‘n Man is deur plaaslike inwoners dood gevind aan die onderpunt van ‘n krans naby Romanweg in Molweni, Durban, het paramedici gesê.
Slegte weerstoestande het reddingswerkers gedwing om hul soektog na vermistes te staak nadat 'n veerboot in Papoea-Nieu-Guinee gesink het.
Egipte het met drie dae van rou begin ná die dood van 74 mense in geweld by ’n sokkerwedstryd in Port Said.
Die akteur Ian Abercrombie, wie se rolle Elaine se baas, “Mr Pitt”, op Seinfeld ingesluit het, het in die ouderdom van 77 gesterf.
Minstens 16 Siriese soldate is dood in aanvalle in die noord-weste van die land en naby die hoofstad, het aktiviste en die media berig.
Die dodetal in Rio de Janeiro het tot ses gestyg nadat drie geboue, waarvan een 20 verdiepings hoog was, ineengestort het.
Onlangse voorstelle om die spoedperk te verlaag om verkeersongelukke te verminder, toon dat die regering “na strooihalms gryp”.
'n Man is dood nadat hy deur 'n voertuig op die R56 naby Pietermaritzburg getref is. Die bestuurder van die voertuig het van die toneel weggejaag.
‘n Man het gesterf nadat hy twee verdiepings ver geval het van ‘n gebou in Westville, Durban, af, het paramedici gesê.
Die hoof van die maatskappy wat die Italiaanse passasierskip besit wat gestrand het hou vol die skip was nie van koers af nie.
Twee mense is dood nadat die motor waarin hulle gery het buite Kimberley op die R31 omgeslaan en verskeie kere gerol het.
Twee mans is in Despatch doodgeskiet en 'n ander gewond, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Twee kleuters het doodgebrand nadat hul ma hulle in ’n kamer in ’n woonstel toegesluit en gaan inkopies doen het.
Die man wat deur koring versmoor is toe ’n silo by Nova-voere op Malmesbury ineengestort het, het net drie maande by die plek gewerk.
‘n Man is dood nadat hy op die verhoog inmekaar gesak het tydens ‘n kulturele vertoning by die ANC se eeufeesvieringe, het die party gesê.
‘n Man het gesterf toe ‘n boom in Lenasia op hom geval het, het Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder vir ER24, gesê.
Die veteraan radio-persoonlikheid Robin Alexander, wat bekend was vir die sêding "brrright eyed and bushy tailed" is oorlede.
Minstens vyf mense is dood ná erge stormweer en vloedwater in uMsinga en uMvoti in KwaZulu-Natal verwoesting gesaai het.
'n Tienermeisie is op Nuwejaarsdag op slag dood toe die voertuig waarin sy gery het op die Kei Cuttings-pad in die Oos-Kaap gerol het.
Die veteraan-joernalis Veronica van der Westhuizen is op Nuwejaarsdag ná 'n stryd teen pankreaskanker in Port Elizabeth oorlede.
Ilse Naudé, vrou en steunpilaar van die legendariese teoloog dr. Beyers Naudé (98), is aan hartversaking oorlede.
Politieke partye het die ontslape leier van die Minderheidsfront, Amichand Rajbansi, geloof vir sy bydrae tot demokrasie in die land.
‘n Tienjarige seun is in 'n hospitaal in Butterworth dood nadat hy in Msombomvu deur 'n vragmotor getref is, het die polisie gesê.
Die leier van die Minority Front, Amichand Rajbansi, wat die bynaam die "Bengaalse Tier" gehad het, is dood, het ‘n familiewoordvoerder gesê.
'n 25-jarige man is dood en 47 mense is dakloos gelaat ná plakkershutte in Blaauwberg, Kaapstad afgebrand het.
’n Puntenerige man, maar ook ’n mens wat eintlik onsterflik is – só is JC Kannemeyer geprys nadat die nuus van sy dood bekend geword het.
'n Man is dood en 'n vrou beseer na hulle motor op Boschoffstraat in Pietermaritzburg omgeslaan en herhaaldelik gerol het.
Die rugbywêreld, vriende en familie het saam met die voormalige Bok- en OP Kings-rugbyspeler De Wet Barry gerou nadat sy eersteling oorlede is.
Die dodetal weens oorstromings in twee suidelike stede van die Filippyne en omliggende dele kan tot 'n 1 000 styg.
Twee tieners is in twee afsonderlike voorvalle naby Mthatha oorlede nadat hulle argumente gehad het, die Oos-Kaapse polisie gesê.
Nege mynwerkers is in 'n gasontploffing by 'n myn in sentraal-China dood. Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie.
Minstens agt mense is dood toe botsings tussen soldate en betogers in die middestad van Kaïro sy tweede dag ingegaan het.
'n Skermswewer wat glo nagelaat het om die harnas van sy sweefskerm vas te maak, het hom by die Winterhoekberge by Porterville doodgeval.
Drie boere van die Passenham-plaas naby Gingindlovu in KwaZulu-Natal is deur weerlig doodgeslaan, het die polisie gesê.
