ARTIKELS OOR siektes

Een uit drie volwassenes het hoë bloeddruk – WGO

2012-05-16 12:30

Een uit elke drie volwassenes ly aan hoë bloeddruk wat beroertes en hartsiektes veroorsaak, het die Wêreldgesondheidsorganisasie bekendgemaak.

Sterftes weens masels neem af

2012-04-24 12:29

Die aantal sterftes as gevolg van masels het die afgelope dekade met sowat 75% gedaal, het die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê.

Viëtnam krap kop oor 'n onbekende siekte

2012-04-20 10:00

Viëtnam het internasionale gesondheidskenners gevra om te help met 'n raaiselagtige siekte wat reeds die lewe van 19 geëis het.

Baba dood aan hand-voet-en-mond-siekte

2012-04-06 09:50

'n Twintig maande oue baba is in Viëtnam dood weens hand-voet-en-mond-siekte, het 'n gesondheidsbeampte gesê.

Hidrobreking kan jou siek maak, sê kenners

2012-03-19 12:00

Voorvalle van siektes en probleme met voortplanting onder dier en mens in Amerika kan luidens ’n verslag aan hidrobreking toegeskryf word.

Lomu wéér in die hospitaal

2012-02-26 14:33

Die vrou van die voormalige All Blacks-vleuel Jonah Lomu sê die siek rugbyster is weer in die hospitaal om vir nierversaking behandel te word.

Lassakoors eis 40 in Nigerië

2012-02-22 21:03

‘n Uitbraak van Lassakoors het in die afgelope ses weke die lewens van 40 mense geëis en tientalle ander is in Nigerië daardeur geraak.

Meer as 1 500 gevalle van ingewandskoors behandel

2012-02-01 19:00

Minstens 50 gevalle van ingewandskoors word daagliks in Zimbabwe aangemeld en meer as 1 500 mense is reeds vir die siekte behandel.

80% van hartsiektes kan voorkom word

2012-01-11 09:01

Die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika het gesê 80% van hartsiektes kan voorkom word indien Suid-Afrikaners gesonder leef.

Viëtnam: 156 mense dood aan hand-voet-en-mond-siekte

2011-12-16 10:30

Altesaam 156 mense is in November dood weens ‘n uitbraak van hand-voet-en-mond-siekte in Viëtnam, het die departement van gesondheid gesê.

Masels neem toe in Europa

2011-12-01 21:59

Ná jare se afname is daar skielik ‘n kommerwekkende toename in die hoeveelheid gevalle van masels in Europa, het ‘n verslag getoon.

Meer as 100 skoolkinders hospitaal toe gehaas

2011-10-25 20:06

Ongeveer 130 skoolkinders is na die Port Alfred-hospitaal gehaas weens maagkrampe, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.

Pienaar hartseer oor Lomu se siekte

2011-10-08 10:14

Francois Pienaar is opgewonde oor die Springbokke se kans om Australië te klop, maar is terselfdertyd hartseer oor die welstand van Jonah Lomu.

Polio steek weer kop uit in Nigerië

2011-09-30 13:03

Goodluck Jonathan, president van Nigerië, het gesê hy is vasbeslote om polio binne twee jaar uit te roei nadat dit weer kop uitgesteek het.

109 kinders sterf, duisende geraak deur kindersiekte

2011-09-26 17:54

‘n Uitbraak van hand-voet-mond-siekte het talle skole geraak en 109 kinders dood en meer as 52 000 besmet gelaat in die afgelope jaar.

500 000 mense in W-Afrika kry elke jaar lassa-koors

2011-08-11 21:49

Sowat 500 000 mense in die weste van Afrika word elke jaar met met die lassa-koors besmet, het die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WHO) gesê.

Polio dreig in Nigerië

2011-07-19 21:53

Verskeie gevalle van polio in die noorde van Nigerië dreig om pogings om dié siekte hier finaal uit te roei, in die wiele te ry.

