Dokters by 'n hospitaal in Houston sal 'n operasie om 'n breingewas te verwyder regstreeks op die mikroblogdiens Twitter deel.
'n Gekskeerdery op die mikroblogdiens Twitter kan die jong popsensasie Justin Bieber duur te staan kom.
Wat word van jou Facebook-profiel wanneer jy tot sterwe kom? Amerikaanse wetmakers word toenemend gedwing om ernstig oor dié vraag te dink.
'n Video oor die Ugandese krygsheer Joseph Kony is die internetvideo wat die vinnigste ooit meer as 100 miljoen kykers gelok het.
’n Nuwe sosiale netwerk genaamd Yookos, wat gemik is op inwoners van Afrika en gebeure wat hulle raak, is van stapel gestuur.
Dokters in Houston het mediageskiedenis gemaak toe hulle die eerste keer ooit 'n hartomleidingsoperasie regstreeks op Twitter uitgesaai het.
Meer as 10 000 tweets per sekonde is die kuberruim ingestuur in die oomblikke ná Adele haar sesde Grammy-toekenning ontvang het.
Nuwe sosiale netwerke maak só gereeld hul verskyning dat dit moeilik is om daarmee tred te hou, toon 'n nuwe studie.
Prins Alwaleed Bin Talal van Saoedi-Arabië het sy belegging van honderde miljoene dollars in Twitter verdedig.
'n Man wat naak- en seksfoto's van sy eks-mesie op die internet gepubliseer het, sal vier maande agter tralies moet spandeer.
Die polisie het ‘n vrou se koplose lyk in ‘n Mexikaanse stad naby die grens gekry met ‘n handgeskrewe nota langs dit.
Sosiale netwerke is besig om die manier waarop toeriste hulle vakansieplanne maak, wesenlik te verander.
Die nuwe sosiale netwerk Google+ het om verskoning gevra vir die talle gemorsposse wat hy aan sy gebruikers gestuur het.
Google is die koning van internet-soeke, maar ‘n bleeksiel as dit met Facebook vir vriende moet kompeteer. Dit wil die maatskappy egter verander.
Met die spoed wat privaatheid ’n luukse op sosiale netwerke word, kan daar binnekort heelwat gebruikers met rooi gesigte wees.
Friendster, die voorganger van sosiale netwerke soos Facebook en MySpace, sal vir oulaas in sy huidige vorm uitteken en 'n nuwe jas kry.
Met die aanloop tot die 2011 munisipale verkiesings sal die DA elke Sondagaand 'n vraag-en-antwoord-sessie op Twitter hou.
Die kantoor van die Japannese eerste minister het ‘n Engelse Twitter-rekening oopgemaak sodat mense op hoogte van die situasie in Japan kan bly.
‘n Twitter-bedrogspul doen die ronde wat gebruikers onder die indruk bring dat hulle kan sien hoeveel ure hulle op dié netwerk deurbring.
Die internet is weer aan in Egipte na vyf dae se aanlyn-stilte, die grootste offisiële internet-donkerte nóg van sy soort.
Facebook het aangekondig dat verhoogde privaatheidsmaatstawwe vir gebruikers van dié sosiale netwerk in plek gesit is.
Sowat twee derdes van Amerikaanse tieners is gemaklik daarmee om hul ouers as Facebook-vriende te hê, het 'n studie bevind.
Die ANC vra dat sosiale netwerke soos Twitter wyses vind om kwaadwillige gerugte te verhoed na 'n gerug oor Nelson Mandela se beweerde dood.
Met ’n halfmiljard mense op Facebook, was 2010 ’n waterskeiding wat ’n stewige grondslag lê vir die toekoms van kommunikasie.
Jy mag nie owerspel pleeg nie, en jy mag nie Facebook gebruik nie, want dié twee loop saam, meen eerwaarde Cedric Miller van New Jersey.
Jesse Eisenberg vertolk dalk die rol van die stigter van Facebook op die groot skerm, maar dié akteur is geen tegnologie-kenner nie.
'n Nuwe wapen in die opvoedingsarsenaal het met die onlangse staking verreis - MXit.
Vriende en vreemdes weet dikwels via Facebook waar verbruikers hulself bevind, en nie bevind nie, en kenners meen dis nie altyd so goeie idee nie.
Nuwe navorsing toon dat selfoongebruikers deesdae veel meer tyd op sosiale netwerke spandeer as wat hulle gebruik om e-posse te lees.
President Barack Obama se administrasie wil dit makliker maak vir die Amerikaanse regering om internet en epos-kommunikasie af te luister.
Bekendes se obsessie met Twitter is glo besig om af te neem nadat al hoe meer sterre hul profiele op die sosiale netwerk gesluit het.
‘n Britse weermagsamptenaar beplan om die sosiale netwerk Twitter saam oorlog toe te neem en vanuit Afghanistan te tweet.
Dit is onmoontlik vir Facebook-gebruikers om Mark Zuckerberg, die stigter, op dié sosiale netwerk as 'n vriend te blok.
