ARTIKELS OOR storms

China: Nege sterf, 45 vermis ná swaar reën en hael

2012-05-11 08:30

Negentien mense is dood en 45 word vermis nadat hael en swaer reën in die noordweste van China geval het, het 'n nuusagentskap berig.

Erge storms teister VSA

2012-04-15 12:09

Vyf mense het gesterf toe ‘n tornado in en om Woodward – ‘n dorp in die noordweste van die staat Oklahoma – voorgekom het.

Nóg storms teister Aus

2012-03-18 12:33

Sikloon Lua, die sterkste storm wat Australië sedert verlede jaar se destruktiewe sikloon Yasi getref het, het deur die land se weste beweeg.

Vrou sterf ná sy skuiling in kas soek

2012-03-08 21:57

Owerhede in Amerika vermoed 'n bejaarde vrou het gesterf nadat sy skuiling in 'n kas gesoek het teen die storms wat in Kentucky gewoed het.

Sikloon Irina beweeg 400 km oos van Durban

2012-03-05 16:39

Sikloon Irina, wat die naweek sterk storms in KZN veroorsaak het, het sowat 400 km oos van Durban oor die Indiese Oseaan beweeg.

Agt sterf in erge storms in Mosambiek

2012-03-05 12:01

Minstens agt mense is as ná swaar reën en sterk winde in Mosambiek dood, het nooddienspersoneel van dié land gesê.

Sikloon: Vrou breek bene toe huis intuimel

2012-03-04 11:45

'n 56-jarige vrou het albei haar bene gebreek nadat haar huis in die Nyawushadi-gebied tydens swaar reën ingetuimel het.

Sikloon toe nie so erg soos voorspel

2012-03-03 22:00

Die tropiese sikloon Irina, wat hierdie naweek die noordelike kusstreek van KwaZulu-Natal sou tref, sal nie so sterk wees soos voorspel is nie.

2 sterf, 100 beseer in Alabama-storms

2012-01-23 18:09

Minstens twee mense is dood en honderde is beseer toe gure weer in die vroeë oggendure in die suidooste van die VSA voorgekom het.

Storm in Mosambiek eis 5

2012-01-19 22:19

Vyf mense het gesterf en duisende word geaffekteer nadat ‘n tropiese storm die suide van Mosambiek getref het.

Dik ys bemoeilik Alaska-missie

2012-01-13 07:45

’n Russiese tenkskip stoei deur dik ys met broodnodige brandstof vir ’n deel van Alaska wat deur ’n winterstorm van die buitewêreld afgesny is.

Kind (4) beseer in sterk storm

2012-01-09 14:05

‘n Vierjarige kind is in ‘n ernstige toestand in 'n hospitaal opgeneem ná 'n massiewe storm in Bloemhof in die Noordwes.

Gure weer teister Brittanje, eis 2 lewens

2012-01-03 23:10

Erge stormweer in Brittanje het die lewens van twee mans in twee afsonderlike voorvalle geëis.

Storms eis 2 in KZN

2012-01-01 17:56

Twee mense is dood en drie is vermis ná erge storms in die noordelike deel van KwaZulu-Natal op Oujaarsaand.

Immigrante te midde van storm gered

2011-12-05 18:59

Die Italiaanse kuswag het 81 immigrante wat te midde van 'n storm die Mediterreense See probeer oorkruis het, gered, het beamptes gesê.

Duisende sonder elektrisiteit in Pole

2011-11-28 14:09

Vyf mense is beseer en sowat 380 000 inwoners is sonder elektrisiteit nadat sterk winde deur die noorde van Pole gevee het.

Weerlig eis tienermeisie se lewe

2011-11-18 19:12

‘n Tienermeisie is dood en ‘n plaaswerker ernstig beseer toe hulle in Mangosuthu in die noorde van KwaZulu Natal deur weerlig getref is.

Tropiese storm in Oman eis 14

2011-11-04 18:02

‘n Tropiese storm in Oman het veertien lewens geëis en talle motors en huise beskadig, het die polisie in die Arabiese Golf-streek gesê.

Tropiese storm binnekort 'n orkaan

2011-10-24 20:55

Die tropiese storm Rina, wat naby die kuslyn van Sentraal-Amerika in die Karibiese see woed, is vinnig op pad om orkaan-sterkte bereik.

'Tornado' tref restaurant in Bloemfontein

2011-10-17 08:11

'n Sterk wind het die naweek minstens R200 000 se skade by ’n restaurant in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein veroorsaak.