Joost en dokter na VSA vir behandeling

2011-06-26 07:00

Joost van der Westhuizen, eertydse Springbokheld, wend hom nou tot die Amerikaanse medici om vas te stel aan watter soort spiersiekte hy ly.

E.coli-dodetal styg in Duitsland

2011-06-13 14:31

Die dodetal in Duitsland se E.coli-epidemie het na 35 gestyg en gesondheidsbeamptes sê sowat 100 pasiënte het ernstige nierskade opgedoen.

Belangrike entstowwe dalk baie goedkoper

2011-06-07 09:42

Farmaseutiese maatskappye het gesê die prys van lewensbelangrike entstowwe kan dalk met tot soveel as 60% gesny word.

Amor: 'Joost het media voortydig vertel'

2011-05-27 09:56
116 menings

Die onsekerheid oor die gesondheidstoestand van Joost van der Westhuizen het Amor Vittone genoop om haar stilswye oor dié saak te verbreek.

‘Siekte kom soos dief in die nag’

2011-05-14 06:54

'n Boodskap van bemoediging deur ’n verlamde man wat net kan kommunikeer deur ’n spesiale rekenaar, is aan Joost van der Westhuizen gestuur.

Man doodgery ná epileptiese aanval

2011-05-09 18:52

‘n Man van Jeffreysbaai is deur ‘n motor doodgery nadat hy ‘n epileptiese aanval gehad het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Studie: Menslike virus bedreig berg-gorillas

2011-03-30 15:55

‘n Nuwe studie toon dat ‘n virus wat dodelike asemhalingsiektes in mense veroorsaak na bedreigde berg-gorillas in Sentraal-Afrika oorgedra kan word.

Wêreld kan nie grieppandemie hanteer

2011-03-15 08:20

Miljoene mense se lewe word bedreig omdat die wêreld steeds nie gereed is om ’n dodelike grieppandemie te hanteer nie.

Siekte eis reeds 12 perde in die Kaap

2011-03-07 09:11

Afrika-perdesiekte wat die Wes-Kaapse perdegemeenskap in rep en roer het, het in die naweek reeds 12 perde laat vrek.

Uitbreking van breinvliesontsteking in Nelspruit-omgewing

2011-02-23 22:00

'n Uitbreking van breinvliesontsteking is in die Nelspruit-omgewing in Mpumalanga aangemeld, het die departement van gesondheid gesê.

Gaste kry snaakse siekte ná Playboy-konferensie

2011-02-15 11:54

Sowat 170 mense wat ‘n internet-konferensie by die Playboy-paleis in Los Angeles bygewoon het, het ‘n aardige siekte opgedoen.

Sonblootstelling help vir Sklerose

2011-02-08 15:22

Jy kan jou kanse om sklerose te kry verminder deur om meer tyd in die son te spandeer en om jou Vitamien D-vlakke hoog te hou.

Boere gewaarsku nadat drie slenkdalkoors kry

2011-02-01 09:42

Noord-Kaapse boere word gewaarsku teen slenkdalkoors nadat twee boere en ’n plaaswerker in Calvinia dié siekte opgedoen het.

Anoreksiese model se ma pleeg selfmoord

2011-01-20 21:00

Isabelle Caro, ‘n beroemde anoreksiese model wat openlik oor haar siekte gepraat het, se ma het selfmoord gepleeg.

Voëlgriep-verspreiding deur hoenders dalk verby

2011-01-14 12:49

Hoenders sal voortaan nie meer die voëlgriepvirus aan die mens kan oordra nie, maar hul vlieënde vriende is nog nie só gelukkig nie.

Stres kan katte ook siek maak

2011-01-10 22:00

Katte hanteer nie noodwendig stres veel beter as mense nie, al lyk hulle so koel en kalm, en raak nes mense fisies siek weens stres.

