Die Nasionale Vereniging vir Skoolbeheerliggame sê kinders moet verbied word om selfone by Suid-Afrikaanse skole te gebruik.
'n Nuwe stelsel wat binnekort deur Vodacom in gebruik geneem word sal verander hoe Blackberry-gebruikers se data gestroom word.
Google het 'n nuwe diens aangekondig wat sal help om jou Android-slimfoon teen virusse en ander skadelike sagteware te beskerm.
Na ‘n mislukte poging om hul gesamentlike onderneming Nokia Siemens Networks te verkoop, sal Siemens en Nokia 17 000 werke teen 2013 sny.
Die Roemeense belastinggaarder het ‘n fabriek wat aan die selfoonvervaardiger Nokia behoort weens onbetaalde belastinggelde gekonfiskeer.
Selfone kan ‘n "tydbom vir die gesondheid" wees, het Britse kenners gesê wat dié land se regering aanmoedig om die publiek te waarsku.
Navorsers het selfoongebruikers weereens gerus gestel oor die beweerde verband tussen selfone en kanker.
Slegte gewoontes in die badkamer besmet baie selfone met fekale stof en die bakterieë daarin kan mae ontstel en selfs dodelik wees.
Miljoene BlackBerry-gebruikers is woedend dat BlackBerry se internetdienste die tweede keer in twee dae ure lank onderbreek is.
‘n Nuwe selfoonprogram is bekendgestel wat reisigers help om maklik in lande waar vreemde tale gepraat word oor die weg te kom.
Minstens 90% van kinders tussen die ouderdom van agt en 16 het al aanlyn na pornografie gekyk, al was dit per abuis.
Ondernemings in die toerismebedryf sal in die toekoms baie meer op hul selfoonwebwerwe moet fokus.
Daar is hoegenaamd geen wetenskaplike bewyse wat aandui dat sendertorings gesondheidsgevare inhou nie, het Vodacom gesê.
Die Taliban het ontken hul leier, Mullah Mohammad Omar, is dood ná vervalste boodskappe oor sy dood glo aan die media gestuur is.
'n Studie wat in Amerika gedoen is het bevind handvrye toestelle het geen effek op padveiligheid nie en is ook baie gevaarlik.
Hugh Grant sê die polisie het hom gevra om getuienis te lewer in die ondersoek rakende 'n koerant se onwettige toegang tot selfone.
Sommige handelaars vra mense tussen R5 en R10 om hul sim- en datakaarte ingevolge Rica-wetgewing te registreer, berig The New Age.
Selfoon kan die ontwikkeling van sekere soorte breingewasse versnel, het kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê.
’n Tienermeisie het haar pa met ’n pyl en boog geskiet omdat hy haar selfoon van haar weggeneem het.
Vodacom se nuwe Airtime Advance stel gebruikers in staat om ‘n voorskot op lugtyd te ontvang wanneer die geselsie kortgeknip raak.
Meer as 90% van studente in Taiwan raak paniekerig of bekommerd as hulle nie hul selfone kan gebruik nie, het ‘n studie getoon.
Comair het bekendgemaak dat hy die gebruik van selfone op sy vlugte vir ‘n toetsperiode sal toelaat, maar met die opstyg moet dit af bly.
SAA het aansoek gedoen by die burgerlugvaartowerheid (CAA) om sy beleid teen die gebruik van selfone op ‘n vlug te skrap.
Die Amerikaanse maatskappy telco beplan om die gebruik van ‘n selfoon te beperk wanneer motorbestuurders agter die wiel inklim.
Sy is miskien 'n moderne vrou wat eerste flikkers gegooi het vir haar kêrel, maar Britney besit nie 'n selfoon nie.
‘n Onlangse opname in die Verenigde Koninkryk toon dat Britte al hoe minder gratis oproepe van hul selfoonkontrakte verlang.
Of jy nou aan die etenstafel op jou selfoon praat of ‘n SMS tydens ‘n vergadering stuur, selfoon-etiket is besig om agteruit te gaan.
‘n Studie wat deur die maatskappy PopCap gedoen is, toon dat ‘n baie hoë persentasie van volwassenes speletjies op selfone speel.
Ons leef in ‘n wêreld waar dit makliker raak om kontak te hou, tog voel ons al hoe meer alleen, sê die Amerikaanse skrywer, Sherry Turkle.
Die Suid-Koreaanse elektronika-reus LG Electronics Co. spog met die eerste foon wat ‘n 3D-skerm en ‘n 3D-kamera het.
Kenners is bekommerd oor al hoe meer tieners wat boodskappe van 'n seksuele aard, met hule selfone deel en op die internet publiseer.
Volgens ‘n nuwe voorspelling deur Cisco sal twee derdes van die wêreld se selfoondata-verkeer oor vier jaar uit video bestaan.
Alle selfoondiensverskaffers is beveel om hul dienste in sekere areas in Egipte op te skort. Volgens wetgewing is hulle verplig om dit te doen.
'n Jong krokodil, nes die een in Peter Pan, is glo glad nie gelukkig oor die vreemde selfoon in sy ingewande nie.
