Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, gaan sy finale beplanningskamp met 42 uitgenooide Super-rugbyspelers in Durban aanbied.
Heyneke Meyer het erken dat 'n reël van die Internasionale Rugbyraad hom verhoed om Victor Matfield vir die toetsreeks teen Engeland te kies.
Die sportminister, Fikile Mbalula, het aangekondig dat die voormalige Bok-breier Peter de Villiers, by die ontwikkeling van rugby betrokke gaan raak.
Die Japanse klubspan Suntory Sungoliath sê hy sal nie in Fourie du Preez se pad staan as sy dienste in Suid-Afrika benodig word nie.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het aangekondig dat onderhandelinge met nog vyf lede van die Springbokke se bestuurspan afgehandel is.
Heyneke Meyer stel sy Bok-kaptein eers in Junie bekend, maar het onthul dat hy beïndruk is met Jean de Villiers se leierskap in die Super-reeks.
Drie lede van die Jong Bokkies se vergrote oefengroep is uitgenooi na die Springbok-beplanningskamp wat in Kaapstad afgeskop het.
Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het 31 spelers van die Stormers uitgenooi na die laaste beplanningskamp in Kaapstad.
Die Springbok-losvoorspeler, Ashley Johnson, sê sy besluit om in Engeland te gaan speel is gemaak met die 2015 Wêreldbeker-toernooi in gedagte.
Die Stormers se kaptein en flank, Schalk Burger, kan straks tot Julie buite aksie wees en dus die Springbokke se toetse teen Engeland misloop.
Spelers van die Lions en die Cheetahs verstaan nou beter wat die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, van hulle verwag.
Drie oud-spelers het hul kandidate vir die Bokke se middelveld gekies ná die aankondiging dat die buitesenter Jaque Fourie nie meer beskikbaar is nie.
Jaque Fourie sal vir die volgende twee jaar nie beskikbaar wees om vir die Springbokke te speel nie, het die 29-jarige senter se agent bevestig.
Die Springbok-losskakel met die meeste toetse op sy kerfstok, Butch James, het sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig.
Saru het aangekondig dat 'n ooreenkoms bereik is wat hom sal toelaat om met vier afrigters by die Blou Bulle te onderhandel.
Die Springbokke moet leer om sonder Bakkies Botha oor die weg te kom en net as ’n laaste uitweg op sy knoppie te druk, sê Mark Andrews.
Die Australiese skeidsregter Steve Walsh sal in Junie twee van die drie toetse tussen die Springbokke en Engeland blaas, het die IRR aangekondig.
Engeland se rugbyspan kan dalk sonder ’n permanente breier na Suid-Afrika reis vir sy reeks van drie toetse teen die Springbokke.
Die toekoms van die land gesogste verdedigingsbreier, Jacques Nienaber, bly onseker nadat hy nog niks gehoor het van 'n potensiële Bok-pos nie.
’n Kragonderbreking het die Sharks se proefstryd kortgeknip, maar nie voordat JP Pietersen gewys het hy het wat dit verg om ’n buitesenter te wees nie.
Die gewese Bulls- en Blou Bul-skrumskakel Fourie du Preez is skynbaar die gunsteling om die Springbok-kapteinskap by John Smit oor te neem.
Heyneke Meyer het self sy spore in die Curriebeker-reeks verdien en weet dat dit ’n uitstekende leerskool bly vir opkomende talent.
Hy gaan vir eers nêrens nie, maar Heyneke Meyer, die nuwe Springbok-afrigter, erken dat hy dalk later in sy ampstermyn Kaapstad toe kan trek.
Heyneke Meyer gaan “na elke uithoek van die wêreld reis” om die sterkste moontlike Bokspan in die veld te stoot.
Die minister van sport, Fikile Mbalula, het sy volle steun aan die nuwe afrigter van die Springbokke Heyneke Meyer toegesê.
