Julius Malema se bakkies is op ‘n sokkeraanhanger van Port Elizabeth se boud getatoeëer nadat Bayern Munich hom in die steek gelaat het.
Orlando Pirates het vir die tweede agtereenvolgende jaar Absa se Premier Sokkerliga gewen. Hulle het die Golden Arrows met 3-2 geklop.
Honderde miljoene mense oor die wêreld heen het gekyk hoe Manchester City oor Manchester United seëvier in die Manchester-derby.
Die SABC en Safa het 'n kontrak van drie jaar geteken vir die uitsaairegte van alle plaaslike wedstryde van die nasionale span.
Die sokkerspeler Fabrice Muamba, wat tydens 'n wedstryd in Engeland 'n hartaanval gehad het, is besig om te herstel en het reeds begin om te eet.
Fifa het gesê dit sal 'n "roetine ondersoek" loods na Bahrain se 10-0 oorwinning oor Indonesië tydens 'n kwalifiseringswedstryd vir die Wêreldbeker.
Traangas wat by 'n politieke byeenkoms naby die King Zwelithini-stadion buite Durban gebruik is, het 'n PSL-wedstryd in die gebied ontwrig.
‘n Parlementêre ondersoek in Egipte het nalatigheid deur die polisie blameer vir die dodelike geweld by ‘n sokkerwedstryd.
Egipte het met drie dae van rou begin ná die dood van 74 mense in geweld by ’n sokkerwedstryd in Port Said.
David Beckham het sy kontrak met die Los Angeles Galaxy hernu en ingestem tot 'n twee jaar kontrak met dié Amerikaanse sokkerliga-span.
Bafana Bafana pak Zambië met een oog reeds op die volgende Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2014 in Brasilië.
Bafana Bafana se sokkerjaar het begin soos hulle die vorige een afgesluit het – in trurat – toe die nasionale groep van 30 spelers gewysig is.
John Terry sal vervolg word oor beweerde rassistiese uitlatings wat hy in Oktober tydens 'n Premierliga-sokkerwedstryd gemaak he.
André Villas-Boas glo sy Chelsea-sokkerspan is terug in die titel-wedloop nadat hy Manchester City met 2-1 geklop het.
Die voormalige kaptein van Brasilië se nasionale sokkerspan, Sócrates, veg om sy lewe in 'n hospitaal in Sao Paulo.
Die voormalige breier van die Suid-Afrikaanse sokkerspan April Phumo is in 'n privaathospitaal in Bloemfontein ná 'n stryd teen kanker oorlede.
Die Suid-Afrikaanse Voetbalvereniging het gevra dat Sepp Blatter vergewe moet word vir die rassistiese aanmerkings wat hy gemaak het.
Die Britse media het ‘n beroep op Fifa se Switserse president, Sepp Blatter, gedoen om te bedank as gevolg van sy menings oor rassisme.
Die voormalige bestuurder van Orlando Pirates het vlugtig in verband met beweerde wedstrydknoeiery in die hof verskyn.
Die manier waarop Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, die frase “Visie 2014” geuiter het, het ’n mens byna laat oendervel kry.
Die Ivoorkus se Olifante sal Bafana Bafana met ’n sterbelaaide span in hul Nelson Mandela-uitdaagstryd pak.
Die wêreldsokkerbeheerliggaam, Fifa, het gesê hy sal belonings en amnestie aanbied vir inligting oor wedstrydknoeiery en korrupsie in sokker.
Bafana Bafana is’n plek in die Afrikabeker-toernooi kwyt en het steeds nie herstel van die vernedering van sy Afrikabeker-“uittog” nie.
Die Suid-Afrikaanse sokkerspan is gerat om die berg uit te klim wat oormôre in die Mbombela-stadion op hom wag, sê Itumeleng Khune.
Spanje is weer die koning van die sokkerwêreld, maar Brasilië en Bafana Bafana sal hul sokkies moet optrek.
Egiptiese sokkerboewe het met die polisie by ‘n stadion in Kaïro gebots nadat hulle onder andere motors aan die brand gesteek het.