‘n Man van Florida is tronk toe gestuur nadat hy vir sy vrou, wat ‘n interdik teen hom gekry het, ‘n 'vriendskap versoek' op Facebook gestuur het.
Navorsers by Facebook het ‘n manier uitgevind om verbruikers se ras te bepaal deur sensusdata en ‘n analise van voorname en vanne te kombineer.
Foursquare is die nuwe sosiale netwerk op mense se lippe, maar die funksie wat jou presiese bestemming bekendmaak kan tot gevaar lei.
Die sosiale netwerk Facebook het Woensdag ‘n mylpaal behaal toe die gebruikers hiervan tot 500 miljoen wêreldwyd gestyg het.
Facebook het ingestem om 'n paniekknoppie op die webwerf te installeer om jong gebruikers te beveilig.
Sosiale netwerke kom handig te pas as jy wil flankeer, maar as jy daaraan dink om te skei, is dit miskien beter om jou vervreemde liefde te ‘unfriend’.
Twitter loop deur onder sokkergeesdriftiges nadat 'n rekord aantal tweets tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te veel was vir dié netwerk.
Die joernaliste van die New York Times is deur hul redakteur gewaarsku om nie meer die woord ‘tweet’ te gebruik nie.
Sepp Blatter, president van Fifa, het ‘n Twitter-rekening oopgemaak, net betyds vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika.
Facebook-gebruikers kan nou letterlik ‘n aanhanger van privaatheid word deur aan te sluit by hul privaatheidsblad.
'n Tendens van selfgesentreerdheid en eiebelang is aan die ontwikkel met die dat mense gereeld op sosiale netwerke kletter.
Pres. Hugo Chavez van Venezuela het ‘n span van 200 mense aangestel wat sy Twitter profiel en tweets vir hom behartig.
Brandstofreus BP gebruik nou sosiale netwerke om die jongste nuus oor die oliestorting in die Golf van Mexiko bekend te maak.
Na 'n toetsperiode van agt maande het Facebook die ontwikkeling van 'n "ligte" weergawe van sy gewilde webwerf vir eers gestaak.
Facebook en ander sosiale netwerke se monde sal nie sommer gesnoer kan word nie, maar hulle kan gedagvaar word vir goed wat gepubliseer word.
Twee Twitter-gebruikers moes die harde manier leer dat dreigemente teenoor Barack Obama ernstig opgeneem word.
Sosiale netwerke speel heeldag en aldag ‘n rol in ons lewens, van die oomblik wat ons opstaan tot slapenstyd en selfs op die toilet.
Die premier van Singapoer, Lee Hsien Loong, het sy eie Facebook-blad geskep om mense in staat te stel om self by hom te kla.
Vergeet van Facebook-vriende. 'n Nuwe toepassing op dié gewilde sosiale netwerk laat jou nou toe om mense ook as "vyande" te identifiseer.
'n Voormalige werknemer van Google het in 'n blog beweer dié internetreus is daarmee behep om sy mededinger, Facebook, uit te stof.
Die internetmaatskappy Yahoo! beweer die sosialenetwerk-reus Facebook het 'n hele rits van sy patente onregmatig gebruik.
Seksverwante boodskappe en artikels op Facebook en ander sosiale netwerke sal voortaan eers aan die Raad op Publikasies voorgelê moet word.
'n Wêreldwye koalisie teen sensorskap is nodig om aanlyn-joernaliste en bloggers te beskerm, het 'n mediawaghond gesê.
Die 54ste jaarlikse Grammy-toekennings was 'n reuse-sukses – en dis tot 'n groot mate te danke aan die invloed van sosiale netwerke.
Michael Birch, wat Bebo in 2005 saam met sy vrou op die been gebring het, het onlangs verwarring oor dié webtuiste op Twitter veroorsaak.
Harvard-universiteit was behoorlik in rep en roer toe die Facebook-stigter Mark Zuckerberg 'n besoek aan studente gebring het.
'n Nuwe webtuiste is geskep wat enigiemand met vervoerprobleme uit ’n verknorsing sal kan red en ook die planeet ’n uitlaatgasse spaar.
Nie net laat Google slegs genooide gebruikers toe om sy nuwe sosiale netwerk te gebruik nie – hy skop dié met vreemde name nog uit ook.
Die internetreus Google se nuwe sosiale netwerk Google+ het in die twee weke sedert sy ontstaan tot 10 miljoen gebruikers gegroei.
Die sosiale netwerk LinkedIn het Myspace verbygevat as die tweede gewildste netwerk in die Verenigde State van Amerika.
Navo-magte wat spook om die Libiese leier Muammar Gaddafi uit sy stoel te lig, het 'n nuwe wapen in die arsenaal – Twitter.
Televisie- en radio-persoonlikhede in Frankryk mag nie meer “Twitter” of “Facebook” op die lug sê nie, behalwe as dit in ‘n nuusstorie gebruik word.
Volgens James Franco, wat nog net vir bietjie meer as ‘n maand op Twitter bedrywig is, is sosiale media se dae getel.
As werknemers negatiewe boodskappe oor hul werk op sosiale netwerke plaas kan hulle afgedank word, meen 'n prokureur.