Die voormalige direkteur van rugby by die Blou Bulle, Heyneke Meyer, is aangewys as die nuwe Springbok-afrigter.
Kort voordat sy opvolger aangewys word, het Peter de Villiers gesê hy glo hy was suksesvol as die Springbokke se eerste swart afrigter.
Die Blou Bulle sê alhoewel dit nie in hul beste belang is nie, sal die span nie in Heyneke Meyer se pad staan as hy die Bok-pos aanvaar nie.
Heyneke Meyer en Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het vergader in aanloop tot die bekendmaking van die nuwe Springbok-afrigter.
Gert Smal, wat as 'n sterk kandidaat beskou word vir pos van die Springbokke se hoofafrigter, sal as hulpafrigter by Ierland aanbly.
Dit is beslis nie onmoontlik dat die Springbokke in die toekoms op Polokwane kan uitdraf nie – maar SA Rugby sal daaroor besluit.
Rassie Erasmus gaan in ’n heeltydse pos by die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) deel wees van die Springbokke se nuwe kern-afrigtingspan.
Die Stormers se leier, Schalk Burger, is die regte man om as Springbok-kaptein by hom oor te neem, sê John Smit.
'n Vars begin wag op die Springbokke, wat in 2012 'n nuwe afrigter, kaptein, sterre en waarskynlik ook 'n nuwe speelstyl sal hê.
Eddie Jones, voormalige afrigter van Australië se nasionale rugbyspan en ook Springbok-adviseur, is as Japan se hoofafrigter aangewys.
Derik Coetzee, kondisioneringsafrigter van die Springbokke, sal straks nie weer beskikbaar wees om die Bokke op die oefenveld te laat sweet nie.
Die Nieu-Seelandse skeidsregter Bryce Lawrence het erken hy het foute gemaak in die Springbokke se wedstryd teen die Wallabies by die WB.
Suid-Afrika moet dit oorweeg om sy internasionale rugby voortaan hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond te speel.
Die Springbokke kon beswaarlik vir ’n beter loting vra as die een wat Suid-Afrika vir aanstaande jaar se Rugby Kampioenereeks gekry het.
Sewe jaar nadat Schalk Burger met die gesogte prys as rugbyspeler van die jaar weggestap het, is hy weer as die land se beste speler gekroon.
Naka Drotské sê hy is vier jaar nadat hy nee gesê het om die Bokke se voorspelerafrigter te word, nou ryp om op die hoogste vlak af te rig.
Schalk Burger en Victor Matfield tel onder die vyf Springbokke wat benoem is vir Sarvu se Speler van die Jaar-toekenning.
Die oud-Springbok-afrigter Jake White, wat die wêreldbeker met Suid-Afrika gewen het, het sy simpatie met Peter de Villiers uitgespreek.
Peter de Villiers is beskikbaar om die Springbokke weer af te rig – 'n onthulling wat hy as ’n gas op die program Boots and All gemaak het.
Jake White glo Heinrich Brüssow se besering vroeg in die Springbokke se kwarteindstryd teen die Wallabies was ‘n duur verlies.
Jake White, afrigter van die Brumbies, het gesê hy sal waarskynlik nie binne die volgende vier jaar as Springbok-breier 'n terugkeer maak nie.
Die Springbokke het onder luide toejuiging deur die hekke van die O.R. Tambo-lughawe geloop, maar die Bok-glimlagte was skaars.
Peter de Villiers se loopbaan as internasionale afrigter het in Wellington amptelik tot ’n einde gekom ná die Springbokke se WB-nederlaag.
Hy's jammer vir die nederlaag, maar nie vir sy spankeuses nie. Dít was die boodskap van die uittredende Springbok-afrigter, Peter de Villiers
Die Wallabies het oor die Springbokke geseëvier in hul Wêreldbeker-kwarteindstryd op die Westpac-stadion in Wellington, Nieu-Seeland.
Die voormalige Springbok-slot Gerrie Britz het sy uittrede aangekondig nadat sy kontrak met die Franse klub Perpignan verstryk het.