Ná die eerste ronde van die nuwe Engelse sokkerseisoen is daar nie baie om oor huis toe te skryf nie, tensy jy ’n ondersteuner van Manchester United is.
Steven Pienaar, Bafana Bafana-kaptein, is nie in die span vir die wedstryd teen Burkina Faso wat in Johannesburg gespeel word nie.
Suid-Afrika is in Rio de Janeiro in Groep A van die eerste kwalifiserende ronde vir dié vierjaarlikse wêreldbeker-toernooi in 2014 geloot.
Die Zimbabwiese vrouespan het Suid-Afrika se Banyana Banyana, die verdedigende kampioene, in die Cosafa-vrouetoernooi se eindstryd geklop.
Die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) het ingestem om R5 miljoen vir die Bafana Bafana-handelsmerk te betaal.
Die Suid-Afrikaanse sokkervereniging het tydens 'n mediakonferensie in Johannesburg aangekondig dat Puma die nasionale span se nuwe klereborg is.
Die strop om die nek van Sepp Blatter het nóg stywer getrek nadat politici daarop aangedring het dat Fifa se presidentsverkiesing uitgestel word.
Nadat hy in 676 wedstryde vir Manchester United uitgedraf het, het die 36-jarige middelveldspeler Paul Scholes aangekondig dat hy sy stewels gaan ophang.
Barcelona-aanhangers is in die wolke nadat dié span Manchester United 3-1 in die einstryd van die Europese Kampioeneliga geklop het.
Nie net kan die gedreun van vuvuzelas sokkeraanhangers ore laat toedruk nie; elke souserige trompetblaas van ‘n aanhanger kan jou siek maak.
Volgens Fifa se jongste wêreldranglys het Bafana Bafana hul posisie die afgelope 12 maande met 52 plekke verbeter.
Die Argentynse sokkerlegende Diego Maradona gaan die leisels as nuwe afrigter van die Al Wasl-sokkerklub in Doebai vat.
Manchester City het as wenners uit die stryd getree in 'n strawwe FA Cup-eindstryd teen Stoke, wat in hulle eerste finaal te sien was.
Die Manchester United-afrigter Alex Ferguson is van ontoelaatbare gedrag aangekla nadat hy onlangs vir 'n soortgelyke oortreding geskors is.
Bafana Bafana se afrigter Pitso Mosimane het besluit om plaaslike spelers 'n speelkans te gee in die vriendskaplike wedstryd teen Tanzanië.
Cristiano Ronaldo van Real Madrid het bewerings herhaal dat skeidsregters Barcelona se sokkerspan bevoordeel.
Die legendariese Suid-Afrikaanse sokkerafrigter Eddie Lewis het in 'n Johannesburgse hospitaal gesterf.
Safa is vasbeslote om 'n nuwe bynaam vir Suid-Afrika se nasionale sokkerspan te vind tensy die eienaar van die Bafana-handelsmerk sy prys heroorweg.
Forbes-tydskrif het Manchester United vir die sewende agtereenvolgende jaar as sokker se rykste klub aangewys.
Die voormalige Bafana-doelskieter Benni McCarthy wil steeds deel wees van die Suid-Afrikaanse sokkerspan selfs al is dit nie as speler nie.
‘n Duitse Bundesliga-sokkerspan sal sy volgende wedstryd agter geslote deure speel ná ‘n skeidsregter in 'n vorige wedstryd met ‘n bier teen die kop gegooi is.
Suid-Afrika se vroue-sokkerspan, Banyana Banyana, het sy Olimpiese kwalifiserende wedstryd teen Tunisië met 1-0 gewen.
Aaron Mokoena, Bafana Bafana se afgeskeepte WB 2010-kaptein en mees ervare verdediger, het wéér ’n afjak van die breier, Pitso Mosimane, gekry.
Die skeidsregter wat in die eindstryd van die 1958 Wêreldbeker-sokkertoernooi tussen Brasilië en Swede geblaas het, is in die ouderdom van 98 jaar oorlede.
