-Afrika reis om Super Rugby-wedstryde te blaas nie.

So lyk Stormers vir Nuweland-opwarmstryd

2012-01-24 15:15

Die Stormers se breier, Allister Coetzee, het sy span aangekondig wat teen die Lions in 'n opwarmwedstryd op Nuweland in Kaapstad uitdraf.

Coetzee soek Aplon op vleuel

2012-01-24 11:10

Die Stormers se breier, Allister Coetzee, het gesê hy wil dat Gio Aplon homself as vleuel vestig met Joe Pietersen wat heelagter sal speel.

Du Plessis kan Allister beter laat slaap

2012-01-23 10:01

Die geween in Stormers-kontrei oor Johann Sadie se skuif na Pretoria kan eersdaags deur opgewonde praatjies oor JP du Plessis vervang word.

Strauss lei Lions in Super-reeks

2012-01-20 12:30

Die afrigter van die Lions, John Mitchell, het bevestig dat sy agsteman Josh Strauss dié franchise in die opkomende Super-reeks sal lei.

Kavaliers nes valk lus vir baie vleis

2012-01-20 07:57

Toe die Boland-Kavaliers in ’n matige 25ºC vir die Stormers voorberei het, het hul ingesteldheid alles behalwe matigheid uitgestraal.

Cheetahs leer by Amerikaanse ghoeroe

2011-12-09 09:57

Die Cheetahs se fiksheidsafrigter, Niel du Plessis, het onlangs by ’n Amerikaanse kondisioneringskenner kers opgesteek oor nuwe tegnieke.

Te koop: 'n Super Rugby-span

2011-12-02 13:30

Die Nieu-Seelandse rugbyunie het aangekondig dat die lisensies vir vier van sy vyf Super Rugby-franchises, te koop is.

Draaibouler oefen saam't Waratahs

2011-12-01 12:03

Die Engelse draaibouler Monty Panesar het besluit om sy fiksheid te verbeter deur saam met die Super Rugby-span van die Waratahs te oefen.

Haaie se 'Sharkie' internasionaal vereer

2011-11-30 14:00

Sharkie, die gelukbringer van die Sharks- en Natalse Haaie, het 'n toekenning in Italië by die Internasionale FICTS-fees ontvang.

Drie disse op Lions se oefenspyskaart

2011-11-25 08:00

Die Stormers, die Sharks en die Kings is aanstaande jaar eerste op die spyskaart vir die Lions wanneer hulle vir die Super-reeks voorberei.

Argentyne ook in Super-reeks?

2011-11-24 09:31

Die Argentyne is skaars toegelaat tot die nuwe Viernasies-reeks of daar word al klaar gepraat dat hulle ook deel van die Super-reeks kan word.

Goosen-hulle dalk in Wêreldtoernooi

2011-11-09 09:39

Super Rugby-verpligtinge ofte nie, Johan Goosen, Paul Jordaan en Steven Kitshoff kan beskikbaar wees om die Jong Bokkies te verteenwoordig.

Rebels teen Crusaders in Singapoer

2011-11-07 12:04

Die Australiese franchise die Melbourne Rebels gaan voorseisoense wedstryde, vir die Super Rugby-reeks, teen die Crusaders in Singapoer speel.

McCaw se los skroef moet uit

2011-11-04 11:07

Die All Black-kaptein Richie McCaw gaan 'n operasie aan sy beseerde voet ondergaan en sal dus die eerste rondes van die Super Rugby-reeks misloop.

Eng se Haskell speel nou Super Rugby

2011-11-02 13:14

Die Engelse losvoorspeler James Haskell het bekendgemaak dat hy vir die Otago Highlanders in die Super Rugby-reeks gaan uitdraf.

Sonny Bill speel vir Chiefs

2011-10-31 11:10

Die All Black-senter Sonny Bill Williams het bespiegelings oor sy toekoms beëindig toe hy 'n Super Rugby-kontrak met die Chiefs gesluit het.

Jaque Fourie pak tasse vir Japan

2011-10-24 14:13

Die Springbok-senter Jaque Fourie het 'n kontrak geteken om tydens die afseisoen in Suid-Afrika, klubrugby in Japan te speel.

Corey Jane bly by Hurricanes

2011-09-02 12:27

Die All Black-vleuel Corey Jane het bevestig dat hy sy kontrak met die Hurricanes hernu het vir aanstaande jaar se Super Rugby-seisoen.

Terblanche beboet vir tweet

2011-07-14 15:07

Die Sharks-senter Stefan Terblanche is met sowat R15 000 beboet vir die vermeende oortreding van Sanzar se gedragskode.

Nieu-Seeland mor oor Crusaders-nederlaag

2011-07-11 11:20

Volgens die Nieu-Seelandse media hou die Crusaders se Super Rugby-nederlaag niks goeds in vir die All Blacks se aanslag op die Wêreldbeker nie.

Vonke sal spat in stryd om Super-kroon

2011-07-09 10:05

'n Merkwaardige einde tot ’n merkwaardige seisoen. Dié slagspreuk gaan beslis in die Crusaders se kleedkamer opgeplak wees as hulle in Brisbane uitdraf

SARPA: Maak S15-groepe groter

2011-07-07 20:59

Die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging het sy besorgdheid uitgespreek oor die hoë getal beserings wat top-rugbyspelers opgedoen het.

Force-breier help Kings slyp

2011-07-06 13:22

Die afrigter van die Western Force, Richard Graham, kuier tans in Port Elizabeth waar hy die Oostelike Provinsie-Kings met slypsessies help.

Lambie SA se nr. 1 – Naas

2011-07-06 07:06

Dis op peil die twee beste losskakels in vanjaar se Super Rugby-reeks wat in Saterdag se eindstryd in Brisbane sal speel.

Media-lofsange oor Crusaders

2011-07-05 08:48

Nieu-Seeland se media het die Canterbury Crusaders geprys nadat hulle die eindstryd van die Super Rugby-reeks gehaal het.

Tyd van Brits-scenario’s dalk verby

2011-07-04 23:03

Sanzar sal sy beleid oor spanne se werwing van oorsese spelers vir die Super Rugby-reeks aan die einde van die jaar hersien.

Blackadder se pluimpie

2011-07-04 09:59

Selfs die Crusaders se afrigter kan nie oor sy span se skrumwerk in die Super Rugby-halfeindstryd teen die Stormers uitgepraat raak nie.

Stormers vou voor tuisskare

2011-07-02 18:43
217 menings

Stormers-ondersteuners op Nuweland is druipstert huis toe gestuur ná die Crusaders met die manne in wit en blou afgereken het.

Die oomblik van waarheid

2011-07-02 09:25

Met al die Crusaders-voorspelers in die begin-agttal wat al die All Blacks verteenwoordig het, gaan die Stormers alles moet uithaal in hul Super Rugby-halfeindstryd.

Nonu teken kontrak met Blues

2011-07-01 12:30

Die All Black-senter en voormalige speler van die Hurricanes Ma'a Nonu het 'n Super Rugby-kontrak van twee jaar met die Blues gesluit.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 199,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.