Die Springbokke se voormalige hulpafrigter, Gary Gold, voorspel dat SA te sterk sal wees vir Engeland in die spanne se opkomende toetsreeks.
Die afrigter van Engeland se rugbyspan, Stuart Lancaster, het 'n groep van 42 spelers aangekondig vir die Rose se toer na Suid-Afrika.
Ruan Pienaar behoort 'n sterk kandidaat vir die Springbokke se nr. 9-trui te wees, meen sy spanmaat by die Ierse klubspan Ulster, Pedrie Wannenburg.
Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het Kaapstad as ‘n gelukkige man verlaat nadat hy drie baie suksesvolle beplanningskampe beleef het.
Die Stormers is gretig om die Springbok-flank Francois Louw terug te kry, weens 'n beseringskrisis onder die Kapenaars se losvoorspelers.
Die voormalige toetsspeler Mike Catt sal by Engeland se afrigtingspan aansluit vir die Rose se Junie-toetse teen die Springbokke.
Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het gesê hy mag dalk ‘n onervare span kies vir Engeland se opkomende toer in Junie.
Heyneke Meyer het die Sharks se jong slot, Pieter Steph du Toit, uitgenooi om die Springbokke se beplanningskamp in Pretoria by te woon.
Die voormalige Springbok-afrigter Jake White sê dit sal sin maak vir Heyneke Meyer om die afgetrede slot Victor Matfield te kies.
Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het 45 spelers van die Bulls en Sharks uitgenooi vir 'n tweede beplanningskamp in Pretoria.
Die Vrystaaste losskakel Johan Goosen, wat tans skitterspel lewer in die Super-rugbyreeks, het sy kontrak met die Cheetahs hernu.
Saru het bevestig dat Engeland twee weekwedstryde in Kimberley en Potchefstroom sal speel tydens die toetsreeks teen die Springbokke in Junie.
Die Bok-breier Heyneke Meyer beplan om Victor Matfield, wat verlede jaar sy uittrede aangekondig het, as Springbok-kaptein aan te stel vir 2012.
Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het ‘n groep spelers bekendgemaak wat volgende week die eerste beplanningskamp sal bywoon.
Spelers van die Bulls gaan nie enige gunste kry net omdat hulle Heyneke Meyer se werkswyse en karakter beter ken as die res van die land nie.
’n Wêreldspan, wat gelaai is met Springbokke, gaan op Kingspark in Durban teen die Sharks speel as afskeid vir die oud-Bok John Smit.
Die Springbokke het met een posisie opgeskuif in die mees onlangse ranglys wat deur die Internasionale Rugbyraad vrygestel is.
Daar's niks wat Heyneke Meyer nog nie gevra is nie.
Rassie Erasmus sal van die begin af voltyds die Bok-breier, Heyneke Meyer, en die Springbokke se tegniese analis wees.
Die tweestryd tussen Schalk Burger en Heinrich Brüssow kan selfs voor die Super-reeks ’n aanduiding van die toekoms van Bok-rugby gee.
Tien jaar nadat Piet van Zyl sy naam in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis verewig het met ’n duikslag, het hy nou weer ’n skeidsregter in die oog.
Saru het ’n reuse-tree vorentoe gegee toe hulle die gewese Bulls-breier Heyneke Meyer as die nuwe Springbok-afrigter aangestel het.
Oor sy planne vir die Springbokke en die afrigtingspan wat hy in die oog het, rep Heyneke Meyer nie ’n woord nie.
Heyneke Meyer het ’n plan – hy wil alle spelers kans gee op ’n plek in die Springbok-span én hy wil op verskillende rugbyvlakke betrokke raak.
Die voormalige Springbok Victor Matfield kan sy rugbystewels weer aantrek, maar slegs as Heyneke Meyer as die nuwe Bok-afrigter aangewys word.