Haïti: Cholera eis nóg lewens

2010-11-22 14:22

Die gesondheidsowerheid in Haiti het gesê 64 nuwe sterftes weens cholera is aangemeld. Sowat 1250 mense is reeds aan die epidemie dood.

Bloedsiekte eis SA man in Sierra Leone

2010-11-12 08:13

'n Suid-Afrikaanse siviele ingenieur is in Sierra Leone dood nadat hy die akute bloedsiekte Lassa-koors opgedoen het.

Kinders in hospitaal weens vrot beesvleis

2010-10-18 16:05

Sowat 16 kinders is na die Butterworth-hospitaal gehaas nadat hul glo vrot beesvleis geëet het, het die departement van gesondheid gesê.

Jhb-kind sterf aan hondsdolheid

2010-10-04 16:31

‘n Tweejarige kind van Johannesburg het aan hondsdolheid gesterf nadat sy 'n maand gelede deur ‘n oningeënte hondjie gekrap is.

Malaria se oorsprong lê by gorillas

2010-09-23 10:26

Die parasiet wat die mees dodelike weergawe van malaria veroorsaak het glo sy oorsprong by gorillas, berig navorsers.

Siekte wat broers eis geïdentifiseer

2010-09-10 16:12

‘n Sindroom wat verband hou met die Epstein Barr-virus is geïdentifiseer as die oorsaak van twee broers se onlangse dood.

JK Rowling skenk miljoene aan kliniek

2010-08-31 20:18

JK Rowling, skrywer van die Harry Potter-boeke, het R113 miljoen aan ‘n kliniek geskenk wat sal help om veelvuldige sklerose na te vors.

Cholera eis 352 in Nigerië

2010-08-26 21:05

Gesondheidsowerhede in Nigerië het inwoners gewaarsku teen cholera nadat reeds sowat 352 persone weens dié siekte gesterf het.

Meer as halfmiljard eiers in VSA herroep

2010-08-24 13:00

Amerikaners word gewaarsku die land se salmonella-uitbraak kan erger raak – en wetenskaplikes weet steeds nie hoe dit ontstaan het nie.

Miltsiekte maai onder Uganda-seekoeie

2010-08-19 10:15

Antraks of miltsiekte het die lewe van minstens 83 seekoeie geëis in een van Uganda se gewildste na­sionale parke.

‘Superkiem’ eis eerste slagoffer

2010-08-13 18:14

‘n “Superkiem” wat weerstand teen medikasie toon en in suid-Asië ontstaan het, het ‘n Belgiese man se lewe geëis, het ‘n dokter gesê.

Oosterse ‘superkiem’ versprei na Aus

2010-08-13 12:18

Die “superkiem” NDM-1 wat weerstand teen medikasie bied, het drie Australiërs wat na Indië gereis het, geïnfekteer.

Wetenskaplikes ontdek nuwe superkiem

2010-08-12 10:15

Mense wat Indië en Pakistan besoek om goedkoper mediese behandeling te kry, loop ‘n risiko om ‘n nuwe superkiem op te tel en te versprei.

‘Siekefondse moet hul lede beter inlig’

2010-08-07 07:00

Mediese fondse moet hul lede toegang gee tot duidelik verstaanbare inligting oor die dekking van voorgeskrewe minimum voordele (VMV).

Plaag breek uit in Peru

2010-08-03 15:00

Volgens die minister van gesondheid in Peru, het ‘n dodelike plaag uitgebreek en die lewe van ‘n 14-jarige seun geëis.

Baba worstel met verouderingsiekte

2010-07-21 12:21

‘n Baba is waarskynlik die jongste persoon in die wêreld om met ‘n dodelike siekte gediagnoseer te word wat veroorsaak dat sy baie gou verouder.

Tweede SA toeris sterf in buiteland

2010-07-16 10:22

‘n Dosent aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie het in Sydney in die hospitaal weens ‘n bakteriële infeksie gesterf.

