‘n Veertienjarige skoolseun met twee wapens in sy besit het gevlug nadat hy ‘n skoot afgevuur het by sy skool in die suide van Duitsland.
‘n Jong meisie wie se pa haar per ongeluk tydens ‘n inbraak by hul huis in Pretoria geskiet het, het gesterf, het 'n hospitaal bevestig.
‘n Polisiebeampte en ‘n gesoekte misdadiger het gesterf in ‘n skietery in Nhlanhleni naby Ladysmith, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Twee mans is in Sharpeville in hegtenis geneem nadat hulle na bewering op die polisie geskiet het, het die polisie in Gauteng gesê.
Die man wat doodgeskiet is nadat hy 'n vrou vier uur lank by die Westville-hospitaal aangehou het, het moontlik aan bipolêre versteuring gely.
‘n Vyf-en-dertigjarige man wat buite die hooggeregshof in Kaapstad geskiet is, was glo in die hof om sy neef te ondersteun.
‘n Vermeende misdadiger is in Seshego, Limpopo, doodgeskiet ná ‘n skietery met beamptes van die honde-eenheid, het die polisie gesê.
Ses mans is in Parow, Kaapstad, in hegtenis geneem ná ‘n skietery met die polisie, waarin een polisiebeampte gewond is.
‘n Student van die Universiteit van Pretoria is per ongeluk geskiet en gewond naby die studentesentrum by die Hatfield-kampus.
'n Groep vermeende Islamitiese militante wat in Frankryk in hegtenis geneem is, het glo beplan om 'n Joodse landdros te ontvoer.
Die dodetal van die skietery by 'n private Christelike universiteit in Oakland het tot sewe gestyg. 'n Oud-student is in hegtenis geneem.
‘n Soektog is van stapel gestuur na die skieters wat ‘n polisievrou van Port Elizabeth doodgeskiet en haar kollega beseer het.
Mohamed Merah, wat sewe mense doodgemaak het, se pa het 'n prokureur aangestel om die Franse polisie oor sy seun se dood te dagvaar.
Die Franse polisie het die aanhouding van die ma en broer van die selfgeproklameerde Islamitiese ekstremis, wat sewe mense doodgemaak het, verleng.
Die soldaat wat glo 17 mense in 'n dorp in Afganistan doodgemaak het, sal op 17 aanklagte van moord teregstaan, het 'n beampte gesê.
Mohamed Merah, die Toulouse-skieter, is dood nadat hy uit 'n woonstelgebou se venster gespring het terwyl hy op die polisie geskiet het.
Die Franse polisie sê hulle het kontak verloor met die vermeende moordenaar en dat daar geen teken van lewe in Mohamed Merah se woonstel is nie.
Die man wat vier mense by 'n Joodse skool in Toulouse doodgeskiet het, het glo 'n kamera om sy nek gehad en het dalk die skietery verfilm.
Die Amerikaanse soldaat wat daarvan verdink word dat hy 16 Afgane doodgeskiet het kan nie alles onthou wat daardie aand gebeur het nie.
Nicolas Sarkozy, die Franse president, het by die skool in Toulouse besoek afgelê waar vier mense, insluitend drie kinders, doodgeskiet is.
Die Amerikaanse soldaat, wat glo 16 Afgane vermoor het, was glo nie gelukkig om na Afganistan ontplooi te word nie, het 'n prokureur gesê.
Die Amerikaanse soldaat wat daarvan verdink word dat hy 16 Afgaanse burgerlikes vermoor het, is uit dié land geneem.
Afgevaardigdes van die Afgaanse regering wat die toneel besoek het waar 'n Amerikaanse soldaat burgerlikes doodgemaak het, is aangeval.
Die Amerikaanse soldaat wat glo 16 Afgaanse burgerlikes doodgeskiet het, kan die doodstraf opgelê word, sê 'n minister.
‘n Man is in hegtenis geneem in verband met ‘n skietery in Reigerpark aan die Johannesburgse Oos-Rand, het die polisie gesê.