Tifoon Talas saai verwoesting in Japan

2011-09-06 08:04

Reddingswerkers en soekspanne fynkam Sentraal-Japan nadat Tifoon Talas die naweek groot verwoesting langs kusgebiede gesaai het.

Japan in sterk tifoon se visier

2011-09-01 10:21

‘n Groot en sterk tifoon is op pad na die weste van Japan en dreig om sterk winde en hewige reënval in dié deel van die land te veroorsaak.

Tifoon Nanmadol maak amok in Taiwan

2011-08-29 16:31

Mense is uit digbevolkte gebiede in Taiwan ontruim terwyl Tifoon Nanmadol op dele van die eiland amok gemaak het.

Kragtige orkaan kan New York bedreig

2011-08-26 10:05

Weervoorspellers sê die orkaan Irene kan teen die naweek die VSA se dig bevolkte noordooste, insluitend New York, bedreig.

Orkaan op pad na VSA

2011-08-24 13:00

Volgens die nasionale orkaansentrum in Miami is Orkaan Irene, wat reeds die suidoostelike Bahamas geteister het, op pad na die VSA.

Tornado saai verwoesting in Kanada

2011-08-22 12:11

‘n Inwoner is dood en minstens 37 ander is beseer toe ‘n sterk tornado grootskaalse skade aan ‘n Kanadese dorp gerig het.

Weerlig beseer agt mense in Florida

2011-08-17 11:03

Drie gaste en vyf werknemers is beseer toe weerlig by Sea World se Discovery Cove-park in Orlando, Florida, geslaan het.

Swaar reën eis 39 in Suid-Korea

2011-07-28 09:00

Die reën wat op Suid-Korea uitsak is die swaarste in ‘n eeu en het die lewens 39 mense reeds geëis, het die land se rampagentskap gesê.

Weerlig eis 15 in Nigerië

2011-06-29 19:55

Volgens die owerhede is 15 mense dood toe hulle tydens hewige donderstorms in die noordooste van Nigerië deur weerligstrale getref is.

Missouri: Sterftesyfer klim ná tornado

2011-05-23 14:38

Minstens 116 mense is dood in die massiewe tornado wat die stad Joplin in die suidweste van Missouri getref het.

NS: Twee sterf, talle beseer in tornado

2011-05-03 09:55

Twee mense is dood en meer as 20 ander is beseer toe ‘n tornado die noordelike voorstede van Auckland, Nieu-Seeland, getref het.

VSA: 300+ sterf in storms

2011-04-29 09:56

Meer as 300 mense is tot dusver in Amerika dood in die ergste tornado's in dekades in die land. Amptenare sê die dodetal kan verder styg.

VIDEO: Orkaan verwoes lughawe in VSA

2011-04-26 10:49

‘n Video wat deur ‘n kamera in ‘n lughawe in St. Louis, Missouri, opgeneem is, wys hoe puin rondvlieg en mense na veiligheid hardloop.

China: 17 sterf in storms

2011-04-18 09:51

Minstens 17 mense is dood en 118 ander is beseer nadat ‘n gewelddadige donderstorm dele in die suide van China verwoes het.

VSA: Sterftesyfer klim ná tornado's

2011-04-17 15:45

Minstens 22 mense is dood nadat ‘n sterk storm in die VSA tot tornado’s gelei het, het plaaslike media berig.

Sandstorm veroorsaak reuse-ongeluk

2011-04-08 19:00

‘n Sandstorm naby die noordkus van Duitsland het ‘n reuse-ongeluk op die snelweg veroorsaak en ten minste vyf mense se lewens geëis.

Massiewe stofstorm tref Christchurch

2011-03-02 09:57

Sterk winde het groot stofwolke in Christchurch veroorsaak en beamptes het intussen bevestig dat die dodetal van die aardbewing gestyg het.

Moenie oor die son kommer - kenner

2011-02-18 15:20

Suid-Afrikaners hoef nie paniekerig te raak oor die uitwerking van massiewe sonstorms wat binnekort die aarde gaan tref nie.

Dondersneeu tref Alabama

2011-02-09 12:03

Snaakse weerpatrone is deesdae die norm regoor die wêreld, maar niks is so eienaardig soos die dondersneeu wat Alabama getref het nie.

Reuse-sneeustorm ruk dele van VSA tot stilstand

2011-02-02 23:00

‘n Reuse-storm van sneeu, ys en bittere koue het ‘n groot gedeelte van Amerika se Midweste tot ‘n skaarse stilstand geruk.

