Voorkombare of behandelbare infeksies met virusse, bakterieë en parasiete veroorsaak sowat twee miljoen nuwe kankergevalle elke jaar.
Franse wetenskaplikes het Maandag gesê hulle het bewyse gevind dat mense met tatoeëermerke en ringetjies in hul lywe het meer drink.
‘n Nuwe studie het onlangs getoon dat mense wat rassisties en bevooroordeeld is, moontlik net onintelligent kan wees.
Die sosiale netwerk Facebook is verantwoordelik vir tot ’n derde van egskeidings wat deesdae in sommige lande plaasvind.
Ná jare in die sielkunde, weet prof. Dap Louw dat dit wat mense vir die wêreld wys, nie noodwendig is wat in hul binneste aangaan nie.
'n Nuwe studie het getoon dat koffie die risiko van velkanker verminder deur te help om beskadigde selle te vernietig.
Nuwe insigte in die selle wat lewerkanker veroorsaak stel wetenskaplikes in staat om dié siekte beter te verstaan.
In studies oor die vroeë ontwikkeling van olifante se niere en longe is afgelei dat hulle van ’n dier afstam wat baie tyd in water deurgebring het.
Suid-Afrikaanse tieners in stedelike gebiede sien hul pa’s heelwat minder as jonges van soortgelyke areas oorsee.
Wanneer tieners na sekere liedjies luister kan hul breine aandui of dit ‘n treffer sal wees of nie, het Amerikaanse navorsers gesê.
Een in elke 25 tieners het ‘n “onweerstaanbare behoefte” om op die internet te gaan of raak gespanne as hulle nie aanlyn is nie.
Nuwe navorsing toon dat mense wat té gelukkig is, op ‘n jonger ouderdom doodgaan as diegene wat geneig is om hul emosies beter te beheer.
Om die winkels in te vaar hou jou gesond en jou brein op en wakker, en swaar pakkies is boonop 'n bietjie werk vir jou arms, meen een studie.
Jong vroue wat hul lippe lek vir 'n melkskommel het net so min weerstand teen dié lekkerny as wat ‘n verslaafde teen gevaarlike dwelms het.
‘n Opname toon talle Suid-Afrikaners is ongelukkig met hul mediese fondse, terwyl die fondse self sukkel om kers vas te hou by stygende mediese onkostes.
Vroue wat ‘n daaglikse koppie boeretroos geniet sal van hierdie brokkie nuus hou: koffie kan die risiko van ‘n beroerte verminder.
Muise is glad nie so stil nie, meen wetenskaplikes. Inteendeel, hulle betree die wêreld met ‘n ingebore voorliefde vir sing.
Olifante is op 'n manier emosioneel aan mekaar verbind en leer vinnig hoe om ‘n probleem op te los deur saam te werk.
Verbasend genoeg is enkellopendes meer geneig om alleen op te eindig as daar te véél opsies is om van te kies.
Video’s op YouTube wat wys hoe mense hulself sny en ander metodes van self-mutilasie demonstreer, raak al hoe gewilder.
Meer as ’n tiende van gr. 1’s wat by ’n studie in Noordwes betrek is, is oorgewig en byna ’n kwart het hoë bloeddruk gehad.
‘n Nuwe meningspeiling toon dat Australiërs hul verhouding met die inheemse Aboriginale mense al hoe minder belangrik ag.
Volgens ‘n onlangse studie wat in Japan gedoen is, kan honde moontlik die vroeë stadiums van kolonkanker uitsnuffel.
Amerikaanse navorsers het in 'n nuwe studie 'n manier gevind om te bepaal of 'n roker wel in staat sal wees om op te hou rook.
Klein hoeveelhede aspirien kan die risiko van talle tipes kanker verminder, het wetenskaplikes gesê nadat hulle studies uitgevoer het.
Vroue wat as sag op die oog beskou word, is meer geneig om geboorte aan dogters te skenk, het ‘n Britse studie getoon.
In 2009 het die besoedeling as gevolg van koolstofdioksied geval vir die eerste keer in 'n dekade, maar nie soveel as wat verwag was nie.
'n Gespreksforum om die kwynende bestaan van die Pigmee-stamme in die DRK in die kollig te plaas, is in Brazzaville geopen.
Suid-Afrikaners se lewensgehalte tel onder dié in die swakste 35% van die lande ter wêreld, het 'n nuwe studie getoon.
Amper die helfte van ouers moet hul kinders omkoop om te lees - met televisie, rekenaars en lekkers as die vernaamste middels.
Volgens ‘n onlangse opname wat in vyf lande gedoen is, spandeer Suid-Afrikaners die meeste tyd op kantoor.
Volgens ’n studie van 'n nagraadse student in filosofie is selfone, SMS’e en MXit nié die rede waarom kinders nie kan spel nie.
Die dodetal onder Suid-Afrikaanse vroue weens longkanker is glo volgens 'n studie besig om drasties te styg.
Argeoloë het ‘n hout weergawe van Stonehenge ontdek wat by dié ikoniese rotssirkel geleë is en slegs 5m kleiner in deursnee is.
