Meer as 120 Afgaanse skoolmeisies en drie onderwysers is vergiftig in 'n aanval wat blameer word op konserwatiewe radikale.
Die polisie in Italië is nog op soek na ‘n man wat op beeldmateriaal vasgevang is nadat hy vermoedelik 'n bom by 'n skool laat ontplof het.
Die polisie in Italië het ‘n man ondervra in verband met ‘n bomaanval by ‘n hoërskool wat die lewe van ‘n 16-jarige meisie geëis het.
Donald Grant, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, neem verantwoordelikheid vir probleme by 'n skool waar leerders roomysbakke as lessenaars gebruik.
Die Nasionale Vereniging vir Skoolbeheerliggame sê kinders moet verbied word om selfone by Suid-Afrikaanse skole te gebruik.
Meer as 1 000 onderwysers het nie vir die begin van die skoolkwartaal opgedaag nie aangesien hulle te moeg was ná ‘n sportgeleentheid.
Daar is ernstige probleme met lees op skool in Suid-Afrika en tussen 60% en 70% van leerlinge lees nie op ’n aanvaarbare vlak nie.
‘n Meisie, wat deur haar pa gedwing is om te bedel as straf omdat sy swak punte op skool gekry het, is van die straat af gered.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, is ontevrede met die ondoeltreffende aanwending van onderwysers.
‘n Graad 8-leerling is by ‘n Durbanse skool in ‘n bakleiery oor ‘n selfoon doodgesteek, het die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement gesê.
Daar is beslag gelê op ‘n jagmes, skroewedraaier, geroeste skêr en agt pakkies dagga wat leerders by ‘n skool in Lindelani gehad het.
Wanneer mense evolusie as wetenskap teenstaan, ondersteun hulle eintlik diskriminasie, het 'n skrywer en wetenskap-leerkrag gesê.
'n Sewentienjarige Amerikaanse gay tiener beweer hy is vir drie dae geskors nadat hy hoëhakskoene skool toe gedra het.
‘n Sestienjarige seun is deur 'n ander seun doodgesteek by ‘n skool in Valhalla Park, Kaapstad, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
Een skolier is dood en vier ander is gewond ná 'n gewapende man by 'n skool in die Amerikaanse staat Ohio begin skiet het.
‘n Tienjarige meisie wat ‘n broek in plaas van ‘n romp na haar skool gedra het, moes na bewering uittrek en in haar broekie skoolgaan.
‘n Klag van aanranding teen ‘n skoolmeisie by die Krugersdorp Hoërskool word ondersoek nadat sy glo ‘n mede-leerling met ‘n bottel geslaan het.
Verpligte onderrig in ’n inheemse taal is vir alle Suid-Afrikaanse skole op pad, het departement van basiese onderwys gesê.
Maniere moet gevind word om Suid-Afrikaanse onderwysers te verbeter, het emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu gesê.
Die departement van Basiese Onderwys sê laat aansoeke het op die eerste skooldag in vyf provinsies probleme veroorsaak.
Leerders se emosies was ‘n kombinasie van senuwees en opwinding met die Gautengse skole wat vir die jaar geopen het.
Barbara Creecy, Gautengse LUR vir onderwys, soek ’n wen-wen-oplossing vir toelatingskwessies in haar provinsie.
Skool- en universiteitsgeld styg volgende jaar met gemiddeld 10% wat dit vir al hoe meer mense onbekostigbaar maak.
Matriekseuns aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville kon eers hul eksamennommer vir die eindeksamen kry ná ’n draai by die haarkapper.
Leerlinge wie se langverwagte Europese sporttoer skeefgeloop het nadat die organiseerder glo nie die hotel betaal het nie, is veilig tuis.
Die Wes-Kaapse regering ondersoek die beweerde aanranding van ‘n hoërskoolleerling deur twee veiligheidswagte by 'n hoërskool in Kaapstad.