Fliekgangers beseer toe dak inmekaarval

2011-01-03 17:07

Talle fliekgangers in Australië is beseer toe die dak van 'n bioskoopkompleks tydens ‘n hewige storm inmekaar geval het.

Talle haweloos na Limpopo storms

2010-12-26 22:24

Talle mense is haweloos gelaat na 'n storm die Thoyandou en Maiini-gebiede in Limpopo getref het, het RSG berig.

Limpopo: 57 Families ontwortel ná storm

2010-11-11 21:19

Sewe-en-vyftig families is ontwortel nadat ‘n storm in Limpopo gewoed het, het Limpopo se plaaslike regeringsdepartement gesê.

Ouma sterf toe huis se mure omval

2010-10-29 18:27

‘n 69-jarige vrou is dood toe die mure van haar huis inmekaargeval het tydens ‘n storm in die Sunnyside-informele nedersetting.

Frats-haelstorms slaan honde, katte, hoenders dood

2010-10-25 14:09

Groot haelstorms in Limpopo het huise beskadig en die lewe van kleinvee en troeteldiere geëis.

Orkaan Richard tref Sentraal Amerika

2010-10-25 04:16

Orkaan Richard het die klein Sentraal-Amerikaanse nasie in die suide van Sentraal Amerika, met mening getref.

Stormwind teister New York - een sterf

2010-09-20 15:03

'n Dertigjarige vrou is dood toe 'n boomtak deur sterk wind afgeruk is en op die motor waarin sy en haar man gesit het te lande gekom het.

25 000 kragloos, 1 dood in NY-storm

2010-09-17 04:03

‘n Woeste storm het deur New York geskeur, met sterk winde en stortreën wat meer as 25 000 inwoners sonder krag gelaat het.

15 vissermanne sterf tydens storm

2010-09-06 00:12

Minstens vyftien vissermanne is dood nadat vyf visserbote omgeslaan het weens ‘n storm langs Mosambiek se sentrale kus.

Atlantiese storm eis ses

2010-06-28 03:45

Ten minste agt mense in Nicaragua en El Salvador is dood toe die eerste groot Atlantiese storm van die seisoen landverskuiwings en vloede veroorsaak.

 

Engeland: Tornado's beskadig 2 gebiede

2012-04-26 20:04

Geboue is beskadig en bome is ontwortel toe tornado’s twee gebiede in Engeland getref het. Die storm het ook 20 hoenders geëis.

Minstens 11 dood ná storm in Argentinië

2012-04-05 22:02

‘n Sterk storm in Argentinië het bome ontwortel, dakke verwoes en minstens 11 mense dood en 20 beseer gelaat in die streek.

Reuse-storm tref Aus

2012-03-17 13:22

'n Hewige tropiese storm het die noordkus van Wes-Australië getref en is tans besig om na die binneland te beweeg.

Man verdrink in rivier

2012-03-06 20:57

‘n Man het verdrink terwyl hy die Nzimanenirivier probeer oorsteek het nadat die tropiese storm Irina swaar reënval meegebring het.

Sommige sikloon-noodnommers werk nie

2012-03-05 12:18

Minstens vier noodnommers vir Sikloon Irina wat deur die regering uitgereik is, is buite werking, het ‘n koerant berig.

Kleuter wat tornado oorleef, sterf in hospitaal

2012-03-05 11:00

‘n Kleuter wat ná ‘n erge tornado in ‘n veld gevind is, is dood nadat die lewensondersteuningsmasjiene afgeskakel is.

KZN maak gereed vir sikloon

2012-03-04 10:01

Regeringsamptenare het moontlike ontruimingsplanne vir inwoners, wat dalk in die pad van sikloon Irina is, bespreek, berig Sunday Tribune.

Storm in Indonesië laat 14 dood

2012-01-29 16:48

Sterk winde en swaar reënval het tot die dood van minstens 14 mense gelei en ook 60 mense beseer gelaat in Indonesië, het ‘n beampte gesê.

Storms in Mosambiek eis 10

2012-01-23 17:00

Tien mense is dood en duisende mense moes tydens storms in Mosambiek uit hul huise vlug, het rampverligtingbeamptes gesê.

480 dakloos ná swaar reën in Mosambiek

2012-01-18 22:00

Bykans 500 mense is dakloos in Maputo, Mosambiek, nadat ‘n tropiese depressie swaar reënbuie en sterk winde veroorsaak het.

