ARTIKELS OOR skandale

TopTV-baas en raad vergader

2012-02-02 11:55

Vino Govender, uitvoerende hoof van TopTV, is in gesprek met die raad oor 'n "gemeenskaplike ooreenkoms" om sy dienste te beëindig.

Polisie slaan toe op Britse 'Sun'

2012-01-30 09:00

Vier joernaliste en ’n polisieman is in hegtenis geneem nadat speurders op The Sun se kantore en die verdagtes se huise toegeslaan het.

Heath se toekoms in die weegskaal

2011-12-08 10:04

Slegs 'n week nadat hy as hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid aangewys is, hang adv. Willem Heath se toekoms in die weegskaal.

Ongerymdhede in tender van 93 milj. gevind

2011-11-11 14:46

Altesaam 25 ongerymdhede is gevind in die toekenning van 'n tender van R93,5 miljoen vir die herstel van paaie.

Mbalula: 'Seksskandaal is 'n komplot teen my'

2011-11-08 10:09

Die minister van sport, Fikile Mbalula, sê die vrou wat beweer dat sy swanger is met sy kind is deur intelligensie-eenhede betaal.

Vyf ministers swyg oor hotelkostes

2011-11-01 07:02

Ministers moet ophou om “kommer oor veiligheid” as verskoning voor te hou wanneer hulle verblyfkoste in luukse hotelle bekend moet maak.

Minister in seksskandaal

2011-10-30 12:18

Die minister van sport, Fikile Mbalula, is in die middel van ‘n seksskandaal met ‘n 27-jarige model van Johannesburg, het City Press berig.

Presidensie: Cele nié afgedank

2011-10-16 14:54

Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, is nie deur pres. Jacob Zuma in die pad gesteek nie, het die presidensie gesê.

Metropolisie-hoë op spesiale verlof geplaas

2011-10-04 14:30

Dir. Ndumiso Jaca, hoof van proaktiewe polisiëring in die Tshwane-metropolisie, is op drie maande spesiale verlof geplaas.

'Bedrog' met beurtkrag

2011-09-14 09:01

Individue in drie elektrisiteit-rolspelers het dalk kragonderbrekings in 2008 vir eie gewin gemanipuleer, het 'n bron onthul.

Beampte afgedank oor seksvideo

2011-08-31 10:50
80 menings

Die departement van korrektiewe dienste het 'n beampte wat in 'n seksvideo verskyn, afgedank, berig Times Live.

Jý hoes vir hoës se weelde-lewe

2011-08-28 09:30

Belastingbetalers moes minstens R46 miljoen opdok vir spoghuise vir ministers en ander politici sodat hulle in weelde in Kaapstad kan leef.

Nóg ANCYL-beamptes aangekla

2011-08-24 09:02

Nóg vier beamptes van die ANC-jeugliga is saam met Julius Malema en Floyd Shivambu daarvan aangekla dat hulle die party in oneer bring.

Zille pak skuld vir tenderprobleme op ANC

2011-08-21 08:45

Helen Zille het in die provinsiale wetgewer die probleme verwant aan tenderprosedures voor die deur van die nasionale ANC-regering gelê.

ANC-hoës kan spit afbyt oor ‘skandaal’

2011-08-04 07:06

Die koppe kan begin rol ná ’n forensiese ondersoek na die ANC se “bruinkoevert-skandaal” tydens die party se bewind in die Wes-Kaap.

Cele se peperduur vliegrekening

2011-07-26 17:03

Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het minstens R1,498 miljoen spandeer op nasionale en internasionale vlugte met die polisie se straler.

Manyi praat nie meer oor OB-verslag

2011-07-25 16:07

Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, mag nie meer kommentaar lewer oor die Openbare Beskermer se verslag wat onlangs bekend gemaak is nie.

Malema-trust 'help behoeftiges'

2011-07-25 12:23

Die ANC-jeugliga het op 'n mediakonferensie gesê die Ratanang-familietrust is geen geheim nie, en word gebruik om behoeftiges te help.

Cameron 'spyt' oor aanstel van segsman

2011-07-21 07:08

David Cameron is nou spyt hy het ’n redakteur, wat daarvan verdink word dat hy aandadig was aan die mediaskandaal, as woordvoerder aangestel.

Cele dalk na Japan gepos

2011-07-20 10:07

Genl. Bheki Cele kan dalk as ambassadeur na Japan verplaas word te midde toenemende druk op pres. Jacob Zuma om hom te berispe.

Sy koerant se optrede 'walg' Murdoch

2011-07-20 06:51

Rupert Murdoch het tydens 'n verskyning voor 'n parlementêre komitee gesê hy is gewalg deur die optrede van sommige van sy joernaliste.