‘n Bekroonde Suid-Koreaanse regisseur, Park Chan,het ‘n kortfilm gemaak deur slegs sy eie iPhone te gebruik, word berig.
Gereelde gebruik van selfone tydens swangerskap kan die kanse van gedragsprobleme in kinders vergroot, het nuwe navorsing getoon.
Telkom se nuwe sellulêre diens, 8ta, het in 'n bietjie meer as 'n maand al meer as 180 000 intekenaars gelok.
Motorola het teruggekap in 'n regsgeding met Microsoft en dié sagtewaremaatskappy vir die inbreuk op 16 van hulle patente gedagvaar.
Besoekers aan ‘n hotel in Stockholm sal eersdaags van selfone kan gebruik maak in plaas van sleutels om hotelkamerdeure oop te sluit.
'n Nuwe iPhone-program, die Ugly Meter, besluit nou volgens simmetrie en gelaatstrekke of gesigte mooi of lelik is.
Nuwe navorsing toon dat selfoongebruikers deesdae veel meer tyd op sosiale netwerke spandeer as wat hulle gebruik om e-posse te lees.
Die slimfoon-ontwerper Research in Motion het 'n nuwe BlackBerry Pearl 3G, huidiglik die kleinste BlackBerry, in Suid-Afrika bekendgestel.
Indië se top-beamptes van telekommunikasie en sekuriteit sal vergader oor Blackberry's, wat dalk tot die verbanning van die foon kan lei.
Vodacom het ‘n diens vir 3G selfone geloods wat verbruikers in staat stel om hul gunsteling TV- en musiekvideo’s op hul foon te kyk.
Vodacom se netwerkverkeer het met 40% gestyg sedert die begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, met sowat 600 miljoen sms'e gestuur.
Die selfoonvervaardiger Nokia het ‘n laai-eenheid vir fietse geloods wat gratis elektrisiteit bied en boonop omgewingsvriendelik is.
Die elektroniese vervaardiger Sharp beplan om teen die einde van die jaar die wêreld se eerste 3D kamera in ‘n selfoon in te bou.
Sowat ‘n derde van Amerikaanse tieners besit ‘n selfoon en stuur of ontvang byna 100 SMS-boodskappe per dag, toon ‘n onlangse studie.
‘n Suid-Afrikaanse maatskappy is die eerste om die privaatheid van sms’e te verseker met ‘n nuwe diens wat dié inhoud beskerm.
Selfone kan dalk ‘n belangrike wapen word in die bevegting van MIV/Vigs virus deurdat beraders nog meer mense sal kan bereik.
Ryker gebruikers van slimfone is minder geneig om speletjies te speel, en gebruik veel eerder nuus-, reis- en finansiële toepassings.
Internettoegang in Iran is die laaste 72 uur beperk – moontlik weens beplande betogings deur opposisie-groepe in dié land.
Apple se iPhone het groot nuusgebeure, bekendes en popsterre almal uitgestof om die mees gesoekte term op die internet in 2011 te wees.
Die medestigter van Apple, Steve Jobs, het voor sy dood met kenners die moontlikheid van Apple se eie selfoondiensverskaffer bespreek.
Afrika se selfoonmark groei die vinnigste in die wêreld en is na Asië die wêreld se grootste, volgens ‘n vereniging van selfoondiensverskaffers.
Weke nadat ’n vrou se BlackBerry gesteel is, het sy agtergekom haar foon word steeds gebruik, hoewel dit geblokkeer is.
Luidens ’n onlangse verslag deur CIB Insurance Administrators is selfoongebruik die grootste probleem wat betref aandag-afleibare gedrag.
Minder as 5% van passasiers wil selfoon- en internettoegang hê wanneer hulle vlieg, het ‘n nuwe opname getoon.
Miljoene BlackBerry-selfoongebruikers het oor die wêreld heen diensprobleme ondervind weens ’n fout by Research in Motion (RIM).
New York se stokou ondergrondse treinstelsel het uiteindelik die selfoonera betree, maar nie alle pendelaars is ewe gelukkig hieroor nie.
Vodacom het ‘n nuwe sekerheidsdiens bekendgestel wat gebruikers se simkaarte sal sluit as die simkaart gesteel is en verdagte rondbel.
Die internet-soekreus Google gaan die selfoonvervaardiger Motorola Mobility vir $12.5 miljard (sowat R90 milard) kontant oorkoop.
‘n Onlangse studie het bevind een uit vyf mense laat hul slimfone in die toilet val – wat hulle dan ten duurste bereid is om te vervang.
Die sosiale netwerk Facebook het ‘n program bekendgestel wat selfs die oudste selfone in sosiale vlinders kan verander.
Rupert Murdoch, eienaar van News of the World, het aangekondig dat die laaste uitgawe van dié omstrede poniekoerant gepubliseer sal word.
'n Britse poniekoerant is in die moeilikheid ná hulle onwettig toegang gekry het tot 'n moordslagoffer se foon en boodskappe uitgevee het.
Die selfoonmaatskappye MTN, Vodacom en Cell C sal einde-Junie sowat agt miljoen simkaarte ingevolge die Rica-wet moet deaktiveer.
