Afgetrede wildbewaarders sal vir stakende wildbewaarders instaan by die Kruger Nasionale Park (KNP), het die park gesê.
Die groep Gautrein-busbestuurders wat aan onwettige stakings deelgeneem het, het afdankingsbriewe ontvang.
Meer as 300 werkers by die Kruger Nasionale Park gaan staak, wat kommer wek oor die beskerming van renosters teen stropers.
Groot ontwrigting word in Zimbabwe verwag wanneer staatsdienswerkers oor swak werksomstandighede in dié land sal staak.
Nigerië se president, Goodluck Jonathan, het aangekondig dat die petrolprys in die land verlaag sal word na 97 naira (sowat R4,90) per liter.
Samesprekings tussen die Nigeriese regering en arbeidsvakbonde het op 'n dooie punt uitgeloop, maar olielewering sal nié gestaak word nie.
Keniaanse dokters het ‘n week lange staking om beter salarisse te eis, afgestel nadat die land se leiers hulle gesmeek het om op te hou.
Duisende vakansiegangers kan gestrand wees as ’n staking deur vlieëniers van die laekostelugdiens Mango voortgaan.
Griekse vakbonde hou hul eerste algemene staking sedert Lucas Papademos die land se nuwe premier geword het.
'n Britse minister het gesê planne vir Engeland se grootste staking in dekades kan lei tot strenger wetgewing oor nywerheidsaksie.
Werkers by die Suid-Afrikaanse Raad van Verpleërs (SAVR) het Woensdag begin staak. Hulle dring aan op ‘n 10.5% salarisverhoging.
Qantas se dienste het ná dae se chaos na normaal teruggekeer, maar dié ikoniese lugredery sal nou passasiers se harte moet terugwen.
SAA kan geraak word deur die Australiese lugredery Qantas wat alle vlugte tot verdere kennisgewing weens nywerheidsaksie gekanselleer het.
Qantas is besig om finansieel te ly, maar as die lugredery gaan instem tot werkers se vereistes, kan dit sy toekoms in die gedrang stel.
Betogers sê hulle gaan Griekeland op die tweede dag van ‘n algemene staking tot stilstand bring nadat betogings in geweld ontaard het.
Talle vlugte uit Kaïro is vertraag as gevolg van ‘n staking deur lugverkeerbeheerders wat aandring op hoër salarisse.
Duisende Griekse staatsdienswerkers het met ‘n reuse-staking begin oor die land se besluit om pensioene en salarisse te sny.
Die Qantas-lugredery het gewaarsku dat sy bedrywighede ontwrig kan word weens sy personeel se tweede staking in twee weke.
Lede van die National Union of Mineworkers het 'n optog na Eskom se kantore in Johannesbur gehou om 'n memorandum met eise te oorhandig
Alle personeel van die Johannesburgse Noodbestuurdienste het vir werk opgedaag, ondanks dreigemente dat hulle gaan staak, berig RSG.
Meer as 16 000 werkers van Eskom maak gereed om te staak nadat loononderhandelings op 'n dooie punt uitgeloop het, het die vakbond NUM gesê.
Die munisipale vakbond Samwu sal Dinsdag aankondig of die nasionale staking afgelas gaan word, het 'n woordvoerder gesê.
Mobiele gesondheidsklinieke wat basiese dienste verskaf in KwaZulu-Natal word erg geraak deur die munisipale staking.
Munisipale werkers in Kaapstad gaan hul staking om beter salarisse na verwagting Vrydag by munisipale geboue voortsit.
‘n Staking in Chili het gewelddadig geëindig nadat talle betogers brandende versperrings opgerig en klippe gegooi het.
’n Optog deur die Independent Municipal and Allied Trade Union (Imatu) in Kaapstad, is afgestel toe Samwu-lede by die vergaderpunt opgedaag het.
Twee provinsiale leiers van die munisipale vakbond Samwu in Gauteng, is geskors, het die vakbond aangekondig.
Die stad Kaapstad gaan 'n interdik teen stakende lede van Samwu bekom om sommige werkers te dwing om terug te keer werk toe.
Stakende munisipale werkers het vullisblikke in Durban uitgegooi en 'n vullisspoor in dié stad se paaie agtergelaat.
Munisipale dienste oor die land heen kan tot stilstand gedwing word wanneer sowat 145 000 Samwu-lede tot ’n staking oorgaan.
Sowat 150 000 werkers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) sal volgende week begin staak.
Busbestuurders wat mense na die Gautrein vervoer, het begin staak aangesien hul ongelukkig is oor die salarisse wat hulle verdien.
Stakende busbestuurders van Rea Vaya gaan dalk afgedank word as hulle nie na hul poste terugkeur nie, het die City Press berig.
Werkers in die skoonmaakdienstebedryf het aangekondig dat hulle volgende week sal staak nadat samesprekings oor lone misluk het.