Oud-redakteur van poniekoerant vasgetrek

2011-07-17 14:45

Rebekah Brooks, voormalige uitvoerende hoof van News International en voormalige redakteur van die poniekoerant, is in hegtenis geneem.

Murdoch wil met advertensies jammer sê

2011-07-15 20:04

Rupert Murdoch sal advertensies in koerante gebruik om om verskoning te vra vir "ernstige misdrywe" by sy News of the World-poniekoerant.

Minister 'te siek' vir vrae oor motorhuur

2011-07-12 09:00

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake is “te siek” om ’n vraag oor sy besteding aan gehuurde motors te beantwoord.

Madonsela: 'Dis nie oorlog nie'

2011-07-06 13:46

Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het benadruk dat sy nie in 'n "oorlog" met enige staatsentiteite of individue gewikkel is nie.

Polisie swyg oor Madonsela-arres

2011-07-06 10:15

Die polisie gaan nie kommentaar lewer oor die beweerde beplande inhegtenisneming van adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, nie.

Motorhuur kos jou dalk al meer as R6 m.

2011-07-06 08:12

Die geld wat ministers sedert Maart 2010 aan die huur van motors bestee het, kon die belastingbetaler meer as R6 miljoen gekos het.

Nóg skok-bewerings oor Goue Leeus

2011-07-04 07:04

Die GLRU is opnuut in die spervuur ná die minister van sport gesê het die beëindiging van sy ooreenkoms met die GumaTAC-groep is ’n terugslag.

'Publiek moet weet oor brandweerhoof-ondersoek'

2011-06-23 16:07

Die Demokratiese Alliansie sê die Gautengse regering moet 'n verslag van PriceWaterhouseCoopers oor Audrey Gule bekendmaak.

Shabangu: Ek's g'n Zuma se vriend

2011-06-17 13:38

Die eiendomsmagnaat Roux Shabangu ontken dat hy vriende met pres. Jacob Zuma is en sê die regering het hóm genader vir besigheid.

Wapens: Sweedse firma erken omkopery

2011-06-17 07:05

Saab het erken dat miljoene rande aan omkoopgeld betaal is om die kontrak te beklink om ­Gripen-vegvliegtuie aan die Suid-Afrikaanse regering te verkoop.

KSA ontken bonusskandaal

2011-06-12 23:25

Krieket Suid-Afrika se finansiële hoof het bewerings ontken dat die federasie opnuut in 'n bonusskandaal betrokke is.

Omstrede eiendomsmagnaat wéér in sop

2011-06-06 16:54

Die eiendomsmagnaat Roux Shabangu staar regsaksie in die gesig nadat hy versuim het om sowat R5 miljoen aan 'n staalverskaffer te betaal.

Omstrede sakeman by nóg 'n huurkontrak betrek

2011-06-03 14:32

Die sakeman Roux Shabangu word by nóg 'n multimiljoen-rand polisie-huurkontrak vir 'n gebou twee keer die grootte wat die regering benodig.

'Ja, ek is lief vir vroue' – Strauss-Kahn

2011-05-18 11:12

Dominique Strauss-Kahn het volgens 'n Franse dagblad reeds in April erken dat hy die teiken kan word van bewerings oor "vroue en geld".

Spandabelrige minister se dae getel

2011-05-08 14:35

Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, se dae in pres. Jacob Zuma se kabinet is getel.

Organiseerder van Statebondspele vasgetrek

2011-04-25 14:52

Die hooforganiseerder van verlede jaar se Statebond spele is as deel van 'n korrupsie-ondersoek in hegtenis geneem, het ondersoekbeamptes gesê.

Minister oor spandabelrigheid gekap

2011-04-11 07:15

Opposisiepartye het hul kommer uitgespreek oor derduisende rande wat die minister van koöperatiewe regering by 'n luukse hotel bestee het.

'Troep, bring toiletpapier of knyp...'

2011-04-08 07:03

Die nood by die Waterkloof-lugmagbasis druk glo deesdae só erg dat soldate nou hul eie toiletpapier moet saambring werk toe.

'Dronk – ja.' 'Jammer? Nee,' sê advokaat

2011-04-01 09:10

Die advokaat wat ’n regter in die hof gevloek het, is in ’n hospitaal opgeneem waar ’n psigiater hom ondersoek het.

Kunstenaars help uitsaai op radio Houtstok

2011-03-24 07:36

Die debakel rondom Radio Houtstok en sy grootbaas kring steeds uit, maar die radiostasie gaan desondanks voort om uit te saai.