Vier mans is in 'n kop-aan-kop botsing op die R40 tussen Nelspruit en Barberton in Mpumalanga oorlede, het paramedici gesê.
Altesaam 24 van die 30 mense wat die naweek in 'n taxi-ongeluk op die N3 naby Harrismith dood is, is uitgeken.
'n Driejarige meisie is op slag dood toe sy nege vloere uit 'n gebou in Hillbrow geval het, het Johannesburgse nooddienste gesê.
‘n Vierjarige meisie het na haar dood geval ná sy alleen in ‘n woonstel in Hongkong, China, gelos is terwyl haar ma inkopies gedoen het.
Die voormalige kaptein van Brasilië se nasionale sokkerspan, Sócrates, het op die ouderdom van 57 in 'n hospitaal in Sao Paulo gesterf.
'n Man is dood toe 'n 16-wiel-vragmotor hom op die M13 in Gillitts, naby Durban, raakgery het.
Die enigste dogter van die Sowjet-tiran Joseph Stalin is in die Amerikaanse staat Wisconsin in die ouderdom van 85 oorlede.
Die flinke optrede van paramedici was nie genoeg om 'n motorfietsryer wat op die N1 in 'n motor vasgeploeg het se lewe te red nie.
’n Reeksmoordenaar in wording. Dít is hoe Chané van Heerden beskryf is kort voor sy vir ’n onbepaalde tydperk tronk toe gestuur is.
‘n Lid van 'n span wat aan die film G.I. Joe 2: Retaliation gewerk het, het op dié rolprent se stel gesterf.
‘n Man is dood en twee ander is in ‘n kop-aan-kop botsing op die N4-hoofweg naby Rondebosch Dam in Mpumalanga beseer.
Evelyn Lauder, 'n uitvoerende hoof van die kosmetiese reus Estée Lauder Cosmetics, is in haar huis in Manhattan, New York, oorlede.
‘n Man se lyk is deur sy tienerdogter in die boonste kamer van ‘n huis in Miami, waarin sowat 60 000 bye was, gevind.
Speurders is besig om die sewe lyke uit te ken nadat ‘n reuse-ongeluk op ‘n snelweg in Taunton, Brittanje gebeur het.
Die minister van vervoer het vir strenger strawwe vir padgebruikers gevra nadat 'n beampte en 'n motorfietsryer albei dood is in 'n ongeluk.
'n Man is dood ná 'n trekker oor hom gery het toe hy in Mid Illovo in KwaZulu-Natal van dié voertuig afgeval het.
Europa se snerpende koue het reeds die lewe van 62 mense in Pole geëis – en nege die afgelope 24 uur, het die polisie gesê.
Drie mense is dood nadat 'n trein in die noordooste van Indië 'n stootskraper getref het, het 'n spoorwegbeampte gesê.
Vier jong Sweedse toeriste en hul bestuurder is dood nadat hulle in 'n kop-aan-kop botsing met hul gehuurde motor betrokke was.
President Jacob Zuma het sy medelye aan die Mandela-familie betuig ná die dood van die voormalige president se suster.
'n Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n man en die aanranding van sy vrou op 'n hoewe naby Brits.
James Farentino, wat in talle films en televisiereekse verskyn het, is in die ouderdom van 73 in ‘n hospitaal in Los Angeles oorlede.
'n Sewentienjarige tiener is dood nadat hy in Melbourne op 'n trein se dak doodgeskok het, het 'n polisiewoordvoerder gesê.
Die Amerikaanse blues-sangeres Etta James het in die ouderdom van 73 in ‘n hospitaal in Riverside, Kalifornië, gesterf.
Die eienaar van ‘n gastehuis in Centurion is vrygespreek van moord nadat hy ‘n sekuriteitswag in die hand gebyt en die man gesterf het.
Drie mense is dood en 13 ander is beseer in 'n ongeluk tussen 'n minibustaxi en 'n motor op die N6 naby Queenstown in die Oos-Kaap.
Minstens 70 mense is steeds vermis nadat die luukse Costa Concordia passasierskip aan die Toskaanse kus gestrand het, het 'n beampte gesê.
Minstens drie mense is dood toe die luukse passasierskip Costa Concordia aan die Toskaanse kus gestrand het.
’n Bejaarde vrou van Bronkhorstspruit wie se gesondheid erg versleg het nadat twee rowers haar in die gesig geslaan het, is oorlede.
Die leier van die Wes-Afrika republiek van Guinea-Bissau, president Malam Bacai Sanha, is in ‘n Franse hospitaal in Parys oorlede.
’n Vrou wat op 10 Desember in die kop geskiet is tydens ’n huisrooftog in Wonderboom, Pretoria, is die naweek oorlede.
‘n Vrou het gesterf toe sy op ‘n onwettige elektrisiteitverbinding in Duncan Village, Oos-Londen, geval het, het die polisie gesê.