Stakende taxi-bestuurders in in Griekeland het toeriste verniet na die talle argeologiese besienswaardighede geneem.
Die weeklange staking in die steenkoolbedryf is beeïndig nadat ‘n ooreenkoms oor loonverhogings bereik is, het die Kamer van Mynwese gesê.
Joernaliste by die BBC het met 'n tweede staking begin oor 'n rusie oor afdankings wat dreig om die uitsaaier se sterkste programdienste te ontwrig.
Loonsamesprekings in die petroleum- en steenkoolsektor sal hervat word, het Dirk Hermann, woordvoerder van die vakbond Solidariteit gesê.
Treindienste in Johannesburg is weer terug na normaal ná 'n onwettige staking deur Metrorail-treindrywers geëindig het.
Ceppwawu sê sy lede het hul werkgewers se jongste salarisaanbod, wat 'n einde sou bring aan die twee week lange staking, van die hand gewys.
'n Nuwe aanbod wat dalk die staking in die petroleumstaking kan beëindig, word oorweeg, het die brandstof-kleinhandelaarsvereniging gesê.
Ceppwawu, wat werkers in die petroleum- en farmaseutiese sektor verteenwoordig, is nie beïndruk met die werkgewers se nuutste aanbod nie.
Die brandstoftekort kan dié week “chaoties” raak met skole wat heropen én addisionele werkers wat ook nou tot die staking toetree.
Die terugtog van vakansiegangers voordat skole landwyd heropen, kan die petrolkrisis vererger. Minstens 250 vulstasies in Gauteng is leeg.
Die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe (Seifsa) het gesê die twee week lange staking in die staal- en ingenieursektor is verby.
Nuwe loonsamesprekings in die petroleumsektor sal eersdaags begin, het die Nasionale Brandstofwerkgewersvereniging (NPEA) gesê.
Al hoe meer vulstasies het drooggeloop met nog geen vooruitsig op ’n einde aan die staking wat die brandstoftekorte veroorsaak nie.
Ondanks die staking deur farmaseutiese- en vervoerwerkers is daar nog geen tekort aan medisyne nie, het die gesondheidsdepartement gesê.
Terwyl petrolpompe leeg loop en apteke se medisynevoorraad minder word, is daar nog nie op 'n datum vir samesprekings besluit nie.
Solidariteit se 6 000 werkers in die petroleum-sektor sal by die landwye staking van werkers in dié sektor aansluit, het die vakbond gesê.
Lugverkeer in Frankryk word deur en stakende lugvervoerwerkers en swaar sneeuval ontwrig, het The Wall Street Journal berig.
Daar is geen alternatiewe dienste beskikbaar gestel vir die Gautrein-busdienste wat as gevolg van 'n staking opgeskort is nie.
Vakbondleiers in Zimbabwe het die staking wat veral skole erg raak tydelik opgeskort. Staatsdienswerkers eis dat salarisse verdubbel word.
’n Gespanne stilte het in Nigerië geheers met die aanbreek van die tweede week van geweld oor die afskaffing van brandstofsubsidies.
Nigerië het gereed gemaak vir nóg stakings ná onderhandelings om ‘n dispuut rakende brandstofpryse op te los 'n dooie punt bereik het.
Oliewerkers in Nigerië dreig om olieproduksie tot stilstand te bring indien die regering nie die subsidie op brandstof weer instel nie.
'n Groep lede van die nasionale jeugagentskap (Nyda) het begin staak en eis hoër bonusse, het The Times berig.
Honderde dokters in Kenia neem deel aan ‘n protesoptog in die hoofstad om meer medisyne en toerusting, sowel as groter salarisse te eis.
Brittanje maak gereed vir ontwrigting van skole, hospitale en die grenspatrollie terwyl 2 miljoen werknemers in die openbare sektor staak.
‘n Staking in die openbare sektor in Brittanje dreig om alle dienste by Heathrow, Europa se besigste lughawe, tot stilstand te bring.
Die drukgroep Rail Commuters Action Group waarsku dat die beplande Metrorail-staking groot ontwrigting vir sake-ondernemings kan veroorsaak.
Sensuswerkers in Durban het gestaak en gekla hulle word heelwat minder as hul eweknieë in ander provinsies soos Gauteng betaal.
Die Australiese lugredery Qantas het die drastiese stap geneem om al sy binnelandse en internasionale vlugte op te skort.
Duisende betogers het buite die Griekse parlementsgebou saamgedrom oor 'n omstrede wetsontwerp wat pensioene en salarisse gaan sny.
Griekeland tref tans voorbereidings vir een van die land se grootste stakings teen die regering se beplande finansiële besnoeiings.
Sowat 2 000 Zambiese mynwerkers staak vir die tweede opeenvolgende dag nadat die president belowe het hul werksomstandighede sal verbeter.
Vakbonde wat protesoptogte reël en nie behoorlik voorsorg tref nie, is self vir die skade verantwoordelik wat lede veroorsaak.