 

Drie sterf in Pta-sorgfasiliteit

2012-04-24 12:40

Drie mense is dood aan ‘n dikderminfeksie by ‘n sorgfasiliteit vir fisiek en geestelik gestremdes in Pretoria-Oos.

Kommer oor sterftes weens vreemde velsiekte

2012-04-23 14:15

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê hy is "bekommerd" oor 'n vreemde velsiekte in Viëtnam wat al 19 lewens geëis het.

Dementia-gevalle kan verdubbel teen 2030

2012-04-11 20:59

Die hoeveelheid mense met dementia kan na verwagting verdubbel na 65,7 miljoen teen 2030 soos wat die wêreld se bevolking verouder.

Voëlgriep eis nóg 'n slagoffer

2012-03-27 10:01

‘n Sewentienjarige seun het aan voëlgriep gesterf op Indonesië se Lombok-eiland – die sesde voëlgriep-sterfte van die jaar in dié streek.

Duisende in Zim ly aan tifus

2012-03-05 06:59

Sowat 3 000 gevalle van tifuskoors is al in Harare aangemeld sedert die eerste geval in Januarie in ’n werkersklas-voorstad gediagnoseer is.

Indië nie meer op polio-lys

2012-02-25 16:56

Indië is amptelik van die Wêreldgesondheidsorganisasie se lys van lande wat sukkel om polio te bekamp, verwyder.

Derde Brit sterf weens Legioen-siekte

2012-02-03 14:10

Spaanse gesondheisbeamptes het gesê 'n derde Britse burger, wat in Spanje vakansie gehou het, het weens Legioen-siekte gesterf.

Ingewandskoors breek uit in Harare

2012-01-24 15:00

Minstens 90 mense is in die hospitaal opgeneem en meer as 600 is geraak deur 'n uitbreek van ingewandskoors in die Zimbabwiese hoofstad, Harare.

Ondersoek na formulemelk ná baba se dood

2011-12-23 14:50

Die Amerikaanse Voedsel- en medisyne-owerheid sal bystand bied in 'n ondersoek na formulemelk ná die dood van 'n baba in dié land.

Gerugte oor vleesvretende bakterieë versprei na KZN

2011-12-02 22:56

Piesangs van KwaZulu-Natal is heeltemal veilig om te eet en is nié met ‘n vleesvretende bakterieë besmet nie, het die regering verseker.

Siekte eis talle mense in Viëtnam

2011-10-27 11:15

Die uitbrake van hand-voet-mond-siekte het toegeneem in Viëtnam, met byna 78 000 mense wat sedert Januarie deur die siekte besmet is.

Kind met hart buite bors gebore

2011-10-24 22:00

‘n Baba is in Port Elizabeth gebore met die hart buite die bors, het die departement van gesondheid in die Oos-Kaap gesê.

Chavez: 'Dit gaan goed met my'

2011-09-30 16:10

President Hugo Chavez het voor joernaliste verskyn om berigte wat beweer dat sy gesondheid agteruit gaan te ontken.

Pakistan loop deur onder dengue-koors

2011-09-29 18:38

Asof vloede en selfmoordbomaanvalle nie genoeg is nie, het ‘n uitbreek van dengue-koors vandeesmaand reeds 126 lewens in Pakistan geëis.

Kameroen: 500 sterf weens cholera

2011-08-22 09:25

Sowat 500 Kameroeners is sedert die begin van Augustus weens cholera dood en 13 000 gevalle is sedert die begin van die jaar gerapporteer.

Vrae oor 'siek' premier

2011-07-20 06:51

Bronne binne die ANC het bevestig dat premier Ace Magashule vanjaar in ’n hospitaal in Bloemfontein vir prostaatkanker behandel is.

Naas Botha se vrou het ongeneeslike siekte

2011-07-18 07:01

Karen Botha, vrou van die oud-Springbok Naas Botha, is met ’n ongeneeslike en moontlike lewensbedreigende siekte gediag­noseer.