‘n Australiese skoolmeisie moes haar 16de verjaarsdagpartytjie kanselleer nadat haar Facebook-uitnodiging soos ‘n veldbrand versprei het.
Die owerhede sal moet wakker wees as hulle protesaksies wat al hoe meer op Twitter en ander sosiale netwerke gereël word, wil stopsit.
Suid-Afrikaners se selfoongewoontes het in die agelope jaar dramaties verander met die toetrede van slimfone en selfoon-internet tot die mark.
'n Opname wat onder 1 200 mans en vroue gedoen is, het getoon sosiale media speel 'n groot rol in hoe mense in verhoudings optree.
Facebook het in 'n bloginskrywing gesê dat gebruikers se persoonlike inligting met derdeparty-ontwikkelaars gedeel kan word.
‘n Vloed Twitter-boodskappe oor die Nuwejaar in Japan het tot ‘n nuwe rekord vir die sosiale netwerk gelei – 6939 tweets per sekonde.
Facebook het nuwe profielblaaie bekendgestel waarmee gebruikers onder andere meer kan uitbrei oor spesifikasies van hul loopbane.
Tieners wat baie tyd op sosiale netwerke en aan sms'e spandeer, is meer geneig om te rook, drink en losbandige seks te hê, lui 'n studie.
MySpace het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan in ‘n poging om weer bo uit te kom in die wêreld van sosiale netwerke.
Grootskaalse verwarring het geheers toe Facebook besluit het om toegang tot 'n bekende speletjiesvervaardiger se programme af te sny.
Twitter sal van 2011 af aan plaaslike ondernemings die opsie bied om advertensies op dié mikroblog-netwerk te koop.
Volgens 'n onlangse studie het Maleisiërs die meeste vriende op sosiale netwerke, terwyl Japannese gebruikers by verre die minste het.
Kuberkrakers het Dinsdag amok gesaai op Twitter se tuisblad weens ‘n fout met dié sosiale netwerk se sekuriteitsmaatreëls.
'n Universiteit in Pennsilvanië het hul koshuisstudente verbied om vir ‘n week lank van enige sosiale netwerke gebruik te maak.
Is dit ‘n goeie of ‘n slegte idee vir ouers om vriende met hul tieners te wees op sosiale netwerke soos Facebook?
Die popsangeres Lady Gaga kan binnekort Britney Spears se aantal volgelinge op Twitter oorskry en die wêreld se top-Twitter-gebruiker word.
Al ooit gewonder wat van jou Twitter-blad gaan word as jy sterf? Dié sosiale netwerk het pas sy beleid hieroor bekendgemaak.
Die besonderhede van 100 miljoen Facebook-gebruikers is versamel en deur ‘n sekuriteitskonsultant op die internet gepubliseer.
Facebook en Twitter word deur Thailand se minister van kultuur geblameer vir die swak taalvaardighede van Thaise studente.
Sit solank reg met jou skootrekenaar of selfoon en word deel van die nuwe kultuur wat besig is om die kyk van TV te ontwikkel.
Barack Obama het 10 miljoen aanhangers op Facebook, maar die sangeres Lady Gaga het hom voorgespring om dié merk oor te steek.
Die sosiale netwerk Twitter sê die rekord vir die meeste aantal tweets per sekonde is net na die wedstryd tussen Japan en Denemarke opgestel.
Die versoeking van 'n wit leuentjie op jou CV is groot, maar wees gewaarsku, werkgewers span tegnologie in om seker te maak jy vertel die reine waarheid.
Twitter, wat onlangs verskeie onderbrekings ervaar het, het gewaarsku dat nog probleme kan opduik te midde die Wêreldbekertoernooi.
Die kantoor van die Suid-Koreaanse president, Lee Myung-Bak, het ‘n rekening Twitter oopgemaak om kommunikasie te verbeter.
Facebook het pas ‘n baie belangrike nuwe lid gekry – die voormalige Amerikaanse president George W. Bush.
‘n Groep wat teen Facebook se privaatheidsbeleid protesteer het gesê dat meer as 30 000 mense die sosiale netwerk verlaat het.
Die gewilde selfoon sosiale netwerk MXit het sokkerkoors. Gebruikers kan nou regstreeks sokkertellings van reg oor die wêreld kry.
Facebook beplan nuwe funksionaliteit wat gebruikers sal toelaat om pasgemaakte weergawes van webwerwe te sien wat hulle elders besoek.
Die Duitse minister van verbruikersbeskerming het skerp kritiek uitgespreek oor die wyse waarop Facebook sy gebruikers se persoonlike data hanteer.
MXit het vuis gebal teen aanstootlike materiaal op die stelsel en sê niemand wat dié aanlyn-gemeenskap misbruik, sal geduld word nie.
Twitter-gebruikers is meestal op nuus gefokus terwyl MySpace mense lok wat hou van speletjies en vermaak.
Die Oscar-toekennings kan 'n uitgerekte affêre wees, maar nie as jy die pittige aanmerkings oor die seremonie op Twitter volg nie.