Spelers sal nie huiwer om te staak as beamptes nie aandag gee aan die verbetering van die tenniskalender nie, het die Brit Andy Murray gewaarsku.
‘n Staking deur nooddienswerkers in Johannesburg is kortgeknip nadat ‘n ooreenkoms tussen die stad en Samwu bereik kon word.
Sowat 700 nooddienswerkers (EMS) in Johannesburg gaan volgende week staak, het die munisipale vakbond Samwu gesê.
Die munisipale vakbond Samwu het sy twee week lange staking afgelas, het Mthandeki Nhlapo, 'n woordvoerder, bevestig.
Die vakbond Satawu het 'n ooreenkoms onderteken wat 'n einde sal bring aan die drie week lange staking, het 'n woordvoerder gesê.
Stakende munisipale werkers van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het na bewering ‘n motor met ‘n petrolbom gegooi.
Drank, dagga, pruike, knopkieries, vandalisme, vuur en rookwolke in die strate van Bloemfontein was alles deel van Samwu se betoging.
Stakende werkers van die munisipale vakbond Samwu, het glo 'n petrolbom op 'n Golden Arrow-bus in Khayelitsha, Kaapstad gegooi.
Die munisipale vakbond Samwu en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings sal na verwagting loonsamesprekings vandeesweek hervat.
Stakende munisipale werkers sal met niks minder as 'n dubbelsyfer-verhoging tevrede wees nie, het die munisipale vakbond Samwu gesê.
Vakbondleiers spring nou rond om almal behalwe hulself te blameer vir die gewelddadige optrede van die stakende munisipale werkers.
'n Chaos het kort voor middagete in die Kaapstadse middestad losgebars toe stakende munisipale werkers 'n pad met brandende bande versper het.
Sowat 21000 munisipale werkers in die Wes-Kaap wat aan die munisipale werkersunie Samwu behoort, gaan begin staak.
Busbestuurders van die Rea Vaya snelbusdiens het weer begin staak eens 'n dispuut wat sedert Junie nog nie bygelê is nie.
Die beplande verlaging van staatsamptenare se salarisse in Swaziland gaan voort ondanks die feit dat dié land R2.4 miljard van SA gekry het.
Ná 'n staking van sowat drie weke, het die De Beers-diamantmaatskapy en die vakbond, NUM, Donderdag ‘n loonooreenkoms geteken.
Johannesburg se Rea Vaya-snelbusdiens sal weer vandag gekanselleer word omdat busbestuurders met 'n onbeskermde staking besig is.
Vlugte van Air Zimbabwe is steeds gekanselleer en honderde passasiers is gestrand gelaat op die vyfde dag van 'n staking deur vlieëniers.
Die twee-weke taxi-staking in Griekeland het volgens owerhede die land se toerismebedryf onder “onuithoudbare” druk geplaas.
Die petrolstaking wat meeste van die land tot stilstand geruk het, is verby nadat werkgewers en vakbonde ‘n ooreenkoms bereik het.
Sowat 150 000 steenkoolmynwerkers van die vakbonde NUM en Solidariteit sal na verwagting vanaand begin staak weens 'n loongeskil.
Die meeste vulstasies in die Noordwes-provinsie is besig om droog te loop weens die voortslepende staking in die brandstofbedryf.
Werkers van die De Beers-diamantmaatskapy maak gereed om van Vrydag af te staak nadat praatjies oor lone deur die mat geval het.
Geen einde is nog in sig vir die staking in die brandstofbedryf nie. Die vakbonde het nog nie die jongste loonaanbod aanvaar nie.
Die taxibedryf ly daaglikse verliese van tot R2 miljoen weens die staking in die petroleumbedryf, het die Suid-Afrikaanse Taxi-raad gesê.
Die metaalwerkersvakbond Numsa het die nuutste salarisaanbod van die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe (Seifsa) aanvaar.
Terwyl baie vulstasies in groot stede opdroog, word spesiale voorkeur gegee aan vulstasies langs die roetes waarop vakansiegangers terugkeer huis toe.
Joernaliste by die BBC het begin staak aangesien talle joernaliste by die uitsaaier verpligte afdankings in die gesig staar.
Terwyl petrolpompe landwyd vinnig leeg raak weens die vakbond Ceppwawu wat staak, het die Vrystaat nog oorgenoeg brandstof.
Loononderhandelings in die ingenieursektor sal Donderdagmiddag voortgaan, het die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe (Seifsa) gesê.
Geen samesprekings is sedert Junie in die petroleumsektor gevoer nie, sê die Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood, and Allied Workers Union.
Minstens 150 vulstasies in Gauteng en 50 in KwaZulu-Natal is sonder petrol, het die brandstof-kleinhandelaarsvereniging gesê.
Engen sê sy vulstasies in Gauteng is besig om leeg te loop, omdat die bestuurders van petroltenkwaens by sommige depots staak of geïntimideer word.