Manuel stil ná ANC hom roskam

2011-03-09 14:13

Trevor Manuel gaan nie kommentaar lewer nadat hy deur Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, oor die vingers getik is nie.

‘Klopjag’ moes Cele glo in verleentheid stel

2011-03-06 09:02

Die spanning tussen genl. Bheki ­Cele, polisiehoof, en lt.genl. Richard Mdluli, nasionale intelligensiehoof, het breekpunt bereik.

‘Siesa, Kuli!’ sê Kaapse bruin vroue

2011-03-06 07:12

’n Paar bruin vroue in die Kaap wil graag die TV-aanbieder Kuli Roberts ’n les of twee leer nadat sy glo die bevrydingstryd, van veral vroue, geknou het.

Manyi: Elkeen is geregtig op sy opinie

2011-03-04 09:14

Suid-Afrika is 'n demokratiese land en mense is geregtig op hul opinies, het Jimmy Manyi, hoofregeringswoordvoerder, gesê.

Klopjag op OB-kantoor uitgevoer

2011-03-03 11:01

Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het 'n klopjag op die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) uitgevoer.

Omstrede rubriekskrywer sê jammer

2011-03-01 12:22

Kuli Roberts het om verskoning gevra oor haar rubriek in die Sunday World oor bruin vroue wat die afgelope naweek gepubliseer is.

Storm woed oor Kaapse bruin vroue

2011-02-28 11:51

'n Storm het op Twitter losgebars oor Kuli Roberts se rubriek oor Kaapse bruin vroue wat in 'n Sondagkoerant verskyn het.

Berading vir meisies by Oprah-skool

2011-02-21 13:12

Die Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls het beradingsdienste vir leerders aangebied nadat 'n pasgebore baba by dié skool gevind is.

Chuene 7 jaar uit sport verban

2011-02-18 10:39

Leonard Chuene, die omstrede geskorste president van Atletiek Suid-Afrika, is vir sewe jaar uit alle sportsoorte verban.

 

TopTV-baas kry trekpas oor porno-planne

2012-02-01 10:11

Vino Govender, TopTV se uitvoerende hoof, het die trekpas gekry te midde van toenemende ongelukkigheid oor die inhoud op die betaalkanaal.

Heath-bewerings lasterlik, sê Mbeki

2011-12-08 14:12

Oudpres. Thabo Mbeki het bewerings dat hy twee aanklagte teen Jacob Zuma aangehits het, verwerp, het sy woordvoerder gesê.

Klagte van bedrog ingedien ná vleis-skandaal

2011-11-12 10:00

Die Moslem Juridiese Raad Halaal-trust (MJRHT) het sy betrokkenheid by Orion Cold Storage opgeskort hangende die uitslag van ’n ondersoek.

'Nuwe feite' kom aan lig oor Ndebele se verblyf

2011-11-10 09:06

“Nuwe feite” oor S’bu Ndebele, minister van vervoer, se hotelverblyfkostes die afgelope twee jaar is deur dié departement uitgereik.

Nóg ’n peperduur huurooreenkoms gesluit

2011-11-02 09:05

Die departement van openbare werke het nóg ’n peperduur huurooreenkoms met die omstrede sakeman Roux Shabangu gesluit.

Minister praat oor baba

2011-10-31 09:04

“Ek moes van beter geweet het.” Só het Fikile Mbalula gereageer ná berigte dat hy glo ’n baba by ’n Johannesburgse model verwek het.

IMF-hoof betrek by sekskartel

2011-10-17 07:05

Dominique Strauss-Kahn, voormalige hoof van die IMF, het teruggekap ná berigte wat hom by ’n onwettige prostitusiekartel betrek.

Minister se vlugte kos digby R350 000

2011-10-07 09:08

Belastingbetalers het oor agt maande nagenoeg R350 000 opgedok vir 'n kabinetslid se vliegkaartjies, het die parlement gehoor.

Shiceka in die sop, wys uitgelekte verslag

2011-09-29 07:03

Sicelo Shiceka kan voor stok gekry word wanneer die OB ’n verslag oor die beweerde verkwisting van belastingbetalersgeld bekend maak.

Trustees van mediese skemas duisende betaal

2011-09-07 09:07

Tien nie-winsgewende mediese skemas in Suid-Afrika het in 2010 meer as R28 miljoen spandeer op salarisse vir trustees.

Reisskandaal: LP’s se skuld afgeskryf

2011-08-31 07:02

Die parlement het R12 miljoen afgeskryf wat nie gevorder kan word nie van LP’s wat met die reisskandaal verbind word.