Skarlakenkoors breek uit in Hongkong

2011-06-21 08:40

Honderde mense, insluitende talle kinders, is in Hongkong met skarlakenkoors besmet, wat die regering genoop het om ‘n uitbraak van die siekte te verklaar.

Spruite moontlik sondebok vir uitbreek van E-coli

2011-06-10 22:56

Spruite word nou verdink as die bron van die E-coli uitbreek in Europa wat 31 mense se lewens geëis en duisende siek gemaak het.

Nóg 365 in Duitsland siek

2011-06-01 18:59

Duitsland se sentrum vir siektebeheer het bevestig dat nog 365 mense siek geword het as gevolg van die uitbraak van die E.Coli-bakterie.

Runderpes wêreldwyd uitgeroei

2011-05-26 15:08

Die beessiekte, runderpes, is uitgeroei nadat dit tot hongersnood gelei het wat die dood van miljoene mense veroorsaak het.

Protokol vir bek-en-klouseer dalk verlig

2011-05-11 23:08

Navorsing toon die venstertydperk vir die oordrag van bek-en-klouseer kan korter wees as wat verwag is en die bestryding daarvan kan verlig.

Reuse-waterskilpad met 'n misterieuse siekte

2011-04-04 21:05

'n Reuse-waterskilpad, deur baie Viëtnamese as 'n heilige dier beskou, het 'n vreemde siekte wat veeartse laat kop krap.

Hugh Grant hospitaal toe ná floute

2011-03-23 22:00

Familie en vriende het groot geskrik toe Hugh Grant in 'n hospitaal in Wes-Londen opgeneem is ná ‘n floute aanval.

Vervoerverbod gedeeltelik opgehef

2011-03-11 22:00

Die verbod op die vervoer van diere met gesplete hoewe en verwante produkte is in die grootste deel van KwaZulu-Natal opgehef.

Reisiger met masels veroorsaak groot kommer

2011-02-28 12:03

‘n Reisiger met masels wat deur vier besige Amerikaanse lughawens gereis het, het kommer veroosaak dat duisende mense blootgestel is.

Cholesterol eis meer vroue as borskanker

2011-02-16 13:49

Alhoewel baie vroue glo dis iets wat meer by mans voorkom, sterf meer vroue wêreldwyd aan cholesterol-verwante siektes as aan borskanker.

Dengue-koors epidemie heers in die Amerikas

2011-02-11 22:52

‘n Uitbreek van dengue-koors in Latyns-Amerika het in 2010 meer as 'n duisend lewens geëis en sedert die begin van dié jaar, reeds 31.

Slaap langs Wollie kan jou siek maak

2011-02-07 12:00

Daar blyk meer as 100 ernstige toestande te wees wat by huishoudelike diere gekry of deur hulle veroorsaak kan word, toon navorsing.

Chopin se dagdromery weens epilepsie

2011-01-25 21:00

Frederic Chopin se hallusinasies en sy manier om af te dwaal agter die klavier was tien teen een veroorsaak deur epilepsie.

Koorsige mans dalk allergies vir semen

2011-01-17 11:39

Mans wat skielik kla oor grieperigheid na seks is dalk allergies vir hul eie semen, meen navorsers in Nederland.

Aus: Siektes in vloedgebiede gevrees

2011-01-13 18:00

Australiese mediese amptenare maak hulle reg vir 'n reeks siektes wat veral in die land se vloedgeteisterde noordooste kan uitbreek.

Michael Douglas sterk goed aan

2010-11-25 12:19

Die Amerikaanse akteur Michael Douglas sterk goed aan nadat hy vroeër vanjaar met kanker gediagnoseer is, het die Mail Online berig.

TB dodelikste siekte in SA

2010-11-18 15:34

Tuberkulose is steeds Suid-Afrika se dodelikste siekte, selfs al het sterftes as gevolg daarvan vir die tweede jaar in ‘n ry gedaal.