Die nuwe skooljaar sedert Zine el Abidine Ben Ali uit die kussings gelig is, gaan begin met nuwe handboeke waarin hy nie genoem word nie.
Skole moet dit maar erken, almal het probleme met geweld, niemand is te “grand” daarvoor nie, het 'n skoolhoof in Welkom gesê.
Seuns by ‘n Hoërskool in Pietermaritzburg wat in die meisieskoshuis betrap is, is uit hul koshuis geskors, het die onderwysdepartement gesê.
Twee seuns is by skole in Mangaung en Heidedal in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en messe, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Die getal wit leerders tussen 16 en 18 jaar wat geen onderwysinstellings bywoon nie, het van 2002 van 8,1% tot 13,4% in 2009 toegeneem.
Afrikaners wat veg vir skoolbeheerliggame om Christelike onderrig in skole te vestig, skep ’n monster wat later buite beheer gaan raak.
Die Duitse maatskappy Siemens AG gaan ‘n projek om ‘n skool in Nelson Mandela se geboorteplek te bou, befonds.
Ja, hy verkoop onwettig steroïede aan kinders. So het ’n spiertier en ’n selferkende steroïedesmous die afgelope week aan Rapport erken.
‘n Onderwyser in 'n liefdesdriehoek was die slagoffer van jaloesie toe die man van sy skelmpie by sy skool opgedaag en hom gesteek het.
Die Grammy-bekroonde Black Eyed Peas gaan hul talente met tieners in deel deur 'n musiekskool in New York oop te maak
‘n Amerikaanse leerling het ‘n geweer na sy laerskool gebring en was onder drie leerders wat beseer is toe ‘n skoot afgevuur is.
Die dood van 'n eerstespan-rugbykaptein was klaarblyklik die gevolg van ’n normale skoolbakleiery wat skeefgeloop het, sê ’n landdros.
Die dodetal van ‘n skool-skietery in Rio de Janeiro, Brasilië, het na twaalf gestyg nadat ‘n 13-jarige seun aan sy beserings beswyk het.
‘n 14-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo sy onderwyseres met ‘n mes in die maag gesteek het, het die polisie bekend gemaak.
‘n Man wat gemaak het asof hy ‘n regeringsbeampte is, het ‘n dorp in Guyana se skool oorgeneem, kinders slae gegee en skoolure verander.
‘n Australiese seun dagvaar die regering aangesien hy glo steeds ongeletterd en ongesyferd is ten spyte daarvan dat hy by ‘n skool geleer is.
Owerhede in Wisconsin het steeds geen idee hoekom ‘n tiener sy klas in November gyselaar gehou en homself doodgemaak het nie.
Bolandse skoolhoofde en rugby-amptenare is ontstoke oor die Blou Bulle hul beste kalwers na spogskole in Pretoria lok.
Skole in Los Angeles wil nie hê dat Jamie Oliver aangaan om sy realiteitsreeks, Oliver’s Food Revolution, in hulle kafeterias verfilm nie.
Die beloofde werkboeke vir gr. 1 tot gr. 6 in geletterdheid en gesyferdheid wat 19 000 laerskole sou kry, het tientalle skole steeds nie bereik nie.
Al hoe meer ouers vra afslag op skoolgeld. Baie skole sien ’n toename in wanbetaling en dit is moeiliker om deur projekte geld in te samel.
Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het uitgevaar teen die bestaan van private skole en dit as “bastions van klasse-ongelykheid” bestempel.
Die hoërskole Uitsig en Silverton het kapsie gemaak omdat hulle onlangs op ’n lys as 'Engelse' skole in die Pretoria-omgewing ingedeel het.
Vier seuns, tussen die ouderdomme van agt en nege, is dood toe hul koshuis by die Christiana Skool vir Blindes aan die brand geslaan het.
‘n Veertienjarige skoolseun met twee wapens in sy besit het gevlug nadat hy ‘n skoot afgevuur het by sy skool in die suide van Duitsland.