Chelsea het Bayern Munich in ‘n dramatiese valbylstryd by die Allianz-arena geskok en die Kampioenliga vir die eerste keer gewen.
Die gasheerstede vir die sokkerwedstryde van die 2013 Afrikabeker-toernooi, wat in Suid-Afrika beslis word, is bekendgemaak.
Twee spelers en 'n assistentafrigter van die Nigeriese Premierliga-span die Ocean Boys is ernstig beseer in 'n "aanval" voor 'n wedstryd.
'n Sokkerspeler is met 'n mes doodgesteek nadat 'n bakleiery uitgebreek het by 'n Paas-toernooi in die Oos-Kaap, het polisie gesê.
Die Bolton-sokkerklub in Engeland het bevestig dat Fabrice Muamba, wat tydens 'n wedstryd inmekaargesak het, 'n hartaanval gehad het.
Die Suid-Afrikaanse sokkerspan se hoop op ’n skaars sege teen een van Afrika se swaargewigte rus vierkant op die skouers van sy kaptein.
Zambië het 28 plekke op die Fifa-ranglys tot die 43ste plek in die wêreld geklim nadat hy die Afrikabeker-toernooi gewen het
Bespiegeling het ’n tweede agtereenvolgende dag bygedra tot verwarring oor wie die volgende sokkerafrigter van Engeland gaan wees.
Die gelukbringer van 'n Brasiliaanse sokkerspan is geskors nadat hy vuil gebare teenoor ondersteuners van 'n opposisiespan gemaak het.
Die Argentynse sokker-legende Diego Maradona is in 'n hospitaal in Doebai opgeneem om nierstene te laat verwyder.
Steven Pienaar se agent, Rob Moore, het gerugte ontken dat die Bafana Bafana-kaptein by Arsenal gaan aansluit.
AZ Alkmaar se doelwagter het letterlik en figuurlik ’n skop onder die agterwêreld gekry in sy sokkerspan se kragmeting met Ajax Amsterdam.
Spanje is aangewys as Fifa se span van die jaar, nadat hy vir die vierde agtereenvolgende jaar bo aan die Fifa-punteleer geëindig het.
Suid-Afrikaanse sokker het nog ’n toets gedop toe die nasionale o.23-span nie vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele kon kwalifiseer nie.
Baba-Bafana Bafana se kans om aan volgende jaar se Olimpiese Spele deel te neem, het nóg ’n reuse-terugslag beleef.
Togo se sokkerfederasie het gesê ‘n voormalige doelwagter van die nasionale span is onder andere dood toe ‘n spanbus by ‘n kloof afgery het.
Die voormalige Engelse sokkerkaptein David Beckham het Fifa se president, Sepp Blatter, se menings oor rassisme in dié sport veroordeel.
Met dié saamgeflanste sokkerspan kan Bafana Bafana tot ’n mate verskoon word vir sy “skande” noord van die Limpopo.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het hul foute reggestel en teen die Ivoorkus in Port Elizabeth terugbaklei om 1-1 gelykop te speel.
Gee kans, die doele sal kom. So sê die jong doelskieter Bradley Grobler (23) wat dalk die naweek sy debuut vir Bafana Bafana maak.
Die Engelse sokkerspeler Titus Bramble, wat vir Sunderland speel, is aangekla van seksuele aanranding en dat hy in die openbaar urineer het.
'n Britse koerant het ‘n video vrygestel waarin die voormalige visepresident van FIFA, Jack Warner, die betaling van omkoopgeld bespreek.
Die land se sokkerbase het reeds regshulp ingewin en gaan Suid-Afrika se bisarre “weglating” uit aanstaande jaar se Afrikabeker-toernooi betwis.
’n Stywe dyspier, ’n erge geval van voetskimmel – en geen Steven Pienaar nie. Dít is die uitdagings wat Bafana Bafana in die gesig staar.
Daar is skynbaar steeds geen keer nie aan Manchester United in sy opmars na ’n rekord 20ste Engelse Premierliga-kroon.