Rihanna ontken gerugte oor seksvideo

2011-08-26 15:04

Rihanna geniet dit dalk om oor seks te sing, maar die sanger sê daar is geen video van haar wat wys dat sy seks het met 'n rap-kunstenaar nie.

ANC kry swaargewig-span vir Malema-tugverhoor

2011-08-23 09:00

Die ANC het ’n swaargewig-span saamgestel om volgende week sy jeugligaleier en -woordvoerder se tugverhoor te hanteer.

Malema 'het nog baie ondersteuners'

2011-08-19 12:34

Julius Malema het nog heelwat ondersteuners in die ANC wat hul stemme kan dik maak oor sy tugverhoor, het 'n politieke ontleder gesê.

KSA aanvaar 'onreëlmatige gedrag'

2011-07-30 16:00

'n Verslag van die ouditeursfirma KPMG het getoon dat daar geen geld uit die koffers van Krieket Suid-Afrika verdwyn het nie.

Premier ontken korrupte verhouding met Malema

2011-07-26 08:03

Die provinsiale regering van Limpopo se tenderprosesse is nie korrup nie, het Cassel Mathale, die provinsie se premier, gesê.

ANCYL: Broederbond beheer media

2011-07-25 15:09

Die ANCYL het die media aangeval oor beriggewing oor Julius Malema se finansies en beweer die media word deur die Afrikaner Broederbond beheer.

ANCYL praat oor Malema-skandaal

2011-07-25 10:01

Die ANC-jeugliga (ANCYL) sal binnekort 'n mediakonferensie hou oor die jongste bewerings teen sy president, Julius Malema.

Cele swyg vir eers oor OB-verslag

2011-07-20 12:06

Genl. Bheki Cele het wéér sy mediakonferensie oor die Openbare Beskermer se verslag oor die omstrede polisiehuurkontrakte uitgestel.

Simelane moet glo Hofmeyr uitwerk

2011-07-20 09:06

Spanning en wantroue tussen adv. Menzi Simelane en Willie Hofmeyr het breekpunt bereik en gaan op ’n vergadering op die spits gedryf word.

Nuwe bewerings van korrupsie teen SOE-hoof

2011-07-17 16:00

Nuwe bewerings van korrupsie word teen Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), en sy kollegas gemaak.

Murdoch sê wéér jammer

2011-07-17 14:12

Rupert Murdoch het beloof dat News Corp. regstellings sal maak vir die afluisterskandaal wat sy wêreldwye mediaryk geruk het.

Minister praat later oor OB-verslag

2011-07-15 15:32

Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, sal later kommentaar lewer oor die Openbare Beskermer se verslag oor twee huurkontrakte.

Joernaliste looi oudredakteur van poniekoerant

2011-07-11 12:16

Joernaliste het die laaste uitgawe van die poniekoerant News of the World gebruik om dié publikasie se topbestuur by te kom.

Madonsela: Bewerings is ongegrond

2011-07-06 12:45

Thuli Madonsela het gesê die bewerings van korrupsie en bedrog wat teen haar gemaak is, is "ongegrond, onwaar en lasterlik".

Mthethwa verras oor nuus van Madonsela-arres

2011-07-06 08:52

Nathi Mthethwa sê hy is "verras" oor die nuus dat die polisie beplan om adv. Thuli Madonsela in hegtenis te neem.

Openbare Beskermer dalk in hegtenis geneem

2011-07-06 07:23

The Star het bewerings gepubliseer dat adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, haar aan korrupsie skuldig gemaak het in 'n vorige pos.

Nóg skok-aantygings oor geboue

2011-07-01 07:14

Die minister van openbare werke het kort ná haar aanstelling ’n topamptenaar gedwing om twee huurooreen­komste met Roux Shabangu te sluit.

Vervoerhoof in sop oor onwettige kontrak

2011-06-22 12:08

Die hoof van die Gautengse departement van vervoer het 'n kontrak van R3 miljard onderteken ten spyte van waarskuwings dat dit onwettig is.

R908 milj. vir armes se huise spoorloos

2011-06-17 08:22

Munisipaliteite in Noordwes kan nie rekenskap gee van R908 miljoen wat oor tien jaar aan hulle oorbetaal is om laekostebehuising op te rig nie.

Openbare Beskermer ondersoek Shiceka

2011-06-15 10:27

Die Openbare Beskermer het die ondersoek na Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, se beweerde misbruik van staatsgeld begin.

VSA: Kongreslid bieg oor eksplisiete foto

2011-06-07 14:41

Die Amerikaanse kongreslid Anthony Weiner het erken dat hy gelieg het oor verskeie bewerings, wat wellustige aanlyn-verhoudings insluit.