Die departement van basiese onderwys sê skole sal oor drie jaar onherkenbaar wees met hul program van versnelde infrastruktuurlewering.
Die plaaslike mafia, die United Sacred Crown, is vermoedelik agter die bomaanval by ‘n meisieskool in Italië waarin een persoon dood is.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê haar departement gaan R6 miljard slegs aan infrastruktuur bestee.
‘n Sesjarige kind is dood en twee ander is beseer in ‘n aanval by ‘n skool op die buitewyke van Peshawar in die noordweste van Pakistan.
‘n Ontleder sê dit sal miljarde rande kos om SA se onderwysstandaarde te verbeter aangesien talle kwessies bydra tot die lae standaarde.
ltesaam 769 fietse is aan skole in die Thembisile Hani munisipaliteit geskenk vir skoliere om te gebruik sodat hulle betyds vir skool kan wees.
‘n KwaZulu-Natalse skoolhoof het vir byna sewe jaar sy volle salaris gekry sonder om in die posisie aangestel te wees, lui 'n berig.
‘n Privaatskool in Honeydew, Johannesburg, is deur ‘n groep van vier gewapende mans beroof, het die polisie gesê.
Alle leerlinge wat aan skolesport deelneem, gaan binnekort aan verpligte opkikkertoetse onderwerp word om te verseker skolesport is dwelmvry.
Twee leerlinge is glo gedwing om babakos te eet waarin daar gespoeg is in ‘n ontgroening by ‘n hoërskool in KwaZulu-Natal se netbalspan.
‘n Leerder se skrotum is oopgesny nadat hy glo deur ‘n onderwyser met 'n sambok geslaan is omdat hy nie sy tuiswerk gedoen het nie.
Leerlinge het amok gemaak by ‘n skool in Johannesburg in die nadraai van die moord op ‘n seun by die skool vroeër in die week.
Die polisie ondersoek 'n skietery by 'n Amerikaanse skool waarin 'n leerder dood en vier ander gewond is. 'n Verdagte is in aanhouding.
Die skoolhoof van die Cosmo City-laerskool naby Fourways, waar ‘n meisie gedwing is om in haar broekie skool te gaan, is geskors.
‘n Driejarige seun is uit Crawford College in Sandton, Johannesburg, geskors – drie dae nadat hy by die skool aanvaar is.
Een van die skole wat deur 'n afvaardiging in die Noordwes besoek is, is reeds vir 'n jaar sonder 'n wiskunde- en wetenskaponderwyser.
‘n Skietvoorval het buite ‘n laerskool in Johannesburg plaasgevind nadat ‘n veiligheidswag ‘n verdagte man in ‘n voertuig gesien het.
Boeke en skryfbehoeftes is in ‘n voorval van brandstigting by ‘n hoërskool in Matlala vernietig, het die polisie in Limpopo gesê.
Ouers en leerders is deursoek soos wat hulle deur die hekke van die nuutgeboude Itirele-Zenzele Sekondêre-skool in Diepsloot beweeg het.
Die meeste skole het reeds hul roosters aangepas vir die langer skooldag wat volgende jaar vir leerlinge in die grondslagfase (gr. 1 tot 3) wag.
Dertig nuwe skole sal in Januarie oopmaak om die druk van bestaande skole in Gauteng minder te maak, het die departement van opvoeding gesê.
Die saak teen twee opsigters wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n hond lewend begrawe het, is deur die Khayelitsha landroshof uitgestel.
Sowat 200 leerders van die Sekondêre Skool Chris Hani in Khayelitsha het voor die Wes-Kaapse parlement betoog oor hul veiligheid.
’n Sporttoer na Portugal en Spanje wat vir 150 skoolkinders ’n onvergeetlike ervaring moes wees, het in ’n nagmerrie ontaard.
Bulgaarse skole het met die aanvang van die nuwe skooljaar besluit om terug te keer na 'n meer konserwatiewe manier van dinge doen.