Bafana Bafana se veldtog om vir aanstaande jaar se Afrikabeker-toernooi te kwalifiseer, het ’n terugslag beleef met ’n nederlaag teen Niger.
Die uitbarsting van Burkina Faso se sokkerafrigter, oomblikke nadat Suid-Afrika sy span afgeransel het, is niks anders nie as suur druiwe.
Ajax Kaapstad het bekendgemaak hulle sal hul tuiswedstryde voortaan vir die volgende drie jaar by die Kaasptad-stadion speel.
Die skouspelagtige eindstryd van Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue het vir ‘n nuwe rekord op die sosiale netwerk Twitter gesorg.
'n Deel van die FC Twente-stadion in die ooste van Nederland se dak het ingegee, en 'n onbekende hoeveelheid mense is in die puin vasgekeer.
‘n Gautengse man is in Kaapstad in hegtenis geneem vir beweerde wedstrydknoeiery in die Premiersokkerliga, het die polisie gesê.
Sepp Blatter is in Zürich onbestrede herverkies as president van die internasionale sokkerfederasie (Fifa), ondanks ’n week vol omkoop-drama.
Afgevaardigdes het in Zurich begin aankom vir Fifa se jaarkongres te midde van die grootste krisis in die geskiedenis van sokker-administrasie.
Krisis, wat is ’n krisis? Dít was die woorde van Fifa se president, Sepp Blatter, nadat 'n topbeampte Blatter van grootskaalse korrupsie beskuldig het.
Die nuutste beweerde omkoopskandaal wat dreig om wêreldsokker uitmekaar te skeur, is niks meer nie as ’n heksejag deur die Fifa-president, Sepp Blatter.
Chelsea het hul afrigter, Carlo Ancelotti, in die pad gesteek kort nadat dié Engelse sokkerklub teen Everton verloor het.
Die wêreld- en Europese kampioen Spanje is steeds bo-aan Fifa se lys van die wêreld se tien beste sokkerlande.
Sy span se Serengeti-ekspedisie wys daar is diepte, sê Pitso Mosimane, breier van die Suid-Afrikaanse sokkerspan.
Manchester United het vir die 19de keer as Engeland se sokkerkampioene uit die stryd getree danksy 'n gelykopuitslag teen Blackburn Rovers.
Bewerings dat Katar by omkopery betrokke was om die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2022 aan te bied, het wyd opslae gemaak.
'n Sokkerspeler van Kazakstan is lewenslank geskors nadat hy 'n opponent met 'n karateskop neergevel het.
Die sokkerliggaam Fifa het Julie 2012 as sperdatum gestel vir ‘n besluit oor die toelaatbaarheid van doellyntegnologie in sokker.
Die Barcelona-sokkerklub se direkteure het vergader om te besluit of hulle Real Madrid se afrigter, José Mourinho, by Uefa gaan verkla.
Kort na hulle dramatiese oorwinning in die Spaanse Beker het Real Madrid letterlik die beker uit hul hande laat glip.
'n Chinese sokkerklub het 'n Brasiliaanse speler beboet en geskors omdat hy geweier het om respek te betoon vir sy afrigter.
Die voortslepende twis om die bynaam van die Suid-Afrikaanse sokkerspan het nie sy opmars op die wêreldranglys gehalt nie.
'n Tugkomitee gaan besluit of enige stappe geneem sal word na ondersteuners geweldadig opgetree het by 'n wedstryd van die Afrika-kampioeneliga.
Bafana Bafana het hul kwalifiseringswedstryd in Johannesburg teen Egipte gewen na 'n doel in die doodsnikke van die kragmeting.
Die sokkerliggaam Fifa het aangekondig dat hy dissiplinêre verhore sal hou vir ses wedstrydbeamptes wat van wedstrydknoeiery verdink word.
Die eenvoud van sokker spreek die ganse planeet aan. Almal wat al die voorreg gehad het om in Thailand te reis, weet van die kroegies wat adverteer dat hulle Everton teen West Brom en Rambo III op hul TV’s vertoon.