Nios: Polio kan weer in SA uitbreek

2010-11-11 09:00

Gesondheidswerkers in SA moet bedag wees op enige simptome van polio ná dié dodelike siekte in die DRK uitgebreek het, sê Nios.

Griepinspuiting in swangerskap glo goed vir baba

2010-10-05 13:38

Babas is glo minder geneig om griep te kry wanneer die ma tydens swangerskap 'n griepinspuiting gekry het.

Proesende jongspan? Kry 'n hond, nie 'n kat

2010-09-30 15:52

Navorsers het bewys dat kinders met honde minder allergiese reaksies toon as dié wat katte as troeteldiere aanhou.

Nuwe TB-toets gee uitslae binne ‘n uur

2010-09-16 09:50

Wetenskaplikes het ‘n nuwe toets ontwikkel wat tuberkulose binne een uur kan diagnoseer, en sodoende die verspreiding van dié siekte mag verminder.

Vit B dalk antwoord vir Alzheimer

2010-09-10 14:23

Ouer mense wat vroeë simptome van Alzheimer se siekte ervaar mag dalk baat by hoë dosisse vitamiene B, het navorsers bevind.

Nie-gelowige dokters ‘laat dood vinniger kom’

2010-08-27 01:32

Nie-gelowige dokters sal glo makliker besluite maak wat ‘n terminaal siek pasiënt se lewe kan beëindig as dokters wat baie gelowig is.

Kry jou lyf in die son - vitamiene D is noodsaaklik

2010-08-25 00:17

Wetenskaplikes het bevind dat vitamiene D meer as 200 gene beïnvloed en dat ‘n tekort aan dié vitamiene tot ernstige nagevolge kan lei.

Cholera eis honderde in Nigerië

2010-08-19 15:40

Die dodetal weens ‘n uitbreek van cholera in noordelike Nigerië het tot 231 gestyg, terwyl 4 600 mense daarmee besmet is.

Super-kiem eis Belg

2010-08-14 09:27

’n Belg het die eerste slagoffer geword om aan die medisynbestande Asiatiese super-kiem wat onlangs ontdek is, te sterf.

Plaag eis derde slagoffer

2010-08-13 14:47

‘n 29-jarige vrou het aan longpes gesterf wat die dodetal van plaagslagoffers na drie persone binne twee maande bring.

Wetenskaplikes gebruik salmonella om kanker te beveg

2010-08-12 15:03

Gewasse wat met salmonella-bakterieë behandel word kan glo 'n reaksie in die liggaam veroorsaak wat kankerselle doodmaak.

Dokters maak fout: Sny vrou se borste af

2010-08-11 14:12

‘n Vrou wat ‘n dubbele mastektomie gekry het en later ontdek het dat sy nooit borskanker gehad het nie, sal met R1,4 miljoen vergoed word.

Entstof vir kinders net by privaat hospitale beskikbaar

2010-08-05 11:32

'n Nuwe entstof wat kinders teen baie ernstige siektes kan beskerm, sal vir eers net in die privaat gesondheidsorgsektor beskikbaar wees.

Boer met Kongokoors in die hospitaal

2010-07-22 10:32

Die gevreesde en hoogs oordraagbare siekte Kongokoors is by ’n Namibiese boer in die Bloemfontein-Medi-Clinic gediagnoseer.

Zambië: Rondom 88 sterf in 2 maande aan masels

2010-07-16 12:23

Sowat 88 mense is die afgelope twee maande in Zambië aan masels oorlede in die ergste uitbraak van dié siekte sedert 2003.

Breinoperasie op DA-politikus suksesvol

2010-07-15 08:52

’n Delikate operasie is in die VSA gedoen om ’n gewas so groot soos ’n ghoen van Juanita Terblanche, DA-LP, se breinstam te verwyder.

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 GTi DSG 5-dr
2005
R 199,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.