Nóg 2 lyke ná storm in KZN gevind

2012-01-12 14:45

Nóg twee lyke is ná ‘n storm op 31 Desember in die KwaZulu-Natalse Middellande gevind. Die sterftesyfer staan tans op sewe.

KZN: Haelstorm verwoes 50 huise

2012-01-04 15:29

‘n Haelstorm in eMondlo in die noorde van KwaZulu-Natal het vyftig huise beskadig, bome ontwortel en kragonderbrekings veroorsaak.

Vloedwater, weerlig eis 5 in KZN

2012-01-02 23:03

Minstens vyf mense is dood ná erge stormweer en vloedwater in uMsinga en uMvoti in KwaZulu-Natal verwoesting gesaai het.

Stormsterk winde teister Skotland

2011-12-08 15:12

Skole in Skotland is gesluit en reisigers is gewaarsku om vertragings op sleutelroetes te verwag as gevolg van stormsterk winde.

Orkaan-sterkte winde tref Kalifornië

2011-12-02 10:04

Honderdduisende mense in die suide van Kalifornië is sonder elektrisiteit nadat sterk winde grootskaalse skade veroorsaak het.

Storm eis 14 lewens in Sri Lanka

2011-11-26 11:38

Swaar reën en sterk winde in die suide van Sri-Lanka het die lewens van minstens 14 mense geëis, terwyl 30 steeds vermis word.

Storm in VSA eis 4

2011-11-17 10:06

Minstens vier mense het in die suidooste van die VSA gesterf nadat ‘n sterk storm verskeie tornado’s veroorsaak het.

Dodelike storm saai verwoesting in VSA

2011-10-31 12:03

Minstens agt mense het gesterf en kragtoevoer na miljoene huise is afgesny nadat ‘n hewige sneeustorm die VSA se ooskus getref het.

Storm ruk dak van Portugese lughawe af

2011-10-24 15:30

Vyf mense is beseer en verskeie vlugte is gekanselleer toe ‘n storm dakpanele van die Faro-lughawe in Portugal afgeruk het.

Kind sterf in Ficksburg-storm

2011-10-02 20:07

‘n Negejarige seun is dood en 42 mense is beseer in ‘n geweldige storm in Ficksburg in die Vrystaat, het paramedici gesê.

Tropiese storm Lee teister New Orleans

2011-09-05 06:57

New Orleans – wat ses jaar gelede deur die orkaan Katrina verwoes is – is die afgelope naweek opnuut bedreig deur 'n tropiese storm.

Irene: skade beloop miljarde rande

2011-08-29 22:56

Volgens ‘n rampbestuurfirma het orkaan Irene die afgelope naweek tot $7 biljoen se skade aan die ooskus van Amerika aangerig.

Uganda: 23 dood tydens grondverskuiwing

2011-08-29 15:35

Minstens 23 mense is dood tydens grondverskuiwings wat deur ‘n stortvloed reën in Uganda veroorsaak is, het die Rooikruis gesê.

Orkaan Irene teister Bahamas

2011-08-25 11:02

Die Bahamas het grootskaalse skade opgedoen toe Orkaan Irene in die rigting van die VSA beweeg het, het die BBC berig.

Haïti in orkaan se visier

2011-08-22 16:59

Haïti, waar honderdduisende mense steeds in tente ná verlede jaar se aardbewing woon, is vatbaar vir reënbuie wat ‘n orkaan kan bring.

Minstens vier sterf toe storm fees tref

2011-08-18 21:17

Volgens die Belgiese media het ‘n storm ‘n opelug-musiekfees oos van die hoofstad van dié land getref en minstens vier mense dood gelaat.

Tropiese storm Emily nader Haïti

2011-08-04 12:09

Tropiese storm Emily het potensieel lewensgevaarlike swaar reën oor Haïti, waar duisende mense nog in tydelike behuising bly, uitgestort.

Storm saai verwoesting, neem lewens in Mexiko

2011-07-02 22:00

Minstens ses mense is dood en amper 300 000 is haweloos ná die tropiese storm Arlene swaar neerslae in Mexiko veroorsaak het.

Gebrek aan weerlig-afleiers eis talle lewens

2011-06-28 18:56

Sowat 15 mense is die afgelope week in Uganda deur weerlig getref, wat volgens kenners deur weerlig-afleiers vermy kon word.

VSA: 24 sterf in nóg 'n tornado

2011-05-23 09:58

Altesaam 24 mense is in ‘n klein dorp in Missouri dood nadat ‘n tornado die staat getref het, het plaaslike mediabronne berig.