‘n Man is doodgeskiet en sy meisie is ernstig gewond in ‘n skietery in Reigerpark aan die Oos-Rand, het die polisie gesê.
‘n Man het gesterf en ‘n ander man is gewond in ‘n skietery met die polisie in Tsutsumane naby Alexandra in Johannesburg.
Die polisie ondersoek 'n skietery by 'n Amerikaanse skool waarin 'n leerder dood en vier ander gewond is. 'n Verdagte is in aanhouding.
Vyf mense is by ‘n spa in Atlanta doodgeskiet in 'n voorval wat amptenare as 'n moord/selfmoord beskou, het 'n woordvoerder gesê.
Leerlinge van ‘n laerskool in Bryanston is getraumatiseer, maar ongedeerd ná ‘n skietery by hul skool, het die polisie gesê.
‘n Skietvoorval het buite ‘n laerskool in Johannesburg plaasgevind nadat ‘n veiligheidswag ‘n verdagte man in ‘n voertuig gesien het.
‘n Rower het tydens ‘n skietery met die polisie gesterf ná ‘n huisbraak in Cresta, het die Johannesburgse polisie gesê.
‘n Polisiebeampte is doodgeskiet en vyf van sy kollegas het ernstige beserings opgedoen toe hulle ‘n verdagte plek in Utah wou deursoek.
'n Man het na bewering drie van sy vroulike familielede in 'n huis in die noordooste van Engeland doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg.
Twee mans, wat vir moord gesoek is, is dood in ‘n skietery met die polisie by ‘n huis in Amaoti, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
‘n Gewapende man het 'n veiligheidsbeampte en een ander persoon by die Virginia Tech-universiteit in Blacksburg, Virginia, doodgeskiet.
‘n Polisiekonstabel het in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord nadat hy skote op ‘n vroulike konstabel afgevuur het.
Die Amerikaanse geheime dienste sê hulle het 'n paar koeëls, waarvan een 'n koeëlvaste venster van die Withuis getref het, gevind.
In ’n padwoede-voorval by ’n Bloemfonteinse vulstasie het ’n sakeman glo uit sy afslaankap gespring en op 'n ander bestuurder geskiet.
Ten minste drie mense is in Taraz, ‘n stad in die suide van Kazakstan, dood toe 'n aanvaller 'n wapenwinkel beroof het en talle geskiet het.
Die Nigeriese polisie het gesê hulle het lede van ‘n Moslem-sekte in hegtenis geneem in verband met aanvalle wat 65 mense dood gelaat het.
'n Jong man is doodgeskiet toe hy en twee vriende langs die N14-hoofweg stilgehou het om mense langs die pad te help.
'n 62-jarige man is in Kaapstad se middestad in hegtenis geneem ná hy na bewering 'n ander man, 40, in sy kantoor doodgeskiet het.
‘n Man is doodgeskiet en ‘n polisiebeampte is kritiek beseer in ‘n skietery ná ‘n hoëspoed-jaagtog, het die polisie in Johannesburg gesê.
‘n Veertienjarige seun, wat na bewering deur ‘n boer naby Groblersdal geskiet is, is by Nel se Boerdery begrawe, het die SABC berig.
‘n Regter het jurielede se uitspraak teen vyf polisiebeamptes wat betrokke was by ‘n noodlottige skietery ná Orkaan Katrina, omgekeer.
Agt mense is dood en een is in 'n kritieke toestand nadat ‘n gewapende man op ‘n besige haarsalon naby Los Angeles losgebrand het.
Die polisie het ‘n man doodgeskiet wat daarvan verdink word dat hy drie werkers by ‘n sementaanleg in Kalifornië doodgeskiet het.
‘n Hospitaal in Spanje kon nie daarin slaag om ‘n babatjie wat 'n dag tevore uit sy dooie ma gered is aan die lewe te hou nie.