'n Vierjarige meisie het in Hillbrow na haar dood geval ná sy deur 'n venster op 'n hotel se sesde verdieping gebars het.
Die Britse polisie het 'n 20-jarige man van die moord op die Indiese student Anuj Bidve aangekla.
Die goewerneur van Argentinië se Rio Negro-provinsie is in 'n skietvoorval dood wat op Nuwejaarsdag by sy vakansiehuis plaasgevind het.
Twee mense is dood en drie is vermis ná erge storms in die noordelike deel van KwaZulu-Natal op Oujaarsaand.
Die noodlenigingsagentskap Dokters Sonder Grense het bevestig dat twee van sy personeellede in Mogadisjoe doodgeskiet is.
'n Man is dood toe die bakkie waarin hy gery het op die N1-noord naby die Allandale-weg-afrit in Midrand gerol het.
Twee mans is dood en ‘n vrou ernstig beseer nadat 'n bakkie en 'n motor op die N8 naby Petrusburg in 'n trompop-botsing betrokke was.
Vusi Mhlongo, 'n lid van die ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komitee, is op Kersaand in 'n hospitaal in Tongaat dood.
Die bestuurder van 'n bakkie is dood en sy passassier ernstig beseer toe die voertuig naby Kroonstad omgeslaan en gerol het.
Die Zimbabwiese polisie het gesê duikers het 11 lyke uit die Chivero-meer, naby die hoofstad, Harare, verwyder.
Vyf mense waaronder 'n kind is dood nadat hul motor teen 'n vragmotor op die N1 naby Mokopane gebots het, het paramedici gesê.
Minstens 106 joernaliste is in 2011 vermoor, waaronder meer as 100 aangeval en beseer is in lande soos Egipte, Libië en Tunisië.
'n Tweejarige seun is dood nadat tien plakkershutte in Lansdowne, Kaapstad aan die brand geslaan het, het die brand-en-reddingdienste gesê.
'n Man (41) is dood en vyf ander beseer nadat twee motors naby Mahikeng, Noordwes in 'n kop-aan-kop botsing betrokke was.
Een persoon is dood en 97 ander is dakloos gelaat nadat brande in informele nedersettings in die Kaapse Skiereiland voorgekom het.
Minstens 30 mense is dood en 14 ander word vermis nadat 'n oorlaaide boot in Nigerië omgeslaan het, het nooddienste gesê.
Minstens 50 000 mense sterf jaarliks weens padongelukke op paaie in Nigerië, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie.
'n Vrou is dood en vier ander mense is beseer nadat twee minibus-taxi's op die N4 buite Nelspruit teen mekaar gebots het.
Twaalf leerders is in die ooste van China oorlede nadat die skoolbus wat hulle vervoer het, omgeslaan het, het staatsmedia berig.
Drie mense is dood en een se toestand is kritiek ná twee voertuie reg van voor teen mekaar gebots het op die N1.
'n Man is buite Zeerust in die Noordwes-provinsie deur honde aangeval en doodgebyt, het 'n polisiewoordvoerder gesê.
Harry Morgan, wat veral bekend was vir sy rol as Kol. Porter in die televisiereeks M-A-S-H, is in die ouderdom van 96 oorlede.
'n Polisiebeampte wat wyle regter Patrick Maqubela se vrou op aanklagte van moord in hegtenis geneem het, het in 'n motorongeluk gesterf.
Vyf mense is dood en een is kritiek beseer toe hulle voertuig in Malamulele in Limpopo teen 'n padskraper gebots het.
'n Bejaarde vrou is dood nadat rowers 'n handsak by haar afgeneem het waarin sy haar man se as die laaste 17 jaar rongedra het.
'n Man op 'n klein motorfiets is dood toe hy in Boksburg beheer verloor het en en teen 'n stilstaande motor gebots het.
‘n Polisiebeampte het in ‘n hospitaal gesterf ná hy tydens ‘n jaagtog aan die Gautengse Oos-Rand in die oog geskiet is.
Die dodetal na nóg 'n dag van geweld in Sirië het op minstens 28 te staan gekom, het aktiviste gesê.
Tien mense is dood en 12 ander het beserings opgedoen nadat ‘n huis tydens ‘n begrafnisbyeenkoms in China ineengestort het.
Die kletsrymer Heavy D, wat enkele weke gelede nog by Michael Jackson se huldigingskonsert opgetree het, is dood.
‘n Man het in ‘n brand gesterf wat by die informele nedersetting Blikkiesdorp in Kaapstad uitgebreek het, het die polisie gesê.
‘n Man is dood nadat hy deur die maag geskiet is tydens ‘n geveg in ‘n kroeg in Welkom, het die Vrystaatse polisie gesê.
'n Man is dood ná hy uit 'n afleweringsvoertuig geslinger is toe die voertuig oor 'n spoedhobbel in Malvern, Durban gery het.
'n Vrou is dood en drie ander mense beseer toe twee motors in Jameson Park in Nigel aan die Oos-Rand teen mekaar gebots het.