Kiwi-polisie ontken Lions-speler is betrokke by seksklag

2011-06-04 11:00

Die polisie in Dunedin ontken nou dat hulle gesê het ’n Lions-rugbyspeler was betrokke by die seksuele aanranding van ’n meisie in dié land.

Toekoms van Arnie se projekte onseker

2011-05-20 09:44

Arnold Schwarzenegger het 'n paar van sy beplande projekte uitgestel terwyl hy hom voorberei op wat 'n baie duur egskeiding kan wees.

Shiceka glo in die hospitaal

2011-05-13 13:44

Die ministerie van samewerkende regering en tradisionele sake kon nie bevestig of minister Sicelo Shiceka in die hospitaal is nie.

Omstrede sakeman in nóg 'n tender-skandaal

2011-05-08 11:36

Die Openbare Beskermer het ingegryp om dringend 'n stokkie te steek voor nóg 'n duistere polisiehuurkontrak waarby Roux Shabangu betrokke is.

Zuma sál optree teen Shiceka

2011-04-19 13:04

Pres. Jacob Zuma het gesê daar is genoeg rede om op te tree teen Sicelo Shiceka oor bewerings dat hy belastingbetalers se geld misbruik.

Minister se luukse leefstyl onthul

2011-04-10 17:01

Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, word daarvan beskuldig dat hy met belastingbetalers se geld soos 'n miljoenêr lewe.

Twee in hegtenis oor afluisterskandaal

2011-04-05 19:00

Twee mans is in hegtenis geneem as deel van ‘n ondersoek na telefoonafluistering by een van Brittanje se gewildste poniekoerante.

Baartman voor stok, maar hy is houtgerus

2011-03-25 08:01

’n Hewige stryd woed nou tussen die uitvoerende hoof van Radio Houtstok, Louis Baartman, en Wimpie van der Sandt, die voormalige stasiebestuurder.

Omroepers los Radio Houtstok oor hul nie geld kry

2011-03-23 07:57

Omroepers van Radio Houtstok het alle bande met dié radiostasie verbreek omdat hulle nog nie betaal is nie. Die stasie is in ’n chaos gedompel.

Rasherrie oor gala wat afgestel is

2011-03-06 10:32

’n Rasherrie het die Suid-Afrikaanse swemgemeenskap getref toe die nasionale swemgala vir skole op die nippertjie gekanselleer is.

Manuel in ANC-visier

2011-03-06 07:54

Leiersfigure in die ANC neem stelling in teen Trevor Manuel in die aanloop tot die vergadering van die ANC se topleiers volgende naweek.

Cele sê jammer oor 'klopjag' op OB-kantoor

2011-03-04 13:00

Die kantoor van die Openbare Beskermer sê hy het 'n verskoning van genl. Bheki Cele ontvang vir 'n ongemagtigde besoek deur twee van sy beamptes.

Manyi nou tjoepstil oor Manuel-aanval

2011-03-04 08:08

Jimmy Manyi, omstrede kabinetswoordvoerder, het geweier om enige vrae oor Trevor Manuel se aanval op hom te beantwoord.

Trevor kap Jimmy oor bruinmense

2011-03-02 09:53

Jimmy Manyi sê hy gaan nie kommentaar lewer op 'n ope brief van Trevor Manuel waarin hy as rassis uitgekryt word nie.

SAMRK ondersoek kleurling-rubriek

2011-02-28 15:48

Die SAMRK ondersoek 'n klag oor 'n rassistiese rubriek oor kleurlingmense wat deur die Sunday World-rubriekskrywer Kuli Roberts geskryf is.

Sapu sê Cele moet 'verlof' neem

2011-02-25 13:48

Die polisie-unie Sapu het 'n beroep op die minister van polisie gedoen om die nasionale polisiekommisaris op "verlof tot afwesigheid" te plaas.

Chuene amptelik sy werk kwyt

2011-02-18 13:57

Die voormalige hoof van Atletiek Suid-Afrika, Leonard Chuene, is amptelik in die pad gesteek saam met twee van sy kollegas.

ANC wil Chuene se bas red

2011-02-15 08:32

Die ANC is skynbaar vasbeslote om die geskorste voorsitter van Atletiek Suid-Afrika, Leonard Chuene, uit die pekel te probeer help.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Server Management Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R12500 - R15000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 169,995.00

RENAULT

Fluence 1.6 Dynamique
2011
R 199,990.00

TOYOTA

Yaris ZEN3 1.3 5-dr
2011
R 117,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.