‘n Afgaanse werknemer het ‘n Amerikaanse burger doodgemaak en ‘n ander een beseer by ‘n anneks van die Amerikaanse ambassade in Kaboel.
'n Saak van strafbare manslag is geopen nadat ‘n man van Centurion per ongeluk sy dogter tydens ‘n inbraak doodgeskiet het.
‘n Man is gewond nadat iemand hom buite sy huis in Reigerpark, Boksburg, geskiet het, het die polisie in Gauteng gesê.
Die hoof van 'n Italiaanse kernenergie maatskappy is geskiet terwyl hy sy huis in die noordelike Italiaanse stad Genoa verlaat het.
Die borgtogaansoek van ‘n man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 12-jarige meisie doodgeskiet het, is in die hof uitgestel.
‘n Man wat buite die Kaapstadse hooggeregshof geskiet is, is in ‘n stabiele toestand in Groote Schuur-hospitaal se intensiewesorgeenheid.
‘n Man is buite die Wes-Kaapse hooggeregshof in die nek geskiet en twee jong mans is in boeie van die toneel weggelei.
‘n Man het homself in die kop geskiet nadat hy probeer het om sy vrou in hul huis in die noorde van Limpopo dood te skiet.
’n Student aan die Universiteit van Pretoria is in ’n ernstige toestand nadat sy haarself op die hoofkampus in die maag geskiet het.
Hy wou wraak neem omdat hy geskors is en toe hy nie die verantwoordelike personeellid kon kry nie, het hy op enigiemand geskiet.
'n Nigeriese geheime polisiebeampte is deur gewapende mans in die noordoostelike stad Maiduguri doodgeskiet, het 'n seniorbeampte gesê.
'n Verdagte is aangekeer ná 'n skietery by 'n Christelike universiteit in Kalifornië wat glo die lewe van minstens vyf mense geëis het.
'n Regstryd oor geld het glo tot die skietery by Du Randt en Richards-prokureurs in Zwartkop, Centurion gelei, het Eyewitness News berig.
'n Man het by 'n prokureursfirma in Pretoria ingebars en drie mense geskiet ná 'n onderonsie. Hy het ook homself om die lewe gebring.
Vrae het ontstaan oor hoe 'n Islamitise ekstremis dit reggekry het om sewe mense, waaronder drie kinders, se lewens te neem.
Die selfverklaarde Al-Kaïda millitant wat erken het hy het sewe mense in Frankryk doodgemaak, het al drie aanvalle verfilm.
Die selfverklaarde Al-Kaïda-militant wat glo verantwoordelikheid aanvaar het vir aanvalle in Toulouse waarin sewe mense gesterf het, is dood.
Die Franse skieter wat met al-Kaïda verbind word en na bewering sewe mense doodgeskiet het, het glo ‘n nuwe aanval beplan.
Die lyke van die vier slagoffers wat tydens 'n skietery by 'n Joodse skool in Toulouse dood is, sal Dinsdag na Israel gevlieg word.
Israeliese leiers het die “afgryslike moord op Jode” deur ‘n ongeïdentifiseerde gewapende persoon by ‘n Joodse skool in Frankryk veroordeel.
'n Gewapende man het voor 'n Joodse skool in Frankryk losgebrand en vier mense doodgeskiet, het 'n staatsaanklaer gesê.
Twee Franse soldate het gesterf en ‘n ander een is gewond in ‘n skietery naby ‘n militêre basis in die suidweste van Frankryk.
'n Militêre hof het 'n verhoor gehou vir die Amerikaanse soldaat wat glo 16 Afgaanse burgerlikes vermoor het, het 'n woordvoerder gesê.
Vyf mense is in die Pretoria-gebied in hegtenis geneem in verband met die skietery op ‘n Gautrein-busbestuurder, het die polisie gesê.
Altesaam 15 Afgane is deur 'n Amerikaanse soldaat in hul huise in die Kandahar-provinsie doodgeskiet, het twee inwoners vertel.