'n SMS met 'n skakel na 'n pornografiese webwerf het veroorsaak dat sommige vroue hul gades se lojaliteit in hul huwelike bevraagteken.
Die Britse kommunikasiereguleerder Ofcom het die verkoop van drie-jaar-kontrakte vir selfone in die VK verbied.
‘n Vrou is in hegtenis geneem omdat sy vir 16 ure op 'n reis tussen Kalifornië en Oregon te hard op haar selfoon geklets het
Navorsers by die Sungkyunkwan Universiteit in Suid-Korea het tegnologie wat klankgolwe in elektriese energie omskep, ontwikkel.
Research In Motion sal binnekort 'n nuwe weergawe van sy BlackBerry Bold bekendstel wat sal spog met 'n raakskerm en nuwe sagteware.
Apple se iPhone en fone met Google se Android-bedryfstelsel het die voortou geneem in die slimfoonmark ten koste van Nokia en BlackBerry.
Alle elektroniese toestelle moet voor opstyg en landing op 'n vliegtuig afgeskakel en weggepak word. Wat is werklik die redes hiervoor?
Eerste Nasionale Bank (ENB) het ‘n nuwe manier van kontant-onttrekking deur die gebruik van sy selfoon-bankdiens bekendgemaak.
'n Nuwe selfoon, wat soos die vel van 'n mens voel, is ontwerp sodat die gebruiker nader voel aan die persoon aan die ander kant.
Dit klink dalk soos 'n futuristiese idee, maar daar bestaan reeds plekke waar ou elektronika vir kontant geruil kan word.
'n Senior bestuurder by Nokia het gewaarsku dat daar die afgelope ruk sms’e in hul naam uitgestuur word wat deel is van ‘n bedrogspul.
Die eerste foon om ‘n toegewyde Facebook-knoppie te hê, gaan deur HTC vervaardig word.
Nokia het aangekondig dat hy in vennootskap met Microsoft gaan werk en dat Windows die bedryfstelsel vir die maatskappy se slimfone sal wees.
Swanger vroue moet wegbly van selfone omdat die elektromagnetiese bestraling hul ongebore babas skade kan aanrig, meen wetenskaplikes.
Suid-Afrikaners se selfoongewoontes het in die agelope jaar dramaties verander met die toetrede van slimfone en selfoon-internet tot die mark.
Beeldmateriaal van 'n vrou wat in 'n fontein inval omdat sy besig was om te SMS, is uiters gewild op die net. Die vrou oorweeg regstappe.
Motion Ltd. het die Indonesiese regering belowe dat BlackBerry-gebruikers in dié land nie meer pornografie op hul fone sal kan kyk nie.
Verkope van persoonlike rekenaars en selfone sal na verwagting hierdie jaar wêreldwyd afneem, het ‘n opname getoon.
Multichoice Suid-Afrika het sy langverwagte diens vir selfone en ander mobiele toestelle, DSTV Mobile, bekendgestel.
Die Kabinet het ‘n ses maande verlenging van die Rica-sperdatum goedgekeur, het 'n regeringswoordvoerder Donderdag gesê.
Jonges wat laataand SMS'e stuur of op die internet is terwyl hulle eintlik moet slaap, is besig om die gevolge daarvan te voel.
MWEB het internetdiensverskaffer (ISP) van die jaar by die MyBroadband-konferensie in Johannesburg gewen.
Die sagtewarereus Microsoft het 'n nuwe blaadjie omgeslaan met die bekendstelling van 'n splinternuwe bedryfstelsel vir selfone.
Leerlinge wat voel dat die afgelope staatsdiensstaking hul ‘n agterstand gegee het, kan nou hul selfone gebruik om in te haal.
'n Hond het wagte by 'n tronk in Melbourne gehelp om onwettige selfone wat deur gevangenes gebruik word op te spoor.
25.94 sekondes. Dis hoe lank dit Melissa Thomson van Engeland geneem het om ‘n moeilike sin op haar selfoon te tik en die wêreldrekord te breek.
Misdaadbendes maak tot £4 miljard (R45 miljard) ‘n jaar deur “herwinde” gesteelde selfone oorsee te verkoop.
Suid-Afrikaanse volwassenes kan eersdaags sukkel om pornografie in die hande te kry.
David Cameron, nuwe premier van Brittange het die gebruik van selfone tydens kabinetvergaderings verban, het sy woordvoerder gesê.
MTN is betrokke by onderhandelinge om Egipte se Orascom Telecom te koop en die wêreld se vierde grootste selfoon-diensverskaffer word.
Uitgewers in Londen bied nou kortverhale, gedigte en opstelle op selfone aan, ‘n konsep wat stof in die oë van aanlynboeke kan skop.
‘n Joodse groep wil sekulêre Jode aanmoedig om die Sabat te eer deur, onder andere, hul selfone op dié heilige dag af te skakel.
Cell C het 'n ooreenkoms van amper R3 miljard met 'n Chinese verskaffer onderteken vir die toerusting en dienste van dié maatskappy.