Obama bied staatshulp aan

2011-04-30 08:00

Pres. Barack Obama het die verwoesting wat deur ’n reeks tornado’s in die deelstaat Alabama gesaai is, as ’n enorme ramp bestempel.

Dodetal styg ná storms in VSA

2011-04-28 11:04

Minstens 70 mense is tot dusver weens gure weer in die VSA dood terwyl dodelike tornado’s huise platgevee en motors omgegooi het.

Orkaanskade in VSA 'is ergste sedert 80's'

2011-04-19 08:14

Amerikaanse owerhede het hulle na die suidelike deelstate gehaas om hulp te verleen nadat kragtige orkane dood en verwoesting gesaai het.

Minstens 44 dood in VSA-storms

2011-04-17 23:19

Die sterftesyfer van storms en tornado’s wat ‘n groot gedeelte van Amerika oor die afgelope drie dae getref het, staan op 44.

Dodelike storm tref VSA se Midweste

2011-04-15 18:00

Talle mense is dood toe ‘n storm tot ‘n dodelike tornado in Oklahoma gelei het. Die storm beweeg nou na Tennessee, Louisiana en Mississippi.

32 muskusbeeste vasgevries

2011-03-23 20:02

Ten minste 32 muskusbeeste het langs die noordkus van Alaska se Seward-skiereiland doodgevries ná ‘n winterstorm die gebied oorstroom het.

Christchurch maak gereed vir storm

2011-02-28 09:54

Christchurch, Nieu-Seeland, wat verlede week deur ‘n verwoestende aardbewing getref is, verwag ‘n gewelddadige windstorm.

Storm bring poolligte na Brittanje

2011-02-17 16:11

Reuse-sonstorms beteken Brittanje mag die skouspelagtige vertonings van die poolligte te sien, terwyl kommunikasienetwerke ontwrig kan word.

Duisende passasiers gestrand oor VSA-storms

2011-02-03 13:10

Honderde duisende passasiers is op lughawens in die VSA gestrand nadat vlugte as gevolg van swaar sneeustorms gekanselleer is.

Storm bedreig miljoene mense in VSA

2011-02-01 12:24

'n Reuse-winterstorm en ysreën word in 25 Amerikaanse state voorspel, en sal sowat 100 miljoen mense in die land raak.

Twee tydens storm beseer

2010-12-28 22:35

Twee mense is tydens ‘n storm in Vryheid, KwaZulu-Natal beseer, het die departement van plaaslike regering bekend gemaak.

Talle dakloos ná storm in Oos-Kaap

2010-11-17 05:50

Swaar reën en sterk winde wat Mthatha getref het, het sowat twaalf huise vernietig, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

22 Leerders beseer toe klaskamers intuimel

2010-11-04 20:17

Twee-en-twintig kinders is beseer toe twee klaskamers in die Oos-Kaap ingetuimel het. Die modderstrukture van die klaskamers het op die kinders geval.

Huis se muur val op driejarige

2010-10-26 05:15

‘n Driejarige kind is dood toe die muur van ‘n huis op haar geval het tydens ‘n storm in Vleinfontein in Limpopo.

3 sterf toe winkel se dak inmekaar val

2010-10-25 09:52

Drie mense is in Nkumbi naby Vryheid in KwaZulu-Natal dood nadat die dak van ‘n winkel tydens ‘n storm inmekaar geval het.

Bermuda deur orkaan Igor verwoes

2010-09-22 12:33

Bermuda is deur sterk winde en swaar reën verwoes terwyl orkaan Igor noord-oos deur die Karibbiese eilande beweeg.

Storms isoleer stede

2010-09-19 02:01

Swaar reënval en storms in die suid-ooste van Mauritanië het heelwat stede geaffekteer en van die res van die samelewing afgesonder.

Tropiese storm saai amok in Mexiko

2010-09-16 10:23

Honderde mense moes hul huise ont­ruim toe die tropiese storm Kar, wat dalk orkaansterkte kan bereik, die skiereiland Yucatan getref het.

Vyf sterf in storms

2010-08-19 13:00

Storms, wat ‘n spoor van verwoesting regoor Algerië agtergelaat het, het die lewens van sowat vyf persone geëis, word berig.

Talle sterf in VSA-storms

2010-05-05 02:06

Minstens 26 mense het in die Suide van Amerika gesterf nadat groot storms vloede en tornado’s veroorsaak het.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 199,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.