Diegene wat ‘n sin van trots in hul huise het, is fikser as mense wat tevrede is daarmee om in ‘n gemors te leef.
‘n Studie toon dat daar geen verbinding tussen die kinders van ma’s wat naby aan selfoontorings woon, en die ontwikkeling van kanker is nie.
Die nuutste studie oor outisme het gevind dat talle pasiënte hul eie unieke patroon van genetiese mutasies het wat nie noodwendig geërf is nie.
Kanadese navorsers het bevind macho mans het ’n aggressiewe bestuurstyl en is dalk gevaarliker op die pad as ander mans.
Kanker kan 13,3 miljoen lewens ‘n jaar eis teen 2030, het die Wêreldgesondheidsorganisasie se kankernavorsingsagentskap gesê.
Dit is dalk ’n wolhaarstorie dat groot hoeveelhede koffie of versoete gaskoeldrank ’n rol speel in jou kanse om kolonkanker te kry.
Ingo Froboese, 'n professor by die Duitse Sportuniversiteit, meen water is beter vir meeste atlete as energiedrankies.
Brasilië se minister van gesondheid beveel aan dat mense vyf keer ’n week seks het as ’n manier om chroniese gesondheidsprobleme te voorkom.
'n Studie deur ’n Cochrane-studiegroep het bevind dat vitamien C nie help om verkoue en griep te voorkom of te behandel nie.
‘n Nuwe ondersoek wat veilig en maklik is kan glo help om die sterftesyfer weens kolonkanker met sowat 43% te laat daal.
Mense met valstande loop ‘n groter risiko om aan hartkwale te sterf as diegene wat steeds al hul oorspronklike tande het, meen 'n Switserse navorser.
Wetenskaplikes het ontdek dat die algemene padda ‘n sesde sintuig oor natuurlike rampe het en dat hulle kan voorspel wanneer ‘n aardbewing aankom.
Mense is meer geneig om leuens in ‘n e-pos te vertel as wanneer hulle ‘n handgeskrewe brief skryf, het ‘n nuwe studie getoon.
Wetenskaplikes het ‘n “morele kompas” in die menslike brein ontdek wat die manier waarop ander mense se optrede beoordeel word, beheer.
Hoe breër jy glimlag en hoe dieper die plooitjies om jou oë is wanneer jy glimlag, hoe langer is jy geneig om te lewe, het 'n studie onthul.
Of jy ‘n geliefde verloor of deur ‘n monster gejaag word – jou nagmerries dra betekenis waarvan wetenskaplikes probeer sin maak.
Om te stap, selfs kort afstande, gekombineer met koördinasie- en strekoefeninge, het ‘n meetbare effek op algemene gesondheid.
'n Groep geoloë by die Yale-universiteit voorspel dat 'n nuwe superkontinent later oor die Noordpool kan vorm.
Meer as twee derdes van Indiese melk is besmet met middels wat wissel van sout na reinigingsmiddels en is moontlik onveilig om te drink.
Nuwe eksperimente toon dat rotte, ten spyte van hul reputasie, ook onselfsugtige besluite kan neem wat ander van hul spesie bevoordeel.
Mense wat video-speletjies speel kan so meegevoer word deur die virtuele wêreld dat hulle die ervaring soms as 'n werklikheid kan beskou.
'n Span wetenskaplikes het met die Europese ruimteagentskap se Herschel-teleskoop suurstofmolekules in 'n nabygeleë sterrewolk gevind.
Talle Suid-Afrikaners glo dat minderjarige alkoholmisbruik sal afneem as die wettige ouderdom vir alkoholinname tot 21 verhoog word.
Vroue regoor die wêreld voel gestres en gedruk vir tyd, maar dié in ontwikkelende lande is meer gestres as hul susters in ontwikkelde lande.
Goeie higiëne stem met goeie maniere ooreen – en Suid-Afrikaners se higiëne is nie baie goed nie, meen die maatskappy Dettol.
Is jou motorhuis dalk vol fietse, verfblikke en 'n grassnyer? Enigiets behalwe jou voertuig? Dan is hierdie artikel net vir jou.
Mansstudente wat op Facebook oor alkohol praat of foto’s van alkohol oplaai, het meer Facebook-vriende as diegene wat dit nie doen nie.
Nie alle jong mans het ‘n ontembare drang vir seks nie. Inteendeel, navorsers het bevind talle van dié 'ramkatte' wil minder kafoefel.
'n Nuwe meningsopname het bevind dat 90% van die stedelike volwassenes voel dat die grootste behoefte in die land werkskepping is.
Die VF+ het verneem dat die departement van kommunikasiewetenskappe aan UNISA voortaan alle kursusse slegs in Engels wil aanbied.
Seks en strawwe oefening kan hartaanvalle by ouer mense veroorsaak, het ‘n nuwe studie deur Amerikaanse medici bevind.
Nuwe navorsing het getoon dat vet nie meer gevaarlik is as dit om die middel gesentreer is as wanneer dit oor die liggaam versprei is nie.
Die voorvaders van mense en sjimpansees het werwels op hul geslagsdele gehad wat stimulasie tydens voortplanting verbeter het.