Die polisie in Mpumalanga moes ‘n skoolhoof red wat homself in sy kantoor toegesluit het uit vrees dat betogende leerlinge hom sou aanrand.
’n Selfoonvideo van twee skoolmeisies van Welkom wat mekaar onder luide aanmoediging van maats met die vuiste bydam, het soos ’n veldbrand versprei.
Die polisie het 'n 17-jarige seun in hegtenis geneem wat die skool in Florida wat hom geskors het, met 'n bomaanval wou terugbetaal.
Die bouterrein waar Madonna se akademie vir meisies in Malawi opgerig sou word om dokters en leiers vir dié land op te lei, staan vervalle.
Onderwyskenners en leerders van Suid-Afrika en Amerika sal 'n vigsvoorkomingsprojek in Manenberg op die Kaapse Vlakte bekendstel.
SA kinders se swak geletterdheids- en syfervaardighede is bevestig. Die jaarlikse nasionale assesserings toon min verbetering...
'n Skoolmeisie (14) van Kaapstad is in 'n ernstige toestand in die hospitaal nadat sy verskeie kere met 'n mes gesteek is.
Twee mans wat verbind word met meer as 13 skooltas-diefstalle en ander eiendom van leerlinge in Johannesburg, se saak is uitgestel.
‘n Twaalfjarige Britse seun het ‘n romp skool toe gedra om te betoog teen die feit dat hy nie ‘n kortbroek skool toe mag dra nie.
Twee hoërskoolleerders is dood en 43 beseer tydens ‘n gewelddadige geveg by 'n skool, het Tunisië se amptelike nuusagentskap gesê.
Geld is nie noodwendig die oorsaak van die probleme in die onderwysstelsel nie. Die swak resultate kan aan ander redes toegeskryf word.
‘n Skool in Quebec, Kanada, se kantoorassistent het haar dagwerk verloor weens haar nagtelike loopbaan as ‘n porno-ster.
‘n Skieter, wat vermoedelik ‘n oudstudent is, het 'n skool in Rio de Janeiro geteiken en minstens 13 mense dood en 22 beseer gelaat.
‘n Kopluis-pandemie het Suid-Afrikaanse skole, veral in Gauteng en die Wes-Kaap getref, het ‘n farmaseutiese maatskappy gewaarsku.
‘n 18-jarige skoolseun is na bewering deur ‘n 20-jarige medeleerling met ‘n mes in die bors gesteek by die Hoërskool Meadowlands.
’n Gr. 11-leerling aan ’n hoërskool in Centurion is by die skool in hegtenis geneem weens die besit van kokaïen ter waarde van R17 500.
Moontlike tugstappe staar die hoof van 'n skool vir dowes en blindes in die gesig nadat leerlinge van die skool wéér klasse boikot.
Diewe het 22 rekenaars uit die Sankatana-skool in Botshabelo in die Vrystaat se rekenaarlokaal gesteel, het die Vrystaatse polisie gesê.
’n Leerling aan die spogskool Paarl Gimnasium is geopereer nadat hy vroeër erg aangerand is terwyl hy in sy koshuiskamer geslaap het.
Finansieel uitdagende maande is aan die begin van 2011 ouers van skoolgaande kinders se voorland, het die Kaapse Verbruikersraad gewaarsku.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het in ’n verklaring gesê die nasienproses het in al die provinsies sonder probleme verloop.
Die Gautengse onderwysdepartement het die afdanking van ‘n skoolhoof, weens verkragting en onsedelike aanranding, suksesvol verdedig.
Vyf leerling is by Hoërskool Jules in Jeppestown in hegtenis geneem nadat hulle met alkohol, dagga en ander dwelms betrap is.
Talle skole in Suid-Afrika het geen basiese geriewe soos krag, water of sanitasie nie – maar is nogtans onder druk akademiese te presteer.