Twee mense is dood en sewe is beseer nadat ‘n man by ‘n psigiatriese kliniek in Pittsbugh met 'n vuurwapen losgebrand het.
Die polisie soek na drie mans in balaklawas wat 'n man in Meadowdale, Edenvale doodgeskiet het en sy vrou gewond het.
‘n Tweede slagoffer is “breindood” nadat ‘n student op sy klasmaats by die Chardon Hoërskool in Ohio, Amerika, losgebrand het.
Een skolier is dood en vier ander is gewond ná 'n gewapende man by 'n skool in die Amerikaanse staat Ohio begin skiet het.
Twee vissermanne is dood toe 'n Italiaanse vragskip op 'n Indiese vissersboot geskiet het aan die suidkus van Indië.
‘n Gewapende man het in ‘n swart Subaru gevlug nadat hy in ‘n skietery met die polisie by ‘n laerskool in Johannesburg betrokke was.
Minstens vyf mense het gesterf en 23 is gewond naby die hoofstad van Guatemala toe aanvallers binne ‘n nagklub wild begin skiet het.
Volgens mediaberigte het ‘n skietery naby die Risidale- primêre skool in Cresta, noord van Johannesburg, plaasgevind.
Die polisie het ‘n gewapende 15-jarige leerling by ‘n hoërskool in Brownsville in die Amerikaanse staat Texas doodgeskiet.
Vyf mense is dood in 'n bomaanvaal en skietery op Oujaarsaand in die oostelike Keniaanse dorpie Garissa naby die grens met Somalië.
‘n Gewapende man wat ‘n polisieman by die Virginia Tech-universiteit doodgeskiet het, se lyk is ná die dodelike voorval gevind.
‘n Polisiebeampte by die Umlazi-polisiestasie is aan moord skuldig bevind, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gesê.
Twee gewapende mans het polisielede agtervolg en een geskiet en 'n ander aangerand in Lotus Gardens in Pretoria, het die polisie gesê.
‘n Man is geskiet en drie polisiebeamptes is beseer in ‘n konfrontasie tussen die polisie en klante by ‘n taverne in Matsulu.
‘n Kanadese toeris is in ‘n Egiptiese familievete by 'n padblokkade in die dorp Al-Samata doodgeskiet, het staatsmedia in die land berig.
Die polisie in Burlington sê ‘n 35-jarige man is in ‘n kritieke toestand nadat hy by ‘n Occupy Wall Street-optog geskiet is.
Vyf rowers en ‘n verbyganger is doodgeskiet toe die polisie ‘n rooftog in Port Elizabeth gefnuik het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Ten minste 20 mense is in die Homs-provinsie in Sirië deur sekuriteitsmagte lojaal aan president Bashar al-Assad doodgemaak.
‘n Gewapende man wat soos 'n heks aangetrek was, het 'n man buite 'n sokkerklub in Napels in die suide van Italië doodgeskiet.
‘n Vrou is doodgeskiet toe sy in die kruisvuur beland het in ‘n blykbare bendeskietery in Hanover Park, Kaapstad, het die polisie gesê.
Minstens een persoon is dood en sewe ander na bewering gewond toe ‘n aanvaller op mense in ‘n voorstad van St. Louis losgebrand het.
Die polisie het bevestig dat twee mense in hegtenis geneem is in verband met die skietdood van 'n 16-jarige leerder van Worcester in die Boland.
‘n Polisiereservis het sy meisie vyf keer geskiet voordat hy sy dienspistool op homself gerig het, het die polisie in die Noordwes gesê.
‘n Polisieman is dood toe 'n bom ontplof het kort ná hy sy huis in Afganistan se Uruzgan-provinsie verlaat het.
‘n Gewapende man is doodgeskiet in ‘n skietery met die polisie in Orange Farm, naby Vereeniging, het die polisie in Gauteng gesê.
Filippynse polisiebeamptes sê ‘n tienerseun het sy vriend binne ‘n besige winkelsentrum geskiet en daarna die vuurwapen op homself gerig.