Die weiering van die Bulle om Heyneke Meyer toestemming te gee om die Bokke af te rig, gaan hom nie keer om wel as afrigter aangewys te word nie.
In wat ’n verdere aanduiding is dat Heyneke Meyer as Bok-afrigter aangestel sal word, het sy nuwe en huidige werkgewers by Loftus Versfeld ontmoet.
Wian du Preez het sy kontrak met Munster verleng om die skrum van sy Ierse klubspan minstens tot 2013 saam met sy Springbok-spanmaat, BJ Botha, te anker.
Die Springbok-rugbylegende Naas Botha het gesê daar is geen rede hoekom Peter de Villiers nie as deel van die afrigtingspan kan bly nie.
As die room van Suid-Afrika se slotte teen die einde van die Super-reeks nog staande bly, sal ’n slotmaat vir Andries Bekker gesoek moet word.
Gary Gold, assistentafrigter van die Springbokke, is as direkteur van rugby by die Engelse Premierligaklub die Newcastle Falcons aangestel.
Dis ’n aller-yslike rugbyseisoen wat vanjaar wag en, les bes, sal ’n splinternuwe Bok-breier ’n splinternuwe Bok-span saamsnoer.
Peter de Villiers, berug vir sy omstrede uitsprake, beweer nou dat kort rugbyspelers vinniger dink as hul langer eweknieë
Mense wat sy “vreemde” opmerkings nie verstaan nie, “het ’n gebrek aan ruimtelike perspektief”, het die Bok-afrigter Peter de Villiers in 'n onderhoud gesê.
Tobie Titus, president van die WPRVU, het gesê Saru se besluit om net een Springbok-toets in 2012 aan Kaapstad toe te ken moet hersien word.
Die Nieu-Seelandse rugbyskeidsregter Bryce Lawrence het gesê hy sal nie in Suid-Afrika blaas as sy veiligheid in die gedrang kom nie.
Suid-Afrika se rugbymuseum op Nuweland in Kaapstad se deure gaan tydelik gesluit word om 'n nuwe tuiste vir die museum te vind.
Peter de Villiers sê hy sal beslis weer aansoek doen vir die Bok-afrigterspos wanneer sy kontrak aan die einde van die jaar verstryk.
Daar was etlike groen truie binne Eden Park op die dag van die Wêreldbeker-eindstryd tussen die All Blacks en Frankryk.
Die afrigters Rassie Erasmus en Allister Coetzee sê hulle stel vir nou nie daarin belang om die Springbokke se breier te wees nie.
Corne Krige, wat die Springbokke by die Wêreldbeker in 2003 gelei het, meen swak bestuur het die Bokke in vanjaar se toernooi laat struikel.
Frankryk het met hul prestasie om vanjaar se Wêreldbeker-eindstryd te haal, vir Wallis én Suid-Afrika op die IRR se ranglys verbygesteek.
John Mitchell het vroeg al bespiegelings in die kiem gesmoor dat sy sukses met die Leeus hom ’n kandidaat maak vir die Springbok-afrigterspos.
Om kaptein van die Springbok-span te wees, is ’n groot eer, maar Juan Smith wil eers terug op die rugbyveld kom en goeie rugby speel.
Die Internasionale Rugbyraad sal geen stappe teen die skeidsregter Bryce Lawrence neem ná sy vertoning in die WB-kwarteindronde nie.
Onfiks. Ongeërg. Onvoorbereid. Te praterig. Ongelooflike swak wedstryd. Maar nie skelm nie. Só word Bryce Lawrence beskryf.
Die gewese Springbok-senter Dick Muir sê die volgende Springbok-afrigter sal gehalte in die jong agterspelers van die Bok-span vind.
Peter de Villiers, wat in 2007 die leisels by Jake White oorgeneem het, sê hy dink sy tyd as die Springbok-breier het tot ‘n einde gekom.
Die oomblik van waarheid het uiteindelik in vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi vir die Springbokke en hul ondersteuners aangebreek.