'n Nuwe studie het getoon dat grootte wel tel as dit kom by mans se vrugbaarheid, maar dis die grootte van iets anders wat tel.
Hoe beter ‘n persoon se punte op universiteit was en hoe langer hulle studeer hoe laer word hul bloeddruk, toon ‘n studie.
Apies wat opgelei is om rekenaarspeletjies te speel, het bewys dat dit nie net mense is wat in hulself twyfel nie.
Londen blyk die mees gewildste plek vir mense wat hou van inkopies doen. Daar is meer in dié stad verkoop as in Tokio en Parys én New York.
'n Span wetenskaplikes het vasgestel dat maagbakterieë 'n invloed kan hê op die breinontwikkeling van soogdiere.
'n Nuwe studie toon dat Vikings gebruik gemaak het van kristalle om die ligging van die son vir hulle aan te dui op hul reise.
Dit blyk dat oefening ‘n minimale invloed het op die kwaliteit en kwantiteit van sperm, maar fietsryers moet pasop.
‘n Man het mediese hulp gaan soek aangesien hy tydelik sy sig verloor elke keer as hy seks het, het Daily Mail berig.
Studies in Brittanje wys dat een in elke tien mense aan asemhalingsprobleme ly. Daily Mail deel asemhalingstegnieke vir algemene probleme.
Vet mense het beter reuksintuie as dit by kosreuke kom, en veral wanneer hulle pas klaar geëet het, het wetenskaplikes gesê.
Meer as 1000 tiere is die afgelope dekade vir die onwettige handel in vel, been en ander liggaamsdele gestroop, lui 'n studie in samewerking met die WWF.
Woensdae is glo die ergste dag vir verkeersknopen in Brittanje, het INRIX, ‘n verkeers-inligtingsmaatskappy, bevind.
‘n Toenemende hoeveelheid Britse ouers leef in vrees dat hulle deur hul kinders aangeval sal word, het ‘n ontstellende nuwe studie getoon.
Teen 2030 gaan die mensdom twéé planete nodig hê om in sy behoeftes te voorsien as sy huidige verbruikspatrone voortduur.
Wetenskaplikes in Amerika sê hulle het die fossiele van twee dinosourusspesies ontdek wat nog nie van te vore gesien is nie.
Suid-Afrika het vroeër vanjaar sy status verloor as ’n land wat se media as “vry” bestempel kan word, volgens die dinkskrum Freedom House.
Minstens 2 miljard mense, hoofsaaklik armes oor die wêreld heen, het nie toegang tot behoorlike chirurgiese dienste nie.
Uiteindelik het mans die perfekte verskoning om nié Saterdae-oggende winkels toe te gaan nie – dit mag hulle dalk impotent maak.
Navorsing wat onlangs in die joernaal Nature gepubliseer is toon ‘n verband tussen vulkaniese uitbarstings en klimaatsverandering.
'n Nuwe studie toon dat kort mense ‘n 50% groter kans as lang mense staan om op 'n jonger ouderdom van hartsiektes dood te gaan.
Mans met erektiele disfunksie (ED) se kans om hartprobleme te ontwikkel is byna net so groot soos mans wat rook en met bloeddruk sukkel.
Selfs ’n universiteitsgraad sal jou nie juis help om jou munisipale rekening te verstaan nie, sê die Waternavorsingskommissie (WNK).
Die Jordaanrivier waar Jesus gedoop was kan moontlik teen volgende jaar heeltemal uitgedroog wees, het wetenskaplikes Maandag gesê.
Dinosourusse se vere het glo merkwaardig verander van geboorte tot volwassenheid; ‘n bevinding wat kennis oor die evolusie van vere uitgebrei het.
‘n Nuwe studie het bevind dat daar ‘n verband is tussen mense se persoonlikheid en die spoed waarteen die brein verouder.
Onlangse studies van hoe sjimpansees dooie of sterwende maats hanteer toon dat hul verskille met die mens nie so groot is as wat geglo word nie.
‘n Onlangse studie toon dat meeste gebruikers van die sosiale netwerk Twitter nie self hul blaaie opdateer nie, maar net ander volg.
Luister maar vir ouma. 'n Groep navorsers in die VSA het bevind dat ouer mense wyser is as jongmense as dit kom by sosiale probleme.
Blootstelling aan chemikalieë en besoedelingstowwe voor ‘n vrou haar middel-dertigs bereik kan glo haar risiko verdriedubbel om borskanker te kry.
Volgens ‘n nuwe studie kan ‘n klein, daaglikse dosis sjokolade jou kanse om ‘n hartaanval of beroerte te kry met amper 40% verminder.
Sterk Noordpoolse winde is glo verantwoordelik vir die afname in ys in die Noordelike Yssee oor die afgelope paar jaar.
Volgens ‘n studie wat skilderye van die Laaste Avondmaal bestudeer het, het die mensdom oor die afgelope 1 000 jaar al hoe meer begin eet.
Hulle soek goeie salarisse en genoeg vrye tyd. So sê die sogenaamde generasie Y, jong mense wat in die laat 1980’s gebore is.